
Die Kontrakteur (3)
deur Bobcat
(Lees vorige episode HIER)
Neels is kaalbolyf besig om ‘n nuwe dak te slaan toe sy selfoon lui. Hy strek sy gespierde, sonbruin, 6 voet gestalte toe hy orent kom maar buk direk weer af en ignoreer die selfoon toe hy die luitoon as die van Chante herken. Dis maande vandat hy laas met haar gepraat het tog vind hy dit onmoontlik om haar nommer van sy foon te verwyder of om haar te blok. Sy gedagtes gaan na Liz, vriendin van Chante, redder van sy gebroke hart.
Hy en Liz gaan gereeld saam uit en hy hou regtig van haar. Sy is on-pretensieus, gemaklik in haar eie vel en plaas geen druk op hom vir ‘n ernstige verhouding nie. Naweke toer hulle deur die land met sy motorfiets, bly by klein romantiese plekkies oor en vervul mekaar se seksuele behoeftes.
Soms bly Neels by haar oor as hulle laat uit was, maar sy het nog nooit by hom oorgebly nie. Dit pas Neels, want hy is suinig met sy eie leefruimte en aftyd. Dit is waar hy tot sy eie skok agtergekom het dat hy steeds heeltemal te veel aan Chante dink en selfs na haar verlang. Foto’s van hulle twee saam staan steeds op sy buffet, agter ou familiefoto’s ingeskuif.
Hy skrik uit sy gedagtewêreld toe die selfoon weer lui. Dit is weer Chante se luitoon. Hy kom orent, haal die selfoon uit en staar vir ‘n paar sekondes na die skerm.
“Burger,” antwoord hy effe formeel.
Chante se stem borrel deur die luidspreker en streel Neels se oor.
“Kyk asseblief gou straat se kant toe,” smeek haar stem.
Neels draai om en kyk na die pad met die foon steeds teen sy oor. Chante het reeds doodgedruk. Sy hart mis ‘n paar slae as hy haar by die heining herken. Sy is gekleë in ‘n rooi mini-rompie en rooi bloes. Haar donker gekartelde hare hang los tot op haar blaaie en haar rooi lippe is afgeets teen haar blas vel in ‘n breë glimlag.
Chante wink hom nader en terwyl hy teen die leer afklim voel dit of iemand sy maag soos ‘n nat vadoek draai om die water uit te kry. Hy voel verward, oorbluf maar ook uitgelate. Toe hy in die tuinpaadjie afstap vlieg die tuinhekkie oop en Chante kom op hom afgepyl. Instinktief gaan sy arms oop en hy vang haar toe sy teen hom opspring en haar bene om sy middellyf vou. Haar lippe vang hom omkant, maar toe hy die ou bekende smaak van soet koue druiwekorrels op haar lippe proe trek hy haar styf teen hom vas en gee homself oor aan die drifte wat sy van hul eerste ontmoeting in hom aanwakker.
Neels stap met haar, sonder om haar neer te sit of hul soen te breek, om die huis na die agtertuin by die swembad waar sy werkers hulle nie kan sien nie. Onder die groot kareeboom gaan sit hy op die koel groen gras met Chante bo op hom. Haar bene steeds om sy lyf, maar haar hande naarstigtelik besig om met sy gordel en ritssluiter te peuter. Toe sy Neels se voёl bevry skuif sy effens agtertoe, kyk na sy torpedo, trek hom liggies, glimlag breed en sê: ”Ek het jou gemis … Meneer Burger.”
Sy trek haar bene terug en gaan staan op haar knieё met haar bene weerskante van syne, vat sy piel in haar linkerhand en met haar regterhand trek sy haar kantbroekie opsy. Neels begin bewe toe sy vorentoe skuiwe en sy voёlkop tussen haar lippies deurtrek. Sy is sopnat as sy liggies op sy pielkop gaan sit. Haar nek is vol hoendervleis as hy haar nadertrek en haar nek en cleavage begin soen. Chante begin haar heupe vorentoe en agtertoe rol en Neels kan voel hoe sy stadig, sentimeter vir sentimeter oor hom afsak.
Die oomblik toe Neels tot teen sy hef in haar is, val haar kop agteroor en sy gil gedemp: ”Uhoo!”
Hy soen die kuiltjie van haar Italiaanse ken terwyl hy, nog in haar, met haar bewende lyf in sy arms opstaan. Hy loer oor haar skouer en sien dat daar ‘n skuins palmboom reg agter Chante is. Sagkens druk hy haar teen die palm se gladde stam. Haar regterbeen vou om sy lyf en met die linkervoet skop sy teen die boom vas.
Neels trek sy genotstok stadig uit haar gladde koek, krom sy rug en stamp diep in haar op.
“Jy weet nie hoe het ek jou gemis nie, Meneer Burger,” sê sy hortend tussen die stote deur. Haar vingers vleg deur Neels se hare, vat aan sy skouers en slaan dan in sy rug in terwyl sy vir ‘n tweede maal die paradys besoek. Chante se poes ontplof in ‘n nat waas oor Neels se kloppende piel en haar nat uiting tesame met die pyn van haar naels in sy vlees laat Neels se eie orgasme soos ‘n waterbom diep binne in haar bars.
Die wekker langs Neels se bed lui in sy ore. Hy besef dat hy net gedroom het, druk die wekker dood, draai op sy ander sy en maak sy oё toe. Hy wens hy kan weer aan die slaap raak en verder van Chante droom, maar slaap is hom verder nie beskore nie. Hy onthou dat hy en Liz vandag haar werkskollegas gaan onthaal by haar huis, deels as hul jaareindfunksie. Liz was die afgelope paar dae anders, liefdevol teenoor Neels maar tog anders. Sy het wel laat val dat sy vir hom ‘n groot verrassing het.
Die middag se kuiery by Liz se lapa langs die swembad het seepglad verloop. Liz was die perfekte gasvrou. Elegant tog uitdagend gekleë in ‘n pragtige swart en wit bikini wat haar kurwes beklemtoon het en menige van haar manlike kollegas se oё laat dwaal het. Haar sonbruin vel en blonde hare, breё glimlag en goeie sin vir humor het haar vir Neels net nog meer aantreklik gemaak. Sy het hom kort kort ‘n drukkie gegee, soms speels op die boud geknyp, oor die see van gesigte vir hom geknipoog, partymaal net teen hom aangeskuur en baie subtiel veroorsaak dat hy meer met die handoek op sy skoot gesit het as wat normaal was.
Nadat die laaste gaste teen elfuur gery het, het Liz vir Neels in die kombuis gesoen en teen haar vasgedruk.
“Gaan stort jy gou ou grote en dan klim jy solank in die bed. Ek gaan gou klaar opruim dan bring ek jou verrassing vir jou kamer toe.”
Hy weet nie hoe laat hy ingesluimer het nie, maar die kamer is pikdonker toe hy Liz se hand oor sy rug voel vryf. Haar hand dwaal oor sy heup en dan neem sy Neels se manlikheid in haar hand, druk effens en begin hom dan stadig trek. Haar hande is kouer op sy vel anders as gewoonlik, maar dit maak die sensasie vir hom meer intens en hy draai op sy rug. Liz skuif nie soos gewoonlik teen hom aan nie en hy neem aan dat sy verrassing ‘n totale bederf van masturbasie, blow job en ‘n goeie lang uitgerekte massering gaan wees.
Binne ‘n paar sekondes het sy Neels snaarstyf, hy voel hoe sy die laken oplig en weet dat haar mond hom binne sekondes gaan mal maak. Hy voel hoe haar hare oor sy bobeen gly en toe haar mond oor sy voёlkop glip stuur dit skokgolwe deur sy lyf. Hy vat aan haar heup, maar sy druk sy hand weg en trek haarself in die laken toe. Neels glimlag en sit sy hande agter sy kop. Hy lê egter ongemaklik en vat haar kussing om ook agter hom te sit. Die kussing ruik na kaneel en seep en dit laat Neels se binneste ruk. Liz ruik en proe altyd na aarbeie en hy wonder waarom die verandering.
Net voor fyndraai trek sy haar mond met ‘n klapgeluid oor sy voёlkop, klap hom teen die been en asof dit afgespreek is draai hy op sy maag. Hy voel hoe sy van die bed afklim en hoor hoe sy om die bed na sy kant loop. Sy klim wydsbeen oor hom en hy snak na sy asem toe sy ‘n smeermiddel op sy rug uitdruk. Haar hande is nou vuurwarm op sy rug terwyl sy hom masseer. Hy voel haar hare in sy nek en dan soen sy hom liggies agter sy oor. Haar asem ruik skoon en na arbeie en Neels raak weggesleur deur die ritme van haar hande op sy rug.
“Skuus …. ek moet ‘n draai loop,” sê Neels. Voordat Liz van hom afklim vra sy hom om nie die ligte aan te skakel nie. Hy tas in die donker na die badkamer toe, gaan sit op die toilet en druk sy half erekte angel ondertoe om water af te slaan. Nadat hy hande gewas en afgedroog het streel hy oor sy voёl en voel hoe die meneer verstyf. Voёl in die hand voel hy weer sy pad bed toe. Hy hoor hoe Liz die bedlampie se knopie druk en dan is hy vir sekondes verblind deur die helder lig.
Hy snak na sy asem toe sy oё weer begin fokus. Op die bed uitgestrek lê Liz. Haar lang leninge lyf, soepel en sonbruin gebrand, blonde hare in ‘n gerf oor haar regter bors. Liz is skoongeskeer en haar prammetjies is net bietjie meer as ‘n handvol. Haar tepels staan ligpienk orent op haar ewe ligpienk aerolas. Haar blou oё brand in syne vir ‘n sekonde voordat hy sy oё verskuif na die ander kant van die bed.
Chante lê met een been effens opgetrek, sy is heelwat korter as Liz. Haar lyf is effe mollig dog atleties. Haar lang, donker, gekartelde hare lê gesprei oor die wit kussing en haar vel is blas en word gekomplimenteer deur twee pragtige volronde borste met lang roospers nippels op effe donkerder aerolas. Chante se koekie is ongeskeer en die knop van haar genotgrot is vol gekrulde pubiese hare. Haar spierwit tande verskyn agter haar glimlag en dit aksentueer haar Italiaanse ken en donker oё.
Beide vrouens lag vir Neels en merk hard op dat hy sy horing weggeskrik het. Neels staan nog met sy slap angel in sy hand toe Liz opspring en hom bed toe sleep.
“Hoop jy hou van jou verrassing, Meneer die Kontrakteer …”
2 COMMENTS
Sjoe Bobcat, wat n geluķkige kontrakteur. Absoluut fantasties
Verruklik ! Enige man se droom om twee vir die prys van een te ervaar…al is dit net een keer in jou lewe, moenie so’n kans laat verbygaan nie : Dis die moeite werd.
Dankie vir nog ‘n lekker storie !