Disgrace

deur Annelise

“Ek wil jou bed toe vat.”

Sy woorde is so uit die bloute dat ek vir ʼn oomblik dink ek het hom verkeerd verstaan. Maar dan kyk ek in sy helder oë en sien ek dat hy ernstig is. Hierdie gesofistikeerde man wat met my oor letterkunde en kos, skrywers en wyn gesels, wil ongesofistikeerd wees. En hy gaan soos ʼn “gentleman” te werk om dit reg te kry.

Dit is maar die tweede keer dat ons ontmoet, die vorige keer was by ʼn seminaar in ‘n ander stad, en vanoggend het hy my vir ontbyt by die gastehuis waar hy bly genooi. Of dit is wat ek gedink het.

Ek sit op die bed in sy kamer wanneer hy vir my dit vra. Hy sit op ʼn stoel naby die deur. Hoe ek in die kamer beland het is nog steeds duister. Na onbyt in die sonnige eetkamer het hy voorgestel dat ons iewers anders verder gaan gesels. Ek het gedink dat hy my na ʼn sitkamer neem . . . ek was verkeerd. Maar hoe uncool sou dit wees om viervoet in die deur vas te steek en te weier om in te gaan. Of aan die deurkosyn vas te gryp. My ma het my geleer dat mens nie in ʼn man se kamer kuier nie, maar my ma is nie nou hier nie.

Hy lyk nie eens ongemaklik oor sy vraag nie! Ek kan voel hoe ‘n gloed van verleentheid deur my trek. Met my? Waarom? Die man voor my noem van die intelligentse mense in die land sy vriende, hy dien op Rade en neem Groot Besluite en redeneer saam met die geleerdes. Heelwat ouer as ek, moes hy tog al alles ondervind het wat mens oor kan fantaseer. Hy moes tog seker sy kwota minaresse gehad het. Maar hier wag hy nou vir ʼn antwoord van mý af.

Wil ek met hom “bed toe gaan”?

Ek weet nie. Ek het nie so aan hom gedink nie. Om die waarheid te sê is ek nog bietjie oorrompel deur hom, deur die feit dat hy enigsins weer vir my wou ontmoet. Ek het gedink dis oor my geselskap. Ek was verkeerd.  Maar as hy my lyf wil hê dan moet my lyf besluit of sy belangstel.

Hy lyk ou-wêrelds ordentlik waar hy rustig vir my antwoord sit en wag . Heeltemal te ordentlik vir wat hy gevra het. Van die oerenergie wat gewoonlik met so ʼn voorstel gepaardgaan is daar niks te sien nie, behalwe miskien vir die effense glimlag om sy mond. Hy kom koel, kalm, beheersd en in beheer voor. En skielik weet ek wat my antwoord gaan wees.

“Ja.” Ek kan voel hoe my hart vinniger begin klop as ek uiteindelik antwoord. “Maar dan moet jy my vát.”

Hy frons effens, maar sit tog regopper op sy stoel.

“Ek is moeg vir goed-opgevoede mans wat toestemming vra om my te soen, vir goeie maniere en gehokte passie. Ek is moeg vir ordentlik wees. As jy my wil hê moet jy my vat. Hoe en waar jy wil . . .”

Ek is uitasem na my toespraak. Ek kan nie glo ek het dit gesê nie. Het ek dit bedoel? Ek weet nie, maar my lyf voel nie meer onseker nie. Mens is nie veronderstel om na  jou lyf te luister nie . . . ek voel soos ʼn slet. Maar dan staan hy op uit die stoel, en weet ek dat die tyd vir besluit verby is.

“Nou goed,” is al wat hy sê en dan trek hy my regop.

Ordentlik sou gewees het as hy my gesig in sy hande geskulp en my gesoen het. Dit sou gewees het as hy my sou toevou in sy arms. Ordentlik sou my stadig stukkie vir stukkie uitgetrek het sodat ek dit amper nie agterkom nie. Miskien sou ordentlik met ʼn ompad uiteindelik by my lyf uitgekom het.

Maar hy is nie meer ordentlik nie. Hy trek my hemp in een beweging oor my kop en gooi dit eenkant op die vloer. Dan draai hy my om sodat hy my romp agter my rug los kan maak.

“Bly so staan,” sê hy wanneer dit om my voete val. Voor my strek die groot dubbelbed rein en wit voor my uit en agter my staan die man aan wie ek my geheime begeerte uitgelap het. Ek is ʼn slet, dink ek as hy die knippie van my bra losmaak en ek voel hoe my borste effens sak. Hy laat die bra grond toe laat val. My broekie is die laaste kledingstuk wat hy verwyder en as ek uit dit treë voel ek sondig en weerloos en baie onordentlik.

Maar dan hou ek op dink. Want hy stoot my vorentoe sodat ek op my maag in die middel van die bed te lande kom.

“Staan op jou hande en knieë.” Ek kan hoor dat hy uittrek agter my. ʼn Skoen val op die grond, ʼn belt suis deur die lussies van ʼn broek en sagte lap maak ʼn dowwe plof op die vloer.

Dan voel ek hom agter my op die bed. Hy druk kaal en warm teen my bo-bene aan en dan vou sy hande van agteraf oor my borste. En nog steeds is hy nie ordentlik nie. My tepels is tussen sy duim en voorvinger en ek voel die reaksie deur my lyf as hy dit rof begin rondrol. Hy vou homself oor my rug en knie my borste so hard dat ek wonder of daar die volgende dag vingermerke daarop gaan lê. Ek kan hom voel, sy hele lyf teen myne, maar sy lyf is nie belangrik nie, dis sy dade wat my opwerk. Maar ek voel sy begeerte tog eisend teen my bene druk.

Dan druk hy my kop plat teen die koel deken. Hy druk teen my rug sodat my bolyf laer sak en my boude hoër lig. Ek kan nou voel dat hy afgeskuif het van my af. Hy is by my bene wat hy verder uitmekaar skuif. Ek weet dat my alles nou tot sy beskikking is en die gedagte laat my asem jaag. Ek wil ʼn slet wees.

Sy een hand is op my boud wanneer hy sy vingers in my sagtheid opdruk. Dit voel asof alles binne my aan die brand slaan. Omtrent dadelik begin plesier my oorneem. Dis golf op golf op golf en ek weet dit sal nie ophou solank sy vingers daar is nie. Ek gee nie meer om hoe ek lyk of wat ek doen nie. As ek my bene wyer kon sprei dan sou ek. Al wat ek is, is die sensasie tussen my bene en ek stu terug teen sy hand om dit te laat aanhou.

Maar hy hou nie aan nie. Want hy is nie meer ordentlik nie. Met ‘n vinger nog in my vagina en steek hy skielik ook een agter in my op. Alles verander. Die drukking skuif en ek voel sensasies op plekke waar ek dit nog nooit ervaar het nie. Dis so ongehoord en ontoelaatbaar en kru en ek voel presies soos ek wou. Hy doen aan my wat hy wil en dit maak my mal.

Ek kom. In oordaad. Oorvloed. Ek hoor myself kreun en voel hoe die trilling deur my trek en dan word ek uiteindelik stil oor sy vingers. Ek het myself soos ʼn slet gedra en nou, in die werklikheid wat terugkeer na die orgasme, kan ek nie glo dat ek dit gedoen het nie. Wat het ek gedink? Ek het nie gedink nie …

Maar hy is nog nie klaar nie. Sy behoefte is nog nie bevredig nie en hy hoef glad nie beskaafd daaroor te wees nie.

Hy het my nou op my rug gedraai en hy druk my bene met ʼn besliste beweging uit mekaar. Ek is nog nat van my orgasme en as hy op my neersak gly hy maklik en vinnig in my in. Nou is ons van aangesig tot aangesig. Daar is geen meer spel of verbeelding nie. Ek is wie ek is en hy is wie hy is. Maskers af.

En dan kom hy – intens en kortstondig en warm in my…

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Disgrace

  • June 14, 2016 at 11:16 am
    Permalink

    Goed, skerp, op-die-man(vrou ?)-af geskryf. sou meer beskrywing van hul liggame kon byvoeg, maar goeie storie.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)