
Lusweer: Lily
deur Ramkat Erasmus
Haar naam is Heloise Griebenow, maar almal noem haar Lily. Sy’s getroud met Johan Griebenow, ‘n opperste doos, wie se reputasie hom ver vooruit loop.
As ek by die drankwinkel instap sien ek haar. Sy sit op haar hurke voor die wynrak en haar swart broek het teen haar agterstewe afgeskuif sodat haar swart g-string duidelik teen haar wit vel afgeteken sit.
Ek kyk na haar en besef dat sy seker wyn koop vir Paris en Elena se partytjie vannaand. Ek en Paris is vennote in ‘n suksesvolle firma wat dienste en voorraad aan die mynbedryf verskaf. Hy’s ‘n Griek en ‘n israeliet sonder bedrog. Sy vrou, Elena is beeldskoon en ‘n wakker gasvrou wat daarvan hou om te bederf.
Ek word na al hulle partytjies toe genooi, nie net omdat ek en Paris vennote is nie, maar ook omdat Paris glo dat net Boerseuns regtig kan braai…
Lily kry waarna sy soek en staan op. Sy draai om en herken my.
“Andre!”
Ek besef dat sy bly is om my te sien.
Ons soen mekaar op die wange soos wat deesdae die mode is, en sy vra of sy my by Paris en Elena se partytjie gaan sien. Ek knik en kyk na die wyn in haar hande. Dis Kanonkop, Paul Sauer. Nie goedkoop nie, maar die moeite en geld werd.
“Dink jy Paris sal hiervan hou?”
Ek knik. “Beslis.”
“Mooi! Sien jou later…”
En sy loop met lang hale na die kasregister toe.
Ek kyk haar agterna. Blond, baie goed gebou, en sexy. Sy dra altyd hoë hakskoene en omdat sy meeste mans in haar kaal voete in die oë kan kyk, laat dit haar nogal bo die gepeupel uittroon. Haar bloese wys altyd haar cleavage af en haar bos blonde hare, sekerlik met die hulp van verlengstukke, sit soos ‘n kroon, kunstig deurmekaar op haar kop. Haar lang rooi naels krap in haar beursie en sy kom met ‘n kredietkaart tevoorskyn. Sy betaal, sien dat ek vir haar kyk, glimlag breed en waai voor sy by die deur uitwarrel.
Ek besef skielik dat ek met ‘n semi-horing staan en skud my kop. Ek lol nie met getroude vrouens nie. En verseker nie met ‘n doos soos Griebenow s’n nie. Lily is ruim 20 jaar jonger as hy – die spreekwoordelike “trophy wife”’, en hy is vrek jaloers op haar.
Ek pak my mandjie vol drank, kies ‘n bottel whisky vir my en Paris en gaan betaal. Dan ry ek huistoe, spring in die swembad en suig later lekker aan ‘n bottel bier in die koelte van my groot eikeboom. Die prentjie van Lily en haar g-string, op haar hurke voor my wil maar net nie uit my kop verdwyn nie en ek gaan stort dan maar, trek aan en vat die koelsak met die drank. Ek kies koers na Paris en Elena se huis toe en hoop dat die braai my aandag van Lily sal aftrek.
-0-
Dis ‘n vrolike spul. Party mense is in die swembad, sommiges sit onder die bome in die groot tuin, en ‘n van die mans staan by my en kakpraat oor rugby en krieket en braai. Griebenow is een van hulle. Hy’s ‘n korterige grys mannetjie met opgeboude skoene om hom langer as sy 5’ 4 te laat lyk. Langs Lily lyk hy soos ‘n dwerg. Hy’t ‘n vuil bek en maak aanmekaar op- en aanmerkings oor van die vrouens in die swembad. Een van die ander manne, wie ek nie ken nie, vat hom naderhand aan en dreig om sy tjank af te trap. Hy blaas en proes en vat dan sy bier en loop. Paris nooi hom, want Elena en Lily is vriendinne.
Paris hou my goed besig agter die braai, maar ek ken van, en na omtrent ‘n uur is al die vleis gebraai en bakke vol vleis word op die lang tafel uitgepak sodat gaste hulleself kan help.
Ek trek my hemp uit en plons in die koue water in. Elena kom nader en gee vir my ‘n yskoue bottel bier. Sy weet uit ondervinding dat ek nie eet as ek gebraai het nie. Ek teug aan die koue voggies en gaan sit eenkant halflyf in die koel water.
Daar klink skielik kwaai stemme op uit die een hoek van die tuin. Ek sien dis Griebenow en die man wat hom vroeër by die braai aangevat het. Hulle staan soos twee boerboelle teenoor mekaar, vingers in mekaar se gesigte. Ek kan nie hoor presies wat hulle sê nie maar die lyftaal maak dit duidelik dat hulle op die punt is om te begin appels swaai. Dan tree Paris tussenbeide. Hy sit ‘n massiewe arm om elkeen van die manne se skouers en praat sag en dringend met hulle. Na ‘n ruk beweeg hulle uitmekaar uit. Griebenow storm na Lily toe waar sy en ‘n paar van die ander vrouens staan, gryp haar aan die arm, en loop na die uitgang toe.
Na ‘n ruk hervat die partytjie weer sy ou ritme. Ek klim uit droog af en loop na die koelsak toe. Ek haal nog ‘n bier uit en stap na Paris toe waar hy met Elena staan en gesels.
Ek vra oor die vroeëre onderonsie en wat dit ontketen het. Paris skud sy kop en sê vir sy vrou dat , vriendskap tussen Lily en Elena ten spyt, hy nie weer vir Griebenow gaan nooi nie. Elena knik en sê dis seker beter so.
Later dans ons op die maat van Griekse folk musiek en ou Paris raak ‘n bietjie treurig as gevolg van die drank, die musiek en sy liefde vir my. Hy noem my sy boertjie en gee my ‘n druk wat my na my asem laat snak. In sy jong dae was hy ‘n kampioen stoeier en hy het niks van sy krag verloor nie. Elena kom met ‘n sagte glimlag nader en lei hom weg om hom in die bed te sit.
‘n Paar van die gaste help opruim en dan help ek Elena om alles te sluit, voor ek in my Landy spring en huistoe gaan.
Ek gooi ‘n whisky, skakel die tv aan en gaan sit op die bank terwyl ek na iets soek om na te kyk. Lily se g-string en haar cleavage maak beurte om voor my gestesoog verby te flits.
-0-
Sondagogend vroeg lui my voordeurklokkie. Ek maak oop en Paris staan daar met ‘n tamaai glimlag op sy gesig.
Ek nooi hom in, haal ‘n koue bier uit die yskas en sê hy moet sy babalaas dokter. Dis ‘n jarelange roetine tussen ons en een van die vele redes hoekom my vrou my op ‘n dag met ‘n egskeidingsbevel verras het.
Ons hou nabetragting oor die braai en oudergewoonte vertel Paris my waar ek, in sy opinie, die pot misgesit het met my voorbereiding van die vleis. Ek spot hom dan oor die gebrek aan drank, die gaste wat baklei en dies meer.
Dan word hy ernstig en vertel dat Lily tweeuur daai oggend by hulle huis opgedaag het met trane in die oë en ‘n bloedneus. Hy wat Paris was wou dadelik in sy kar klim en vir Griebenow ‘n afgedankste loesing gaan gee, maar Elena het gekeer en vir lily badkamer toe gevat en later in die bed gesit. Sy’t nog geslaap toe Paris ry om by te kom kuier.
Paris kyk na ‘n ruk (en nog ‘n paar biere), op sy horlosie, gee my weer ‘n druk, en ry.
Ek haal my motorfiets uit die garage en ry dam se kant toe, terwyl ek deurentyd aan Lily dink.
-0-
Ek en Paris het ‘n woeste week en ons ry die wêreld plat agter ons kliënte aan. So tussendeur verneem ek dat Lily uit Griebenow se huis verban is, dat sy ‘n prokureur aangestel het en dat sy hom vir ‘n egskeiding dagvaar en van aanranding aangekla het.
Die Woensdag kom Griebenow by Paris se huis aan en dreig vir Lily en Elena met ‘n vuurwapen. Dit vat al my ooredingsvermoë om Paris te weerhou van moord. Uiteindelik gaan ek saam met hom na die polisiestasie waar ons ‘n klag aanhangig maak teen die dwerg.
-0-
Ek sit en musiek luister as my klokkie lui. Dis Elena en Lily. Sy en Paris gaan opera sien en Lily is bang om alleen in die huis te bly want Griebenow het borgtog gekry. Kan sy by my huis oorslaap? Elena sal haar more weer kom haal. Of ek kan haar sommer daar aflaai op pad werk toe?
Ek stem in.
-0-
Ek en Lily eet die pastei wat ek warm gemaak het. Ek gooi vir haar nog ‘n glasie wyn in en ons gesels oor alles behalwe haar man.
Later sit ons in my sitkamer en televisie kyk. Dis ‘n romantiese komedie wat Lily laat lag en huil. Nie my tipe fliek nie, maar nou ja …
Ek staan op om nog wyn te skink en as ek terugkom beduie Lily dat ek langs haar moet sit. Ek is skielik intens bewus van die horing wat in my broek ontstaan het.
Ek gaan sit langs haar en sy leun haar kop op my skouer. Ek ruik haar parfuum en die horing in my broek wil-wil die zip oopskeur. Sy sit haar hand op my been en ek haal diep deur my neus asem. Sy lig haar kop, kyk vir my, en trek haar lang naels teen my been op tot by my zip.
“Hmmm” sê sy. “Lyk my ons dink aan dieslfde ding …”
Ek vat haar wynglas by haar staan op en trek haar regop. Ek vat haar gesig tussen my hande en soen haar hard op die mond. Sy kreun diep in haar borskas en ek weet ek maak haar seer, maar ek weet ook dat nie sy, of ek, omgee nie. Dan steek ek my vingers aan weerskante van haar toppie se skouerbande in en trek dit af tot by haar middeltjie. Sy’t ‘n tiervel bra aan wat haar borste oplig en na mekaar toe druk om die cleavage te vergroot.
Sy vat met haar hande aan haar borste en met die lang rooi naels maak sy die knippie voor los. Haar borste is groot en ferm met donkerbruin tepels.
“Hou jy van hulle?” fluister sy.
“Fok. Ja!”
Ek druk my gesig in haar borste in en trek my asem diep in. Haar parfuum maak my mal. Dan begin ek hulle om die beurt soen en suig. Haar tepels staan penorent en sy druk haar onderlyf teen myne aan. Sy beweeg haar heupe heen en weer en vryf haar mons teen die bult in my broek.
Ek trek haar romp af tot op die vloer en druk haar agterttoe sodat sy op die bank moet sit. Dan trek ek die g-string af en druk haar bene oop.
Haar poesie blink van die nat.
Ek druk haar bene oop en druk my tong in haar warm, nat speel in. Sy kreun en druk terug met haar onderlyf. Ek laat my tong oor haar souterige nattigheid speel tot sy met ‘n lang harde kreun ‘n orgasme bereik.
Ek draai haar om dat sy op die bank kniel met haar pragtige boude na my toe. Dan maak ek my belt los en laat my broek val. Ek trek my onderbroek af en netso, met my hemp nog aan my lyf, druk ek my harde voël in haar sappigheid in.
“Aaaaa! Fok, ja!” kreun sy. Ek begin haar hard naai. Dit vat nie lank vir my om te kom nie, en ek pluk net betyds uit om oor haar rug te skiet. Haar hand is tussen haar bene en sy vryf haarself hard en kom net na my weer ‘n keer.
Sy vlieg om, stamp my sodat ek agteroor val. Dan is sy op my. Sy druk my kombesmeerde piel in haar in en ry my hard. Ek besef dat sy nog haar haksoene aanhet en die gedagte laat my amper weer kom. So hard as wat sy my ry, so hard stamp ek terug. Ek boelie en knie haar tiete wat heen en weer swaai en op en af wip. Dan leun sy vorentoe en soen my hard. Sy byt my lippe en druk haar tong in my keel.
Ons soos twee diere wat geen keer het nie,en ek is nie seker of ons naai of baklei nie.
Dan druk sy haar lang naels in my borskas in terwyl sy ritmies begin vloek.Ek voel die spanning in my kern opbou en dan kom ons saam. Sy spuit ‘n straal helder vloeistof oor my en ek kom drie, vier, vyf keer in wilde strome wat in haar inspuit.
Sy sak vorentoe op my bors en ek kan haar manjefieke tepels in my borshare voel.
Na ‘n ruk glip my slappe uit haar uit en sy rol van my af.
Ons lê lank in mekaar se arms. Dan druk sy ‘n lang voorvingernael in my borskas in.
“Ek gaan gou pie. Sien jy kans vir nog?”
Ek lag net …
7 COMMENTS
Dit is so jammer dat ons nooit meer Ramkat se Lusvrug en van sy kreatiwiteit sal lees nie.
Gelukkig het Annelise begin met “leesweer” stories. Dankie.
Baie dankie vir die weer plas A. Ek dog ek het al die argiewe al gelees maar blykbaar nie.
Ai ou Ramkat. Om te dink ons gaan nooit weer jou pennevrugte kry nie herhinner ons aan die kortstondige lewens wat ons lei.
Kom ons lewe voluit terwyl ons nog asem haal.
Ai ou Ramkat….. sal vir ewig goeie stories bly…..
Ai, soos die Kanonkop is dit keurige, fynbesnede Ramkat op sy beste.
Sy verhale sal soos goeie wyn met jare nie verouder nie en sekerlik meer aanhangers lok !
Rus in Vrede, Meester.
‘n Jaar-oud geplaaste storie en ek lees dit nou eers…tsk…tsk…
Ramkat op sy beste ! ‘n Voorspoedige Nuwe jaar vir hom en mag dit besaai wees met stories wat vloei uit daai skeppende brein van hom.
Dankie
Dis kombiekiehier se skuld as daar spelfoute en tipo’s deursluip. Ek sal dit weer gaan check en weer edit. 🙂 Dankie vir die kommentaar.
Sjoe! Dit MOET ‘n waar storie wees. ‘n Warm een! Doen so voort!