Uit die mangrot: Blowjobs
deur Plugandplay
Plugandplay: Seks student. Swinger. Cassanova. Raadgewer. Kreatiewe bedmaat. Hy het al so baie seks gehad, dat hy nie meer ‘n seksueele fantasie oor het nie. Vra hom enigiets.
Afrikaanse vroue het basies twee sieninge oor blowjobs. (Ek gebruik maar die Engelse woord, want die Afrikaanse een klink so … uhm … klinies. En Afrikaanse mense praat nie rerig van “orale seks” nie. Wel nie die meeste nie, so blowjobs is dit dan.)
Een siening is om nie daarvan te praat nie en die ander is om altyd te vertel dat “ek weet hoe om dit reg te doen”. Nê? Wie gaan in elk geval erken sy weet nie rerig wat sy doen nie?
Nou, voor enigiemand klippe begin gooi en my kruisig; ek weet daar is dames wat weet wat hulle doen. Maar, my ondervinding oor die algemeen is dat die meeste nie weet wat hulle doen nie of nie weet hoe om dit reg te doen nie. Die grootste oorsaak hiervan is onkunde oor mans en hulle gereedskap. Soos ‘n karakter in ‘n komedie eenkeer gesê het: “You women are always complaining that we can’t find your clitorises, but you know as much about our tackle as you do about wiring a plug.”
Uit ondervinding kan ek sê dit is waar. Heeltemal waar. Die man se penis is nie net ‘n suiglekker op ‘n stokkie nie. Dis nie ‘n lollipop nie. Dinge gebeur nie net by die bokant nie. Daar is BAIE wat misgekyk word. So kom ons kyk na die beste advies wat ek vroue kan gee oor blowjobs.
1. Moenie dink ons gaan ooit nee sê vir een nie. Ons sal omtrent altyd ja sê. Vir ‘n man is ‘n blowjob een van die mees intieme dinge wat ‘n vrou vir hom kan doen. En jy hoef nie altyd te wag vir die oomblik nie. Jy kan inisiatief neem en spontaan wees. Net voor die rit na die familie braai, sodra julle terugkom van ‘n konsert of ‘n fliek.
2. As jou kake seer kry, dan doen jy dit reg. Ek weet dit klink ‘n bietjie chauvinisties, maar glo my. Dit beteken nie ons wil jou in pyn sien nie, maar dit wys ons jy doen alles in jou mag om ons te bevredig. Dit beteken ook nie jy mag nie ‘n ruskans vat nie. Neem jou ruskans, maar doen iets anders tydens daardie pouse en gaan verken so ‘n bietjie die gebiede waar jy nog nie was nie. Vir ons is dit soos halftyd voor die finaal. Gebruik daai pouse.
3. Party vroue kla dit vat lank. As dit die geval is, dan doen jy dit verkeerd. Mans het nie baie nodig om hulle op te wen nie. Dit weet julle self. En in elk geval, as hy wel lank vat is dit beter vir jou, want dink net hoeveel stamina hy gaan hê tydens die eintlike seks deel. Dis soos die cherry op die koek vir jou.
4. Tande. Dit is ‘n moeilike een. Maar hier kom die beste raad wat ek kan gee: vra. Ja, dis reg, vra! Orale seks is ‘n taal en dit werk altwee kante om. Moenie bang wees om te vra nie. Jy kan net eenkeer vra of ‘n fout maak. Vra of dit hom pla en of hy daarvan hou. Hy sal eerlik antwoord ek belowe.
5. Soos bo genoem: vra. Baie mans hou daarvan as jy vra wat hulle van hou. Ek is seker die meeste mans vra altyd vir vrouens wat lekker is, want hulle moet tog versigtig wees hulle doen die ding reg. Orale seks is ‘n “taal.” Moet dit nie vergeet nie.
6. Die penis se skag is deel van die penis. So ook die skrotum, die perineum en die anus. Die penis is nie ‘n suigstokkie met die beste deel aan die bo-kant nie. Eksperimenteer. Ek is seker die meeste dames weet hoe dit voel as ‘n man se hand oor haar dy streel. Wel, dis dieselfde vir ‘n man. Dit vat net eenkeer se probeer en jy sal dan weet waarvan hy hou. Jy mag dalk net ander goed uitvind oor hom wat jy nie geweet het nie.
7. Vinnig is nie altyd beter nie. Stadig en sensueel is ook lekker. Net soos vrouens partykeer verskillende behoeftes het en dinge wil hê, is mans presies dieselfde. Glo my dis raar maar waar.
8. Wees versigtig met die testikels. Dit is een van die twee vinnigste maniere om ’n man se bui te breek as jy hom daar seermaak. Maar, dit beteken nie bly weg daar nie. Die meeste mans sal erken dat dit ongelooflik lekker is om daar aandag te kry. Dit is soos die adrenalien wat mens kry as jy iets gevaarliks doen.
9. Deepthroating. Vir die wat nie weet wat dit is nie: dit is wanneer ‘n vrou ‘n man se hele penis in haar mond vat, tot by die testikels of so diep as moontlik. Dit is nie vir elke vrou moontlik om dit te kan doen nie, maar jy kan steeds probeer. Oefening help en jou man sal dit nooit vergeet nie, dit belowe ek julle. Vrouens wat dit wel kan doen sal jou vertel dat dit die een manier is om uit ‘n man te kry wat jy wil hê. Jy onthou daardie pragtige duur rok wat jy vir jou verjaarsdag wil hê? Deepthroat hom en dis joune. 😉
10. Sluk of spoeg. Ai, die een wat die meeste vroue hulle gesigte skeeftrek voor. Die wat wel sluk sal julle vertel dat dit glad nie sleg is nie. Gaan vra hulle. En dan sal jy hoor hoe hulle mans enigiets vir hulle sal doen as hulle sluk. Onthou dat as jou man vir jou daar onder aandag gee, sluk hy nogal baie van jou, partkeer sonder dat jy weet.
11. Wys dat jy jouself geniet. Daar is amper niks wat ‘n man so vinnig kan afsit as ‘n vrou wat hom’n blowjob gee asof sy skottlegoed was of klere stryk nie. Glo my. Wys so ‘n bietjie entoesiasme. Wees lief daarvoor. Maak vir ‘n oomblik asof jou man nie daar is nie en raak effens verlief op daardie penis.
12. Hande. Gebruik hulle, maar wissel dit af. Persoonlik hou ek daarvan om ‘n blowjob te kry waar die hande nie gebruik word nie. Maar ek kan verstaan dit is nie altyd maklik nie, veral nie as die penis soos ‘n jack-in-the-box oral rondspring nie. Maar weereens, oefening het niemand nog ooit sleg gedoen nie.
13. Handjob. Moet NOOIT die kuns van ‘n uitstekende handjob onderskat nie. Baie mans verkies dit selfs partykeer bo ‘n blowjob. En moenie bang wees om daardie hande op ander plekke te laat dwaal nie. “Lube” jou hande met iets en maak asof jy kleipot-vervaardigings lesse neem. Die gevoel is onbeskryflik, want jy gee die hele penis fisiese aandag.
14. Laastens, moenie skaam wees nie. As jy skaam is, gaan jy uitmis op iets wat vir ‘n man meer beteken as wat jy ooit sal weet.
Ons mans kan nogal interesant wees, nê? Die ou idee dat mans maar net eenvoudige diere is wat jy gelukkig hou deur ‘n bord kos, ‘n bier en gewone seks, is nie waar nie. Daar is amper geen beter manier om meer van jou man te leer ken as om ‘n kenner te wees met blowjobs nie. Jy leer dinge wat jy nooit tevore geweet het nie, want vir daardie periode is hy in jou mag – as jy dit reg doen. En glo my, hy sal weet hy is in jou mag. Soos gesê is, orale seks is ‘n taal. Dit word met woorde en die lyf gepraat. Die enigste manier om ‘n nuwe taal te leer, is om te oefen. Hoe meer, hoe beter. Natuurlik sal mens ook foute maak, maar dit is hoe mens leer. Jy maak ‘n fout net eenkeer.
(Enige kommentaar en bykomende raad is welkom. Gee dit sommer hieronder by die “comments.”)
18 COMMENTS
Ek het my verlustig in die blowjob les en kan nie wag on dit uit te dra nie
Ek hou van blowjobs gee maar het nie geweet van deepthroat nie
Dankie Amitaf. Deepthroat blowjobs is nie altyd vir almal maklik om te doen nie. Oefen eers. Sonder om nou snaaks te klink, sal ek jou aanraai om met ‘n… uhm… piesing eers te probeer hehe 😉
Die rede hiervoor is sodat jy jouself kan voorberei. En daarby, as jy vind jy kan dit doen, gaan jy jou man behoorlik verras deur dit geheim te hou en dan eendag dit net te doen sonder dat hy weet daarvan. Hy gaan nie weet wat hom getref het nie. 😉
Aijaijai Annelise, ek verstaan nie- ek dink jy moet vir my kom illustreer wat jy bedoel.
(,”)
hehe, kan jy nie die prentjie sien wat ek skets nie? 😉
Nee, jong. Ek leer beter as ek iets kan sien.
🙂
Oor die algemeen gee Plugandplay baie goeie raad hierbo – iets waarvan vroue maar kan kennisneem. Ek lewer graag later kommentaar op elk van die punte. Vir nou volstaan ek met die terminologie.
“Orale seks” is inderdaad die meer kliniese en formele term vir seksuele stimulasie van die geslagsdele (genitalieë) met die mond. Dit sluit ook die stimulasie van die vroulike geslagsdele in. Ons hoef egter nie vas te haak by die onbeskrywende Engelse “blowjob” (in woordeboeke meestal “blow job” en soms ook “blow-job” gespel) nie. Dis ‘n afgesaagde term met geleerdes wat nie eens seker is waar die woord vandaan kom nie – die “blow”-deel daarvan ‘n misterie. Meer geskikte Afrikaanse ekwivalente is penissmul, trilsmul, voolsmul en pielsmul, in toenememende grade van eksplisietheid. Persoonlik verkies ek “trilsmul”. Iemand trilsmul jou of jy gee iemand ‘n trilsmul. Dis derhalwe ‘n lekker werkwoord en selfstandige naamwoord. Afleidings is “trilsmuller” as ‘n persoonsnaam (“Sannie is ‘n goeie trilsmuller; ek gaan liewer vanaand vir haar kuier.”) en “trilsmullery” as ‘n aktiwiteit (“Van al die trilsmullery die hele aand is my vool nou ‘n bietjie seer.”
Daai aksie van ‘n vrou om jou vool verby haar kleintongetjie tot in haar keel te neem, kan met groot gemak “diepkeling” genoem word. So na die episode, as jy rustig terugleun en jou sigaret aansteek of ‘n slukkie wyn vat, dan draai jy na haar en sê: “Jy is ‘n absolute ekspert met diepkeling, Skat”. En as jy sien sy maak tydens die miksmul aanstaltes om jou te diepkeel, dan moedig jy haar kreunend aan met: “O, ja-a-a! Diepkeel my, diepkeel my diep!” Maar wees net bereid om terug te trek as jy sien sy begin stik. As sy kokhals, slaan haar liggies op die rug of vryf dit.
Dankie Lusman. Ek verskies om “blowjob” te gebruik omdat dit ‘n universele woord is. Almal gaan weet wat dit is. ‘n Ander rede is omdat in ons taal het sekere mense maar ‘n spesifieke idee oor ‘n spesifieke woord. Persoonlik hou ek bv nie van tril en piel nie, en daar is maar baie mense wat ook so voel. Dis maar net hoe ek en sekere ander is, en om die artikel in die middel te hou vir almal gebruik ek die term “blowjob”. 🙂
Een van die idees oor die term “blow”, kom van die antieke Griekse “slang” term vir blowjob, en dit was “playing the flute”> m.a.w. blowing the flute. Daar is ander idees war blowjob vandaan kom maar die een is vir my die beste en oorspronklikste. 🙂
‘n Tegniek wat ek gevind het nogal aftrek 😉 kry is juis wanneer ek ‘n handjie saam met mondjie gebruik. Jy verkies (soos genoem by punt 12) om nie te veel handoplegging gelyk met mondplesier te ervaar nie, maar as mens jou ritme mooi regkry sodat die mond en hand saamwerk – een gly of wanneer een oorgly en so aan … (Dalk het iemand nog net nie daardie ritme mooi vir jou laat werk nie? 🙂 😉 )
Heeltemal reg Annelise. 🙂 Die rede hoekom mans daarvan hou is omdat dit soos ‘n vagina voel 😉
Nou hoekom gebruik julle dan nie maar die poesie en kry klaar nie? Tsk. 😉 🙂
Want “dis all in the mind”?… maar ek moet byvoeg dat daar geen alternatief is vir die regte ding nie☺️
lol… want dit is iets anders as die vagina. Dit is variasie. En om ‘n vrou te sien hoe sy jy ‘n blowjob gee is weereens omdat dit ‘n effense magsposisie skep. Om ‘n vrou dit te sien doen is deel van die excitement. 🙂
Ek terg jou net so bietjie, PlugandPlay. 🙂
Meer as 2 Gedagtes:
Blowjobs is een van die lekkerste goed OOIT! Ek het dit nie geweet tot iemand my mooi verduidelik het nie! Ek sal hom ewig dankbaar wees. Lees hierdie artikel weer en weer tot jy seker is jy hoor vir PlugandPlay, dan kyk jy hoe dames wat minder skaam is as jy dit doen, YouTube is ‘n beter leerskool as pornografie. Dan gaan sit jy op jou knieë voor hom en oefen tot jy daarvan hou en dan kyk jy hoe geniet jy dit!
Kyk na hom as jy suig, jy sal dit waardeer! Dit is nie aldag wat een mens die voorreg het om so baie lekker vir iemand anders te geen nie …. oh! en! dit kos niks nie.
Suig, en oefen om te suig en probeer suig en gaan suig tot jy kan, dan leer jy wat jou laat ‘gag’ dan maak jy seker jy leer om daaroor te kom of haal mooi asem dit gaan weg
En dan is dit super lekker vir almal!
Dankie SusanSusan. Ek is baie bly om te sien my advies word gewaardeer. 🙂
En daar gaan nog baie geheime vir julle dames uitgelaat word.
Sjoe! Voorwaar interessant en op die man af. En waar!
Ek dink ook mens moet nooit oogkontak afmaak tydens so geleentheid nie. Daar is min dinge wat meer vir my doen as wanneer sy op haar knieë, met haar mond vol, opkyk na my om my in die oë te kyk nie………
Die enigste ding beter is om bo oor haar venusheuwel vir haar te kyk terwyl jy self besig is met orale seks op haar, amper soos oor die visier van ‘n .308
Mans is meer as net braai, rugby en dierlike seks. ‘n Blowjob is baie intiem en kan lekker of nie lekker wees nie. Albei moet saamspeel en dit moenie ‘n verwagting wees nie, met ander woorde, die man moet dit nie verwag nie en die vrou moet nie dink dat sy dit moet doen nie. As dit die geval is… los maar. Vrye teuls is die die hoogtepunt… verras my!! My liggaam is nie Disneyland nie en ek verwag van my lover om te vat wat sy wil he. Ek sal ook leiding gee. Ek vra tog vir leiding “if I go down on her the first time”. Wees maar bietjie rof 🙂 Moenie streel nie, dit kielie… maar verras my en moenie terughou nie.