Troos
deur Annelise
Ek kan my man se stilstuipe nie hanteer nie. Hy word stil en afsydig en vreeslik ordentlik. Hy antwoord my mooi, doen sy deel – doen niks uiterlik boosaardig nie. Maar sy aanraking en teerheid is weg. Hy vat nie, vroetel nie en vra nie. Sy rug langs my in die bed sein die boodskap duideliker as ʼn klap. Sy arms is om homself gevou in plaas van om my. Ek ken nie ʼn groter eensaamheid as wanneer hy sy liefde van my weerhou nie. Dit is wanneer hy in sy grot klim.
Gewoonlik weet ek nie wat hom in die bui in gedryf het nie. Ek wag in spanning, nekspiere in ʼn spasma, totdat hy my weer nadertrek en ek ʼn sug van verligting in sy arms kan slaak.
Soms word ek die hel in. Verskriklik kwaad – vir hom, vir mans oor die algemeen en vir myself. Ek is kwaad dat dit my nog raak. Na dertien jaar is ek nog steeds kwesbaar en het ek nog steeds nie geleer hoe om myself weerbaar te maak nie. My emosionele velletjie is nog saf. Ek probeer eelte bou, maar elke keer is dit net ʼn roof wat afval en nog rooi en teer is wanneer die volgende aanslag kom. Ek is meer werd as dit!
Sulke tye smag ek na aandag – na enige skyn van die liefde, maak nie saak hoe kortstondig of oppervlakkig nie. Ek voel ontvrou. My liggaam het geen mag in hierdie situasie nie. My man is onverleibaar, onaantasbaar. Sy liefdestaal is liggaamlik en hy voel nie baie liefdevol op daardie oomblik nie. Grenslose magteloosheid deurspek sulke tye.
Dit is een van my ronddobberdae, wagtend op beter weer. Ek moet ʼn pakkie by ʼn vriend gaan afhaal. Hein was nog altyd goed vir my gemoed – hy het my mooi en begeerlik laat voel. Alhoewel hy in sy dekade-lange vriendskap met my en my man nog nooit enige grense oortree het nie, weet ek dat hy meer as net vriendskap vir my voel. In sy oë en glimlag weet ek van sy begeerte.
Ek maak nie verskoning nie. Ek verduidelik niks. Ek weet net dat ek soos ʼn spons voel wat iemand gewring het – leeg, droog, leweloos.
Ons staan in sy kombuis en gesels terwyl ons vir die ketel wag om te kook. Ek soek na die melk in sy yskas terwyl hy veronderstel is om die koppies uit te haal. Ek draai om en betrap hom in ʼn kyk wat my hoedervleis gee. In sy kyk is aanvaarding, liefde en begeerte. Sy kyk laat my weer na dae van verwaarlosing vorm aanneem. Ek word weggevoer op die drang om gesien te word. Ek wil begeer word. Ek wil my mag om te plesier herontdek. Ek wil na waarde geskat word. Hein beny my man. Hy dink ek is perfek; ʼn onrealistiese, romantiese siening van my, maar ongelooflik verleidelik.
Hy wil my hê – al lankal. Hy probeer nog wegkyk, dit doodpraat, maar hy weet dat ek weet. En ek stuur sy kyk roekeloos en skaamteloos terug.
Sy lyf deur sy hemp is warm as ek myself teen hom druk. Ek proe sy mompelwoorde en roer sy laaste protestasies met my tong deurmekaar. Ek kan voel hoe hy die stryd gewonne gee en wanneer hy met ʼn kragwoord my vaster teen hom trek, maak sy magtelose oorgawe my rasend.
Ek is Delila. Ek is drif en verleiding. Hy leun teen die kombuiskas. Ek maak myself uit sy omhelsing los en begin uittrek. My blou T-hemp, my swart bra – sy oë los myne en beweeg na my borste. My jeans val om my enkels. Hy is nog op dieselfde plek vasgenael. Ek trek my broekie uit. Vir die eerste keer in weke word ek raakgesien. Ek voel mooi en verleidelik. Die gevoel van mag is bevrydend. My naaktheid voel sag teen sy growwe klere as ek hom weer lank en diep soen. Ek is in beheer, maar ek wil hom plesier. Ek kan hom voel groei. Sy hande is nou op my. Ek gly teen hom af totdat ek op my knieë voor hom staan. Hy is nog ten volle geklee. Ek is lis en lus en lyf, niks anders.
Sy lid is kliphard en groot en ek haal dit uit sy broek. Ek wil hom rasend maak. Hy is warm en sout in my mond. Ek beweeg my hande op en af saam met die suig. Sy kop is agteroor gegooi.
Ek is sy slaaf en sy meester. Ek gebruik my seksuele mag om hom te plesier. Dit is totale beheer en totale oorgawe.
Hy is op die rand van die afgrond. Ek kan hom al proe. Sy asem haak in sy keel vas. Ek haal sy styfheid uit my mond en laat hom warm, taai en nat oor my kom – oor my hande, my borste, my maag. Ek smeer myself met sy room, hou hom tussen my borste totdat hy leeg is.
Daar is ʼn lang oomblik van asems en hartkloppe wat stadig bedaar. Hy is sterk en kalm en hy tel my op om my badkamer toe te dra. Sy hande vertroos my terwyl hy my lyf en ook my trane afspoel. Hy droog my af en hou my vas.
Ons praat nie veel nie. Ons weet ons sal nooit daaroor praat nie. En dit ook nooit vergeet nie. Dit is asof alles iewers gebeur het buite die realiteit; iewers waar mense perfek bly en die werklikheid nie die betowering wegvat nie. Daar waar so iets net eenmaal kan gebeur.
3 COMMENTS
So waar eintlik tragies
Dis n problem as een in ‘n verhouding skielik nie meer belangstel in die intieme deel -seks- daarvan nie en die ander een het nog ‘n behoefte daarna. Erg frustrerend. Seksuele frustrasie. Dwing die ander een om dit op ‘n ander plek te gaan soek. Erger nog as die een wat nie meer in seks belangstel nie en die ander een die uitlating van seksuele bevrediging gun nie. Seks is belangrik dit help om van die stres en die problem van die lewe te vergeet en te ontspan. Omdat party nie genoeg of geen seks het nie lei tot depressie en senuwee ineenstorting. My beskeie opinie
Ek stem met alles wat jy sê saam.
Die probleem wat ons in die Westerse samelewing het is die dwingelandy van die kerk en sg. morele waardes en die gemeenskap. Dit is bv. aanvaarbaar vir die kerk en die Westerse beskawing om ‘n string huwelike en skeisake te he maar nie poligamie nie. Dit is meer aanvaarbaar vir hierdie stelsel om mense tot ewige selibasie te dwing eerder as om seks voorhuweliks, buitehuweliks of verskeie permanente lewensmaats terselfdertyd te he. Kyk maar na watter gemeenskap het die meeste seksuele frustrasie, huweliksprobleme, geslagsgeweld, ongelukkige huwelike en emosionele probleme – ek sien dit nie in gemeenskappe wat minder voorskriftelik oor seksuele gedrag is nie.
Dus – red jpuself – bevry jou uit hierdie dwingelandy. Hou op om jouself te gesel met hierdie verkeerde en biologies onnatuurlike waardestelsel. Kom laat ek jou ‘nprekie gee: Op Jesus se familieregister staan daar: Ragab sy grootgrootoumagrootjie was ‘n hoer, Rut, ook ‘n grootfgrootoumagrootjie het in haar baas se bed by die voetenent gaan slaap voor hulle getroud is en toe magically trou hulle – so wat daar by die voetenent voorhuweliks gebeur het kan jy maar net raai. Jesus was nie deur Josef verwek nie en sommer ook so buitehuweliks. So wragtag – hoekom buk jy onder die juk van monogamie? – wat terloops deur Konstantyn vier eeue nC ingestel is – en nie deur die Bybel nie.
Dus is my advies, as die fonteintjie opdroog -soek vir jou ‘n milde waterstroom waar jy jou gesondheid – fisies en geestelik kan verkwik, en wees gelukkig. Jy het net hierdie een lewe en niemand het die reg om jou die vreugde daarvan te ontneem nie .
Mooi storie! Gevoelvolle vertelling. Sou graag wou weet of dinge verder ontwikkel het. Ek kan my indink daar was opeenvolgende troossessies gewees. Die troosroom is waarskynlik na die aanvanklike lyflike beblertsing uiteindelik in meer intieme plekke aangewend.