Robyn

deur Neil A Morum

Dit is jou skuld dat ek so bemoerd is…

Jy het maar nou-die-dag hier aangekom en dadelik die aandag getrek. Jy is nog jonk, jy het ‘n stunning lyfie en jy kliek met al die mans op ‘n manier wat elkeen laat voel hy is spesiaal (dis blerrie sexy).

Met jou verjaarsdag was ek die enigste een wat die guts gehad het om jou geluk te soen: jou mond was sag en ontvanklik en ek het gevoel dat jou lippe maklik sou oopgaan (met die regte aanslag, natuurlik). Ek het jou later gekomplimenteer oor jou soen, jy het dit laggend aanvaar en teruggegee (die kompliment, nie die soen nie).

‘n Ruk daarna het ek jou geflous in nog ‘n soen in, maar dit was net ‘n frusterende pikkie in vergelyking met die vorige.

Ek het jou kleredrag begin dophou; soms was jy baie professioneel en koel, ander kere het jy aangetrek asof jy met ons (mans se) hormone wou toor. Ek het veral van jou fyn toppies gehou, jou borste – baie ronder en stewiger as waaraan ek gewoond is – het my mal gemaak, veral as jy (aspris?) laag vorentoe afbuk en my die boonste, sagte rondings wys waar hulle in jou bra verdwyn.

Toe julle gedwing word om ‘n uniform te begin dra, het ons (mans) gesug. Die donker lap in eenvoudige snitte het baie meer vir die dikkes hier gedoen as vir jou, maar daar was darem die belofte van een stukkie mooi: ‘n rompie so kort as wat jy kon, met ‘n dunnerige bloesie daarby.

Jy het toe, op ‘n stadium, saam met my begin ry. In die oggend was ons altwee vars en mooi (jy meer as ek, veral as jy moeite met jou hare en jou grimering gedoen het) en in die middae was ons moeg en bietjie “losser”. Ons het dan geskerts oor enige ding, gewoonlik met ‘n gewaagde ondertoon en dan gelag as die ander een of albei bloos of skaam kry. Ek het jou een keer vertel van ‘n rooftog hier naby: die rowers het die slagoffers almal in een vertrek ingedwing en hulle kaal laat uittrek. Jy het gevra wat ek in so geval sou doen, ek het geantwoord dat ek sou kyk, natuurlik! (Nie vir almal nie, asseblief, hier is lywe hier wat net robbe aantreklik sal vind…)

Ek wou weet wat jy sou doen? Eers toehou, dan kyk – ook nie vir almal nie – maar jy was seker dat ek sou spog… “met die grootste tros” was jou woorde.

Ek het gesluk en gelag – meer oor jou onmiddellike skaamkry as oor dit wat jy gesê het – en uit die hoek van my oog gekyk hoe jy na my jeans se gulp kyk. Het jy mooi gekyk? Het jy gesien hoe hy saamgetrek het en in een polsslag opgebeur het?

Ons gesprekke het al hoe meer persoonlik en gewaagd geword; jy het my raad oor ‘n klomp klein goedjies gevra (verhoudings, wat mans wil hê, hoe om teenoor sekere van ons kollegas op te tree … jy onthou mos, klein goedjies wat niks met die ander uit te waai het nie). Jy het eenkeer opgemerk dat jy soms skuldig voel as jy by die huis kom, maar jy het nie geweet hoekom nie; dit was mos nie asof ons iets “gedoen” het nie.

Ek het jou dopgehou wanneer jy saam met my ry (afloer is dalk ‘n beter woord). In die winter moes ek sluk om verby die knop in my keel te praat: jou tepels het meeste oggende twee growwe knoppies teen jou bloes uitgedruk. Ek kan nie glo dat jy nie gesien het hoe ek kyk nie, as jy het, het jy dit nooit laat blyk nie. In die somer was jou klere gemakliker; jou bra het ‘n los, beheerde beweging aan jou (pragtige) borste verleen, maar ek het nooit gesien dat jy deurskyn nie.

My hand het altyd links van die rathefboom gebly as ek bestuur het; jy het ‘n paar keer jou bene so geskuif dat jy aan my geraak het en dan ‘n elektriese skok deur my hele lyf gestuur het. Ek het soms, nee, baie, gewag dat jy so skuif dat jy teen my druk en daardeur my aanraking goedkeur.

Jy moes eenkeer agter in my voertuig ry: jy het ingeklim en gekla oor die onvroulikheid van die posisie. Ek het by my deur gestaan en gekyk hoe jy wou uitklim, maar jy het my gesien en gehuiwer. Ek het aangebied om weg te staan (“Ja, netnou sien jy iets wat jy nie moet nie”) maar eers nadat ek vinnig tussen jou bene ingekyk het en die belofte van iets donkers raakgesien het. Later het ek oor jou woorde gewonder: “…iets wat jy nie MOET nie…” is nie dieselfde as “iets wat jy nie MAG” nie. Ons het met die terugry mekaar in die spieëltjie dopgehou met lang, vraende kyke en glimlagte wat tussen oë en mondhoeke speel.

Ek gaan gereeld weg, slaap iewers weg van die huis af vir besigheid. Ons het baie keer gespot dat ek jou moet saamneem sodat jy my kan help en dalk meer leer van ons produkte. Ons het saam besluit dat dit lekker kan wees: ek het jou gewaarsku dat jy nie veel slaap sal kry nie en dat ek jou die hele nag sal kan/ wil besig hou. Jy het gelag en dit as ‘n uitdaging voor my voete gegooi.

En dis hier waar die moeilikheid begin het: ek het begin jaloers word op die aandag wat jy die ander ouens hier gee, op die manier wat jy met hulle skerts. Meeste van hulle het my al – spottenderwys – vertel dat hulle nie so saam met jou sal kan ry en hulle hande van jou afhou nie. Ek moet maar elke keer glimlag en vertel hoe swaar dit is.

Jy het my verpes met op- en aanmerkings oor my bestuur en my bui en ander goed. Ek het jou dan aan jou been gegryp en gedruk, teen jou protes in dat ek merke sal maak. Ek het half gehoop jy moet jouself toe- en weghou sodat jy nie die oorsprong van die merke hoef te verduidelik nie, dit sou jou op ‘n manier net myne maak (al was dit vir die kortste rukkie).

Die aanraking, my hand teen jou been – soms deur jou klere, soms kaal – het altyd ‘n skok deur my lyf gestuur. Ek het geril om te dink dat ek aan jou raak, half-en-half met jou toestemming, en dat dit eintlik baie intiem is. Hoeveel keer wou ek, nadat ek so aan jou gevat het, my hand daar los en jou reaksie toets. In my gedagtes het jy knieë stadig oopgemaak en my toegang tot die sagtheid van jou binnebeen gegee, terwyl jy óf vir my óf reguit voor jou kyk en die aanraking gemaklik aanvaar.

Ek het jou ‘n paar keer speels gewaarsku dat jy my nie te veel moet uitdaag nie: ek het gedreig om langs die pad onder ‘n boom te stop en jou te vat, “en dit [sou] nie winkel toe wees nie, Sussie…”. Jy het gelag en nog moeilikheid gesoek. My dreigemente dat ek jou sou “slat” het jou stil gemaak, maar toe sê jy dat jy ril om daaraan te dink. Moerland! Ek dog ek keer my kar om!

Vir ons Kerspartytjie het jy mooi aangetrek: ‘n wit langbroek het jou klein-klein thong bevestig, ‘n ligte vasknoopbloes het die aandag op die rondings van jou borste gehou en jou los, donker hare beklemtoon. Ek het gesê dat jy stunning lyk (‘n paar keer) en dit bedoel, jy het dankie gesê en tevrede gelyk.

Ek het jou gesoek om saam met my na die partytjie toe te ry. Ek het nie omgegee dat mense dalk iets te sê sou hê nie, ons ry tog immers elke dag saam! Maar jy het reeds saam met iemand anders gery = Stap 1 in die proses van my bemoerdwees. Ek het seker vir ‘n halfuur rondgeloop en jou gesoek – goeie drinktyd gemors = Stap 2. Jy het my nie eers in kennis gestel nie, ek moes half vermakerig by een van die p’s van die maatskappy hoor dat jy klaar weg was = Stap 3.

Jy was maar koel teenoor my toe julle daar aankom (jou “bestuurder” het soos gewoonlik nie na raad geluister nie en toe verdwaal), asof ek jou ‘n onreg aangedoen het = Stap 4.

Daar was klein geskenkies op die tafels: een gelukkige gas per tafel sou dit kon huis toe neem na afloop van die gebeure. Jy het na ons tafel toe geloop en die boompie gevat. Ek het, meer in ‘n grap as iets anders, met jou geraas, maar jy het jou vererg en vir my gegil dat ek die effen ding moet vat! Toe’s jy vir my moerig omdat ek jou glo voor al die mense laat vloek het! Shit, Sussie, dis nie asof ek jou om die nek gevat het en gewurg het tot jy gevloek het nie, jy het dit redelik op jou eie reggekry…= Stap 5.

Die ergste is dat jy omgedraai het en met ‘n wip in jou boude weggestap het. Ek was op daai oomblik so lus vir jou dat ek kon skree. Ek moes stadig na my kringetjie terugloop en my hande vuis in ‘n poging om genoeg selfbeheersing toe te pas. As daar nie mense by was nie, het ek jou daar oor my skoot getrek en jou gatjie vir jou rooi geklop! = Stap 6.

Ek was kwaad vir jou, maar woedend vir myself omdat ek toegelaat het dat jy so ‘n uitwerking op my het. Ek roem daarop dat ek altyd (goed, byna altyd) total in beheer is as dit by vroumense kom, maar jy het my gerattle. En dit is wat my die moerigste gemaak het. Stappe 1 tot 5 was nog oraait, maar Stap 6 was die groot rede vir my bui!

Die volgende dag toe ek jou gaan oplaai het, was ek nors en kortaf. Jy het gewonder of dit net die werk was, ek het dit bevestig en jou verder geïgnoreer. Ek het ‘n stil eed geneem dat jy nie weer so in my sou inkruip nie.

My bui het jou ontstel: jy het gedink dat dit iets te doen het met die feit dat ek jou moet oplaai – ek moes jou sê as dit moeite word – maar jy was verkeerd. Dit was die verraad van my gemoed wat my kwaad gemaak het (my liggaam s’n kon ek nog altyd hanteer).

Ons ry nou weer, amper gemaklik, saam. Maar ons skerts nie oor snert nie, veral nie oor iets gewaagd nie, en jy los my as ek moerig lyk.

Maar eergister toe klim jy in met die kortste rompie in jou kas. Jou bene was kaal en glad, en ek het gekyk en gekyk. Die ander ouens hier weet nie van jou geboortevlekkie hoog op teen jou linkerbeen nie; ek ken dit, want jy het al roekeloos gesit en my dit laat sien. Jy het jou hande in jou skoot gevou, die romp het in ‘n V teen jou bene opgeskuif en ek kon jou vlekkie mooi bekyk. Toe jy jou vingers onder jou romp invou, wou ek gek word. Bloot die feit dat jy jou hand naby, indien nie teenaan, jou vroulikheid gehou het, het my teen my gulp laat vasbeur. Ek kon nie veel sê nie; ek was bang my stem verraai my emosies. My verbeelding het my vertel dat jy sit en saggies, met klein sirkelbeweginkies, jou vingerpunte op jou kittelaar vroetel. Dit sou nie genoeg wees om jou te laat kom nie (in elk geval nie in die kort rukkie wat ons bymekaar is nie), maar jy sou heerlik nat word en jou aardse vrouegeur in die kar laat inwalm. Ek het gesien dat jy op ‘n stadium jou heupe vorentoe skuif – dalk om beter toegang te kry – en ek het jou hande stip dopgehou. Dalk het jy met stadige op-en-afbewegings jou broekie tussen jou lippe ingewoel en het die nat wrywing jou bene lam gemaak. Ek het gekyk of ek jou tepels kon sien opstaan, maar jou bra was te dik. In elk geval het ek op die V tussen jou bene, onder jou hande, gekonsentreer.

Toe jy uitklim, het ek ‘n kol op jou romp gesoek en die sitplek noukeurig bestudeer om ‘n teken van jou nat te sien. Tot my bittere teleurstelling, het ek niks gekry nie.

Om saam te vat: dit is hoekom ek “moerig” is: dis ‘n mengsel van kwaad (vir myself), vies vir jou (omdat jy my beïnvloed), ‘n streng selfbeheerstelsel (om te keer dat ek myself vergeet en aan jou raak) en ‘n dik muur waaragter ek jou hou.

Want ek dink ek is jaloers op die aandag wat die ander ouens hier kry, ek weet ek is jaloers op die toegang wat jou ander helfte tot jou lyf het, ek is jaloers op jou hande en jou oë wat enige tyd oor jou liggaam kan streel, ek vertrou myself nie meer heeltemal om jou ver te hou nie.

Weet jy hoe ek jou sal liefkoos? Weet jy hoe ek jou lippe oop sal soen tot jy heeltemal sag word teen my, tot jy jou borste teen my vasdruk en met jou onderlyf my hardheid soek? Ek sal jou nooit kans gee om te herstel van my aanslag op jy lyf nie; jy sal my kop, hande, mond en tong vasdruk op plekke om te keer dat ek ophou om te doen wat ek doen; anders sal jy stillê en konsentreer op al die nuwe sensasies wat ek in jou lyf wakkermaak; ek sal jou binnedring en (bietjie) hard teen jou vasstamp, totdat jy jou lyf in volle oorgawe aan my gee. Dan sal ek jou die rand van ekstase gaan wys, maar eers as die tyd (en jy) ryp genoeg is, sal ek jou laat oortuimel en die klein dood laat sterf.

Ek weet nie of ek ook sal kom nie: my eerste keer saam met ‘n nuwe lover is gewoonlik ‘n les in lyfkunde, ‘n demonstrasie van my (nie-te-versmaai-nie-) kundigheid op die gebied van die vroulike liggaam. Ek ken my eie lyf baie goed, en ek het geleer hoe om ‘n vrou se liggaam te lees: oë, postuur, stem en hande vertel my presies wat ek vir haar moet doen, selfs al is dit iets wat ek nog nooit vir iemand anders gedoen het nie… Ek weet gewoonlik hoe sy gesoen wil word, wat om te fluister, hoe om met ‘n warm asem in haar oorskulp te blaas en haar bene lam te maak, waar om my vingerpunte onder haar borste en oor haar tepels te vee sodat sy hulle self later aanbied, hoe om my hardheid met tussenposes teen haar te druk sodat sy later onwillekeurig teen my beur, wanneer om haar tiete (want teen die tyd is sy jags genoeg vir dirty talk) te ontbloot en te eet tot sy kerm, wanneer om haar skaamhare saggies tussen my vingers te trek, wanneer om af te gly tot teen haar klit, waar om dit te kry tussen dikgeswelde lippe, hoe om dit te suig en hoe om haar te ry in die beur en stamp van haar orgasme…. In kort, ek weet van seks, Sussie, en dis erg om jou so naby en so ver te hê.

Dus sit ek maar stil-bedonderd en praat min; maar dis nie te sê ek sien jou nie. Ek sien jou. Baie. Net soms is die “baie” te min, en soms is die min baie te veel…

NS Jy sal sien dat ek jou naam verander het om jou identiteit te beskerm, maar verder is alles feite, sover as dit wat in my kop aangaan, feitelik kan wees.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

11 thoughts on “Robyn

  • November 21, 2016 at 1:35 pm
    Permalink

    Lekker storie en Ek kan identifiseer met dit, want Ek is tans in so ‘n ‘penarie’ waar Ek voel dat Ek iets moet doen aan die aantrekkingskrag wat my kollega ‘uitsein’
    Ek weet hy weet Ek het lus van sy lyf, maar hy ontwyk my! So ja, of Ek se hom hoe Ek voel of hy is altyd vir my verlore!

    Reply
  • October 5, 2016 at 9:08 am
    Permalink

    Lanklaas só ‘n myselfstorie gelees! Baie dankie! My skooldae flits verby… veral die laaste drie jaar toe sy nie ‘n idee gehad het hoe smoorverlief ek op haar was nie.. selfs al was sy in daai drie jaar permanent met iemand in ‘n ander klas, behalwe die laaste paar maande in matriek.

    Toe kom die getroude lewe… studente vir wie ek klasgee, jong poppies wat by my begin werk.. verbeelding wat totaal oorvat, draadtrek tot ek seer is terwyl ek lugkastele bou met een of ander daagliksekontakmeisie.. ‘n skynlewe in my kop.. tot op daardie dag toe die student agter my aanry!!

    Rasputin

    Reply
  • October 1, 2016 at 10:20 am
    Permalink

    Nee wat …Sussie het tot vir my jimpels….baie mooi geskryf

    Reply
  • October 1, 2016 at 1:29 am
    Permalink

    Sjoe ja. Was ‘n lekker storie. Ek het al so oor ‘n man gevoel wat natuurlik nie ‘n clue gehad het wat aangaan nie. Het tot die oorweldigende “urge” gehad om hom in die kerk te soen toe ek sy mond sien. Nie die guts gehad nie.

    Reply
  • September 29, 2016 at 12:38 pm
    Permalink

    Eish… Ek sweer ek ken haar. Onder ‘n ander naam en op ‘n ander plek, of dalk ander name en plekke… Knap geskryf. En ek stem saam met Jack…

    Reply
  • September 28, 2016 at 11:41 am
    Permalink

    Herre broer… naai die ding!!!!

    Reply
    • September 30, 2016 at 12:25 pm
      Permalink

      hahahhaaaaaaaaaaaaaahahahaaa!
      eish, swaer, ek het nie.
      ek wou, maar het nie…

      fokkit

      Reply
  • September 28, 2016 at 8:15 am
    Permalink

    Neil jy’t verwoord wat al met menige man ( myself ingesluit) gebeur het.
    Dankie, ek hoop dit gee ons teenoorgestelde geslag ‘n kykie na ons mans se opset en hoe hulle dit kan omver gooi of selfs manipuleer.

    Reply
  • September 27, 2016 at 3:28 pm
    Permalink

    Dankie.

    Sy was aspris, moenie ‘n fout maak nie.
    En ek is baie keer baie spyt ek het haar nie net oorrompel nie…

    Reply
  • September 27, 2016 at 2:48 pm
    Permalink

    Liewe ouers!
    Niemand kon nog ooit daai innerlike worsteling in ‘n man se gemoed só akkuraat verwoord wanneer daar (onwetend?) met jou gespeel word nie. Hoe ‘n mens uitsien na dít wat vir ander alledaags is soos saamry, en hoe jy jouself elke keer verkwalik as jy toelaat dat jou gemoedstoestand in iemand anders se hande is! Welgedaan!

    Reply
  • September 27, 2016 at 2:12 pm
    Permalink

    Fantastiese storie! Gee vir ‘n vrou so bietjie insig in wat sy soms (selfs onbewustelik) aan ‘n man kan doen 😉

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)