Bye for now :)

Hoe lank gaan ek lees: 2 minute

Geliefde Kombiekiehierlesers,

Soos sommige van julle dalk weet was hierdie jaar se eerste ses maande nie ‘n goeie jaar vir my en my mense nie. Ek hoop nie die swartgalligheid het hierheen deurgesyfer nie, maar ek weet wel daar was tye waarop ek minder gepost het juis omdat erge dinge aan hierdie kant aan die gang was.

So, ek gaan so bietjie ‘n breek vat terwyl ons op vakansie gaan.

Voorheen as ek weg gegaan het, het ek vooruit hier gepost sodat die website nog aan die gang bly, maar my storieskrywers kry seker koud, want ek het nie regtig baie stories die laaste paar weke ontvang nie. Dis waarom ek so twee vir julle geskryf het. 😉 Persoonlike omstandighede het ook maar veroorsaak dat ek nie so passievol en kreatief soos altyd gevoel het om dit webwerf met ander interessante dinge te vul nie.

Die website maak nie toe nie, so onthou dat daar BAIE stories is wat jy dalk nog nie gelees het nie. Gaan kyk onder elke tab in die menu en ook die sub-tabs. Ek gaan nie altyd dadelik julle comments kan goedkeur nie, maar sal dit doen wanneer ons van tyd tot tyd sein het. So wees net rustig, dit sal gebeur.

Ek sal ook op dieselfde manier emails antwoord. Ek is nie doodseker ek kan dit regkry om lidmaatskap op Gemeenskap en Vreesloos te hernu van daar af nie, maar ek gaan darem nie vir ewig weg nie. Net vir so twee weke en twee dae.

En in daardie tyd sal ek na julle verlang, ek belowe. 🙂

Ek WEET as ek terugkom sal dit weer met nuwe gees en nuwe lus en nuwe idees en nuwe energie wees. En dalk ook so paar nuwe stories wat ek op die langpad sal skryf.

Dankie dat julle steeds hier kuier en dat ek weet julle verstaan en sal terug kom.

Lus en liefde

Annelise

 

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

16 thoughts on “Bye for now :)

  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 12:02 pm
    Permalink

    Annelise,gaan geniet jou vakansie,weet ons gaan weer lekker stories kry as jy terug is…

    Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 8:24 am
    Permalink

    Annelise geniet jouself gate uit en rus lekker want jy verdien dit!
    Daar is oorgenoeg stories op Kombiekiehier ons ons vir die volgende
    drie weke JAGS te hou! GENIET!!

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 8:32 am
      Permalink

      Dankie Pieta 😁

      Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 7:53 am
    Permalink

    O en ek het vergeet…jy se bye met n pragtige foto!
    Baie dankie…dit is lus lekker en mooi.
    x

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 7:54 am
      Permalink

      😊❤️

      Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 7:50 am
    Permalink

    Annelise jy moet heerlik vakansie hou, lekker uitrus en ek sien uit na n paar vakansie stories ook.
    Moet nie alleen voel nie, die swartgalligheid is orals en dryf baie mense tot depressie.
    Dit is nie maklike tye nie en op n manier moet ons oorleef en aangaan.
    Om Kombiekiehier te lees elke dag helder n mens se dag op en gee mens weer n paar idees om die lewe weer in die oe te kyk en die uitdagings aan te pak.
    EK kan jou n laaaang lys maak van seerkry en verliese die afgelope jaar en selfs meer.
    Laat ons liewer vorentoe fokus en vasbyt en met nuwe inisiatiewe kom.
    Lekker kuier en rus en veilig ry
    xx

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 7:52 am
      Permalink

      Dankie mydream xxx

      Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 6:43 am
    Permalink

    Eerstens – as jou laaste storie sonder passie was, sidder ek alreeds om te sien hoe gaan jou storie daarna uitsien, as dit met passie geskryf is. Bewe al klaar van – lekkerte.
    Tweedens – geniet elke oomblik van jou vakansie en pasop mens kan nie in die koue ‘tan’ nie. Rus lekker uit en kom veilig teruģ.

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 7:49 am
      Permalink

      😁 dankie Ysbeer

      Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 5:34 am
    Permalink

    ‘n Agterstallige en welverdiende vakansie wat jou toekom!
    Meeste van ons is bewus van die swottings waarmee jy besig was en die persoonlike trauma’s wat jy moes hanteer en ons moet in gedagte hou dat daar baie ander persoonlike struikelblokke en probleme kon wees wat jy ooglopend nie eers met ons gedeel het nie.
    Ons het ondersteun en onderskraag waar ons kon maar jy’t met jou kragtige geloof in jouself en jou sterk karakter alles oorleef en is nog steeds ons Leidster in Lus (hoewel met geestelike skrapnel).
    Rus en geniet jou twee weke en twee dae en kom oorborrelend met nuwe idees vir KBH terug.
    Bon Voyage♥
    WilleWill

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 7:50 am
      Permalink

      Dankie Will 😊

      Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 12:05 pm
      Permalink

      Baie mense moet n breek vat om weer te herlaai
      So jy verdien dit en geniet dit glo almal sal kan vasbyt vir 2 weke
      Geniet dit en rus lekker

      Reply
  • Avatar
    Jun 28, 2019 at 12:25 am
    Permalink

    Geniet jou vakansie en kom veilig, uitgerus en jags terug!

    Reply
    • Avatar
      Jun 28, 2019 at 7:51 am
      Permalink

      Dankie Uther! 😊

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)