Huis op die Koppie
deur Wille Will
Hy het op die koel voorstoep gesit van sy huis op die koppie en afgestaar oor sy plaas. Sy twee hande het gerus op ‘n wandelstok met ‘n blinkkop aan die bokant. Die blou are en die kankervlekke was prominent op sy eens sterk hande.
Sy blou oë was waterige dun skrefies op die gesig met die baie plooie van baie jare se swaarkry en oud word..
“Lien!” het hy geroep sonder om sy kop te draai.
Sy’t in die deurkosyn verskyn, haar hande besig om hulself droog te vryf aan die voorskoot om haar middel.
“Soek jy koffie, ouman ?”
“Nee kom sit net bietjie hier by my.”
“As jy so praat is daar iets op jou hart,” sê sy terwyl sy langs hom gaan sit op die ou divan en haar een hand op sy bo-been sit. Met die ander hand vee sy ‘n lastige krul uit haar grys hare.
Dit was besig om skemer te raak en die tarentale het êrens in die verte mekaar geroep om nes te maak vir die aand.
“Kyk daar naby die windpomp,” sê hy en sit sy een hand ook op haar been.
Twee steenbokkies was besig om met mekaar ‘n liefdesspel te speel.
Met die rammetjie se horinkies wat kop aan kop teen haar kop speel, spring die ooitjie skielik weg en huppel in die waterstroompie in. Sy kyk oor haar blad of hy agterna kom. Hy staan egter trots en botstil en kyk net vir haar. Sy kom weer uit die water uit met trippeltrappies tot ‘n meter van hom af en vryf haar nek teen syne. Hy speel saam en vryf sy nek om die beurt weerskante van hare. As hy dan amper reghoekig met haar staan lig hy skielik sy voorpote tot op haar skof en in een vloeibeweging is hy agter haar en bestyg haar, sy onderlyf stamp teen haar boude. In die natuur is die volmaking van die seksdaad baie vinnig. Asof dit sopas begin en ge-eindig het stap sy met ‘n blêr onder hom uit en begin vreet aan die grassies by haar pote.
Sy seningrige vingers druk hard deur haar linnerok op haar been as hy sê: “Onthou jy toe ons die eerste keer op daai selfde plekkie langs mekaar op die gras gelê het?”
Die herinneringe wat sy herroep, laat ‘n warm kol net onder haar maag begin klop wat sy gedink het al vergete is. Sy vryf haar palm herhaaldelik op en af oor sy bo-been en kyk op in sy oë.
“Dink jy ons sou dit vandag nog regkry?” vra sy saggies.
Asof in antwoord tel hy sy hand af van haar skoot en neem haar gesig saggies daarin.
“Ons kan net probeer om te weet.” Dan plaas hy sy lippe oor hare en soen haar innig. Die kierie val met ‘n rol op die stoepplaveisel.
Met sy ander hand maak hy die knope van sy plaasbroek se gulp los en neem haar hand wat op sy been is en plaas dit in die broek. Hulle dra nie meer onderklere nie en haar warm hand is soos ‘n knus handskoen wat skielik op sy voël en ballas rus.
Die aanraking van sy geslagsorgane laat die warm kol nou afsak in haar lende en dis asof daar ‘n ontwaking is tussen haar bene.
Hy lig sy kop uit die soen en soos wat hy weer in haar oë staar soos daai eerste keer langs die stroompie, knoop hy die knope voor op haar rok een vir een los tot op haar middel. Sy bring haar hande voor haar bymekaar dat hy die rok oor haar arms kan afskuif en haar bolyf nou ontbloot is en die rok opgehoop om haar middel frommel.
Sy plaas een hand op sy skouer en sit die ander hand terug in sy broek waar sy die slap opgekrimpte stang amper lostrek van sy knaters en dit stadig op en af begin vryf. Sy dink terug hoe sy daai enorme ereksie die eerste keer met vrees in haar oë aangestaar het toe hy sy broek uitgetrek het langs die waterstroompie.
Hy staar af na haar ontblote tiete wat half uitgerek hang na haar maag toe. Hy is verstom om te sien dat die volronde kalbassies met die stywe klein bruin rosyntjies wat dit daai tyd was en hom amper laat kom het, nou so hang, maar tog is die tepels nou groter en donkerder, maar stokstyf. Hy begin ‘n lippetog af oor die tiete en maak sy oë toe.
Sy ervaar ‘n reaksie met ‘n klein ruk in haar lyf as sy skurwe ou tong nou oor haar borste gly na die tepels toe. Terselfdertyd voel sy ‘n effense ruk in sy penis wat darem nou al effens verstyf het met haar reëlmatige op en af vryf daarvan.
Sy onthou daai dag was daar geen voorspel nie. Hulle was reeds verloof, maar die wedersydse respek vir mekaar se liggame het hul teruggehou. Totdat die geweldige, passievolle soen langs die windpomp, die vuur in albei ontketen het. Sy hand het oor haar broekie onder die rok haar volle koek vasgeknyp en toe die broekie amper van haar lyf afgeskeur om sy vingers binne in haar in te stoot.
Sy het kreune van intense genot ge-uiter toe hy opspring en sy hemp afruk dat die knope spat en toe sy broek afstroop dat die enorme voël klap teen sy maag. Sy het nog nooit ‘n erekte penis voor dit gesien nie.
Met haar albaster oë vol vrees vir die onbekende en miskien pyn, maar tog ook passievolle afwagting, het sy gesien hoe hy afsak op sy kniëe tussen haar bene en die waai van sy elmboë onder elk van haar kniëe plaas en sy penis met geweld in haar indruk. Vlaag op vlaag van pyn soos sy nog nooit ervaar het nie het deur haar hele liggaam gegaan soos sy haar maagdelikheid verloor het, maar dit het omgesit in‘n eksplisiete gevoel soos wat haar liggaam saam met hom begin sinchroniseer het en toe sy oor ‘n afgrond tuimel van intense genot voel sy warm strome in haar skiet vanaf hom en ‘n onaardse brul uit sy mond op die oomblik van klimaks.
‘n Week later is hul getroud en kwalik nege maande daarna is die eersteling gebore.
Toe hy eers die een ,toe die ander tepel in sy mond neem en weereens verbaas is hoe groot en dik en erek hulle geword het, voel hy sy voël ook reageer soos hy gedink het nie meer kan gebeur nie. Hy suig en rol nou een tepel in sy mond en voel ekstreme genot daarin. Sy hand gaan na die ander bors en vryf die tepel aanhoudend tussen sy vingers en sy handpalms. Sy ander hand is onder haar rok in en vryf vinnig op teen haar been tot hy haar koekhare voel kielie. Toe sy vingers haar spleet vind en haar liggaam ruk, voel hy sy eie genotstok erger verstyf.
Sy het sy genotstok al hoe meer voel verstyf tot amper halfmas,maar met die plesier wat hy besig was om met sy hande en mond aan haar te doen het sy soms vergeet om aanhou sy voël te masturbeer. Toe sy vingers in haar spleet begin in en uit gaan en sy opbouende rillings begin ervaar het sy ook skielik besef dat sy voël, na baie jare nie meer tot vol sterkte sal groei om tot suksesvolle omgang oor te gaan nie en sy penis met lang hale al hoe vinniger te rol met spesiale drukking elke slag as sy oor die kop se spleet vrywe.
Sy vingers het haar klit gekry wat hard onder sy vingers geword het met die wrywing en hy het al hoe sneller dit gevryf en geknyp soos hy sy eie klimaks voel opbou met haar vlytige vingers op sy voëlkop.
Skielik het hy gevoel hoe sy ballas saamtrek en die kom opskiet in sy staaf … hy het nie meer beheer kon handhaaf soos in sy jong dae nie en sy semen het nie uitgeskiet nie, maar in opeenvolgende strome oor haar hande gevloei
Sy intense spel met haar klit en sy kom oor haar hand het haar ook laat skiet gee aan amper vergete genot en sy het gevoel hoe sy klimaks met warm strome wat nou asof uit ‘n fontein van die ‘warmkol’ skiet.
Hul liggame begin bedaar van intense hartkloppings en spanning en hul sit net doodstil in mekaar se arms.
… êrens in die nag skree ‘n kwêvoël en ‘n jakkals weeklaag in die koppies in eensaamheid.
2 COMMENTS
Frik, ek is nog vêr van ‘n ” meester-skrywer” maar dankie vir die kompliment…solank jy dit geniet het !
Beste Willie..
weereens meesterlik geskryf, Net die Magic van 2 ou mense..