Verkeerde nommer

deur Annelise

“Sit jou oorstuk aan.”

My hart begin vinniger klop as ek die beslistheid in sy stem hoor. Ek vee my hare agter my oor in en peuter met die bluetooth oorstuk totdat dit gemaklik sit. Die son skyn warm op my bed terwyl die wind blare oor die grasperk rondjaag.

“Wat het jy aan?” Sy stem is diep en rustig. Die vreemde stem wat so ʼn kwartier gelede per ongeluk my nommer geskakel het, laat my hoendervleis uitslaan.

“My blou jeans en ʼn geel langmou-bloes.” Ek staan langs my bed waarheen hy my gestuur het.

“Trek jou langbroek uit.”

Ek maak my broek los en trek dit uit. Die materiaal gly strelend oor my boude en dan met my bene af tot op my enkels. Dit maak ʼn dowwe plofgeluid as ek dit in die hoek van die kamer gooi.

“My broek is uit.” Ek kan my hartklop in my bewerige stem hoor.

“Hoe lyk jou pantie?”

“Dit is ʼn rooi kant deurtrekker met ʼn swart strikkie agter in die middel.”

“Kan mens jou deur die kant sien?”

“Ja.” Ek voel hoe ek gloei van skaamte.

Hy is ʼn oomblik stil.

“Trek jou bloes uit.”

Ek trek die bloes oor my kop en gooi dit by die langbroek in die hoek. My lang hare vee syerig oor my rug. Ek praat weer met die vreemdeling op die foon.

“My bloes is uit.”

“Beskryf jou bra.”

“Dis ook van rooi kant. 34 C. Mens kan my tepels teen die materiaal sien druk.” Ek wens hy kon dit self sien.

“Trek jou onderklere uit. Ek wil jou kaal hê.”

Ek knip my bra los. My borste sak effens wanneer ek die ondersteunende kant afhaal. Hulle is rond en vol in die son. My broekie is natterig as ek dit uittrek.

“Ek is kaal.”

Ek staan langs my bed en wag vir die volgende opdrag. My lyf voel warm. Ek kan skaars glo hoe vinnig ʼn paar waaghalsige flirtasies in plaas van die gewone jammer, verkeerde nommer, ons by hierdie punt uitgebring het.

“Lê op jou rug op die bed sodat jou kop oor die rand afhang.”

Ek gaan lê dwars oor my bed. My hare hang tot op die grond wanneer ek myself tot oor die bed se rand skuif. Ek sukkel om te praat.

“Ek is klaar.”

“Is jy lus?”

“Ja.” Ek kan my lyf van afwagting voel klop.

“Hoe lus?”

“Ek drup van lus.”

“Maak jou bene oop.”

Ek skuif my bene van mekaar af weg.

“Is hulle so wyd as wat jy hulle kan kry?”

Ek skuif hulle nog oper.

“Ja, my bene is wyd.”

“Jy is ongelooflik.” Sy stem is nou hees. “Vryf jou tepels tussen jou duim en voorvingers.”

Ek vryf my tepels en hoor self hoe my asem begin jaag.

“Is hulle styf?”

Die ja jaag op my asem by my mond uit.

“Vryf oor jou maag.”

Ek beweeg my hand oor my lyf totdat dit oor my naeltjie beweeg.

“Ek wil hê jy moet jou hand af laat gly tot tussen jou bene. Beskryf dit vir my.”

My asem jaag en ek praat hortend.

“Ek is skoongeskeer en my hand glip glad oor myself.”

Hy kreun. Na ʼn rukkie praat hy verder.

“Vat aan jou poesie en beskryf vir my wat jy voel.”

“Ek gly my vinger oor my klit wat voel asof dit gaan ontplof en dan tussen my lippe in – dit voel asof ek geswel is en my vinger word deur die nat warmte ingesluk.”

“Druk jou vinger dieper in.”

Ek kreun net wanneer ek my vinger in myself insteek.

“Hoe nat is jy?”

“Dit drup teen my vinger af.”

“Luister nou. Sprei met jou een hand se vingers jouself oop en vat jou selfoon in jou ander hand.”
Ek voel-voel met my regterhand na my foon. My linkerhand bly in my. Ek kan voel hoe ek op die duvet drup.

“Neem ʼn foto van jou belusting.”

Ek luister na die diep stem van die vreemdeling oor die foon en neem myself skaamteloos af.

“Stuur vir my die foto.”

Ek werk met bewende vingers die selfoon se menu en mms die foto aan die stem. Dan sit ek die foon weer langs my op die bed.

“Naai jouself.”

Ek laat my nie twee keer nooi nie. My een hand se vingers verdwyn in my dieptes in terwyl my ander hand se vinger oor my kittelaar speel. Ek voel hoe ek onder my vingers begin saamtrek en kreun hardop. Dan kom ek. My vingers voel die spasma eerste, maar dan neem my lyf vinnig oor. My uitroep laat geen twyfel oor wat gebeur nie. Uiteindelik trek ek my vingers tussen my bene uit. My asemhaling bedaar stadig. Die bloed wat in my ore suis bedaar stadig. Uiteindelik kry ek weer ʼn klank oor my droë lippe.

“Dit was ongelooflik,” sê ek hees.

Maar my selfoon is doodstil. Sy diep stem is nie meer daar nie.

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Verkeerde nommer

  • September 14, 2014 at 3:04 am
    Permalink

    Foonseks met fotografiese ondersteuning op sy beste! In goeie grafiese detail en sielsontblotend beskryf!

    Reply
  • September 10, 2014 at 11:18 am
    Permalink

    Lekker storie die!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)