
Finalis-storie: Klara
deur Whale
Die vliegtuig se wiele raak die grond met ‘n ligte stamp en ek moet die stuurstok ver terugtrek om die neus van die grond af te hou. Ek grinnik by myself. My instrukteur was altyd baie in sy noppies met my onderlangse “aerodynamic braking” mompeling as ek ‘n goeie landing gehad het. Dit is ook al 450 vliegure terug. Teen ‘n gemiddeld van R3 500 ‘n uur. Ek sidder. Selfs al is ek tegnies ‘n miljoenêr. Dit bly ‘n kakhuisie vol geld.
Die vliegtuig beweeg gehoorsaam na die parkering op insette van my voete op die roerpedale, en die elegante neus knik fluks as ek die toonremme trap en die ingewikkelde afskakel-prosedure begin. Eers as die laaste fluit van die turbine enjin stil is maak ek my gordels los en klim teen die trappies af. Ek is hier. Mosselbaai. En by Klara. Ek kan die roering in my broek nie ignoreer nie.
Haar roomkleurige vel gloei sag in die blou beligting van Hennies in Hartenbos. Ek ken haar. Al lank. Vandat sy en my beste vriend begin date het. Hulle is later getroud, is steeds. Twee kinders uit die huwelik. Hyself is ook ‘n vlieënier, paar jaar en baie ure my senior. Ek en sy het nie regtig kontak gehad tot onlangs nie. Eers nadat sy uitgevind het sy oog dwaal en dat hy homself gereeld met ander dames
vermaak as hy weg werk. Sy het my gebel in trane, gevra ek moet met hom praat. Ek het. In boere-taal vertel watse kak hy besig is om aan te vang; Klara is ‘n droom van ‘n vrou en verskriklik sag op die oog. Hy het jammer gesê en dit het beter gegaan. Tot onlangs. Lyk my hy het ook ‘n donkerkant.
“Where are your thoughts?” onderbreek haar sterk stem my gedagtes. Ek is terug in Hennies. By Klara, my beste vriend se vrou.
“With you”. Ek lieg mos nie.
Sy glimlag skalks. “What about me?”
Ek sluk, die roering in my broek weer daar. “The photo.”
Sy lek sensueel oor haar lippe, fokken spiteful as jy my vra. Sy weet ek is honger (pardon the pun) en die kelner het nog nie eers ons drankies gebring nie.
“Oh that. You really liked that hey?”
Ek knik, sluk, loer rond om te sien of ek die puisie-gesig kelner sien. Hy sien my raak, staan vinnig nader. Ek verbeel my hy loer na Klara se borste. “Single G&T vir haar en ‘n draught vir my asseblief?”
Hy skryf verwoed, vloek onderlangs as die pen skielik ophou werk. Dan voel ek haar voet teen my been
op beweeg.
Ek en Klara het begin gesels op WhatsApp na haar man se nuutste toertjies. Met ‘n lugwaarding in Mauritius nogals. Eers was ons geselsies platonies, ek was haar skouer. Donkerkant het op dag drie begin moves maak. En sy het die aas dadelik gevat. Dit was twee maande terug. Die gesprekke het vinnig meer intens geraak en ek het agtergekom dat sy baie warmbloedig is. Ek het dit nie verwag nie, sy is ‘n
narkotiseur by ‘n bekende privaat hospitaal in Pretoria. Maar Donkerkant was in beheer en die kat-en-muis het begin. Twee weke terug is hy beloon met ‘n foto. Van haar. Kaal, met hande op strategiese plekke. Daai aand het ek vir die eerste keer in amper ‘n maand masterbeer. En haar die volgende dag vertel ek het. Ek en Donkerkant is beloon met ‘n kort video waar sy haarself vinger. Ek kon haar sagte
kreune hoor. Donkerkant was in.
“I am not really hungry for food, are you?” onderbreek sy weer my gedagtes.
Ek voel my ereksie hard teen my broek druk onder die tafel. Haar voet liggies daarop en puisie-gesig wat geduldig met ‘n nuwe pen staan en wag. My bier het al ‘n plassie water op die tafel gemaak. Fok, ek sal moet konsentreer.
“Not really.”
Ek se dit meganies, die agtergrondgeraas in Hennies slegs ‘n dowwe klop in my ore. Ek soek haar, wil haar eet. Dis hoekom ons hier is. Dit het my ‘n klein fortuintjie gekos. Ek kyk na die kelner. Hy is goed afgepis dat hierdie nie ‘n merkwaardige tip gaan wees nie.
“The bill please?” beduie ek met my hande.
Sy glimlag skalks, haar voet steeds op my stywe knop. Donkerkant vat dadelik en sonder waarskuwing oor. Hy leun vooroor, kyk in haar blou oë.
“We are going to leave now, and I am going to fuck you hard, dear” fluister hy deur my mond.
Sy glimlag net, begin haar goed bymekaar maak.
***
Haar asem is hortend in my nek as ek haar bloes oor haar kop lig. Sy het nie ‘n bra aan nie. Die borste wat sy so skaam op die foto bedek het spring los. My hart klop vinniger. Ek neem een in my mond, byt saggies aan die roosknoppie daaraan. Sy kreun, druk haar onderlyf hard teen myne vas. Oor haar skouer sien ek die oranje liggies van ‘n skip in die baai, daar ver onder ons. Sy druk haar gesig in my nek, arms om my. Trek my nader. Donkerkant is in beheer. Haar Jeans se knoop spring maklik los as ek met een hand daaraan torring. Sy kreun weer. Maar uit ons gesprekke weet ek waar haar trigger lê. Ek draai haar om, druk haar vooroor oor die rusbank se ruglening. Ek begin haar skouers soen, voel haar asem jaag. Dan laer af, teen haar rugstring af, tot by haar stuitjie. Sy kreun hard en effens dierlik, wil omdraai, maar ek druk haar hard terug. Sy sidder. Ek beweeg heen-en-weer oor haar stuitjie met my tong. Dan trek ek aan die jean. Sy het ‘n swart g-string aan. Sy druk haar boude teen my vas. Ek voel die begeerte in my voël klop. Ek beter kophou, anders fok ek hierdie aand vinnig op met my jagsheid.
Sy ruik na seep, muskus en lus as ek haar boude van mekaar af wegtrek, die g-string met een hand wegtrek en stadig oor haar anus beweeg met my tong. Sy maak ‘n geluid wat ek nog nie vantevore gehoor het nie en druk hard agtertoe. My klap op haar boud sweepslag deur die vertrek. Sy hou van pak kry.
“Fuck me!” grom sy.
Ek slaan weer. En voel hoe sy kom, rukkend en hortend. Ek druk my tong in haar poesie in en proe haar lus, sout en soet, en dik en baie. Dan verloor Donkerkant en ek altwee beheer. Ek ruk die g-string hardhandig af, maar sy is my een voor. Sy lig haar been op, sit een knieg op die bank se lening en lê verder vooroor. Haar skoongeskeerde poesie maak oop voor my, ‘n ryp vrug wat blink in die semi-donker.
Ek pluk my broek af, druk my voël eenkeer teen haar nat en dring haar binne. Sy skree hard van genot, en ek voel ‘n fok of die bure ons hoor. Ek gee haar net sewe harde stampe voor sy inmekaar sak en slurpend kom. Ek voel dit teen my balsak afdrup. Donkerkant is net betyds om my voël uit haar uit te pluk en ek spuit slierte kom oor haar rug. Dit stop eers as ekself met lam knieë bo-oor haar gaan lê. Sy
draai om, haar oë gloeiend.
“Now I am gonna give you something to remember,” dreig sy en sak op haar knieë.
Wat sy daar doen weet ek nie, maar my voël is onmiddelik weer styf in haar mond. Sy gooi my met n verbasende krag op die bank neer en kom klim bo-op my. En ons begin van voor af.
Die son skyn ons wakker waar ons op die bank lê, kaal en tevrede met die soet reuk van muskus om ons. Klara. Godin. Sy glimlag fyn, sug genotvol en draai om as ek opstaan en haar met die laken toegooi. Tyd om vlugbeplanning te gaan doen.
Ek kry haar boodskap eers as ek in my kar klim by Stellenbosch vliegveld later daardie middag. Sy het pas in Johannesburg geland raai ek. Ek kan nie wag om die boodskap te lees nie, maar forseer myself om eers versigtig by die vliegtuigloods uit te ry. My vliegtuig se stert gooi ‘n lang skaduwee oor die kar. Dan maak ek haar boodskap oop.
En my hart ontplof, die son verloor al sy glorie. “He knows. Must break all contact. Blocking you know. K.” En weg is Klara. Net so. Fok!
5 COMMENTS
Whale en Donkerkant.
Gevaarlike kombinasie en ‘n wenspan wanneer dit by stories skryf kom.
Jy het Klara met soveel ‘lekker’ beskryf dat dit nice sou wees om haar te leer ken.
Klara is inderdaad ‘n regte persoon, en voorwaar ‘n wonderlike mens. Ek moet ongelukkig bieg, alhoewel sekere dele aangedik is, en ek haar ‘n skuilnaam gee hier, is hierdie vertelling gebasseer op ‘n ware verhaal.
Dankie vir die lees
W
Ek beaam Willewiil se woorde.
En moet byvoeg ek het vir Donkerkant ook gemis.
Fok Whale hoekom het ons so lanklaas van jou gehoor of gelees? Ek’t gedog jy het KBH verlaat of verveeld geraak of wat ookal want jy was weg…….’GONE’.
Maar hier slaan jy ons weer disnis met jou ingebore talent! UIthaler storie!
Ek het my verknus ! Baie dankie !
Dankie vir die lees en die komplimente. Geen idee wat my ingevaar het om op te hou skrywe nie. Maar ek is steeds op KBH en krap steeds so nou en dan ‘n rympie neer vir KBH
Groete
W