KOMbiekiehier se kom-lysie. 10 Maniere waarop mans klimaks.
Om ‘n orgasme te kry is een van die mees intieme en mees persoonlike ervarings wat jy kan hê. En elke sexy, warmbloedige man doen dit op sy eie unieke manier, reg? Verkeerd. Na ‘n diep ondersoek en vele onderhoude het kombiekiehier gevind dat daar eintlik net ‘n paar kom-tipes is. Elke man val iewers op ‘n glyskaal of kombineer soms van hierdie klimaks-tegnieke. Kan jy jouself of jou lover herken? 😉
1. Die stoomenjin. Asem is vir die mens wat stoom vir die lokomotief is. En as jy ‘n groot enjin vorentoe moet dryf, dan hoor mens daai stoom blaas. Hierdie styl werk goed vir jongmans wat vroetelrig raak terwyl haar pa in sy kamer snork omdat die klank van asem nie so ver in die nag trek nie. Na al die opbou sal hierdie minnaar op die oomblik van orgasme dikwels juis snakkend asemnood ervaar.
2. Die aankondiger. Hoe weet jy as iemand in Seuns Hoër was? Hy sê dit vir jou. Wel hierdie ou is dieselfde. Jy weet wanneer hierdie minnaar kom, want hy sê dit vir jou. Net ingeval jy nie geweet het nie.
“Ek kom!!!”
As hy regtig cool is, kan hy dit op een van hierdie maniere doen.
3. Die Selfbeheerser. Hierdie minnaar se kom-ontploffing word geinternaliseer. Hy is soos ‘n vulkaan wat implode. Die groot oomblik word die groot inhou terwyl hy met manjefieke wilskrag sy orgasme in stilte en met minimum beweging uitwoed. Hierdie styl word dikwels ingespan wanneer kinders iewers buite die slaapkamerdeur gevind kan word.
4. Die bevestiger. What’s in a name? My naam is musiek in my ore. Hierdie minnaar fluister jou naam wanneer hy kom. Of soms skree hy dit. Dalk is dit oor hy wil bevestig wie hy nou-net homself in verloor het? Soms is dit liefdesname. Soms is dit iemand anders se naam. Die laaste variasie eindig gewoonlik nie goed nie.
5. Die lagduif. Sommige mans lag as hulle kom. Want lekker en happy. Seks is in elk geval iets waarvoor ‘n goeie humorsin help. Sy sal smile as jy lag as jy kom – solank dit nie na ‘n waansinnige lag is nie.
6. Die brullende leeu. Hierdie minnaar brul en byt en stoot soos ‘n viriele Afrika-leeu wanneer hy kom. Dis ‘n man hierdie en hy is bo – waar hy hoort.
7. Die matroos. Hierdie kategorie verwys nie na spiere en tattoo’s en spinasie nie, maar na woordeskat. Woorde soos “fok.” “Fok” is die mees algemene woord wat hierdie minnaar vir jou sal hyg – waarskynlik omdat dit presies is wat hy besig is om te doen.
8. Die predikant. Kom kan ‘n spirituele ervaring wees. Dit kan van die heiden ‘n gelowige maak net sodat hy iets kan skree. Dit is net soveel ‘n buite-die-liggaam ervaring as wat dit ‘n liggaamlike ene is. En dan wil mens iets aanroep. Iets hoër as jy. (Veral as jy ‘n Amerikaner is: “Oh God, oh my God!!!” )
9. Die gorilla. Hierdie minnaar bemin homself meer as vir jou. Sy orgasme word met ‘n paar vuiste op sy bors geeindig waarna hy sê “Jis, ek was great, né?”
10. Die snikker. Vroue huil soms wanneer hulle kom. En dis ok, want vrou. Oorlewering wil dit hê dat daar mans is wat huil as hulle klimaks, maar ons empiriese ondersoek kon nie so ene opspoor nie. Die gevolgtrekking is dat mans wel huil … maar dis gewoonlik oor hulle nie gekom het nie. 😉
Al die variasies van kom is awesome, want op daardie oomblik is jou minnaar gestroop van enige pretensies. Hy is hy. Daar is nie in daardie oomblik genoeg bloed oor om die image-brein ook aan die gang te hou nie. Want man. En dis waarom ons hulle lief.
1 COMMENT
No.2 …