
Anderwêreldse ekstase
deur Victor Alexander
Ek sluimer so halfpad tussen ‘n eksotiese droomwêreld en probeer ook naderskuif aan die plek waar die son die kussing warm gebak het. Gelukkig gee ek nie om of ek wakker is of slaap nie, so ek hang so in limbo tussen die twee wêrelde. So vaagweg voel ek ‘n gewig oor my skuif, die gevoel van ‘n ander se vel teen myne maak dat ek so bietjie meer aandag gee, maar die droom lok my terug. Die volgende sensasie wat ek voel is so uniek dat die droom my vaarwel roep met ‘n stoute glimlag.
Naakte realiteit kom ingestroom van alle kante af en ek lig my kop effe. Sy kyk op vir my en die prentjie bevestig die sensasie, sy het my in haar mond terwyl haar een hand rondom die basis van my penis is. Haar lang hare is oor my gedrapeer soos ‘n vlag. Wat n wonderlike gesig! Ons is nog so vreemd vir mekaar dat ek nie seker is wat om te verwag nie. Moet ek aandui as ek gaan kom of sal sy dit weet? Ek maak my mond oop om iets te sê, maar haar volgende beweging verlam my. Die sensasie van die binnekant van haar wang teen my penis is so intens dat ek my asem intrek. Ek veg teen die vlae van plesier en reik uit om aan haar te vat. Sy kyk op vir ‘n oomblik en die vonkel in haar oë laat my besef dat ek op die punt staan om in ‘n diep put van plesier af te daal. Haar delikate keelspiere beweeg en die suigkrag wat dit veroorsaak dompel my terug in ‘n waas van plesier in.
My regterbeen trek onwillekeurig saam, maar sy skuif onmiddellik haar linkerarm en linkerbeen oor my been en sluit my onderlyf toe in ‘n passievolle klem. Sy herhaal die beweging teen haar wang en die suigkrag raak meer intens by die oomblik. My liggaam ril en ek buig onwillekeurig opwaarts. My hande gryp angstig na die bed langs my, desperaat om vas te hou aan die werklikheid wat besig is om my te verlaat. Dit alles help niks nie.
Met my oë toe en my kop agteroor voel ek die warm gloed van ‘n orgasme wat brand soos ‘n lont op pad na ‘n hoop dinamietkerse toe, maar voor dit kan ontplof in my voel ek hoe dit stop. Ek kyk af en deur die waas sien ek hoe sy my penis versigtig soos ‘n hefboom afgetrek het verby negentig grade. Hoe weet sy van daardie meganisme! Sy kyk weer op, maar hierdie keer is die spelerige uitdrukking in haar oë vervang deur n smeulende vuur en ek besef dat hierdie ‘n ervaring gaan wees wat die werklikheid en die spirituele realm gaan vermeng.
Weer vat sy my tot op die rand van ‘n orgasme en ek is nie meer seker of ek wil hê dit moet gebeur nie. Weereens trek sy my terug op die nippertjie van ekstase en ek voel hoe my liggaam homself oorgee aan haar genade. ‘n Derde keer storm ek af teen die berghang van ekstase met ‘n onwillekeurige kreun. Hierdie keer laat sy my oor die afgrond stort en ek voel hoe my lendene saamtrek met die heuglike gevoel van ‘n orgasme. Met ‘n skok besef ek dat ek in haar mond gekom het. Ek weet nie eers of sy dit verkies nie!
Ek kyk paniekerig af en sien hoe sy opstyg oor my soos ‘n Phoenix met gloeiende oë en ‘n vag van hare wat haar volg. Ek sien hoe haar keel op en af beweeg terwyl sy haar wysvinger oor haar mondhoek vee in die universele beweging van ‘n blowjob- godin. Terwyl sy oor my gehurk bly soos ‘n roofdier vat sy die bottel langs die bed, gooi haar kop agtertoe en laat die sjampanje in haar mond intap totdat dit oor haar ken loop. Sy sit die bottel weer neer en die spelerigheid is terug in haar oë.
“My beurt bliksem,” verklaar sy terwyl sy in een beweging oorval na haar kant van die bed toe en my oor haar trek.
Ek beland tussen haar bene en hoog genoeg dat ek haar maag kan liefkoos. My soene vind hulle pad na haar skaambeen toe en sy maak haar bene wyer oop om my meer spasie te gee terwyl ek afgly. Die delikate vorm van haar liggaam, die vallei wat verby haar heupbeen loop, die kurwe waar haar dy aansluit by haar lies, is so delikaat, so perfek en sensueel dat ek amper verstar na die beeld voor my staar. Ek besef dat elke vorm en kurwe in my ingeprogrammeer is om te begeer en ek voel die begeerte in my brand.
Ek sak af en soen haar aan die binnekant van haar bo-been, al hoe hoër totdat my lippe aan haar vulva raak. Die aanraking stuur n rilling af deur haar liggaam – die primitiewe bevestiging dat ek is waar sy my wil hê. Ek maak my mond oop en begin om haar labia te streel en vertroetel met die warmte van my mond en tong. Ek besef dat ek nie weet waarvan sy hou nie, maar die oomblik is so dramaties dat nie een van ons durf ‘n geluid maak nie. Ek hou aan om haar labia te soen en saggies te suig. Na ‘n paar sekondes sien ek hoe sy begin klam rak en ek volg die vogtigheid tot naby haar klit en omsirkel dit versigtig sonder om aan dit te raak. Ek beweeg af met my tong tussen haar labia en penetreer haar saggies met die punt van my tong.
Soos ‘n ontdekkingsreisiger in ‘n magiese land, is ek amper te bang om asem te haal. Ek voel hoe die rillings in haar liggaam begin opbou. Ek is amper spyt om kontak met haar liggaam te verbreek, maar ek weet dat daar nog een element nodig is en ek kyk op. Enige twyfel by my of ek haar kon bevredig verdwyn die oomblik toe ek haar gesig sien. Haar oë het weer begin smeul en sy haal ritmiese asem met haar mond effe oop. Die son trek ‘n helder streep oor haar liggaam en ek sien hoe haar vel blink van die sweet. Ek sit my vinger versigtig binne haar en krul dit sodat ek kan kontak maak met haar G-spot. Ek hou my asem op, want die atmosfeer kan so maklik versteur word as ek iets verkeerd doen. Ek bestudeer haar liggaam vir bevestiging dat ek die regte plek gevind het. Haar oë is nou toe maar haar regterhand beweeg effens. Ek skuif die kontakpunt en sien hoe haar hand die laken opvrommel in ekstase.
Gretig sit ek my mond oor haar vagina en beweeg my tong tot net bo haar klit sonder om aan dit te raak. Stadig begin ek sirkels om dit maak en beweeg al hoe nader aan die klit. Die oomblik wat my tong aan die skede van haar klit raak stoot sy haar heupe boontoe. Saggies sit ek my hand net bokant haar skaambeen om haar weerstand te gee om teen te druk. Ek stimuleer die skede meer en meer met sirkels en op en af bewegings. Die kontraksies in haar heupe versnel en ek kyk oor haar liggaam vir ‘n teken.
Haar oë is toe en haar nek is in ‘n manjefieke book gespan met haar gesig na bo gedraai. Ek sien die kragtige rilling deur haar liggaam beweeg tot in haar onderlyf en haar bene beweeg effens na bo. Ek breek kontak met haar klit en beweeg na die onderkant van haar vagina toe met my tong. Die breek in ritme en intensiteit maak dat sy haar oë oopmaak en vir my kyk. Haar asemhaling is vlak en vinnig en dit voel asof sy met my gees koppel met haar oë.
Haar asemhaling raak meer rustig en ek beweeg terug na haar klit toe en stimuleer die skede van kant tot kant met my tong. Nog ‘n rilling rol deur haar liggaam en sy kreun in desperaatheid as sy voel hoe ek weer kontak verbreek met haar klit. Haar oë smeek my terwyl haar asem jaag en haar heupe op en af beweeg in verwagting.
Ek het bemerk waar haar mees sensitiewe punt op haar klit is en ek weet dat instink my sover gebring het. Vir ‘n oomblik bid ek vir enige seksgode wat dalk mag bestaan dat ek haar op die regte manier na ‘n klimaks toe sal bring en toe plons ek met die plat kant van my tong bo-oor haar klit en begin dit suig. Haar hele liggaam trek saam in verwagting en haar kreunings raak al hoe meer intens.
Dankbaar dat ons in ‘n verlate hut in die bos oorgeslaap het, weet ek en sy dat sy nie hoef terug te hou nie. Ek dryf die punt van my tong in die posisie waar haar mees sensitiewe punt is, so by die eenuur posisie bokant haar klit en ek hoop met alles in my dat ek dit reg doen.
Ek hoef nie te lank te wag om uit te vind nie, want haar liggaam krul boontoe in ekstase en haar bene slaan toe om my soos ‘n slot. Selfs al het sy nie ‘n enkele geluid gemaak het nie, sou daar geen twyfel gewees het oor die intensiteit van haar orgasme nie. Haar liggaam trek saam in een spasma na die ander. Sy slaan haar naels in my skouer in en die wonderlikste primitiewe gil van ekstase kom uit haar keel uit.
Ek kan die nie meer hou nie, die passie het my liggaam in ‘n rekordtyd laat herstel en ek kan voel hoe bou my ereksie op. Ek besef dit is nog ‘n risiko, maar my instink het my sover gebring en ek weet dit is die regte ding om te doen. Ek breek kontak met haar klit en skiet my liggaam boontoe terwyl ek haar bene oopdryf. Ek is bo-op haar en instink lei my na n perfekte penetrasie toe. Die intensiteit van haar orgasme is net besig om af te neem en haar gloeiende oë vlieg oop en ontmoet myne. Soveel sensasies, instinkte, emosies meng saam en transformeer in n spirituele ervaring in. Ek kan voel haar orgasme het omgedraai en neem weer toe in intensiteit, want ek kan die binnekant van haar vagina voel klop teen my penis. Met my laaste energie dryf ek so hard as wat ek kan en kreun toe die folterende orgasme deur my liggaam ruk.
Ons is stadig besig om uit die hoogtes van ons vereniging te daal terwyl ons liggame stadig afskakel. Ek weet nie meer waar haar liggaam eindig en myne begin nie. Ons asem is een soos ons lippe instinktief gesluit is in ekstase. Dit voel soos n buite-liggaamse ervaring soos my gedagtes stadig afdryf aarde toe soos ‘n herfsblaar. Ek maak my oë oop en verdrink onmiddellik in hare. Geen woorde is nodig nie, want ons deel dieselfde gedagtes, ons sige oorweldig deur die fisiese inspanning en eksotiese vlakke van ekstase. Skaars by my bewussyn gly ek tot langs haar op die bed en sink in ‘n soet slaap in terwyl ons liggame mekaar nog steeds vasklem in passie.
2 COMMENTS
Hierdie is die vakmanskap van skryf in die hoogste graad. Die woordgebruik, sintakse, soepele taal en samestelling maak dit ‘n lees en ‘n fisiese genot ervaring.
Ek hoop Victor Alexander gaan ons in die toekoms nog meer vermaak ? Puik werk
Goeie storie.
Dankie