Veldwagters wys horings vir horings
Ok, ongelukkig is die foto’s nie soooooo kinky soos hierdie opskrif impliseer nie, maar ons kon nie daai pun weerstaan nie. Hier is die regte storie. Josie Borain, daardie supermodel van weleer, het haar kamera gaan haal en so paar van Suid-Afrika se sexyste en dapperste veldwagters het hulle klere laat waai ter ondersteuning van renosters. Die eindproduk was ‘n kalender vol mans van die natuur in hulle natuurlike gewaad.
Josie en een van die modelle gesels hier oor die projek. Kyk uit vir die boudjies wat in die grondpad afstroll, dolls! 😉 🙂
Gaan besoek gerus die webwerf as julle hulle wil ondersteun. Dis dalk ‘n cool kersgeskenk vir jou liefie. 😉