Jasmin (7)

deur Nostradamus

Hulle sê: “Revenge is a dish best served cold!”
Hulle sê ook: “Hell hath no fury like a woman scorned!”
Wie de hel hierdie “hulle” ook al is, ken nie vir Nostradamus nie! Because I don’t get mad – I get even!

Jy sien, na Jasmin se trick met die panty, het ek besluit dat ek gaan wraak neem. Die spyker (figuurlik gesproke) in haar kis was die feit toe sy my die volgende oggend vol onskuld bel en stroperig vra of ek my geskenkie geniet het – want sy het. Is gras groen? Is water nat? Natuurlik het ek dit geniet, maar nie soveel soos wat sy dit oënskynlik geniet het nie. Daar en dan het ek besluit om wraak te neem. Ons het nog een sintuig oor, en as ek haar nie nou op haar plek sit en laat betaal vir haar stoutigheid nie, sal ek my mancard moet inruil. Vir die res van die vakansie loop en beraam ek my wraak en meer as eenkeer het iemand in die geselskap my gevra waaraan ek dink omdat ek so skelm grynslag op my bakkies het. As hulle maar net geweet het…

Met die nuwe jaar wat ons op ’n mallemeule rit vat en almal wat alles nou gedoen wil hê, is my en Jasmin se kuiers beperk tot Saterdagaande en Sondaemiddae, omdat een of albei van ons gewoonlik maar eers Vrydag laat die handdoek ingooi vir die week. Haar eerstejaarsussie bly ook nog op die oomblik by haar omdat daar een of ander bôggerop met haar koshuisbespreking by die Universiteit gekom het en haar sussie is nog baie onskuldig – of so laat sy ons glo. Jasmin se familie is vreeslik tradisioneel en tradisievas en dis vir haar jonger sussie ’n uitdaging om gewoond te raak aan die vryheid en verantwoordelikheid wat die stad aan haar bied. Stadig maar seker kom ’n mens egter agter sy raak al hoe meer gemaklik met die wêreld en sy dinge en al haar tradisionele sari’s maak plek vir kort kortbroeke en stywe toppies.

Een Sondagmiddag lê ons by my huis se swembad rond, die braaivleis is besig om te verteer en ons al drie lê en probeer nog die laaste bietjie son voor die herfs op ons lywe voel. Kort-kort staan een van ons op om nog iets te drinke te gaan haal, of spring gou in die water om af te koel of te keer dat ons in die son aan die slaap raak. Jasmin verloor later die stryd teen luiheid en slaap en gaan lê op die bank voor die TV en slaap. Nou, al kon ek en Shashni aanvanklik nie lekker vatplek aan mekaar kry nie, het ons nou ’n baie gemoedelike verhouding met die dat sy by haar sussie bly en ek so gereeld daar kuier. Soveel so, dat dit nou al ’n gebruik is dat sy orals saam met ons heen gaan. Aanvanklik het sy grootoog alles gade geslaan wat ons gedoen het, maar die afgelope maand of wat het sy uit haar dop gekruip en sal sy selfs eerste vir my ’n poets bak.

So deur die loop van die middag, terwyl Jasmin slaap, het Shashni oorgeskuif tot langs my en ons lê op ons rûe en gesels, ek met ’n hoed oor my gesig en sy met ’n oopgeslane tydskrif. Sy vra my uit oor my en Jasmin en ek vertel haar ons storie  en ek weet nie of dit die son of die alkohol was nie, maar voor ek my kon kry blaker ek ons hele sintuig verhaal uit. Ook dat ek van plan is om wraak te neem – die alpha mannetjie in my moet sy dominansie bewys. Shashni vra my wat ek beplan en ek besef ek is so ver in, ek kan maar net sowel aangaaan. Ek vertel haar kortliks wat my plan is, maar met slim vrae en opmerking kry sy my so ver om vir meer as ’n halfuur uit te brei oor my plan en ek bely dat ek net die gunstige geleentheid soek om my plan deur te voer.

Jasmin word wakker en na lekker geselsies langs die swembad en selfs ’n swem of twee, vat ek hulle huis toe net om met blou ballas in die bed te kom lê en dink aan Jasmin – en Shashni – se mooi lyfies in en langs die swembad. Nou ’n man is nie ’n klip nie en kort voor lank neem ek maar sake in my eie hande terwyl ek fantaseer, totdat my selfoon my onderbreek. En daar skrik ek my horing weg toe ek sien die boodskap kom van Shashni af en bevat net drie woorde: “Ek wil help!”

Na n paar dae se wik-en-weeg en heen-en-weer Whatsapp stem ek tog in dat sy my help met my wraak en ons beplan dit vir Saterdagaand. Vir Jasmin het ek bloot laat weet dat ék verantwoordelik sal wees vir die belewenis van die laaste sintuig en dat al die reëlings reeds getref is. Sy moet Saterdagmiddag om vieruur by my plek opdaag met ’n oop gemoed en sy moet deur die loop van die dag baie water drink.

Met die aankom by my sien ek sy is op haar senuwees, want sy is nie in beheer nie, en dit pas my goed. Ek vra haar om in my badkamer te gaan bad – die bad is klaar getap met heerlike Ylang-Ylang olie en dan op haar maag op my bed te gaan lê en my te roep as sy gereed is. Na sowat ’n halfuur roep sy my en ek kan sien sy brand van nuuskierigheid. Toe ek by die kamer inloop probeer sy so oor haar skouer agtertoe loer, maar ek steek vinnig ’n stokkie daarvoor toe ek haar blinddoek en die reëls vir die middag verduidelik. Ons hanteer die tas-sintuig en daarom is sy geblinddoek. Ek gaan ook binnekort oorfone in haar ore druk met Musiek vir die Maangodin – unieke sensuele en seksuele musiek wat die luisteraar eroties prikkel. Dan gaan ek met haar grootste orgaan speel – haar vel. Hulle sê die gemiddelde mens het 1.5-2 m2 vel en aangesien my Jasmin aan die kleiner kant is, gaan ek probeer om elkeen van daardie 1.5m 2 vel te verken. As sy op enige oomblik wil hê ek moet ophou, moet sy net skreeu: Poespas! (Ok, ek was jags en dit was die eerste woord waaraan ek kon dink wat ’n mens nie dalk per ongeluk in ’n oomblik van passie spontaan sal uitskreeu nie.) Dan weet ek om op te hou. Ek sal slegs dan ophou en nie op enige ander bevel of smeking nie.

Ek begin saggies met ’n veer oor haar streel, van haar skouers, oor haar blaai na die dimpels op haar lae rug toe. Dan van haar hande wat langs haar lyf uitgestrek lê tot teen haar skouers – eers die linker- dan die regterkant. Toe ek in die holte van haar voete begin, lag sy, maar die lag word ’n giggel en die giggel word ’n kreun soos wat ek teen haar bene opgaan – agter die knieë, in die waai van die boudjie, vinnig oor haar parratjie se lippies wat uitswel en wie se reuk my neusgate vul. Dan, skielik ruk sy soos sy skrik toe ek haar met ’n klein karwatsie oor haar boudjies piets. Die sagte streling van die veertjie word aspris onderbreek deur die gepiets van die klein karwatsie wat rooi hale oor haar boudjies oproep, net voordat die veertjie in my ander hand die rooi verhewe welte saggies streel en koester. Ek sit die veertjie neer en bring ’n stukkie satyn na voorskyn en dit lyk my die koel, kilheid van die materiaal is selfs nog ’n groter teenstelling met die vennynigheid van die karwats en ek piets en streel haar boudjies en bobene – hard genoeg om te byt, maar nie hard genoeg om môre blou te wees nie. Ek ruik haar opwinding in die lug en met elke asemteug raak ek meer en meer bewus van haar sagte kreune en uitroepe van pyn en plesier. Hierdie was ’n waagstuk, want sy het my nog nooit aanduiding gegee dat sy van pyn hou nie, maar is dit nie juis wat die vel so wonderlik maak nie? Die naakte senuweepunte wat pyn en plesier kan beleef?

Ek draai haar om sodat sy op haar rug lê, en die glimlag op haar mond is al wat ek nodig het om my plan verder uit te voer. Toe ek haar hande bokant haar kop teen die kopstuk vasmaak en haar bene oopspalk sodat haar mees intieme vel ontbloot is vir lug en lig, begin sy my waarsku dat ek hiervoor gaan betaal en dat ek die seun van ’n vroulike hond is en ek hierdie gaan berou. Maar ek steur my nie aan haar dreigemente of beledigings nie, want sy doen dit met ’n glimlag. Ek staan van die bed af op en hoor haar sug en vrees dat ek haar so gaan los, maar ook die verligting toe ek weer terugkom en tussen haar bene plaasneem. Die kreun toe ek die vuurwarm nat handdoek op haar venusheuwel sit, sal maak dat die bure dink ’n kat word hier geslag. Saggies en sorgvuldig vee ek haar mik skoon en warm en maak haar in die proses natter as wat sy was. En dis nie alles die nat handdoek se skuld nie. Net so skielik soos wat ek met die handdoek kom sit het, staan ek met die handdoek op en sy is vir ’n ooblik bang dat die ervaring verby is, maar slaak weer ’n sug van verligting toe sy die bed voel induik. Vir ’n oomblik is sy nie seker wat aangaan nie, maar die besef wat besig is om te gebeur sak stadig in soos wat sy die koue skeerroom op haar warm vel voel. Hierdie is die ander twee ervarings wat die vel vir die brein stuur – die gewaarwording van hitte en koue. Sorgvuldig word die skeerroom al langs haar dye ingemasseer, oor haar heuwel tot op haar lippies wat soos ’n paradys vlieëvanger oopgesper wag vir sy volgende prooi. Met ingehoue asem hoor ek hoe sy skrik toe sy die yskoue staal van die barbiers-skeermes teen haar sagte heuwel voel. Dis nie dat sy ongeskeer is nie, as ek moet skat is die stoppels kwalik meer as ’n paar dae oud, maar dit gaan hier meer oor die ervaring van die skeerroom en die skeermeslem as die feit dat alles glad moet wees. Haar tepels staan soos twee olywe en haar rug is gekrom van al die sensasies terwyl die skeermeslemmetjies behendig teen haar heuwel op en afgetrek word. Aan die onderpunt van haar klofie sien ’n mens al hoe die nektar deur die skeerroom geloop het en ’n riviertjie kronkel tussen haar boude in. Nou, kom die groot oomblik. Die finale crescendo!

Net haar lippies moet nog skoongeskeer word en soos wat haar een been losgemaak word sodat dit verder kan buig en sodoende haar vruggie ontbloot, voel sy skielik hoedat daardie sensitiewe vel langs haar kloof behendig en met geoefende hande skoongeskeer word. Elke skeermes haal word gevolg deur ’n vinger wat teen die grein van die haartjies in voel of alles glad is, voordat die yskoue lem – wat na elke haal in ’n bakkie yswater gedoop word – weer terugkom om al die weerbarstige haartjies te kom afsny. Binne minute – wat vir Jasmin soos ure moet voel – kom die warm handdoek weer nader en sy skrik weer toe die handdoek weer sorgvuldig oor haar venusheuwel vryf. Maar nou, nou moet ek kophou soos ‘n dronk weerluis, want nou is timing belangrik. Die oomblik toe sy die hande voel wat die pas geskeerde vel met room invryf, voel sy skielik hoedat daar twee ysblokkies oor haar twee tepels getrek word en my mond van hare besit neem. Die verwarring toe sy voel hoe ek haar soen en sy my reuk herken en besef dat daar nou te veel hande vir een persoon is om albei haar tieties en haar parratjie te bevoel bereik ’n hoogtepunte die oomblik toe daar ’n gevriesde blink vibrator in haar kwaknat poësie ingesteek word. Voordat sy verder kan dink wat aangaan, word die vibrator aangesit en terwyl sy yskoue aliminium lyf haar diepste binneste vierkantemillimeter van haar vel streel, is al die stimulasie vir haar vel te veel en sy verloor haarself toe sy kreunend oor die afgrond donder en haar orgasme haar soos ’n kombers van alle kante af omvou.

Ek knik tevrede vir Shashni en ons maak vir Jasmin los en maak haar toe om rustig haar belewenis van die hemel uit te rek, terwyl ons al ons goed bymekaarmaak en dit afneem by die trappe. Ek was bietjie skrikkerig en daarom het Shashni se bestendige en geofende hande handig te pas gekom by die skeer gedeelte – ek wil nie my Jasmin daar seermaak nie.

Terwyl ek by die trappe afloop, voel ek dankbaar vir Shasni se hulp, geïnteresseerd oor haar behoefte en bereidwilligheid om ’n ander vrou so intiem aan te raak – al was dit haar suster, Jasmin. Gegewe hulle tradisionele ouerhuis verbaas die nuuskierigheid my nie, maar wel die feit dat Shasni my en Jasmin so vinnig, so baie vertrou het dat sy gemaklik was om my te help met my wraak. Ek voel ook so bietjie soos Austin Powers, want soos ek vir Jasmin ken, sal sy begin wraak sweer die oomblik wat sy weer wakker is en besef dit was nie ’n droom nie. Die vyf sintuie is almal agter ons. Nou nog net vir die hoofmaaltyd!

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Jasmin (7)

  • May 2, 2018 at 3:49 pm
    Permalink

    Sjoe! En wat het toe verder van Jasmin…en haar sussie geword?

    Reply
  • March 3, 2017 at 7:54 pm
    Permalink

    Dis nou n storie en n half. Baie goed geskryf Nostrafamus. Welgedaan.

    Reply
  • March 3, 2017 at 12:44 pm
    Permalink

    Sjoe, julle maak my skaam.
    Dankie vir julle kommentaar en tyd wat julle afstaan om my stories te lees.
    Ek voel geëerd!

    Reply
  • March 3, 2017 at 8:22 am
    Permalink

    FOKKIT HEMEL OP AARDE!!

    Reply
  • March 2, 2017 at 11:35 am
    Permalink

    Nadat ek my baas ingelig het dat ek met senu-spanning en angsaanvalle maar liewer vir die res van die dag huistoe gaan, het ek die hele Jasmin Saga van begin tot huidige bydrae weer gaan deurlees en geniet.
    Bg. siekte toestand is aan JOU Nostradamus te danke…hierdie voorspel en kat’n’muis speletjie laat my al amper koors ontwikkel !
    Tog voel ek asof jy dit nog meer moet uit rek so lekker gaan dit af en met Shashni wat nou bykom gaan ‘n kaleidoskoop van intense seksplesier-tonele voor my oop…..sjoe-FOKKEN-sjoe !

    Reply

Leave a Reply to Ysbeer Cancel reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)