Janneman
deur Wille Will
Hy’s ‘n doodgewone ou, soos almal van ons. Hy werk vyf dae ‘n week van 8 tot 5, kyk Sewende Laan op TV, hou Saterdae van sy rugby, drink ‘n dop saam met sy vrinne by die lokale kuier-plek Saterdag aande. Skeer sy hare een maal ‘n maand en betaal al sy rekeninge op datum. Hy’t ‘n meisie, Stefanie, wat vir hom af en toe seks gee. Afhangend van haar bui. Sy’s effens maer en haar heupbene stamp hom seer wanneer hy op die fyndraai kom, maar dan moet hy uitpluk, want sy wil nie “preggies” raak nie. Sy kou alewig kougom vir haar asem, selfs as hulle naai.
Maar Janneman se lewe gaan drasties verander …
Hy ry een Saterdagoggend uit met die werk se Hi-Lux. Sy baas het hom gevra om ‘n enjin te gaan oplaai by Oom Riempies Steenkamp se plaas en hy’t Janneman sommer daar en dan, kontant, vooruit oortyd betaal vir die gunsie. Hy hou tyd, met vingers wat trommel op die stuurwiel, saam met Ddisselblom se “Moervrou” wat op die bakkie se radio speel en draai in by die plaas se hek. Hy vat dit maar stadig, want die nou paadjie kronkel baie, tussen hoë bosse, struike en bome deur. Toe hy weer om ‘n skerp draai kom
slaan hy remme aan.
Voor in die pad staan ‘n vrou wydsbeen en hou haar hand in die lug in ‘n stop houding. Sy’s flippen beelskoon, flits dit deur sy gedagtes terwyl sy naderstap. Bruin golwende hare wat tot onder haar skouers hang, ‘n reguit neusie en kuiltjies weerskante van haar vol lippe waaruit sy met wit tande vir hom glimlag.
Hy draai die bakkie se venster af.
“Jammer dat ek jou so summier stop. Gaan jy opstal toe?” vra sy met ‘n melodieuse stem.
“Na Oom Riempies toe om ‘n enjin op te laai,” antwoord hy.
Sy gedagtes dwaal vinnig saam met sy oë oor haar lyf. Fokkit! Sy’s gebou soos ‘n skou-merrie! Lang bene in ‘n kort,kort Denim-broekie en ‘n wit bloes wat sommer net toegeknoop is met die bloes se punte, tussen haar borste. Hy kan haar tepels sien deurskyn.
“Kan ek saam met jou ry, ek is Riempies se dogter.”
“Natuurlik!” sê Janneman en leun oor die bakkie se sitplek om die passasier deur oop te stoot.
Sy stap om en klim in.
“Baie dankie,” sê sy en stoot met albei haar hande haar hare netjies agter haar ore in.
Hy gooi die Toyota weer in eerste rat en trek weg.
“Wat soek jy, te voet, so ver van die huis af?” vra hy maar hou sy oë op die nou paadjie.
“Ek was te perd, maar toe ek stilhou en afklim om ‘n buitengewone aalwyn van nader te bekyk toe skrik Vonk vir ‘n slang by sy bene en galop weg!” Sy lag hartlik. “Sekerlik my lewe gered, want toe die slang ook skrik en vinnig wegseil sien ek dis ‘n Rinkhals!”
“Sjoe, dis close!”antwoord hy en draai sy gesig na haar toe.
Haar oë is so blou as wat die Here die lug geskep het. Hy sluk.
“Wat’s jou naam? ”kom haar stem deur, maar sy oë is vasgenael op haar vol, mooi lippe.
“Ek is gedoop Komyn na een of ander Belgiese oer-ouma, maar almal noem my sommer net Kommetjie. En jy?”
“Janneman, is ook ‘n familienaam.”
Hulle kom uit tussen die ergste beboste gebied en in die verte kan hy die opstal sien. Sy sit skielik vorentoe en kyk stip deur die voorruit.
“Is jy haastig … J-Jann-eman?” struikel sy amper oor sy naam.
“Nie rêrig nie, hoekom?’ vra hy.
“Daar voor, agter daai snaakse rots staple daar, draai ‘n paadjie af na regs. Ek wil jou gou iets daar gaan wys.”
Janneman swaai die Hi-Lux vinnig na regs op die klipperige paadjie wat mens nie eers sal raaksien as jy net verby ry nie. Die pad hel skielik skerp na benede en Janneman se voet boer op die remme. Hy loer vinnig op en sien hulle is agter ‘n plato-rand. Die huis is nie meer in sig nie en die pad sak net meer af tussen die ruigtes.
“Is maar rof, maar jy sal sien dis die moeite werd,” hoor hy Kommetjie se stem, maar hy konsentreer en is verlig toe hy die knik sien en die paadjie opwaarts klim. Die bakkie se toere raas teen die skerp steilte, maar hy merk dis net sowat vyftig meter tot op die knop. ‘n Gesteurde arend skuur amper teen die vooruit met vlerkgeklap soos dit bo-oor wegvlieg. Die bakkie kom tot stilstand. Die stof sif nog bietjie neer toe Kommetjie weer praat:
“Hierdie is my persoonlike plekkie. Nie eers my Pa weet van hierdie plekkie op sy plaas nie. Dis verskuil agter daai rant wat daarbo lyk asof dit die einde van sig is.”
Sy maak haar deur oop: “Kom ek wil jou nog iets gaan wys!” Sy spring uit die bakkie.
Janneman sien een of ander knaagdier wegskarrel in die bosse in toe hy sy bakkie deur oop maak. Dis ‘n plat stukkie aarde met baie bossies en struike en na links staan twee bome by ‘n rotsplaat en ander klipformasies waarheen sy reeds heen draf. Hy kyk op in die blou lug sonder wolke en sien die arend hoog hang asof dit wil eien waarom dit so gepla is.
Haar hare wapper in golwe agter haar soos wat die mooi lang bene lang tree gee. “Kom sloerkous!” skree sy met ‘n laggie oor haar skouer terwyl sy loer of hy agterna kom.
Hy skud sy kop met ‘n glimlag en draf na haar toe. Hy kyk op na haar gesig toe hy langs haar tot stilstand kom.
“Het jy al so-iets in hierdie dôrre wêreld van julle gesien?” vra sy met ‘n diep, sagte stem en neem sy hand in hare. Haar blou oë blink met ‘n intense kyk.
Janneman staar af in die kuil water. Die water is so suiwer skoon dat jy jou verbeel jy kan die diep bodem sien. Daar is alge en mos teen die walle, maar geen vis of bewegende water dier andersins nie. Die oppervlak is roerloos. Behalwe‘n naaldekoker wat met sy stert in die water eenkant vlerkies roer. Kommetjie gee sy hand ‘n drukkie en los dit om die bloes te ontknoop en by haar voete te laat val. Hy staar na haar dobberende wit spanspekkies met die klein tepels toe sy buk en die Denim-broekie aftrek oor haar dye.
“Hier wil ek nie klere aanhê nie. Dis amper soos heiligskennis breek teen die natuur.”
Toe sy regop kom merk hy sy’s ongeskeerd daaronder. Die krulhaartjies is net effens donkerder in kleur as dié op haar kop. Hy besef meteens hy’t ‘n moerse pielstyf aan hom.
“Trek jou klere uit. Voel die goddelikheid van die natuur,” sê sy naïef en onskuldig en stap die water in.
Sy is half-lyf in toe sy vorentoe buk en van die water skep, met haar hande saam en oor haar kop en gesig uitgooi. Hy kyk na die gleuf tussen haar boude en sien haar poes hang aan die onderkant.
“Aaahhh!” roep sy en stap dieper in. Sy draai terug na hom toe en laat sak dan haar lyf onder die water in tot bo-oor haar hoof.
Hy vryf met sy een hand oor die knop in sy broek. ‘Wat de fôk gaan nou aan?’ mymer hy.
Sy maak hom nie net jags nie, dis asof haar lyf, haar hele wese hom nooi om in haar in te gaan…om sy lyf met hare te smelt tot een!
Janneman begin sy hempsknope outomaties losknoop, maar hy wag intens dat hierdie nimf weer te voorskyn moet kom. Haar kop en skouers bars deur die oppervlak met ‘n proes uit haar mond en sy vee water uit haar oë en haar neus en stryk dan haar hare plat na agter op haar kop. Die klotsende water wys haar tepels dan en wan soos dit woel om haar liggaam.
Hy trek sy hemp oor sy skouers en gooi dit op haar hopie klere.
“Jy’s die eerste mens wat my klein Eden met my deel.”
Sy gee ‘n laggie. “Ek voel amper soos Eva en dan is jy seker my Adam!”
Sy vryf ritmies met albei haar hande oor haar borste wat nou effens meer gelig is uit die water.
“Kom in dat hierdie water jou ook omvou en nestel.”
Haar stywe tepeltjies gly tussen haar vingers deur en sy kyk nog steeds met daardie deurdringende oë na hom.
“Ek stel my voor dis hoe my ma se embrio water was toe ek nog in haar maag was. Beskermend, voedend, my enigste bron tot lewe.”
Janneman buk en trek sy kortbroek uit oor sy boude en skop sy plakkies uit. Met sy regop kom troon sy ereksie voor hom uit, maar hy staan nog steeds doodstil asof verstar.
Haar arms gaan oop bokant die water. “Kom word weer gebore saam met my,” roep sy en haar oë sny deur hom. Haar vol spanspekkies skommel in die lug asof dit haar woorde beklemtoon.
Hy tree gehipnotiseerd in die water in na haar uitnodigende arms. Wanneer hul liggame teen mekaar raak gaan sy hande om haar middel en hare gaan om sy skouers. Hy voel hoe sy penis, sonder enige hulp, diep in haar beboste vrug ingly. Haar vel voel sag maar amper soos spookasem teen hom. Asof dit té vlekloos is om aan sy eie vel te raak.
“My roepe en gebede gaan vervul word,” fluister sy en begin op en af op hom ry.
Hy val in by haar ritme, maar dink skielik hierdie tower oomblik is dalk eenmalig. Haar hele vroue wese omhul dieper as haar lyf in sy eie wese in. Hy smag om sy liggam een te maak met hare.
“Jy smaak soeter as heuning,” trek sy haar mond uit syne uit.
“Laat ons dit voltooi.” Haar kopulasie neem met rasse skrede toe asof dit die eindpaal wil bereik.
Janneman slaan met brute spoed terug in haar. Haar poeswande knyp en los sy voël asof dit nou in beheer is.
“Skiet in my dat ons saam gebore word in ‘n Nuwe Heelal,” steun sy.
Hy verloor ten volle beheer en skiet sy saad oor en oor in haar in.
Haar bene vlieg uit bo die water en klamp om sy middellyf. Sy slaan met ongekende mag teen sy maag en dan klimaks sy. Sy skree dat dit teen die bergrif weergalm. Sy oog vang vang ‘n groep voëls wat in ‘n swerm opvlieg naby die waterkuil.
“Ons gaan opskiet na die maan en dalk sterre word,” sê sy met ‘n ligte hees stem terwyl sy sy gesig in albei haar hande omvou en diep in sy kykers peil.
Kommetjie se lyf en bene sak weer af in die water wat nou onstuimige golwe maak. Sy tree terug dat sy penis uit haar uit gly.
“Gaan doen jou werk by my Pa, jy’s reeds laat. Ek gaan eers hier bly en alles herleef en koester.”
Kommetjie stoot hom aan sy boud wal se kant toe. Hy stap uit die water uit met sy voël wat nog stuiptrekkings kry. Hy trek sy klere weer aan oor sy nat lyf, maar hy bly vir haar kyk waar net haar hoof nou bo die water uitsteek. Hy maak sy mond oop om iets te sê, maar haar arm kom bo die water te voorskyn met haar hand wat hom wegwaai.
“Gaan net. Dis volbring. Miskien kom jy weer eendag. Ek sal vir jou wag.”
Haar kop verdwyn onder die water in met ‘n rimpel golfies. Janneman klim in die Toyota in soos in ‘n waas en vat die omweg terug plaas toe.
***
Nadat die enjin opgelaai is met behulp van ‘n paar volk, staan Oom Riempies en Ta’Gesie by die oopgedraaide ruit van die bakkie. Hy’s verbaaas dat sy nat lyf so vinnig droog geword voor hy by die plaas aangekom het. Hy draai die aansitter en plaas die bakkie in rat.
“Ek het amper vergeet om Oom-hulle te sê dat ek jul dogter, Kommetjie, op die plaaspad ontmoet het met die inkomslag.”
Oom Riempies se hele gesig verwring in diep seer plooie.
“Moenie jou stuitig hou nie, wat gebeur het sal altyd by my bly tot die dag van my dood.” Hy swaai om en stap met geböe skouers, maar ferm tred weerbarstig van die bakkie af weg.
Janneman is verdwaas.
Ta’Gesie kom plaas albei haar pofhandjies op sy voorarm by die oop ruit.
“Jy ken seker nie die storie nie, seun,” sê sy en vee met ‘n blou kant sakdoekie oor haar oë en onder haar neus.
“Kommetjie se perd, Vonk, het so tien jaar terug vir ‘n slang of iets geskrik en haar bo van sy rug afgegooi en hier by die huis aangegalop gekom. Ons het kruis en dwars begin soek na haar en laatskemer het een van die volk haar liggaam gekry waar sy aan ‘n kopwond beswyk het van die val en haar doodgebloei het.”
Sy beduie met ‘n bewende handjie na agter my.
“Dit was daar by die ou waterkuil met die twee bome naby aan jou pad terug. Die volgende jaar het die kuil heeltemal opgedroog tot vandag toe.”
3 COMMENTS
Sondag oggend 2 uur. Sopas saam met Annelise se spook storie gelees. Hoe moet ek nou verder slaap me n vrees en n vreeslike horing.
Goed geskryf, beide van julle. Nou sal ek beide weer lees en bepeins.
Ons eie Watergat-Spook. 🙂
Baie lekker lees en heerlike storie. Jy weet dit sal een van my begeertes bly om so ‘n ervaring te beleef.
Die storie spook by my hehehehe dankie Will