Sondige Sondagspeletjies – strandpret (1)

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Brombeer

Taalversorging deur Lusman

Wie sou ooit kon dink dat so ‘n onskuldige uitstappie ooit so sou ontaard?

Sandra was weg na ‘n kongres en ek was sedert die vorige middag graswewenaar. Ek het myself gesit en bejammer, want dit was my verjaarsdag en ek was stoksielalleen in die grote huis. Net terwyl ek wonder hoe ek die lang Sondag sou omkry, het jy gebel en my saam genooi strand toe.

“Dis so ‘n lieflike oggend. ‘n Mens kan dit nie by die huis mors nie en ek wil nie alleen gaan nie,” het jy my oortuig. Ons het gereël dat ek jou by jou woonstel sou kom optel. Beide van ons was seker dat Sandra nie ‘n probleem sou hê as ek saam met haar beste vriendin strand toe gaan nie. Al waaroor sy jaloers sou wees, is omdat sy nie die uitstappie sou kon meemaak nie.

Ek het my ou wyepyp-swembroek aangetrek, ‘n klompie bier in ‘n koelsak gegooi en die inhoud van my ysbakkies daaroor leeggemaak, ‘n handdoek gegryp en is by die deur uit.

Jy het reeds langs die straat voor jou woonstel vir my gestaan en wag – twee strandstoele, ‘n sonsambreel, koelsak en handdoek in ‘n kleurryke hopie langs jou voete. Ek kon my oë nie van jou lang, bruingebrande bene afhou nie. Jy het so ‘n eina denimbroekie aangehad met ‘n ewe skrapse toppie. Daar was geen twyfel dat jy ‘n welbedeelde vrou was nie.

My gedagtes het teruggeflits na gesprekke wat ek en Sandra oor jou gehad het. Sy het my eenkeer gevra of ek jou aantreklik vind en ek het “ja” geantwoord, want jy wás. Sandra het ook my opinie gedeel. My gedagtes daaraan het my egter nou onmiddellik skuldig laat voel en ek het aan iets anders probeer dink.

Ek het uitgespring om jou met die hoop strandbagasie te help en jy het my omhels en ‘n piksoentjie op die wang gegee. “O ja, geluk met jou verjaarsdag.”

“Dankie,” was al wat ek kon inkry, voor jy verder gepraat het.

“Dit gaan wonderlik wees. Dis regtig so ‘n lieflike oggend – ideaal vir die strand. Dankie dat jy ingestem het,” het jy met daai kenmerklike lewenslus gesê en die goed in die kattebak begin pak.

By die strand – wat nog verlate was, behalwe vir so ‘n paar vroeëoggend-wandelaars met hul honde – het ons gou ‘n lekker lêplek gevind en onsself tuis gemaak in die son. Die koelsakke was in die skadu onder die sambreel en ek het sommer dadelik twee biere oopgemaak en vir jou een aangegee. “Thanks,” het jy geglimlag.

“Cheers. Op ‘n lekker dag op die strand,” het ek geantwoord. Ek het jou dopgehou terwyl jy die eerste sluk neem – kop agteroor en oë behaaglik toe. ‘n Druppel vog het teen jou ken en nek afgerol en op die helling van jou bors tot ruste gekom, so tussen die ligte sproetjies. Ek kon voel hoe my voël styf word in die dun swembroek.

Skielik geïrriteerd deur die verraad van my liggaam het ek die bier in die sand langs my neergeplak en opgespring. “Kom ons gaan toets die water,” het ek oor my skouer geroep en in die rigting van die branders begin stap, sonder om vir jou te wag. Ek het nie gedurf omdraai nie.

“Whoa, wag vir my.”Jy het agter my aangedraf en toe jy langs my is het jy jou arm deur myne gehaak. Ek was bewus van die hitte en vorm van jou sagte bors teen my biseps. Ek het gehoop jy kyk nie af nie, want ek het soos ‘n waterwyser gelyk – punt in die rigting van die oseaan.

“Kom,” sê ek en gryp jou hand en hardloop dan die branders in. Saam duik ons deur die eerste paar en ek verkyk my aan jou elke keer wanneer jy soos ‘n nimf uit die water opstaan – met water wat uit jou rooibruin hare oor jou skouers en borste stroom. Jou donker tepels was duidelik afgeëts en het kliphard teen die dun materiaal van jou wit bikini-bostuk gebeur. My verleentheid was darem nou bedek deur die heupdiepte water aangesien nie eers die skok van die koue water my voël wou laat slap word nie.

Soos skoolkinders het ons baljaar – mekaar nat gespat en gejaag. Een keer het jy jou misgis en ek het jou in ‘n omhelsing van agter gevang. My stywe voël het vlugtig teen jou ferm boudjies gedruk en ek het jou vinnig weggestamp. Jy het ongeërg omgedraai en weer water begin spat – asof niks gebeur het nie.

“Genoeg,” het ek gehyg en terug strand toe begin stoei deur die gety. Ek het op die strandstoel neergesak en dadelik my handdoek oor my onderlyf gegooi en gemaak of ek my afdroog.

Die res van die oggend het vinnig verloop terwyl die son gebak het en die biere gevloei het. Kort-kort het ons gaan lafenis soek in die koel water. Soms saam-saam en soms elkeen op sy eie. Ons het lekker gelê en gesels en gevind dat ons baie belange deel.

“Ek stiek jou vir ‘n pizza daar oorkant die pad,” het jy so teen middagete gesê. “Ek is rasend honger.”

Ek het ingestem, want ek kon self voel hoe die biere my begin affekteer en het besef dat ek in my haas nie ontbyt geëet het nie. “Deal, maar ek betaal vir die wyn.”

Deal,” het jy geglimlag en opgestaan. Jy het die T-hempie oor jou kop getrek en ek het die geleentheid – terwyl jou gesig versteek was – gebruik om jou skaamteloos dop te hou. Met jou arms so effe bo jou kop het jou pragtige borsies parmantig gepunt. Die tepels was steeds stokstyf en prominent sigbaar deur die dun materiaal en ek het gewonder hoe hulle kaal sou lyk en ook hoe hulle in my mond sou voel.

Jou magie was plat en daar het ‘n silwer dolfyntjie geswaai aan die ringetjie deur jou naeltjie. My blik het jou vol vroulike heupe ingeneem en dan gefokus op jou bultende skaamheuwel en die klam materiaal wat soos ‘n tweede vel die spleetjie van jou dosie gesuggereer het. Dis snaaks dat ek nie eers kan onthou waar ek gisteraand my leesbril neergesit het nie, maar ek kan duidelik onthou dat daar nie eers ‘n teken van ‘n enkele skaamhaartjie in jou sagte lieste om die rand van die skrapse broekie sigbaar was nie.

Ek het my sanderige handdoek op my skoot gefrommel gehad teen die tyd wat jy klaar was, maar jy het skalks en wetend na my gekyk met daai smaraggroen oë. Nie net was daar ‘n knop in my broek nie – onder die handdoek – maar ook in my keel. Ek het selfbewus keel skoongemaak en jy het geglimlag terwyl jy jou klam hare met jou vingers uitgekam het.

Die restaurant was redelik besig, maar ons het ‘n tafel in die hoek op die dek gekry. Kort voor lank het elkeen groot hompe seekospizza afgesluk met glase vol goedkoop, maar yskoue, Blanc de Noir. Albei was hongerder as wat ons gedink het. Ek het ‘n gevoel van saligheid beleef en dit toegeskryf aan die drank, son en see.

Skielik het ek jou voet tussen my bene gevoel en jou groottoon het oor my bultende voël gestreel. Ek het amper verstik aan my wyn en jy het jou kop agteroor gegooi en lekker gelag. Ek was sprakeloos.

“Lyk my hy staan sommer maklik en gereeld regop, nè. Hou jy daarvan as ek dit doen?” het jy onskuldig gevra en jou speelse glimlag agter die rand van jou wynglas verbloem terwyl jou voet steeds oor my broek gevryf het. Ek dink dat die antwoord redelik voor die hand liggend was.

Nadat ek weer keel skoongemaak het, het ek skor geprewel: “Fok, Erika, jy maak my jags.” Die woorde was uit voor ek dit kon keer.

Die keer het jy gelag vir my ongemak. “Haai, ek het nie geweet groot mans kan nog bloos nie. Ten minste draai jy nie doekies om nie.”

Ek het jou aandag geniet – dit was tog duidelik – maar ek was kwaad oor die hulpelose gevoel wat deur my gespoel het omdat ek geweet het jy is in beheer. Wat meer was, jy het dit ook geweet.

“Ek … ons moet aanstaltes maak, ek het nog ‘n verslag …”

“Kom nou, wat van nog wyn? Dis nog vroeg,” het jy my onderbreek en sonder om te wag vir ‘n antwoord het jy die kelnerin nader gewink. “Another bottle of wine, please.”

Intussen het jou voet ‘n weg langs my een broekspyp gebaan. Omdat ek die gevoel van sand in my onderbroek haat, het ek nie een aangehad onder die los, kort swembroek nie en kort voor lank het jou toon kontak gemaak met my naakte voël. “Smokkel jy salami of is jy net bly om by my te wees?”

“Jy moet ophou, netnou sien …”

“Kom nou, ons albei weet jy geniet dit – ons al drie …” En hier het jy my voëlkop so tussen jou tone gemasseer en vervolg: “… weet jy geniet dit.” Ek kon nie stry nie – ek is weereens deur my liggaam verraai. Ek het dus maar my bene effe wyer oopgemaak en myself daardeur meer toeganklik. Ek het skaars die kelnerin, wat intussen die wyn gebring het, gemerk.

Veel later, met ‘n lamheid in my lieste, is ons terug motor toe. Dit was hel warm in die motor en ek het die venster oopgemaak om koel lug te laat sirkuleer voor ons wegtrek.

Nadat ons so ent gery het, het jy jou hand voor op my steeds bultende broek geplaas en in my oor gefluister: “Ek wil jou suig – nou.”

“Netnou moer ek die kar om en dan?” Ek kon dit al in my geestesoog sien: daar lê ek – langs die onderstebo motor in die pad – met ‘n wêreldklas-horing.

“Toemaar, jy sal nie. Hou net albei hande op die wiel en jou oë op die pad en los die res vir my,” het jy glimlaggend gemaan terwyl jou bedrewe vingers my voël bo uit die broek gehaal het. Daar het ‘n druppel deursigtige sap teen die kant van die kop en oor jou slanke hand gerol. “H’m, lyk heerlik – poeding,” het jy gesê en jou lippe afgelek.

Jy het op jou knieë gaan hurk hier langs my op die passasiersitplek en vooroor gebuig. Ek kon jou asem voel blaas oor die blinknat pers-blou kop van my voël net voordat jy met jou sagte, warm mond daarom gevou het. Jy het dit diep in jou mond ingesuig en dan weer net met jou tong oor die kop gespeel en die nattigheid gelek terwyl jou hand styf geklem en behendig op en af teen die skag beweeg het. Ek het afgekyk maar kon niks sien nie, want die aksie was verberg onder jou haredos.

“Fok, ek gaan kom as jy so aanhou,” het ek hees gesê.

Ek wóú kom – in jou mond – maar het dit nie gesê nie. Maar asof jy my gedagtes kon lees, het jy opgekyk met daai lieflike groen oë en vir my geglimlag. “Kom dan. Ek wil jou proe.” Jy het afgebuig en weer begin suig. O, fok, dit was hemels.

“Ek … ek kom …” het ek geprewel terwyl my hand krampagtig jou hare vasgryp en ek my pelvis oplig uit die sitplek. Ek kon voel hoe die warm saad polsend diep in jou keel spuit en spuit. Lank na die laaste spasma het jy steeds bly suig en toe jy uiteindelik regop kom het jy jou tong vir my uitgesteek en dit so effe bak gehou. In die holte het ‘n groot blerts kom geblink. Jy het gewink en dit behaaglik afgesluk en jou lippe afgelek.

“Hou jy …” Ek het selfbewus net gekug – wat ek wou sê sou goedkoop klink en afbreuk doen aan die intiemheid van dit wat ons so pas gedeel het. Ek was so ‘n  rukkie stil en sê toe: “Hou jy daarvan?”

“Van trilsmulle gee of van die smaak van kom?” wou jy ewe onskuldig weet. Hoe kon jy so doodluiters en reguit hieroor praat? het ek gedink.

“H’m … die smaak van … kom,” uiter ek die woorde ongemaklik.

“O ja, baie! Ek sê mos dis poeding. Die smaak dryf my behoorlik teen die mure uit van jagsheid.”

My voël, wat intussen steeds in jou hand was, het weer opgewonde gepols. Jy het dit gevoel, ‘n stywe drukkie gegee en versigtig – amper gewyd – teruggesit in my broek. Ek het voor my na die pad gestaar, maar kon jou blik op my voel. Ek wou oogkontak vermy. Nie een van ons het iets verder gesê tot by jou woonstel nie. Wat sou ons in elk geval sê?

Skaars het ek voor die woonstelblok stilgehou, of jy spring uit. “Thanks vir ‘n baie lekker dag.”

“Plesier,” het ek amper onhoorbaar gemompel en het lomp probeer uitklim – te bewus van die salige lamheid en die kloppende polsslag in my lies – en onbeholpe begin help afpak.

“Kom jy in vir koffie?” het jy oor jou skouer gevra en na die gebou begin stap sonder om vir ‘n antwoord te wag.

Woordeloos, met ‘n strandstoel onder elke arm en ‘n nat kol op my broek, is ek agterna.

(Lees volgende episode HIER)

3 thoughts on “Sondige Sondagspeletjies – strandpret (1)

  • Komende van twee gesoute ‘kombietjiehier’ skrywers voel ek erg gevlei. Ek vertrou die volgende episodes sal ook byval vind.

    Reply
  • Uiters sexy!
    Dankie Brombeer, met die gehalte stories kan jy ons altyd vermaak, stuur maar nog stories in!
    Baie welkom by ons.

    Reply
  • annelisePost author

    ‘n Splinternuwe skrywer! Met ‘n moer sexy storie. Welkom en dankie Brombeer 🙂

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)