
Die legende van Les Labuschagne
deur Ramkat Erasmus
Kyk, die storie wat ek julle nou gaan vertel word deur baie mense afgemaak as onsin, of as bloot ‘n verdigsel. Maar ek was daar, van die begin tot die einde, was ek daar.
Hy’s gebore Johannes Petrus Labuschagne. Op skool het hy Jaypee geword en later het net sy ma hom nog Hannes, of Johannie genoem. Vir sy pa was hy bloot Jannie. Jannie Labuschagne
Die storie het sy ontstaan gekry toe Jannie omtrent sestien was. Sy pa was ‘n kranige karavaner en sy ma het maar redelik onwillig saamgegaan. Maar sy het een vereiste gestel. Ordentlike ablusie en opwasgeriewe.
So kom dit toe dat hulle by ‘n plek op die Suidkus gaan staan vir die Aprilvakansie. En sommer uit die staanspoor was daar moeilikheid. Die ablusie-fasiliteite was nie na haar smaak nie. Jannie se susters het ook gegril vir die spulletjie. Want sien die storte was van so ‘n aard dat mens geen privaatheid gehad het nie. Dit was een lang ry storte langs mekaar met geen afskorting tussin-in nie.
Jannie se pa het geweet hy het moeilikheid en het sommer dadelik begin rondbel en uiteindelik op Badplaas ‘n ander staanplek gekry. Hulle het opgepak en gereed gemaak om te ry, maar Jannie se pa wou eers stort. Hy en Jannie het gesels-gesels stort toe geloop, hulle klere uitgetrek en saam onder die storte gaan staan. Dis toe dat Jannie se pa sien wat tussen sy seun se bene aangaan. Jannie was ‘n fris klong wat atletiek gedoen en rugby gespeel het. Breë skouers en ‘n gespierde lyf, maar sy ou pielietjie het op tien ophou groei. Dit het Jannie nie gepla nie, maar toe sy pa die miniatuur pielietjie sien het hy sy asem weggeskrik. Hyself het ‘n lekker tros tussen die bene gehad. Piesanggroot en twee hoendereiers onderaan.
Hy’t vir Jannie ‘n paar vrae gevra, duidelik ontstig deur wat hy sien. Jannie het beduie dat as die ding styf word hy omtrent so groot soos sy middelvinger is. Hy weet dis kleiner as ander ouens s’n, maar alles werk blykbaar, so dit pla hom nie.
Op pad Badplaas toe was Jannie heeltyd bewus daarvan dat sy pa bekommerd na hom kyk in die truspieëltjie.
Na die vakansie is hy van een dokter na die ander gesleep en voor almal moes hy sy broek uittrek sodat hulle kan kyk. By die Urologiehospitaal was daar ‘n vrouedokter wat ook gekyk het en toe, met rubberhandskoene, gevat het. En daar staan die mannetjie toe terstond regop, net ‘n middelvinger groot. Hy’t gehoor hoe sy ma saggies begin ween en hoe ‘n rou snik deur sy pa se bors skeur.
Na dit het hy verskeie behandelings ondergaan, maar verniet. Sy pa het hom ook saamgepiekel na ‘n sielkundige toe, maar Jannie het hom min aan die ou oom se stories gesteur.
Na Matriek is hy varsity toe waar hy ekonomie en ouditkunde geswot het. Hy was altyd ‘n goeie leerling op skool en het van wiskunde en ander syfervakke gehou.
Op varsity was hy gewild onder mans en vrouens en een nag het ons vriendin Maritjie, wat van graad een af saam met ons in die skool was, hom bed toe gesleep. En dit was toe die eerste keer wat Jannie besef het hy het ‘n probleem. Arme Maritjie het haar bes probeer, maar die ou pielietjie het verseg om groter as ‘n middelvinger te word. Sy het diekant toe en daaikant toe beweeg. Later selfs opgeklim en bo gesit, maar die outjie was so klein, sy kon hom skaars binne-in haar voel.
Jannie het my na die tyd vertel dit was vir hom lekker, maar hy kon sien Maritjie was baie gefrustreerd. Nog een of twee girls het probeer, maar dit het dieselfde resultaat opgelewer. Trouens die tweede meisie, Marike, het sommer lelik in sy gesig gelag.
Ek en Jannie het ‘n woonstel gedeel en alhoewel hy nie met my daaroor gepraat het nie, kon ek sien dit was vir hom ‘n swaar kruis om te dra.
Hy’t al meer en meer in sy dop gekruip en ek het agtergekom dat hy baie aande, wanneer ek gaan jol het, agter sy rekenaar gesit en porn gekyk.
Een aand na ‘n rugbypaartie kom ek by die huis, lekker dronk en vrolik en ek kry vir Jannie wat op en af hol deur die woonstel soos ‘n besete man.
Hy was so opgewonde dat hy nie kon praat nie, maar na ‘n ruk het ek hom kalm gekry, laat sit met ‘n bier in die hand, en die storie gehoor.
Hy was besig om porn te surf, toe hy op ‘n webwerf afkom vir Amateur Lesbian Videos. Dis waar mense die videos plaas wat hulle van hulleself geneem het terwyl hulle naai.
Jannie het gesit en kyk, en in sy woorde: ”lekker jags geraak.”
Maar toe tref dit hom soos ‘n weerligstraal.
“Daar is twee girls wat mekaar spyker en jy kan sien hulle geniet dit. Baie. Maar daar is nie ‘n piel van ‘n dag oud in daai video nie! Hulle kom soos masjien gewere, maar daar is nie ‘n piel nie!”
Ek het my bek gehou en gewag dat hy verduidelik.
“Nou’t ek so gedink … As twee girls mekaar so lekker kan naai sonder ‘n piel. Dan kan ek mos dieselfde doen. Ek moet net ophou om soos ‘n man te probeer naai, en begin om soos ‘n girl te naai! Eenvoudig.”
En dis die oomblik dat die legend van Les Labuschagne gebore is.
Hy het oor die volgende paar dae opgehou om na sy klasse toe te gaan en aanmekaar Amateur Lesbian Videos gekyk. Toe’t hy die boekwinkels ingevaar en met ‘n stapel handleidings terug gekom.
The new Lesbian Sex book
Undressing Lesbian Sex
The Lesbian Love Companion
Ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts …
Die man het homself afgesonder en gelees, aantekeninge gemaak en prentjies geteken. Ek het maar so in die stilligheid sy take gedoen en sy werkstukke ingehandig. (My werk, maar net in ander woorde). En toe uiteindelik is hy gereed.
Hy’t vir Maritjie gebel en vir haar vertel wat hy nodig het. Sy het ingestem om te probeer, maar die reg voorbehou om te enige tyd haar goed te vat en te loop.
Ek is vir die aand uit die woonstel uitgegooi en het toe maar een van my friends with benefits gebel. Dit was ‘n Vrydagaand. Teen Sondagmiddag kry ek die Whatsapp dat ek maar kan terugkom.
By die woonstel kry ek vir Jannie wat op die bank sit met ‘n kortbroek aan en hy lyk wragtag of hy vyf kilo’s afgegooi het. Ek vra oor Maritjie en hy sê sy slaap.
Ek maak koffie en gee vir hom ‘n beker aan. Toe dring ek aan op ‘n verslag.
Hulle het Vrydagaand begin vry, vertel hy. Lank en stadig. Hier by tienuur wou sy, sy klere afpluk, maar hy het haar net aanhou soen en gesê sy moet geduldig wees. Teen twaalfuur het hy haar uit haar klere uitgehad, maar steeds het hulle net eintlik gevry. Gesoen en gevryf.
‘n Ruk later het hy tussen haar bene afgesak en haar begin soen en lek tot haar poesie naderhand soos ‘n spuitfontein gespuit het. Met vingers en mond het hy haar keer op keer laat kom en toe die son oor die stad opkom het hy sy geheime wapen uitgehaal.
Wanneer twee meisies naai vryf hulle in ‘n stadium hulle poesies teenmekaar. “Mens noem dit tribbing,” sê hy. “Hulle vleg hulle bene inmekaar in en die een se kop is by die ander een se voete en omgekeer. Dan vryf hulle teen mekaar tot hulle kom.”
En dit blyk toe Jannie se geheime wapen te wees. Hy het met sy kop by Maritjie se voete gaan lê, haar een been bo-oor syne getel en sy een been ondeur hare geskuif en toe het hy afgeskuif tot sy pieleitjie en duifeier balletjies teen haar poesie geraak het. Sy het gekrul en gekreun en iewers in die rolmaal beweging het sy pielietjie in haar ingegely en hy het gekom en gekom en gekom.
Hulle het in mekaar se arms aan die slaap geraak en later gestort en iets gaan soek om te eet. Toe is hulle terug woonstel toe en die hele proses het van voor af begin.
Later het Maritjie by ons aangesluit en hom aangestaar of hy ‘n superwese is. Sy kon nie veel praat nie, maar het net elke nou en dan “fokkit” geprewel.
Die volgende week het die foon begin lui. Maritjie het in haar koshuis begin uitpraat en die dames het begin tou staan. Vir eers was dit groot sports, en selfs ek het ‘n los gelukkie of twee gescore so tussendeur die girls wat in en uit ons woonstel geparadeer het. Toe moes ek halt roep.
Ons het besluit dat hy van nou af net oor naweke gaan spyker. Vrydagaand tot Sondag na middagete. Ek het die kalender behartig. Belangstellende dames kon my kontak, met ‘n foto en so ‘n ietsie oor hulleself.
Jannie het teen die tyd Les geword. Les, kort vir Lesbian. En sover ek weet het hy net vir twee girls nee gesê. Die een was sy suster se beste vriendin en die ander was Marike, die meisie wat so lelik vir hom gelag het.
Ons het klaar geswot, hy Cum Laude, ek goed genoeg om ‘n werkaanbod van ‘n groot firma te kry.
Ons het ‘n groter woonstel gekry en weer saam ingetrek. Teen die tyd het Les se vriendinne van heinde en ver gekom.
Toe besluit ons dat hy hulle nie meer huis toe gaan bring nie. Van toe af sou dit in hotelle en gastehuise gebeur. En die girls moes betaal vir die uitgawes.
Les het sy baard laat aflaser en toe sy borshare. Hy’t sy hare effens langer begin dra en ook met grimering begin eksperimenteer, iets wat genadiglik nie baie lank aangehou het nie.
Marike het steeds elke week gebel en probeer om ‘n afgspraak te kry en ek het elke keer geweier. Ek het haar nommer geblok, maar sy het altyd ‘n manier gekry om dit te omseil. Sy het tydig en ontydig gebel. Soms selfs drieuur in die oggend. Les het begin dink om ‘n interdik teen haar te kry. Toe kom hy een naweek by die huis van Tzaneen af waar hy ‘n vrou in ‘n hotel ontmoet het, en met ‘n dromerige kyk in sy oë vertel hy my dat hy sy trouvrou ontmoet het.
Hy sou sy laaste drie afsprake nakom en daarna nie weer nie. Toe Marike my weereens bel en met trane in haar oë smeek vir ‘n afspraak het ek weer nee gesê en vir haar vertel dat dit verby is. Les gaan trou.
Les het sy laaste afsprake klaargemaak en toe op sy motorfiets Tzaneen toe gery om sy droomvrou te gaan vra om te trou. Sy het “ja” gesê en hy het my baie opgewonde gebel en gevra om ander blyplek te begin soek. Sy kom by hom intrek.
Ek was bietjie suur, maar het toe reeds ‘n woonstel of twee as belegging gekoop en dit sou nie te moeilik wees nie. Sondagoggend bel Les en sê hy is op pad. Kort daarna bel Marike en smeek weer vir een laaste kans. Poephol wat ek is vertel ek haar toe dat Les op pad terug is van Tzaneen af en dat die meisie by hom gaan kom intrek. Sy het haar kans gehad.
Les het Pretoria ingery. Of hy haar op die voetgangersbrug oor die hoofweg gesien het, weet ek nie. Sy het gewag tot hy onder deur is en toe het sy haar pa se jaggeweer opgetel en twee 308 koëls tussen sy skouerblaaie ingejaag. Sy motorfiets het nog so tweehonderd treë aangehou hardloop en toe van die pad afgeloop. Les is eenkant toe gegooi en sy moterfiets het bollemakiesie begin slaan en toe met ‘n sierlike boog oor die middelmannetjie getrek en op ‘n Golfie geval. Volgens die polisie was die een meisie besig om op haar selfoon na Les Labuschagne se kontakbesonderhede te soek.
Marike is skuldig bevind en lewenslank gevonnis. Les het al sy geld en eiendomme vir my gelos. Van sy trouvrou het ek nooit gehoor nie, haar ook nooit gesien nie.
Ek het twee maande gewag waarin ek videos gekyk het en boeke gelees het. Toe het ek my baard en borshare laat aflaser en Les was terug in besigheid.
The legend lives on….
(Jy kan HIER in kombiekiehier Vreesloos na ‘n sexy video van poesie-teen-poesie “liefde” kyk as jy wil sien wat die legende sy plan gegee het. 😉 )
6 COMMENTS
Goeie store. En awesome video. Baie geniet.
Ramkat -verseker weer meesterlik. Dit was nou weer absoluut n puik stuk skryfwerk.
Baie goeie storie Ramkat!
…en die hoof foto(video) by die verhaal is asem-snakkend….shit ek het amper vergeet om die storie te lees soos ek na daai wriemel lyf gestaar het!…en toe nog so’n ‘n opwekkende video’tjie tydens die verhaal. Annelise het beslis haar waardering vir die storie bewys met die video plasing.
Dankie julle, dit maak alles die moeite werd…
Ramkat, jy weet al dat ek ‘n groot aanhanger van jou is, maar met hierdie storie het jy jouself oortref!
Uit die boonste rakke!
Dankie☺
Ramkat, dis asof jy net beter teruggekom het na jou lang wegwees van kombiekiehier af. Ek LOVE hierdie storie. 🙂