Twee en twee is vier
deur Ramkat Erasmus
Die elegante vrou gaan sit netjies op ‘n kroegstoeltjie aan die een kant van die kroegtoonbank. Sy sit haar handsak op die die toonbank neer en wuif vir die kroegman. Hy ken haar en haar gewoontes, want hy begin dadelik ‘n Martini meng soos wat sy daarvan hou. Hy sit die drankie voor haar neer en hulle wissel ‘n paar gemoedelike woorde, dan beweeg hy weer weg om ander gaste te help.
Sy hou van die hotelletjie. Dis klein, maar baie luuks en die diens is uitmuntend. Sy vat ‘n slukkie van haar drankie en bekyk die ander gaste in die spiëel agter die kroeg. Daar is die gewone groepies besigheidsmanne wat diep sake sit en gesels, en in een hoek is ‘n paartjie wat duidelik op pad slaapkamer toe is. Sy draai effe skuins op haar stoeltjie sodat sy hulle beter kan sien. Sy hand vryf teen haar been op onder die kort rompie in en sy kan van haar hoek af duidelik sien wat onder die tafeltjie gebeur. Sy voel hoe haar binnespiere saamtrek as sy skielik lus raak vir ‘n man se lyf. Sy skud haar kop nukkerig vir haarself en draai weg van die paartjie af.
Sy’t maande laas ‘n man in haar bed gehad en sy onthou nog soos gister sy hande op haar borste, tussen haar bene, sy tong, sy mond en sy saad wat hy oor haar geskiet het. Sy wonder waar hy is en waarmee hy besig is vannaand. Hy bly iewers in die stad, weet sy, en sy wonder hoe sy hom dalk kan opspoor. Sy het per slot van rekening twee dae voordat sy moet teruggaan huis toe. Maar sy druk die gedagte uit haar kop uit. Hy’s die soort van man aan wie sy verslaaf sal raak en sy kan nie nou die luukse bekostig nie. Haar besigheid is in ‘n kritieke stadium en sy moet konsentreer.
Sy wink die kroegman nader vir nog ‘n Martini en sien hoe die paartjie hand om die lyf uitloop. Sy kruis haar bene en sug. Sy het een of twee speelgoed ingepak, maar masturbasie is partykeer net nie goed genoeg nie.
Sy sien hulle by die kroeg instap as sy weer opkyk spiëel toe. Drie jonger mans met die selfversekerdheid en arrogansie van die jeug. Een is bietjie langer as die ander twee en hy het donker blonde hare en groot hande. Sy kan vrek oor groot hande. Wikus se hande was so groot en sterk en van toe af is dit die ding waarna sy eerste kyk. Die ander twee is ewe groot en lyk of hulle broers kan wees. Hulle gaan sit by ‘n leë tafeltjie en koukus, en dan staan die lang man op en skuif langs haar by die kroeg in. Hy bestel twee biere en ‘n whiskey en soda. Die kroegman sit dit voor hom neer en hy betaal. Dan kyk hy reguit vir haar.
Sy voel die rilling in haar rug afgly as sy terugkyk. Sy wonder of dit vir ander vouens ook so voel as ‘n aantreklike man vir hulle kyk. Hy glimlag effens en knipoog vir haar, dan tel hy die drankies op en stap na sy makkers toe. Sy hou hom in die spiëel dop en kan sien hy vertel sy maats van haar. Een van hulle kyk op en vang haar oog in die spiëel. Sy kyk haastig weg en konsentreer op haar drankie.
Sy vermy die drie se oë in die spiëel en maak haar drankie klaar. Sy besluit om kamer toe te gaan en iets ordentliks op TV te soek. Maar skielik staan die lang man weer langs haar. Hy plaas weer sy bestelling en vra of hy vir haar iets kan kry om te drink. Sy protesteer en sê sy’s op pad, maar hy glimlag vir haar en sê hy wil baie graag vir haar ‘n drankie koop en sy moet dit saam met hulle kom drink. Sy glimlag terug en knik dan. Hoekom nie? Sy klim van die kroegstoeltjie af en stap na die tafel toe. Hulle staan beleefd op en daar word oor en weer name uitgeruil. Die lang een se naam is Niek en dan is daar Tobie en Neels. Sy vra of Tobie en Neels broers is, maar hulle skud kop.
Die drie is op ‘n rugbytoer in die stad en hulle het ‘n bietjie afleiding kom soek aangesien hulle klaar gespeel het. Sy ken haar rugby en vra uit oor hulle klub en wedstryde. Neels is skrumskakel en Tobie ‘n binnesenter. Niek is agsteman. Die manne is goed opgevoed en praat lekker en met passie oor hulle sport en hulle geniet dit dat sy kan saampraat. Gou bring Tobie nog drankies en later moet sy keer, want sy begin hoenderkop raak. Sy raak ook bewus daarvan dat een van Niek se groot hande op haar bobeen rus. Maar dit pla haar nie en sy skuif bietjie nader aan hom. Dan roep die kroegman laaste rondte en sy besef met ‘n skok dat sy die aand omgesit het in die jong manne se geselskap. Neels vra of sy nog wil hê, maar sy dring aan dat sy nie meer kan drink nie. Niek sê hy sal saam met haar kamer toe loop om seker te maak sy is veilig en as hy sy arm aanbied, gly sy haar arm deur syne en stap rustig saam met hom na die hyser toe.
By haar kamer aangekom krap sy haar sleutel uit die handsak en maak die deur oop. Sy draai na hom toe en hy vat haar in sy arms en soen haar sag en innig op die mond. Sy is verbaas oor die man se voorbarigheid, maar haar liggaam antwoord op ‘n ander manier en sy druk haar lyf teen syne aan. Hy stoot haar in die kamer in en sy laat haar handsak val sodra hy die deur toedruk.
Haar oë is toe en sy hare is in haar hande en sy mond op haar mond en dan druk hy haar op die bed neer. Voor haar geestesoog sien sy die drie van hulle met hulle mooi glimlagte en goeie maniere en as Niek een van sy groot hande onder haar romp indruk doem een van haar gunsteling fantasieë by haar op. Dis iets wat sy as skooldogter in ‘n boek gelees het en van toe af wonder sy gereeld daaroor, veral as sy haarself bevredig met een van haar speelgoed.
Niek begin haar broekie uittrek en sy stoot hom weg. In sy oë kan sy die teleurstelling sien.
“Vat jou selfoon en bel die ander twee…”
Sy staan op en gaan badkamer toe. Haar bene bewe van opwinding en sy kyk vir haarself in die spiëel. Sy kan dit nog stop, maar sy weet sy gaan nie. Sy trek die ritssluiter van haar rok los en laat dit in ‘n hopie val. Dan trek sy haar bra uit en die broekie. Agter die deur hang ‘n syjapon en sy trek dit om haar lyf, verbaas oor die styfheid van haar tepels en die nattigheid tussen haar bene. Sy hoor hoe Niek die deur vir sy maats oopmaak en die opgewondenheid in hulle gedempte stemme. Dan maak sy die badkamer deur oop en loop in die kamer in.
Die drie jong manne staan by die deur en kyk na haar met afwagting in hulle oë.
“Sluit die deur,” sê sy skor, “en trek uit”.
Niek draai en sluit die deur en Tobie is eerste om sy hemp oor sy kop te trek. Neels trek skouers op en dan begin hy sy hemp oopknoop. Sy leun met haar rug teen die kosyn van die badkamerdeur en hou hulle dop. Niek se jean waai eerste en hy het ‘n bokser onder aan. Tobie dra ‘n wit onderbroekie onder sy jean en Neels dra niks. Al drie van hulle staan kaal voor haar, penorent en gewillig.
In haar geestesoog begin die scenario afspeel wat sy al soveel keer in haar alleenheid beleef het. Sy knoop die strik van die sy japon oop en laat die jas oopval. Neels maak keelskoon en sy kan sien hy kyk vir haar strepie skaamhare. Sy laat die japon van haar skouers afgly en dan loop sy na die bed toe. Sy gaan sit en glimlag vir hulle. Niek glimlag terug en Tobie lyk of hy ‘n spook gesien het.
“Ek neem aan julle is almal ‘game’,” vra sy en hulle knik gelyk hulle koppe.
“Nou maar kom dan…” en sy lê terug op die bed met haar voete op die vloer. Die manne staan nader en dan kniel Niek tussen haar bene, sy voel sy warm, groot hande op haar bene en dan trek hy hulle effens verder oop en sy kan sy asem op haar dye voel. Een van die ander, Neels? Tobie? sit een van haar tepels in sy mond en begin suig en dan is daar nog ‘n mond op haar ander bors. Niek begin haar met sagte hale lek en sy kreun van plesier. Dan voel, voel sy na die manne wat met haar borste besig is en kry hulle elkeen aan ‘n stewige skag beet. Sy beweeg haar hande op en af en sy kan voel hoe hulle reageer op haar liefkosings. Niek weet wat om met sy mond te doen en hy knibbel en suig om die beurt aan haar skaamlippe. Sy voel die nattigheid op die kop van die een piel in haar linkerhand en maak haar oë oop. Neels is links en Tobie regs. Sy lig haar kop en sien Niek se blonde kop tussen haar bene. Hy suig aan haar klit en werk een lang vinger versigtig in haar in. Sy is papnat en lig haar boude effens nader aan sy wonderlike mond. Dan maak Neels haar hand los en beweeg na haar kop toe. Sy vat sy piel in haar mond en suig en lek soos Wikus haar soveel jare terug geleer het om te doen. Sy kan sien Neels se oë is toe en maak sulke klein bewegingkies met sy heupe sodat sy voël in en uit beweeg. Haar hand om Tobie se staf kry ‘n lekker ritme en hy begin sulke steungeluide is sy keel maak. Sy wil nie hê enigeen van hulle moet te gou kom nie en sy hou op om hom te streel en vat aan sy sakke.
Tussen haar bene het Niek nou ‘n heerlike indringende ritme met vinger en mond begin bou en sy kan voel hoe sy nader kom aan ‘n eerste orgasme. Sy klem sy kop met haar bobene vas en druk hom weg. Dan sit sy regop.
Sy staan op en die drie kom staan om haar. Sy maak haar oë toe soos sy altyd in haar droom doen en voel hoe hulle hulle warm lywe van alle kante af teen haar druk. Sy voel een van hulle se staf wat van agter af tussen haar bene ingly en dan is daar hande op haar borste en iemand soen haar in die nek. Een van hulle sak af en begin haar maag soen, al om haar naeltjie en dan laer af. Sy sit haar hande agter om haar rug en trek die man agter haar nader aan haar lyf.
Dan sak nog een van hulle op sy kniëe en begin haar voete soen. Sy staan en hyg na haar asem intens bewus van die tong op haar klit en die paal van agter af tussen haar bene.
“Jy is so fokken mooi” kreun een van hulle dit uit. “Is ek?” vra sy hees en hulle al drie beaam dat sy pragtig is. Haar kniëe word lam en as dit nie vir die sterk jong man agter haar was nie, wat nou sy arms om haar gesit het en haar borste in sy palms hou, sou sy geval het.
Haar kop begin draai en sy gee haar oor aan die menigvuldige liefkosings van die drie jong mans. Die man agter haar, Niek?, sak ook af op sy kniëe en druk sy tong tussen haar boude in. As hy die bondel senuwees raak krul sy van plesier. Nou is daar ‘n tong op haar van voor en van agter af en sy kan nie die rillings van lekkerkry glo nie. Dan hoor sy hoe een van hulle saggies vir die ander instruksies gee.
Hulle tel haar op en lê haar op die mat neer. Dan begin hulle haar oral oor streel en liefkoos. Haar lyf bewe onder die hande en tonge en monde wat oor haar beweeg, in haar in beweeg en haar meer lewendig laat voel as ooit van te vore. Sy maak haar oë oop en sien die sterk jong lywe wat haar aanbid en sy sug diep.
“Ja, ja, ja…” kreun sy. Een van hulle kom nader en hy druk sy piel na haar gesig toe. Sy vat hom gulsig in haar mond in en suig en soen hom. Sy besef dis Niek en aan sy gesig kan sy sien hoe hy dit geniet. Dan reik sy weer uit en gryp die ander twee se piele in haar hande en begin hulle op en af streel. Na ‘n ruk druk sy Niek uit haar mond uit en laat los die ander twee. Sy draai op haar sy.
Sy trek vir Neels langs haar neer en gee hom ‘n soen, dan vir Tobie. Sy leun weer terug en trek vir Niek op haar neer. Hy wil sommer dadelik sy piel in haar instoot, maar sy keer hom en druk hom net tussen haar bobene vas. Sy soen hom op die mond en voel hoe die ander twee haar ore en nek begin knibbel. Sy kry weer hulle piele beet en trek op en af terwyl Niek al dringender beweeg tussen haar bobene.
Tobie begin weer kreun en sy hou met haar handbewegings op.
“Fok, maar ek is nou ordentlik jags,” kreun Niek dit uit en sy lag in haar keel. Sy vryf Tobie se maag en dan laat los sy Neels se voël ook. Sy druk Niek van haar af en staan op. Neels streel sy eie piel en Tobie vat-vat aan syne. Sy beweeg na die bed toe en Neels is eerste by haar. Sy lig haarself op en gaan sit oor Neels. Sy help hom om sy klipharde voël in haar in te druk, dan lê sy vorentoe. Met haar hande trek sy haar boude oop en sy voel hoe Niek nader kom en versigtig sy klipharde piel in haar anus insteek. Dan is sy gevul van voor en agter en die manne begin stadig in en uit beweeg. Tobie beweeg om en sy vat sy voël in haar mond. Sy suig hom behoorlik en dan beweeg hulle almal met dieselfde ritme.
“Fokkit, maar dis lekker, o fok, dis lekker,” hoor sy Niek sê en dan kom Tobie in haar mond. Sy suig die laaste bietjie sap uit hom uit en sluk.
“Ek gaan kom” kreun die jonge Neels en dan doen hy ook so. Sy kan voel hoe sy saad in haar inskiet en dan begin sy voel hoe haar orgasme haar oorval. Sy gee ‘n sidderende kreun en kom en kom en kom en dan skiet Niek haar van agter af vol.
Lank lê hulle so. Dan trek eers Niek uit en dan Neels en sy rol van hom af. Tobie vryf met ‘n sagte hand oor haar borste.
“Ek’s nog vir twee dae hier …”
Die jong manne kyk haar aan en Niek glimlag. “Ons ook”
“Nou maar hoekom gaan stort ons nie almal saam nie en dan doen ons dit weer.”
Hulle staan op en beweeg na die badkamer toe. Sy kyk vir hulle stywe gespierde boude en gooi haar arms om haar eie lyf. Hierdie fantasie het op die lekkerste manier denkbaar waar geword!
2 COMMENTS
Jip, ‘n storie van weleer maar goeddeurdag, gemaklike styl….lekkerlees soos net Ramkat altyd gee. Dankie
Heigent! Hierdie kwalifiseer as “HOT”!