
Bucket list (2)
deur Pacman
Ek het lank wakker gelê daardie aand. Ek wil haar sien, ek wil tyd met haar spandeer, en natuurlik wil
ek daardie lyf onder hande kry. Ek besluit toe op ‘n motorfietstrip, êrens op die Weskus, laat oggend,
eet iets, en ry terug. Dit sal ‘n bietjie van ‘n avontuur wees en skep ‘n neutrale omgewing. Omdat ons
ook nie kan praat tydens die rit nie, gee dit ons ook kans om tyd bymekaar te spandeer sonder enige
druk om gesprek te voer.
“Ek het al baie motorfiets gery. My man het ‘n Harley,” kom Monica se respons toe ek haar “uitdaag”
om saam met my een oggend bietjie te gaan ry. Ek is skielik teleurgesteld. Ek moet ophou om hierdie
vrou te onderskat of om haar te stereotipeer. Sy is nie so voorspelbaar as wat mens dink nie.
“Ek is mal oor bike ry. Hoe klink Donderdag?”
Ek is verheug. “Klink reg!” antwoord ek.
“OK, kry my net na tien op die boonste parkeerarea agter Checkers.”
“Ek verstaan nie mooi nie.”
“Ek parkeer daar wanneer ek gym toe gaan, dis makliker. Fok Nick, jy moet wakker word.”
Wonderlik. Sien jou dan” stuur ek terug.
“Kan nie wag nie … ek is nie altyd ‘n goeie passasier nie … ” Weer met so ‘n duiwelgesiggie agterna.
Donderdagoggend brul ek en die groot KTM middedorp toe. Ek is ongewoon opgewonde, soos ‘n
skool laaitie op pad na ‘n date toe met die hotste girl in ‘n klas twee jaar ouer as hy. My hande bewe bietjie
en ek mis ‘n ratwisseling, maar ek ruk myself bymekaar. Fokus, Nick fokus. Die fiets brul en spoeg, en
ek is seker die hele donnerse gym hoor ek is in die parkeer garage. Wroem, blat-blat.
En daar staan sy, helmet in die hand en reg aangetrek. So ‘n beigekleur adventure-tipe broek, wit tshirt
en ‘n donker kleur baadjie vir ‘n motorfiets rit.
Die oomblik is elektries. Ons oë konnekteer soos ‘n heat seeker missile op ‘n vliegtuig. Ons albei smile.
“Hi. Lekker om jou te sien. Waarheen ontvoer jy my vandag?”
“Yzerfontein, as dit reg is met jou.”
“Wonderlik, kom ons ry, ek kan nie wag nie.”
Sy swaai haar been oor die sitplek, en ek voel haar hande op my heupe. Wroem, blat-blat, wroem, blat-blat, en ons dreun uit die parkeerplek. Af, en af, uit, en draai links. Regs by die robot, tweede sirkel links en op die pad uit deur die wingerde. Sy is ‘n ervare passasier voel ek. Sy antisipeer die wegtrekke en stoppe. Sy hou vas aan my heupe en aan die raam agter die sitplek en sy leun saam in die draaie.
Ons ry deur die wingerdplase op pad N7 toe. Dis idillies. Die kleure, die reuke, die Boland wat sy kleure uitstal. Dou druppels glinster op groen wingerdblare, en die groot KTM begin asem haal. Ons draai regs op die N7, en voor ons nog op die snelweg is sien ek ‘n arm regs van my met ‘n gebalde vuis wat die oopdraai van die versneller naboots. Sy wys met entoesiasme ek moet die krane oopdraai. Ek laat nie op my wag nie, en 3de, 4de en 5de rat trek ek hom vol oop. Sy sit nou styf teen my agter en beide haar arms is om my lyf. Die fiets vibreer en blaf. Soos ‘n oeroue dier suig die fiets die koue lug in met oorgawe en in ‘n manjifieke meganiese proses skakel hy dit om in ontsagwekkende krag en spoed, en dan spoeg hy die gasse met minagting en vibrasie uit. Die proses herhaal himself met elke draai van sy oor. En hierdie dier soek dit, smag daarna. Hoe meer petrol en suurstof jy in sy keel afgooi, hoe beter. Ek word meegesleur in die oomblik …
Eers toe die spoedmeter baie ver oor die wettige perk glip onthou ek van my passasier agter. Maar sy sit steeds met haar arms om my, nou nie meer so styf nie. Ek word bewus van haar teen my, ek voel elke beweging. Ek plaas my linkerhand op haar bo-been, en sy vryf oor my hand. Die fiets dreun en die teerpad suis onder ons verby. Sy woel haar hande onder my baadjie in, en knoop my hemp oop. Sy vryf oor my bors en maag. Sy gryp of knyp nie. Meer streel en ontdek. Ons praat nie, maar dis die naaste wat ons nog aan mekaar gevoel het.
Kort voor lank draai ons links Yzerfontein toe. Dis ‘n lifelike oggend. Die see blink ligblou en lyk spieëlglad. Voëls fladder in die blou lug.
“Shoe,” sê sy met die afklim. Sy lyk bietjie asof sy nie weet hoe om haarself uit te druk nie. “Dit was …. uhm… nogal lekker. Die adrenalien en die wind en die vibrasies. Moet eers net my hartklop en bloeddruk normaal kry!”
Ek hou van wat ek sien. Ons kry ‘n eetplekkie op die strandfront. Ek merk op hoe mense na ons twee kyk en seker wonder hoe die puzzle aan mekaar sit. Sy het trekke van Meryl Streep. Lank, lenig en skouer lengte hare. Ons bestel koffie en begin gesels. Reïnkarnasie, destiny, law of attraction en allerhande interessante onderwerpe. Sy is stylvol, maar spontaan. Sexy en nuuskierig. Ons eet iets ligs en gesels nog. Ons vra uit oor mekaar
se agtergrond, werk en ander belangstellings. Ek leer haar man werk nog en reis gereeld vir besigheid.
En dan word dit stil. Maar dis nie ‘n ongemaklike stilte nie, inteendeel. Ons is gemaklik in mekaar se geselskap. “So wat is heel bo aan jou bucket list?” vra ek.
Sy begin giggel en hou haar hand voor haar mond. “Goeiste! Ek kan nie glo ek sit hier met jou nie. En nou ambush jy my so!”
“Jy is sekerlik nie nou bangbroek nie, of hoe? vra ek. Sy lag weer en sê: “Wel, ek is mos hier. Ek sou mos nie ingestem het om jou te sien as ek wou kop uittrek nie. Maar tog verstaan jy seker ek is heeltemal uit my comfort zone en diepte hier!”
“Ek verstaan 100%. Dis ook nie asof ek sò vol selfvertroue is nie!” probeer ek haar gerusstel. Ek is inderwaarheid ook heeltemal uit my diepte hier. Was nog nooit in hierdie situasie waar ek ‘n vrou soos sy najaag en in ‘n avontuur met haar intuimel nie. Ek bestel ‘n bottel wyn, unwooded chardonnay.
“Jy is voorwaar waaghalsig! Ek drink gewoonlik glad nie in die week nie.”
“Maar ons is mos nou op ‘n avontuur,” sê ek.
Die wyn is op die perfekte temperatuur en val op die regte plek.
“Jou beurt,” sê sy. “Hoe bedoel jy?”
“Wel, wat is op jou seksuele bucket list?”
Sy vang my bietjie onkant. Ek kyk uit oor die see. “Wel, jy sal moet wag en sien. Maar om jou klere uit te trek en jou te verlos van daai seksuele energie is baie hoog op die lys.”
Sy glimlag, ek verbeel my amper sy bloos.
“Wel, time will tell,” sê sy en kyk my reguit in die oë.
“Ek het gedroom van jou die ander aand,” en sy glimlag. Sy kan sien ek is nuuskierig. “Jy sal maar moet wag vir meer detail. Nie juis ‘n fatsoenlike droom nie. Bietjie X rated.” Sy lag lekker en lig haar kop agteroor. My hormone is nou wakker.
“Ek kry die gevoel ek sal moet werk of kwalifiseer vir meer inligting,” sê ek.
“Jy weet mos!” skiet sy vining terug. Ons lag albei en kyk uit oor die see. Ons drink die laaste wyn uit in stilte. Tyd staan stil, en ek wil dit net so hou.
Ek kry die rekening en Monica verskoon haarself badkamer toe. Weer merk ek op hoe sommige gaste na ons kyk. Sy vat bietjie langer as wat ek verwag het, maar sy kom met ‘n groot glimlag uitgestap.
“Kom ridder, voer my weg!”
Ons is op die perd se rug en gallop uit die dorp. Ek besluit om ‘n ander pad terug te ry, en ons mik oos. Wingerde verander in koring, en die veld is skielik bruin en stowwerig. Sy is amper onopmerklik agter op die fiets, ek besef amper nie ek het ‘n passasier nie. Moet wees omdat sy so lekker verstaan wat om te doen. Ons is op ‘n langerige stuk teerpad, en ek voel sy vroetel ongewoon agter my. Die volgende oomblik kom die regterhand verby my kop, en ek sien hoe ‘n stukkie lap wapper in die wind.
Ek besef meteens dis ‘n panty! Lilac van kleur, g-string. Sy hou dit omhoog soos ‘n soldaat wat ‘n gebied wil afkleim. Dan bring sy dit nader aan my helmet, en hou dit onder my mond. Ek ruik haar, ek ruik die intieme reuke van ‘n vrou wat seksueel opgewonde is. Soeterig, skerp soos ‘n ryp vrug.
Dan vat sy dit weg, en na ‘n kort gevroetel, is sy weer net so onopmerklik soos vroeër. Een hand onder my hemp, en ander op my heup. Ek wonder of sy kan voel hoe my hart stamp in my bors.
Ons draai regs Malmesbury toe. Ek wil nie hê ons rit moet ophou nie. Dis nou opmerklik warmer, en ek zip die baadjie bietjie oop, voel die koel wind op my bo-lyf. Monica vroetel weer bietjie en ek verwag om weer die pers stukkie lap te sien. Maar hierdie keer vang sy my sò uit dat ek amper van die
pad af ry. Want die volgende oomblik het sy haar vingers onder my neus, en ek kry weer daardie soet skerp reuk van ‘n vrou se nat spleet. En dan rol sy haar vingers in my mond. Soet, suur, slymerig. Sy smeer die natheid om my mond. Fok, ek moet mooi kophou om die perd in die pad te hou!
Buite Malmesbury draai ons weer regs op die ou pad terug Durbanville se kant toe. Die pad is stil en Monica ook. Ek het al ‘n ereksie vir die laaste uur. Ek sien ‘n grondpad afdraai na links en besluit om die pad te vat. Die pad is in ‘n slegte toestand en ek ry stadig. Ons ry op, deur ‘n ou hek en verder op. Ek sien ‘n dam en ‘n paar bome regs van ons en ek vat die voetpaadjie soontoe. Ons stop, en dis doodstil. Al wat jy hoor is die karre vêr onder op die snelweg.
Monica smile. “Jy is vol verassings,” sê ek.
“Het jy die rit met die in-flight entertainment geniet?” vra sy.
“Jy is baie waaghalsig en ek weet nie of jy weet wat die konsekwensies vir jou optrede gaan wees
nie,” sê ek.
“Wel, ek hoop dis een van die items op my bucket list.”
Sy trek haar baadjie uit en toe sy haar kop optel soen ek haar. My wêreld staan stil. Sy is delikaat en sag. Sy ruik na duur parfuum en na
mens. Haar hare is in my gesig. Ons lippe sag en nat en dringend. Ons tonge terg en fladder in mekaar se monde. My ereksie wil bars. Ons vry soos hoërskool kinders, kan nie genoeg van mekaar kry nie. Maklik vyf minute staan ons so en verken mekaar se monde, lippe en tonge. Sy begin aan my broek vroetel terwyl ons steeds tonge vleg. My broek spring los en sy het onmiddelik haar hand in my boxer onderbroek. Sy voel en druk en verken. Nie vergryp nie. Ek hoor goedkeurende geluide uit haar mond.
“Mmm, uh, mmm, ja.” Sy het nou my hemp ook oop en begin soen oor my borskas. Ek vat weer haar kop in my hande, bring haar na my mond toe. Terwyl ek haar soen, trek sy die wit t-shirt oor haar kop.
Hier staan die beeldskone 63-jarige vrou voor my in ‘n lilac bra. Ek is vir ‘n oomblik verstom en staar onbeskaamd. Haar vel is roomsag en ruik na coconut. Sy het bietjie losserige vel op plekke, en haar maag maak net so ‘n effense rolletjie oor haar broek se rand. Ek vind dit ontsaglik sexy. Dan sak sy af op haar knieë en trek my boxer net vêr genoeg af dat my harde penis losspring. Haar gesigsuitdrukking verander. Vir ‘n oomblik staar sy met groot oë, my penis reg voor haar gesig. Haar mond is oop, en sy kyk asof sy nog nooit ‘n erekte penis gesien het nie. Dan vat sy om die skag, en gly haar hand liggies op en af. Haar tong draai nat om haar mond, haar lippe blink.
En dan vat sy my erekte penis in haar nat mond. Dis die wonderlikste sensasie ooit! Warm, nat, glad. Sy lek stadig oor die kop, en dan aan die onder kant. Haar hand vat stewig onder aan die skag. Dan vou sy haar lippe om die kop, en suig en rol met haar tong tewyl die hand op en af trek teen die skag. Ek het nog nooit sò ‘n blowjob gehad nie. Sy lek weer om die kop en soms vou sy haar lippe om en druk die kop heel in haar mond. Dan lek sy liggies onder die kop, en af. Haar tong dans af op die naat van my wippende penis. Met die opgaan draai en trek die hand weer tegerlyke tyd. Dan trek sy my penis horisontaal reguit in haar mond in, sy pomp met die hand, asof sy die sperm uit my wil melk. Die sensasies is hemels. Ek voel die wind om my ballas, en ek kyk af na die vrou wat genotvol my penis bevredig op die mees sensuele manier.
Ek voel ek is naby aan ontplof en trek haar op. Sy vou haar arms om my hals en soen my. Ek proe myself in haar mond. Dit maak my ontsaglik jags. Dan staan sy terug en maak haar bra los. Weereens staar ek skaamteloos. Vol, sag en rond. Nippels kliphard. Ek reik uit en voel, wil nie oorgretig wees nie. Haar oë is gesluit. Sy begin weer trek aan my penis. Met een hand trek sy my nader en draai my kop.
“Ek wil hê jy moet op my borste kom,” sê sy saggies en sak dan weer af.
Die gesig onder my is iets wat ek nooit wil vergeet nie. Sy is op haar knieë en werk sensasies op wat ek nog nie ervaar het nie. Haar borste swaai en bons. My penis gly nou nat en warm uit haar mond terwyl sy die vel vinniger pomp. Ek kan voel hoe ek beheer verloor en op daai oomblik kyk sy op. Sy beweeg effens agteruit, maar hou aan pomp met haar hand. Ek ontplof en begin stroom na stroom wit saad oor haar gesig en borste skiet. Ek verloor alle beheer en die spasma laat my amper steier. My ore suis soos branders wat slaan teen rotse. Die sperm loop van haar mond af, en blink in die son oor haar borste. Sy vryf my vloeistof oor haar borste met haar ander hand. Sy pomp steeds hard met die ander hand, asof sy die laaste
druppel uit my lyf wil ontgin. Sy smile en neem dan weer my penis in haar mond. Ek voel hoe sy liggies suig en lek. Seker ‘n volle twee minute het sy nog my slap penis in haar mond. Dit voel soos ‘n ewigheid.
Sy staan op, soen my oopmond en fluister: “Dit was baie sexy. Beter as wat ek ooit voorgestel het.” Ek kan nie ‘n word uitkry nie.
“Ek wil jou teen my voel heeldag. Ek gaan nie bad voor vanaand nie.”
Met diè trek sy die t-shirt oor haar kop en vryf oor haar borste. Sy hou haar bra uit na my.
“Het jy dalk ‘n sak om diè vir my te hou tot by my kar?”
Ek is steeds stom en druk die bra in my baadjie se voorste sak.
“Diè is ‘n presentjie vir jou,” sê sy en hou die g-string uit na my. “Sodat jy nie van my vergeet nie.”
Ons ry terug en ek is weer bewus van haar teen my. Die fiets vreet die pad op. Dis aansienlik warmer nou en ek maak die helmet se visor oop om lug in te laat. Sy het weer haar hand onder my hemp in. Dit voel of ek in ‘n droom inry. Ons is weer tussen wingerde, die kleure is weer groen en bruin.
Ek laai haar op ‘n ander vloer af. “Net vir veiligheid,” sê sy. Sy vat die bra en frommel dit vinnig in haar handsak in. “Ons praat weer. Dankie vir ‘n baie lekker reis.” Sy glimlag breed, draai om en loop weg.
Op pad huis toe mis ek weer ‘n paar ratwisselings. Ek gaan ook nie stort tot vanaand toe nie, besluit ek.
3 COMMENTS
Dankie vir die saam reis.
Ai maar sy het nie gekom nie…….
Hierdie tannie sal n ongeluk veroorsaak of n man laat omval agv bloed armoede na die “hoof”. Baie goed geskry ou Pacman. Kannie wag vir die vervolg nie.