Pimm’s No.1 (3)

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman

(Lees vorige episode HIER)

 

Francois stap op met die trappe na die slaapkamers. Soos hy die trappe klim is sy hande onder die bef in. Hy woel die knopie van die nekboordjie los. Dan maak hy die strikdas se bandjie om die boordjie los. Hy pluk die boordjie met die borslap en strikdas af en vryf agter in sy nek.

Voor sy kamerdeur haal hy die plastiekkaartjie uit sy broeksak en skuif dit deur die gleuf. Na hy die deur agter hom op knip gesit het, swaai hy om en gooi die boordjie met bef en strikdas na die bed. Die bef fladder soos dit deur die lug trek. Hy steek vas met ‘n sluk en sy maagspiere bondel van skrik as die konkoksie nie op die bed val nie, maar aan die bef gevang word deur ‘n hand met pêrelkleurige naels en lang vingers!

Riana staan poedelkaal langs sy bed. Sy het net ‘n paar ligte, sagte pers seemsleerstewels, wat tot net onder haar knieë kom, aan. Een stewel is geplant op die bed. Dit veroorsaak dat haar poes oopgesper is. Dit lyk soos ‘n oorryp vy wat oopgebars het en die mossies nooi om te kom saad pik!

Daar is nie teken van ‘n vetrolletjie op haar liggaam nie. Dis seker nie meer so jonk nie, want bokant die effense magie hang die twee borste ietwat. Maar hulle is styf en volrond soos spanspekke. Die donker, dik tepels lyk soos die stingels daarvan. Hulle troon beslis nie soos Sandra se torinkies in die lug op nie! flits dit deur Francois se gedagtes. Riana se hals is sag, met net die skouerbene wat bietjie uitsteek.

In haar uitgestrekte regterhand het Riana die bef, met die die strikdas en boordjie, wat daaraan rondswaai, beet. Die ander hand speel met haar oorbel.

“Ek het hierdie afspraak met jou gereël, Sooisie … trek asseblief daai broek uit … dis tyd!” Hy kyk haar nog ‘n oomblik aan. Sy nekhare rys, want hy haat daai bynaam! Hy laat sak sy hoof terwyl hy sy beltgespe losmaak. Dan trek hy sy gulprits se skuifie seremonieel met die linkerhand af, die mouboordjie nog steeds aan die pols. ‘n Oomblik later val sy broek met ‘n woepsgeluid op sy blink gepoleerde swart skoene. Hy staan nou net in sy skants. Dit hang uitbollend tussen sy bene. Want hy’t ‘n semi gekry met die aanskoue van Riana se naakte lyf.

Sy gee ‘n tree tot teen hom dat die donker dik tepels teen sy bors skuur. Sy kyk direk in sy oë wanneer haar regterhand die bef met die boordjie en strikdas op die bed neersmyt, die maroen bandjie van die strikdas afhangend teen die rand van die bed.

Hy sien hoe haar nou vry regterhand afsak en oor sy skommelgoed, bo-oor die skants, vou. “Ek lus hierdie ding al vandat ek jou die eerste keer gesien het.” Sy het ‘n ferm uitdrukking op haar gesig as sy oë van haar liefkosende hand na haar gesig gaan.

Haar ander hand streel oor sy bors en dan buk sy skielik. Met een swiep trek sy die onderbroek af tot by sy enkels! Sy semi begin dadelik verder groei. Wanneer sy skurend teenaan sy lyf weer regop kom, gryp sy sy voël met haar regterhand en soen vir Francois tegelykertyd vol op sy mond. Haar ander hand dwing hom aan sy agterkop in haar mond in terwyl sy sy ten volle erekte penis nou sensueel op en af streel met haar vingers.

Riana se kwylende mond verorber Francois s’n om enige verdere teëstand uit te wis. Dan trek sy haar mond weg. Hy voel hoe sy aan die stywe mouboordjie aan sy regterpols vroetel, dit losknip en op die bed neergooi. Natuurlikerwys gaan sy regterhand na sy linkerarm waar hy die ander mouboordjie self losmaak en eenkant op die bed neergooi. Dan is haar mond weer op syne.

Sy vleeslike drange neem met drif sy denke oor. Met een kragtige slag vee hy met sy regtervoorarm die twee mouboordjies en die nekboordjie met strikdas en bef van die bed af, dat dit daar doer op die vloer val. Hy tel Riana met sy hande om haar boude op en laat sak haar op die bed. Hy druk haar bolyf terug en slaan dan neer bo-op haar.

Riana se gestewelde onderbene met hul stewige kuite gaan wyd oop. Sy soek-soek eers en nadat sy sy meneer in haar hand beetgekry het en hy sy lyf effens op haar versit het, druk sy hom diep in haar koek in. Sy gil wanneer hy begin om soos ‘n hamerboor in haar lyf in te hamer. Genadeloos. Hard. Diep. Aanhoudend.

Sy voel duiselig van waansinnige genot en pyn wat tesame deur haar hele lyf stu. Dan klimaks sy sonder beheer. Sy hou egter aan om half stampend terug te stoot, want sy voel ‘n volgende orgasme opbou soos wat sy penis nou haar liggaam dirigeer! Francois voel sy eie drang wat wil uitbars en gryp haar borste hardhandig in sy hande.

“Moenie in my kom nie!” hyg sy terwyl sy weer, met haar boude van die bed gelig, dawerend teen sy lyf ‘n orgasme kry. Hy pluk sy voël uit en skiet straal na straal van sy kom op haar maag en hangborste uit. Dan kom hy op sy knieë tussen haar bene en pers die laaste saaddruppels uit sy voël, sodat dit op haar naeltjie drup.

Hy klim van die bed af en kyk na haar waar sy nou lê met albei haar hande oor haar vulva gevou en haar hoof dwars gedraai op die kussing. Die wimpers is toe en daar kom kerm-kreuntjies by haar halfoop lippe uit.

Francois se blik draai weg van die ooglopend hoogs bevredigde jong vrou op sy bed. Riana lyk asof sy besig is om weg te raak in ‘n diepe slaap. Hy kyk vinnig na die strikdas en die ander lyfverfraaiings wat op die vloer lê en stap na die badkamer. Hy kyk vinnig in die spieël en stoot sy hand deur sy kuif voordat hy in die stort spring. Met mag en mening begin hy homself skoonskrop.

Sy vel het naderhand ‘n rooi skynsel van die intense gevryf, maar hy maak seker elke blou ghlittervlokkie is af – en sy vel perfek skoon. Hy hang sy handdoek amper seremonieel oor die reling nadat hy homself deeglik afgedroog het. Dan sproei hy van die Jean-Pierre Keulse water wat hy, genadiglik, in sy kleresak saamgebring het, aan sy nek en gesig en ander strategiese dele van sy lyf. Hy vryf dit goed in die gerimpelde vel van sy skrotum in. As hy klaar is gee hy dit ‘n ligte drukkie uit erkentlikheid vir die wyse waarop dit so ver vanaand aan verwagtige voldoen het.

Francois ruik vars en mals terwyl hy begin om hom opnuut te klee. Hy trek eers ‘n skoon onderbroek, wat hy uit sy kleresak haal, aan. Dan glip hy by die badkamer uit. Hy raap sy swart broek, sokkies en swart skoene, asook die boordjie met die strikdas en die polsboordjies, van die vloer af op. Hy sien Riana se oë is nog gesluit toe hy om die hoek in die aantrekdeel van die kamer inbeweeg.

Die kraakvars spierwit hemp wat hy saamgebring het is die volgende item wat uit sy kleresak verskyn. Francois glimlag by homself. Uit ondervinding weet hy dis altyd raadsaam om ‘n reserwehemp en -onderbroek byderhand te hê en vanaand is weereens ‘n bewys daarvan. Hy trek die hemp sorgvuldig oor sy skouers. Dan sit hy die nekboordjie met die maroen strikdas en die beffie versigtig aan. Hy laat die beffie mooi regaf hang terwyl hy in die vollengtespieël kyk. Laastens volg die twee gestyfde wit polsboordjies. Hy loer weer in die spieël en is tevrede met sy hare en sy voorkoms. Hy voel sy liggaam en gees is op ‘n gemaklike vlak toe hy weereens na die strikdas kyk.

Hy stap by die aantrekdeel uit en steek vas by die bed. Riana het die beddeken oor haar naakte lyf getrek en sy lê nou in ‘n fetusposisie opgekrul met haar een duim in haar mond. Aan die reëlmaat van haar asemhaling kan hy sien dat sy diep slaap. ‘n Gevoel van deernis kom by hom op en hy besluit hy sal die gaste wat oor haar navraag doen meedeel dat sy met iets anders besig is en weer spoedig sal terugkeer na die partytjie. Hy buk en trek die deken op tot onder haar ken en soen haar liggies op die wang. Dan stap hy uit na die “Arena van Luste” wat vir hom wag. Hy sien op sy polshorlosie dis ‘n minuut voor middernag.

(Lees finale episode HIER)

4 thoughts on “Pimm’s No.1 (3)

  • Jis ou Will, jy weet net hoe om my heeltyd in afwagting te hou… Keep them (and me) cumming hehehe

    Reply
  • Willewill

    Dankie, Meesteres van Lus ☺☼

    Reply
    • Lekker storie Will. Dankie

      Die partytjie gaan nog lekker word.

      Reply
  • annelisePost author

    Sexy storie. Will 🙂

    Reply

Leave a Reply to Willewill Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)