
Die Telegram Meester
Ek gesels al ‘n rukkie lank met ‘n man op Telegram – my Telegram Meester. Ek stuur ‘n paar stoute fotos en hy deel dan sy fantasieë van wat hy graag sal wil doen, met my. Ek is sy gewillige Telegram-slaaf en voer sy opdragte meeste van die tyd uit met fotos as bewyse.
My vorige opdrag was om elke oggend ‘n foto van myself te neem en vir hom te stuur. Ek moet slegs my onderklere aanhê. Dit het my natuurlik heeldag sopnat gelos vir iets meer. Elke keer wat ek daaraan dink dat iemand vreemds daar buite my beheer deur slegs ‘n boodskap laat my druppend en smekend vir meer. Maar ek moet dan telkens eers toestemming van my Telegram Meester kry om myself te bevredig. Dit alleen het my ongelooflik jags gelaat, so erg dat ek soms kon voel hoe drup my heuningsappies uit my heuningpot.
My nuutste opdrag is om aan iets te dink, te deel en dan uit te leef en terugvoering te gee. Maar slegs as my Telegram Meester toestemming gee – as hy van my fantasie hou.
So, ek moet hom vertel van ‘n fantasie. Mmmm … ek is nie te seker oor my diepste donkerste fantasieë nie, my begeertes is redelik eenvoudig. Tog, meeste van die tyd baie passievol, kleurvol en seksueel.
Herinneringe van alles wat ek al gedoen en ervaar het oorstroom my gedagtes. ‘Nee!’ bring ek myself weer terug na die hede toe en probeer om te dink aan een ding wat ek nog nie gedoen het nie. Iets wat my nie te erg afskrik nie.
My gedagtes loop in sirkels, om en om in ‘n ewige vrugtelose kringloop.
Shit, kan dit nie net genoeg wees dat ek hierdie ontwykende sielskonneksie wil hê nie. Dit wat ek een keer tevore met A gehad het. Is dit nie ‘n groter fantasie bloot omdat dit so ongelooflik ervaring was nie?
Maar my Telegram Meester is reg. Daardie antwoord is ‘n bietjie van ‘n “cop-out” met onmeetlike resultate en ongedefinieerde verwagtinge. Dink!
Wat begeer ek bo enigiets wat ek tot dusver gehad het? My gedagtes loop deur die name van elke man saam met wie ek al was. Ek maak ‘n lys van elkeen, volgens kategorie, presies wat ons gedoen het of probeer het. Wag, ek moet nog twee byvoeg … o ja, albei is baie opwindend, maar dit bring my nie nader aan die oplossing van hierdie nuutste opdrag nie. My Telegram Meester soek ‘n antwoord, en gou.
My gedagtes dryf weer … ek kan ‘n storie skryf oor my eks-baas, of die kroegman, dalk die fotograaf, of die kelner van die pizza-plek in die straat af. Miskien die vreemdeling by die klub – man, hy was pragtig, seker die grootste wat ek nog gehad het! Maar nee, nee dit moet iets nuuts wees, Telegram Meester sal dadelik agterkom as ek net ‘n herinnering deel. En in elk geval het ek so baie met hom gedeel hy sal weet.
Fokus! My gedagtes keer stadig terug na my huidige penarie. Ek het belowe ek sal hom teen vanaand antwoord. Ek het nooit geweet dat ek nie weet wat ek wil hê nie. Wel, meestal weet ek net wat ek nie wil hê nie, en dit het my redelik goed gedien oor die jare.
So ek begin ‘n lys maak van wat ek nie wil hê nie en lees daardeur om te sien of enigiets op die lys oor die jare meer aantreklik geword het. Dit neem my ure en ek eindig met net ses moontlike fantasiee … en ‘n baie lustige heuningpot.
Fok, ek moet ‘n paar stories op Kombiekiehier gaan lees … vir inspirasie. Fantasieë of werklikheid deur ander woordgode neergepen. Ek kan kyk of daar enige vars idees is wat my kan inspireer vir hierdie onmoontlike taak. Joe se stories is so in my kraal.
So, ek lees en lees en lees nog. Ek word opgewonde oor van die mees vermaaklikste en passievolste weergawes van stories wat my lende laat bewe en tepels laat roep na die Telegram Meester se toestemming om in die heuningpot te gaan krap.
Weer dryf my gedagtes weg. Shit, ek is gelukkig daai polisieman het nie my kaal gat in Langstraat in Kaapstad gearresteer nie. Miskien het hy gehou van wat hy gesien het? Wel, ek het ‘n foto saam met hom geneem, so miskien was hy bekommerd dat ek die situasie teen hom sou gebruik. Mmm dit was pret … en die heuningpot se sappies was darem gebruik vir ‘n goeie doel.
Fokus!
Ek maak my oë toe en laat val my pen op die lys van ses moontlikhede voor my. Gotcha! Goed, kom ons hardloop met hierdie een. Ek dink al ‘n rukkie hieroor … Ja, ek dink dit kan lekker wees. Ek trek my foon nader en begin tik.
“Meester, jou jagse slavin het die antwoord waarvoor u gewag het. Dit is seker vir u ‘n bietjie vervelig aangesien u dit wel al menigmale gedoen het. My volgende fantasie is met vier hubare mans. Gode wat my bemin en bevredig en laat skreeu van lekkerkry. Ek sal u laat weet of ek daarvan gehou het, sodra dit gebeur.”
Ek sal weet wat sy reaksie is, sodra hy antwoord. Kom ons kyk wat die Telegram Meester dink. Hy het altyd interessante opinies.
2 COMMENTS
Whaw – Wat ‘n heerlike storie om te lees.
Welkom is sekerlik ook in orde want ek kan nie onthou dat ek jou naam al vantevroer raak gelees het nie.
Ek is seker ek praat namens baie wat ook graag wil hoor hoe jou afspraak met vier hubare mans afloop.
Dankie JouBok,
Dit is inderdaad my eerste storie, daar is nog een oppad, hopelik een van die dae. Ek gaan verseker nog vir julle vertel van die hubare mans – ek moet hulle nog net opspoor. 🙂
Lekker om terugvoer te kry, ek geniet altyd almal se stories vreeslik baie.