Die Geel Rok (4)
deur Rudi
Ons kan nie vir ewig in die kewertjie in die middel van die pad sit en soen nie. Lindie trek skielik haar kop weg en kyk op haar horlosie. “Ons het ʼn trein om te vang.” Sy sit die karretjie in rat en trek dreunend weg.
“ʼn Trein?”
“Jip. Kaap toe.”
“Kaap?”
“Jy kan later al die vrae vra, ons gaan laat wees.”
Toe sy by die stasie parkeer het, sê sy dit lyk of ons darem betyds is.
“Waar kry jy die Volla?”
“Dis nie myne nie, ek het hom… haar… by Dr Theron geleen. Een van sy kinders sal haar later vanmiddag kom haal. Ek moet net die sleutel by die kaartjieskantoor los.”
“En die Kaap?”
“Pa het ‘n uitstalling by ʼn galery Vrydagaand.”
“En die trein?”
“Jou pa het vir ons kaartjies gekoop. Jy moet hom nog bel en dankie sê, en sê alles is OK.”
ʼn Vinnige tongsoen en ek laai ons bagasie uit.
Terwyl Lindie by die bagasie op die perron wag, loop ek na ʼn telefoonhokkie toe en laat weet vir pa alles is OK.
“Pa en ma stuur groete,” sê ek vir Lindie.
“Goed, nou wag ons net vir die trein.”
Daar wil-wil ʼn kloof tussen ons inwurm. Ek gaan sit langs haar op die bankie en hou haar hand vas. Sy druk haar kop styf teen my skouer. Ek sit my arm om haar en hou haar vas. Woorde is nie nodig nie. Sy skop haar sandale uit en hou haar voete in die lug. Sy wikkel haar tone. Hoekom sien ek nou eers sy het baie mooi voete? Haar toonnaels is helderrooi geverf. Ek skop my tekkies uit en hou my voete langs hare. Haar voete lyk klein teen myne. Sy vang die punt van my een sokkie met haar tone en pluk die sokkie van my voet af.
Die trein kom aan. Sy spring regop. Ek trek my sokkie en tekkies weer aan. Sy staan voor my. Ek kyk vir ʼn oomblik na haar bene en haar boudjies. Sy het ʼn styfpassende wit kniebroek aan.
***
Sy sit oorkant my en drink ʼn koeldrank. Sy is pragtig. Fyn sproeitjies oor haar neusie. Lippe wat my aantrek. Ek wil wegraak in haar oë. Ek glimlag vir haar. Sy glimlag terug. Ek het baie lanklaas haar sien straal. Dit is asof die skoonheid uit haar skyn. Sy giggel toe my strooitjie eers my mond mis omdat ek vir haar borsgleufie geloer het
Haar slanke skouers is maer, en wit. Sy het altyd ‘n ligte sonbruin gelaat gehad. Behalwe haar boude…
“Waaraan dink jy?” vra sy.
“Sommer aan jou.”
“Wat van my?”
“Jy is mooi,” sê ek.
Sy leun oor en gee my ʼn soen.
***
Ek dink aan wat Dr Theron tydens een van die sessies vir my gesê het. “Jy onthou goed, in fynere detail.”
Hy het ʼn ruk stil gebly, deur my lêer geblaai. “Jy het drie maande terug deur die lyste en prente geblaai hier. Gister het jy die vrae daaroor geantwoord. Heel merkwaardig…”
“Jy moet versigtig wees. Jy ervaar dinge soms te intens. Te veel detail, elke kolletjie, elke gevoel, elke geluid, lig, alles. Asof dit nou net gebeur het. Dit kan jou te veel laat dink.”
Ek het hom vraend aangekyk. “Ja, mens kan te veel dink. Dit kan jou depressief maak. Om iets te oordink, in al die detail, dit kan die swart hond wakker maak. Slegte dinge kan jou oorneem, jy kan die goeie weer wil beleef, perfek soos jy dit onthou, maar die lewe werk nie so nie. Elke dag is anders.”
Later het die Dr Tatiana Theron, sy vrou, met ʼn swaar Russiese aksent vir my gesê “You are like when I take all this books in this room, and put them into your head. You will know them, but not how and when to use them. Everything is there, but it is not all connected.
“You will be able to connect it all, even if I tear the pages out and scatter them, but you will overthink, you will try to make perfect connections. When you can’t find perfect connections, you will find failure.
“You found structure in the army. Go and study, you will put your brain to good use and studying will provide the connections. Learning, and also living, is not all about remembering. Living is an art. If you mess up the canvas, you won’t get another one. When you paint over it, it gets messy.
“Sometimes you will find people are not remembering. It does not mean they don’t care or they are lying. They forgot, you remembered. It can make life difficult, very difficult. Trust me I know, my husband gave me lot of shit because I forget.
“Forgetting is good, it makes the pain less, but you remember pain like it was just now, even though you experienced it years ago. The same with joy. But it can make you sick. We will teach you to put it behind, not think about it in such clarity, in such perfect detail.”
Lindie se boude. Die waterdruppeltjies. Die gekoekte haartjies. Dit is asof dit net nou was. Die gevoel van totale geluk ook. Die hartseer gebeure in die daaropvolgende maande ook.
“Dink aan die toekoms, dit bestaan nog nie in al die detail wat jou kan oorlaai nie,” het Dr Theron gesê.
***
“Ek dink daaraan om universiteit toe te gaan,” sê ek en Lindie byna gelyktydig.
Stilte.
“Waarnatoe?” vra sy.
“Ek weet nog nie.”
“Ek dink daaraan om PUK toe te gaan.”
“Goeie keuse,” sê ek.
“As jy Bloemfontein of Pretoria toe wil gaan, sal ek ook soontoe gaan,” sê sy.
“Die PUK…”
Sy maak my stil. “Dink daaraan. Oor ʼn maand is dit Oktober, ek het uitgevind, dan moet ons ingeskryf wees.”
Ek hoef nie daaroor te dink nie. Die lewe is kort, as die geleentheid daar is, vat dit. Dink aan die toekoms. Moenie dit oordink nie. Besluit net. Die PUK sal dit wees. B Com? Regte? Ingenieurswese?
Ons sal volgende jaar vier-en-twintig wees. Die ander studente, negentien, twintig? Ek het gespaar. Ek het nie ʼn kar gekoop of die aande in ʼn kroeg omgekuier nie. Ek sal met pa moet praat. Of die bank. ʼn Klein woonstel in Potch huur…
***
Ek is so jags ek bewe. Op die bed links van my in die kompartement lê Lindie poedelnaak. Om te keer dat ek ontplof van die jagsheid, het ek die lig afgeskakel. Die maan speel nie saam nie, die maan is vol vanaand en daar is geen wolke nie. Die treinspoor speel ook nie saam nie. Vir die afgelope uur loop die spoor al reguit, seker deur die Karoo. Dis is 2 uur in die oggend en die volmaan skyn by die ruit in.
Het jy al gehoor iemand se kop raas? Wel, my kop raas. Op die bed lê Lindie, nat tussen haar bene, gereed en wagtend vir my.
Sy is glad geskeer tussen haar bene. Heeltemal glad. Uit die hoek van my oog kan ek haar naak silhoeëtte sien in die maanlig wat by die venster inskyn. Haar borste wat my roep. Haar tepels wat my lippe en tong aantrek. Die gladde pienk satynvlees tussen haar bene…
Sy het die Pil vergeet en ek het nie kondome nie. Destyds, daar in die veld langs die rivier, het dit nie saakgemaak nie, maar nou is dit anders. Nou dink ek aan die toekoms, soos wat die dokter gesê het ek moet, en nou is daar ʼn moerse kortsluiting. Nou dink ek aan haar wat universiteit toe wil gaan en ʼn swangerskap wat dit gaan kompliseer. Nou is die detail in my kop die toekoms, en dit is probleme. Ek wil nie die oorsaak wees dat sy nie universiteit toe kan gaan nie. Maar ek dink aan myself ook, ek wil nie gaan sonder haar nie. Ek is bang om die wêreld alleen tegemoet te gaan. Die wêreld sonder die struktuur van die weermag is chaos. Meng dit alles met bewende jagsheid, en jy het iemand wat se kop raas.
Ek neem ʼn besluit. “Ek gaan inbreek,” sê ek. “In die mansbadkamer by die eetwa, het ek ʼn houertjie met kondome teen die muur gesien,” sê ek.
Sy giggel. “Jy het dit al seker tien kere gesê.”
“Ja, maar nou gaan ek.” Ek staan op.
Sy swaai haar lyf van die bed af, en dan pluk sy ʼn geel nagrokkie oor haar kop. Hel, sy lyk tot vreeslik sexy as sy aantrek. “Ek gaan saam,” fluister sy.
Ek trek ‘n T-hemp aan.
Ons vorder tot by die toe swaaideure van die eetwa sonder ʼn voorval. Ek ruk aan die deure. Gesluit. Ek ruk harder. Dit voel of die deure gaan meegee. Ek buk, druk met my skouer teen die deure en probeer hulle oop forseer.
Sy staan agter my. Haar hand glip onder my kort rugbybroek in, oor my boude en dan streel sy met haar naels oor my ballas. Sy vryf oor my piel, speel oor die nat punt. O fok.. ek trap vas, beur so hard as wat ek kan teen die geslote deure en dan is daar ʼn kraakgeluid en met ʼn helse slag swaai hulle oop. Ek sien net vlugtig haar groot oë en dan is ons in die eetwa in, en ek druk die deure toe. Hulle bly gelukkig toe.
My hart klop woes. Ons staan doodstil, en dan bars ons uit van die lag. Ek probeer vir haar sê sy moet stilbly, wys vir haar met my vinger op my mond sy moet sagter, en dan sit sy haar hande op my wange, bring haar mond nader en kan ek haar genadiglik stil soen. Haar asem is vinnig en warm. Sy druk haar lyf teen myne. Ek dink my lyf gaan haar nagrokkie af smelt.
Sy loop saam met my in die badkamer in. Die houertjie teen die muur.
FOK! FOK! FOK! Die flippen ding is leeg. Sy draai om en sweef in die maanlig by die deur uit. Ek is lus om die muur stukkend te moer.
Ek loop uit. Sy staan in die gang tussen die twee rye tafels. Sy pluk haar nagrokkie uit en gaan lê dan op ʼn tafel, met haar bene wawyd oop.
Ek hou my in. Net-net, maar ek hou. Verdomp.
Sy sit regop. “Trek uit jou klere,” sê sy.
Ek staan.
“Ek gaan skree,” sê sy, en staan op. Ek weet sy gaan. Ek ken haar al lank genoeg. Ek trek my hemp uit. My broek ook.
“Gee,” sê sy en hou haar hand uit. Ek staan kaal daar, asof gevries. Sy trek haar asem diep in om te skree. Ek gee.
Soos blits skuif sy die ruit oop en gooi haar nagrokkie en my klere uit!
Sy draai om, buk oor die tafel en stoot haar boude uit. Sy reik na agter en trek haarself oop. My kop hou op raas. Ek hoor die gesuis van die wind en die ritmiese klanke van die waens op die spore, maar my kop is stil. Ek vat my warm stywe piel vas en staan nader. Die wind wat by die oop venster inwaai koel my natgeswete lyf af en wanneer ek in haar indruk, voel sy vuurwarm. Ek steek haar hard. Ek buk oor en vind haar mond. Sy is honger-jags. Sy byt my lip, druk dan haar tong hard in my mond in.
Sy lig haar bolyf op en ek vat aan haar borste. Ek voel ek gaan kom, maar ek wil nie nou al nie. Ek trek my piel uit haar uit, en sy draai om, lê op haar rug op die tafel en maak haar bene wyd oop. Ek voel lus om op my knieë te gaan staan en die nat tussen haar bene te soen, haar klit vir die eerste keer met my tong te groet, maar ek is te jags. Ek vat haar bene vas en trek haar nader na die kant van die tafel toe. Sy vou haar bene om my en ek gaan diep in haar poesie in. Sy druk haar bolyf uit en gooi haar kop agtertoe. Sy vryf oor haar borste. Ek naai haar hard.
Sy bly nie stil nie, sy kreun en hyg sonder om terug te hou. Ek steek haar diep, voel hoe my ballas teen die onderkant van haar boudjies vas swaai met elke ingaan.
Ek voel hoe die kom begin opstoot, ek dink daaraan om uit te trek en my kom eerder oor haar plat maag te skiet, maar sy trek haar bene saam, druk my heeltemal in haar in en ek kom diep, baie diep in haar poesie in. Sy kom ook. Haar asemhaling, haar krete, haar lyf, en haar gloeiende poesie sê vir my sy kom.
Sy sit regop en sonder dat my piel uitgaan, hou sy om my lyf vas. Ek tel haar op, druk haar styf vas, met een hand onder haar boude om haar te ondersteun en my ander hand om haar rug.
Ek tree agtertoe en gaan sit op die bank. Sy sit wydsbeen bo-op my, ek nog binne in haar en sy druk haar gesig teen my hygende borskas vas. Ons praat nie, ons sit net so, hou mekaar styf vas.
Sy begin haar onderlyf stadig te wikkel. My piel is sensitief, maar ek voel hoe ek weer lewe begin kry. Ek soen haar. Haar wange is nat van trane, maar ek voel sy is gelukkig. Sy wikkel haar heupe en ons naakte lywe skuur teen mekaar. Ek voel elke deel van haar naakte vroulikheid teen my.
Ek vryf oor haar rug, druk haar styf teen my, en dan vryf ek al laer af, oor haar ferm boude, my vingers tussen haar boude in. My wysvinger haak vas by haar stywe anus. Ek druk die punt van my vinger effens in, en dan gly my vinger uit soos wat sy haar heupe al vinniger begin beweeg. Ek vat laer af, voel hoe ek in haar ingaan.
Sy druk haar naels in my rug in. Ek soen haar ontblote nek. Sy druk haar borste stywer teen my en dan kom sy weer. Haar naels trek oor my rug, haar asemhaling dryf my oor die kruin en ek kom weer binne in haar. Sy sak laag af dat ek baie diep in haar ingaan en knyp haar bene styf teen myne. Sy soen my borskas, byt vinnig aan ʼn tepel. Ek verbeel my ek hoor ʼn geskuifel by die swaaideure wat ek vroeër oopgebreek het.
Die wind wat by die oop ruit inwarrel koel ons warm, kaal lywe af. Lindie staan op en ek kyk rond. Die tafeldoek lê eenkant op die grond. Die tafels is ook nie baie groot nie en die een is nou effens lendelam. Dit lyk of sy steunpoot los begin kom uit vloer uit. Daar is smeersels kom ook op die tafel wat blink in die maanlig. Ek tel die tafeldoek op, frommel dit in ʼn bondel in en gooi dit dan by die ruit uit. Die blou doek dwarrel die nag in. Ek skuif die ruit toe.
***
In die kompartement luister ek na Lindie se diep asemhaling. Ons lê lepel. Ons het giggelend uit die eetwa uit terug na die kompartement toe gehardloop en gelukkig het niemand ons gesien nie. Dit sou effens moeilik wees om te verduidelik hoekom ons albei kaal was.
Ek wonder oor ons. Ons ken mekaar al lank, maar daar was altyd ʼn grondpad en sonneblomlande tussen ons. Daar was afstand, al was ons naby aan mekaar. Toe ek weermag toe is, was daar ook ʼn afstand tussen ons. Sal dit uitwerk tussen ons as ons by mekaar is, elke dag en nag? Is ons nie dalk net perfek vir mekaar solank as wat daar ʼn afstand tussen ons is nie?
***
Die vrou buk by ons. Haar parfuum is oordonderend. Ek voel hoe my oë begin brand en my neus begin jeuk. Ek draai my kop weg.
“Sies, ek het julle gesien gisteraand. Ek het alles gesien, skaam julle!” sis die vrou fluisterend. Ek probeer van die wolk om haar wegkom en skuif weg. “Dit help nie jy probeer wegkom nie. Ek het alles gesien. Ek sal my in die afgrond in skaam. Die Here het julle gesien, dit kan julle weet!”
“Het tannie alles gesien, soos in alles?” vra Lindie met haar mooiste, soetste stemmetjie. My oë traan erg van die kwaai vrou se parfuum en ek vat ‘n servet om my gesig af te vee.
“Dit help nie jy huil nou nie! Julle kon my kinders gewees het! Ag nee wat! Maar laat ek julle vertel, my kinders sal nooit so iets doen nie, nooit nie! En ja ek het alles gesien, dit help nie julle ontken dit nie.”
“Ons ontken dit nie, tannie. Ek sê maar net, as tannie alles gesien het, is tannie net so skuldig. Tannie kon mos weggekyk het, of hoe?” Lindie klink stroopsoet.
“Kind!” sê die vrou en trek haar oë op skrefies.
“Ek gaan vir die… treinbaas of wie ook al dit is sê hier is nagsluipers op die trein wat die mense se privaat besigheid afloer,” sê Lindie en ek kan sien sy hou haar lag met moeite in.
“Dit was hier op die tafel waar julle nou sit!” Die vrou is bloedrooi in die gesig. Sy ruk haar regop, trek haar skouers terug, druk haar neus in die lig en loop met stokbeentjies na ʼn tafel toe waar ʼn man sit en koerant lees. Die vrou gaan sit, draai dan om, gluur my aan en wys vir my vinger. Dit lyk asof sy verder met die man (haar man?) baklei.
Die kelner bring ons koeldranke. Hy mompel ʼn verskoning omdat die tafel los is en maan ons om eerder ons glase vas te hou.
ʼn Man wat belangrik lyk in ʼn netjiese blou uniform loop verby en gaan staan fronsend by die swaaideure. “Wat maak hy?” vra Lindie.
“Hy bestudeer die slot,” sê ek. “En die vrou wat nou net hier was, se oë gaan uit haar kop val soos wat so probeer kyk wat hy doen,” voeg ek by. Die man skud sy kop en kom weer aangeloop. “Hier kom hy,” fluister ek vir Lindie.
Lindie keer die man voor. “Verskoon my meneer, hoe laat sal ons in Kaapstad wees?” vra sy hom sag. Sy beduie na die kwaai vrou toe en fluister dan vir die man “Daardie dame sê ons sal eers more daar wees.”
Die vrou kyk skielik weg, by die ruit uit. Haar hand verberg die deel van haar gesig aan die paadjie se kant.
“Nee wat dame,” se die man en wil-wil lag. Hy kyk na die vrou en skud sy kop. “Ons sal oor sowat… twee ure in Kaapstad wees. Het julle die rit geniet?”
Die vrou gryp die koerant uit die man se hande en verberg haar gesig heeltemal.
“U sal nie kan besef hoe baie nie,” sê Lindie. Haar voete speel met myne onder die tafel. Een van haar voete skuur oor my binnebeen en dan wikkel sy haar tone reg tussen my bene.
Kaapstad, hier kom ons!
3 COMMENTS
Baie mooi!
Hoop die twee kan óók jare en jare saam gelukkig wees.
In my geval het in haar tweede en my derdejaar..’n boepmagie bygekom.. en móés ons trou.. Dit hou nog?
Great storie!
Hiermee het ek nou al die episodes gelees en baie geniet. Kan Rudi vir ons sê of die tweetjies vandag nog gelukkig saam is ?