
Baby did a bad, bad thing
deur Ramkat Erasmus
(lees vorige episode HIER)
Sy vleg haar hande om my kop en in my hare in en dan soen sy my soos wat sy daai kaasburger geëet het. Honger, dierlik. Niemand het my nog ooit so gesoen nie en ek word sommer dadelik weer hard. Ek glip my hande om haar lyf onder die japon in en trek haar aan die boude teen my horing aan. Sy kreun in my mond in. Ek vryf haar rug en soen haar terug.
Dan trek sy weg, gryp een van my ma se “scatter cushions” van die bank af en gooi dit by haar voete neer. Sy kniel op die kussing en laat die japon van haar skouers af val. Dan trek sy my aan die belt nader. Sy wikkel die belt los en rem my denim teen my bene af. En dan, vir die eerste keer in my lewe voel ek hoe dit voel as ‘n ekspert jou piel in haar mond insuig. Rillings van genot ruk deur my. Ek sit my hande op haar nat hare en trek myself dieper in haar mond in. Sy sit haar hande om my boude en help my intrek. Dan begin sy haar kop vorentoe en agtertoe beweeg, terwyl een van haar hande my balle vat en begin streel. Dit raak net te veel en ek probeer uittrek, maar sy hou vas en dan kom ek.
Sy sluk en sluk en sluk en trek dan haar mond weg. Daar sit ‘n bietjie kom op haar een mondhoek. Sy vat my skag vas en druk en trek tot daar nog ‘n paar druppletjies uitdrup. Sy lek dit met haar tongetjie af, kyk vir my en glimlag. Sy vryf om haar mond en suig haar vinger af. Dan trek sy my af todat ek op my knieë staan. “Trek uit,” sê sy, “en lê op jou rug.” Ek worstel uit my klere uit, sukkel-sukkel asof ek vergeet het hoe om dit te doen. Dan gaan lê ek op my rug en kyk afwagtend na Crystal wat met haar arms oor haar borste gevou vir my staan en kyk. Sy’t haar wynglas in die een hand en sy vat ‘n klein slukkie. Dan beweeg sy nader en kom staan wydsbeen bo-oor my. ‘n Druppletjie helder vloeistof drup uit haar uit en plons op my maag neer. Ek het nog nooit ‘n vrou uit hierdie hoek uit gesien nie en dit maak my nog jagser as wat ek reeds is.
Sy kyk vir my horing wat ruk-ruk van die lus en glimlag. “Wel, jy’t stamina, dis verseker…” Sy tel een voet op en sit dit op my ken. “Maak oop,” sê sy, en druk met haar voet my ken af. My mond rek oop en dan gooi sy van haar wyn oor haar knieg. Die wyn loop teen haar been af en tot in my mond en oor my gesig. Ek sluk vir ‘n vale en wil-wil verstik, maar sy hou my fyn dop en gooi die wyn net bietjies-bietjies teen haar been af.
Dan sluk sy die laaste wyn af, spoel dit ‘n slag of wat deur haar mond en kyk vir my. “Kom.”
Sy draai en loop heupswaaiend in die rigting van my slaapkamer. Ek beur regop en loop agter haar aan, my piel soos ‘n rigtingwyser wat in die wind swaai voor my. Sy sit die lampie, wat langs die bed staan, aan en gaan lê op haar rug. Ek staan in die deur, nie seker wat om verder te doen nie. Dan trek sy haar knieë op en maak haar bene oop. Haar een hand gly af en sy vryf oor haar kaal-geskeerde en glinsterende nat poesie.
“Jy het geen idee hoe lankal ek dit wou doen nie. Kom hier. Ek wil jou binne in my voel.”
Ek stap droë keel nader en gaan kniel op die bed tussen haar bene. Dan vat ek my piel in die een hand vas en druk hom stadig tussen haar sopnat skaamlippies in.
Ons hou heelnag aan tot beide van ons seer en nerfaf is. Sy is atleties en geoefen. Sy doen dinge met my wat ek nog nie eers van gedroom het nie. En sy vra my om goed aan haar te doen wat my verbyster.
As die son opkom en die kerkklokke begin beier, en die honde aan die tjank gaan oor die hadeda’s wat skreeuend verbyvlieg raak ons in mekaar se arms aan die slaap.
***
In Bloemfontein doen ek en Crystal baie goed en ons prof dink ons gaan wen. Tussen die voorbereiding vir die hof en die hofveriggtinge self eksprimenteer ek en Crystal met mekaar se lywe. En as die kompetisie klaar is en ons wegloop met tweede prys verskuif daar iets in my kop.
***
Ek maak klaar, doen my artikels en kwalifiseer. My ma gooi ‘n tuinpartytjie om my summa cum lauda graad te vier saam met familie en vriende, en sonder om enigeen te waarsku nooi ek vir Crystal saam.
Sy kom met haar nuwe Golf by ons hekke aan. Sy klim uit en die skare word stil, soos hulle sê. Sy’t ‘n swart romp aan wat styf om haar boude span en ‘n bloes wat amper-amper nie haar swart bra bedek nie. Haar hare is plat teen haar kop gekam en haar bloedrooi lipstiffie laat haar gesig amper maskeragtig lyk. Aan haar voete het sy stripperstiletto’s wat dieselfde rooi as haar lipstiffie is. En ek dink onwillikeurig aan die Joker masker wat sy in die klub gedra het …
Ek loop nader en soen haar op die wang – wil nie die lipstiffie bederf nie… Sus kom nader en gee haar ‘n drukkie. Dan vat ek haar hand en lei haar na waar my pa en ma staan en wag. Dit vat haar presies drie sekondes om my pa se voete onder hom uit te slaan, maar moeder is van ‘n ander stoffasie. Sy is ysig koud teenoor Crystal, maar puntenerig beleefd.
Ek lei haar aan die hand weg en kry vir haar ‘n glas wyn. “Hoe lyk ek?” fluister sy.
“Fokken sexy,” antwoord ek. Dan is my pa by ons. “
Is dit jou spanmaat in Boemfontein gewees?”
Ek knik. “Baie geluk, my skat, ” sê my pa en steek sy hand uit. Sy steek ook haar hand uit en dan trek hy haar nader vir ‘n soen. Sy ontwyk sy mond, maar plant ‘n rooi soen op sy wang.
“Dankie, Oom. Ek waardeer dit.”
Later gaan haal ek my kitaar en speel ‘n paar Rock and Roll treffers en dan stap ek saam met Crystal na haar kar toe. Sy maak haar handsakkie oop en gee vir die karwag R100. As hy met die breedste glimlag op sy bakkies wegloop draai sy na my toe.
“Die laaste van my stripgeld. In kontant bedoel ek… Die res is in die bank en ek begin volgende week by VBM. Wat gaan jy doen?”
Ek kyk oor haar kop na die stad se liggies. Daar was heelwat aanbiedinge van verskeie regsfirmas af, deels oor my pa en sy konneksies en deels oor my uitslae.
“Ek ry volgende week Kaap toe. Ek het vir ‘n band ‘n demo gestuur en hulle wil my hê …”
“Wat van my?”
“Jaag jou droom. Ek sal terugkom.”
“Met lang hare en ‘n tatoo?” glimlag sy.
“Dalk meer as net een.”
Dan is ons stil. En dan soen sy my met die rooi lipstifie op die mond.
3 COMMENTS
Sy is ‘n vrou so na my smaak en m,y hart
Netjies gedoen Ramkat.
Nou toe………so word dit gedoen.
Bo-baas Ramkat.