
Die Versamelaar
deur Uther Pendragon
Vet reëndruppels klets teen die treinvenster en verdof die geel en wit ligte wat stadig verbyswem. Die trein ruk krysend tot stilstand. Die deure gaan oop en die koue wind en reën warrel in, maar niemand kom in of gaan uit nie. Die man tuur deur die venster. Dofweg kan hy deur die reën die naam STEENBERG op die bord op die perron lees. Nog net drie stoppe en dan is hy by sy bestemming.
Dinge het net te warm vir hom in die stad geword en hy moes noodgedwonge koers kies. Hy glimlag humorloos wanner hy tob oor hoe swak die kunstenaarvoorstellings van die polisie is – niemand sou hom op die GESOEK / WANTED plakkaat herken het nie, maar die naam Joachim Veenstra daarby was genoeg rede vir hom om die hasepad te kies. Dit was weer tyd om onder ‘n nuwe naam nuwe weivelde te gaan soek. Daar is elders nog baie weduwees en oujongnooiens en geskeide vrouens wat desperaat vir bietjie manlike geselskap is.
Natuurlik kry hy ook iets uit hierdie verstandhouding – geld, juwele en ander kosbaarhede. Meestal verpand hy die kosbaarhede in omliggende dorpe terwyl hy van die geld leef, maar die juwele versamel hy. Die truuk was om in die begin niks te steel nie, en indien nodig sy huur te betaal, terwyl hy die vrou verlei. Wanneer hy of sy gatvol vir mekaar raak, of wanneer sy te ernstig begin raak en veral as sy eise
begin stel, dan vat hy alles wat hy kan en skoert so gou moontlik en gaan dan op soek na sy volgende slagoffer. Gewoonlik is sy so skaam om voor almal te herken dat sy ‘n seksuele verhouding met ‘n misdadiger gehad het, dat sy dit nie by die polisie gaan aanmeld nie. Maar die laaste vrou was van ‘n ander kaliber en dus moes hy spore maak. Hy onthou nou met ‘n opregte glimlag hoe die arme ding
heeltemal haar hart op hom verloor en al trouplanne begin maak het.
Dit was deel van sy tegniek om die vrou, wat gewoonlik uitgehonger na manlike geselskap is, met die subtiliteit van ‘n stoomroller te verlei. Hy het binne dae haar aan die verbode vrugte van cullilingus, anilingus, fellatio, dwang en anale seks bekend gestel. Na die eerste maand dring hulle gewoonlik aan dat hy nie meer huur hoef te betaal nie en het meestal daarop aangedring dat hy sommer saam met haar
in die hoofslaapkamer intrek. Dit het hom ook verstom hoe kinky sulke vrouens kan word. Kort voor lank het sy verblyf een lang seksspel verander wat al hoe wilder en wilder word soos die grense in die vrou se gemoed verskuif het bloot omdat sy vir die eerste keer in haar lewe bevestiging en waardering van haar seksualiteit in ‘n man vind.
Ten spyte van sy sinisme oor persoonlike verhoudings is sy seksuele belegging in hierdie avonture absoluut. Hy het nog nooit ‘n probleem met die ouderdom van die vrou of haar gewig, lengte, intelligensie, geleerdheid of vlak van sofistikasie gehad nie – hy het met opregte entoesiasme elkeen van hulle bearbei. Hy sit terug en maak sy oë toe terwyl ‘n kaleidoskoop van tiete – groot, pap, styf, beaard, gerek, plat; areolas: pienk, ligbruin, donkerbruin; tepels: lank, dik, klein, plat; poese: geskeer, harig, labia en klitte van verskillende groottes, lengtes, diktes, rooi, pers en pienk gapende konte; boude en dye: groot, vet, maer, fiets, gespierd en ferm, pap en sag, gedimpeld, glad; monde: tuitend, suiend, oop, lekkend; nat van spoeg, sperms, pis… deur sy gedagtes vloei. Teen die tyd wat die herinneringe van hortende asems, gille van genot, kreun- en steungeluide, hees hyggeluide van honderde orgasmes in sy
gedagtes opklink is hy stokstyf. Ja-nee, hy is die regte man vir hierdie werk.
Hy het sy volgende teiken goed nagevors: sy is middeljarige dame, sy bly, sover hy kan agterkom, alleen en is finansieël selfstandig. Sy het ‘n gastehuis en sy glo sy is ‘n kunstenaar. Facebook is ‘n skatkis van inligting. Daarby lyk sy nogals mooierig wat ‘n bonus is, maar hy kan nooit verseker weet voor hy haar in lewende lywe ontmoet nie want internet fotos word dikwels gemanipuleer of mense gebruik gewoonlik ‘n foto van 10 of 20 jaar gelede toe hul jonger was.
Dit reën een stryk deur. Hy poog om sy poncho se bandjie stywer onder sy ken vas te trek om te keer dat die water langs sy nek afloop. Hy hou sy drasak so styf as moontlik teen sy lyf onder die poncho vas om dit droog te hou. Hy strompel teen die reën in die pad af. Soos hy om die draai kom, tel hy die huise af – dis die derde huis van die hoek waarna hy op pad heen is. Die buitelig bo die dubbelverdieping se
deur brand verwelkomend in die koue nat nag. Rooi neonletters in die onderste venster lui: VACANCY.
‘n Klein vroutjie in ‘n kamerjas maak vir hom die deur oop. Hy herken haar van haar profielfoto op Facebook. Hy sukkel om haar ouderdom te bepaal. Sy lyk fiks en fiets en kan moontlik in haar laat veertigs of selfs vroeë vyftigs wees. Mens sal nie met sekerheid kan sê met haarkleursel, grimering en die sagte lig in die voorportaal nie.
“Kom in meneer Smit, ek het nie gedink jy kom meer nie. Dit is al na 10…” nooi sy hom in.
“Jammer, dinge verloop soms nie soos wat mens verwag nie,” antwoord hy vinnig.
Natuurlik gaan hy haar nie vertel dat hy in die nag reis sodat hy polisie en meeste van die publiek kan vermy nie.
“Sjoe, jy is papnat – kom laat ek jou na jou kamer vat sodat jy droë klere kan aantrek,” sê sy en loop voor hom teen die trappe op.
“Dit is jou kamer,” sê sy en maak die deur oop.
Die kamer is klein, maar goed ingerig. Daar is ‘n bed, bedkassie met bedliggie, kas, tafeltjie met een stoel met ‘n lessenaarliggie, ‘n mat en ‘n skildery van ‘n vissersboot op die muur.
“Dit is die badkamer wat ons deel,” beduie sy na die deur oorkant die gang, “en my kamer is langsaan”.
“En die trappe wat na bo gaan?” vra hy.
“O, dit is my ateljee waar ek skilder en beeldhou doen en so aan,” sê sy met ‘n glimlag. “Dit is privaat.”
“Bring jou nat klere na die kombuis sodat ek dit vir jou in die wasmasjien kan sit” sê sy en loop met die trappe ondertoe.
Hy wag tot hy haar in die kombuis hoor werskaf en glip dan kaalvoet in haar kamer in. Hy maak met vinnige en sekure handbewegings die laaie van haar klerekas die een na die ander vinnig oop terwyl hy met vlugtige en ervare vingers deur haar onderklere, nagklere en kouse voel. Hy het slegs 4 sekondes per laai nodig om te bevestig dat daar geen juweliersware, horlosies of geld tussen of onder die klere
weggesteek is nie. Dan trek hy die laaste laai oop en sien iets wat hom na sy asem laat snak en in sy spore laat versteen – die hele laai is vol dildos!
Grotes en kleintjies, langes en kortes, vettes en dunnes, wittes, bruines en swartes – maar anders as die gewone dildo, is hulle geweldig realisties – met weggetrekte voorhuide, testes, pubiese hare en al! Sy gasvrou is allesbehalwe ‘n verbitterde ou oujongnooi! Trouens, in al die jare wat hy vrouens se huise plunder, het hy nog nooit so iets raakgeloop nie – op die meeste twee of drie seksspeelgoed. Gewoonlik
is die sekspeelding ‘n plastiek of metaalvibrator wat in alle vorms en kleure voorkom, maar dikwels genoeg kom hy op een af wat soos ‘n groot en realistiese penis met are en al lyk. Dan het sommige vrouens ‘n rubberdildo wat amper altyd soos ‘n groot penis lyk, maar hy het wel een keer ‘n groot een van swart rubber gesien met ‘n plat sampioenvormige kop wat soos ‘n stywe perdepiel gelyk het. En dan is daar die laaste groep vrouens wat nog ‘n derde speelding diep agter in haar laai, meestal in ‘n satynsakkie, wegsteek – iets soos ‘n holprop of holkrale.
Hy het egter nog nooit 40-50 dildos in een laai gesien nie! En hy het nog nooit sulke realistiese dildos gesien nie. Hy tel een uit en kyk gefassieerd na die realistiese pubiese krulle terwyl hy oor die harde eikel vryf – dit voel soos satyn en die are op die skag bult hard maar buigbaar onder die vel. Toe hy ‘n beweging onder in die huis hoor sit hy dit blitsig terug en maak die laai geruisloos toe en glip vinnig en stil in die badkamer in. Hy sorg dat hy in die toilet pie en ‘n groot lawaai maak sodat sy dit kan hoor.
Hy stap deur die sitkamer na die kombuisie langsaan waar sy woel en werskaf. Hy bied aan om te help, maar sy wys dit vriendelik van die hand. Terwyl sy die water in die teepot skink vra sy: “En waarvandaar kom jy meneer?”
“Jurg asseblief, noem my Jurg” sê hy terwyl die hals van haar japon dophou wat elke keer wanneer sy vooroor buk, oopgaap. Van die hang van haar tiete, kan hy duidelik sien dat sy nie ‘n bra aan het nie. Sy vang hom staar voordat hy vinnig wegkyk.
Glimlaggend sê sy: “Jurg dan”.
“Ek kom van Johannesburg af, en jy, bly jy al lank hier?” vra hy.
“My hele lewe lank, en voor dit het my ouers en my grootouers hier gebly” antwoord sy en roer die blare in die ketel. “Dit is vir my nogals erg as ek dink hoe kort die lewe is – veral as mens in so ‘n huis van geslag na geslag bly. Die huis is permanent maar die mense vloei soos sand deur ‘n uurglas daardeur,” sê sy met ‘n tikkie weemoed in haar stem.
Terwyl sy praat kyk hy vlugtig met ‘n kennersoog in die kombuis rond, op soek na plekke waar daar dalk kosbare items soos silwerware of kosbare porselein kan wees…. mens weet nooit. Buiten vir drie laaie onder die werksoppervlakte sien hy niks wat belowend is nie… maar mens weet nooit. Vanaand as sy aan die slaap is sal hy deur die laaie werk en daarna die kabinet, kaste en kiste in die sitkamer ondersoek.
“Wat doen jy vir ‘n lewe Jurg?” vra sy vriendelik.
“Ek spekuleer op die aandelemark en verkoop versekering,” antwoord hy.
“So, is daar geleenthede hierdie kant van die wêreld vir jou?” vra sy.
“Ek gaan rondvra – daar is ‘n paar besigheidsgeleenthede hier wat ek wil ondersoek,” antwoord hy.
“Hoe lank beplan jy om te bly?” vra sy.
“So lank as wat dit nodig is. Ek sal defnitief ten minstens vir ‘n week wil bly, maar as ek ‘n geleentheid kry, sal ek graag langer hier wil bly tot ek my eie plek kan kry,” antwoord hy terwyl sy oë steeds oor haar en die kamer priem.
“En familie? Is jy getroud, het jy kinders?” vra sy.
“Nee, ek is ‘n alleenloper. Ek was ‘n enkelkind en my ouers is lankal oorlede. Ek het nie kind of kraai nie” antwoord hy met ‘n laggie – meer omdat dit die enigste waarheid van sy lewe is as wat dit regtig snaaks is.
Sy oë val op die koutjie wat bo die wasbak by die venster hang. Hy skuur verby haar om by die venster uit te kom. In die proses voel hy haar sagte boude oor sy piel verbyskuur – sy trek nie weg nie, trouens, hy kan homself verbeel dat sy subtiel haar boude na hom uitgedruk het. Hy kyk vir lank na die pappegaai wat botstil op die stokkie sit en vra “Slaap die pappegaai of wat? Ek sien hom nie roer nie, maar sy oë
is oop.”
“Drink jy melk en suiker in jou tee Jurg?” vra sy met ‘n blos op haar wange.
“Melk en twee suikers asseblief” antwoord hy.
“Gaan sit in die sitkamer Jurg, dit is lekker warm en gesellig daar. Ek bring nou-nou die tee” sê sy vriendelik.
Hy kyk in die sitkamer rond – daar is ‘n vertoonkas, ‘n kabinet, ‘n kis en ‘n kas met laaie. Die skilderye en tapisirie-werkies op die mure is maar gewoon en niks werd nie. Meeste van die kunswerke is afdrukke of iemand se patetiese poging om haar kunstige siel te ontbloot – hy gaan staan by een en kan die naam uitmaak – inderdaad dit is sy gasvrou se skilderye. Hy het egter al uit ervaring geleer dat mens in elk geval nie kosbare kunswerke steel nie, want dit is bykans onmoontlik om weer daarvan ontslae te raak. Daar is ook twee gemakstoele voor die kaggel wat gesellig knetter.
Daar is ‘n hond en ‘n kat wat voor die vuur op die matjie opgekrul lê en slaap. Jurg gaan sit op een van die gemakstoele en luister na die knetterende vuur en die gewerskaf in die kombuis. Dit is een van daardie oudtydse stoele wat wieg en effens agtertoe kantel as jy daarop sit. Dit is inderdaad baie gerieflik en gesellig en warm en snoesig. Hy voel die loomheid hom oorval soos hy ontspan.
Hy hoor haar agter hom en hy spring galant op om die skinkbord met tee by haar te vat, maar sy het dit reeds op die tafel agter hom neergesit.
“Die koppie met die bok op is joune,” sê sy.
Sy vat die koppie met die rosies op en gaan sit op die stoel oorkant syne.
“En dié?” vra hy en beduie na die bak met ‘n wit tipe pasta in.
“O dit is vir my volgende kunsprojek. Kry gerus van die koekies,” antwoord sy.
Hy vat drie koekies uit die bordjie en gaan sit met sy koppie tee weer in die gemakstoel. ‘n Tikkie berou skiet vlietend deur sy gemoed toe hy na sy gasvrou kyk – fyn en mooi… en vriendelik en gasvry… en seksie – hy het altyd dit nog in ‘n vrou waardeer. Alles is eintlik perfek hier by haar. Hy sit ‘n koekie in sy mond en vat ‘n slukkie tee en voel hoe die koekie in sy mond disintegreer. Die knetterende vuur, die
geselskap, die smaak van koekies en tee voor slapenstyd, die oorweldigende geselligheid en knusheid van die huisie teenoor die koue reen en eensaamheid daarbuite is oorrompelend.
Vir ‘n oomblik fantaseer hy oor die moontlikheid om hierdie keer nie te plunder nie, maar om te bly. ‘n Beweging van haar kant trek sy oë van die vlamme en hy sien hoe sy haar bene kruis. Die beweging laat haar japon oopgaap. Haar dy bult wulps terwyl sy haar pantoffel op die vloer laat val en haar kaal voet voor die vuur hou terwyl sy haar tone wikkel. Dan sit sy haar voet op die vloer neer en skop haar
ander pantoffel af. Sy sprei haar dye oop tot haar donker bos poeshare sigbaar is en sit so vir ‘n rukkie – hy kyk op en sien haar hom stip dophou. Dan lig sy haar voete op en rus hulle op die rand van die stoel se sitplek weerskante van haar. Hy voel hoe sy ereksie reusagtig in sy broek bult soos haar poes rooi tussen haar dik poeslippe oopgaap – hy was nog nooit so styf in sy lewe nie.
Hy poog om iets te sê maar sy woorde stol in sy keel wanneer die kamer skielik onder hom kantel. Soos sy kop die mat met ‘n slag tref merk hy dat die kat en die hond nie beweeg het nie maar roerloos in hul posisies bly lê. Dan merk hy, soos sy sig verdof, dat die kat se ooglede met fyn stekies toegewerk is.
3 COMMENTS
Uther die is ‘n baie lekkerlees storie wat wilde gedagtes en begeertes wakker maak.
Dankie
Weereens n Uther meesterstuk. Dankie
Pure Uther ! !
Jy bly maar een van my gunsteling skrywers, indien nie die voorloper nie (glimlag)
Dankie, ek’t die verhaal verskriklik geniet…..my tone en my piel het opgekrul !
Doet so voort !