Ek lewe …

Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute

Liefste Kombiekiehierleser,

Ek is jammer dat ek skielik ‘n paar weke gelede sommer amper in die middel van ‘n sin verdwyn het. Die groot Covid het my huis getref en wanneer dit gebeur dink jy nie eens aan iets anders as om net deur die dag te kom nie. Nou, weke later, begin dit elke dag so bietjie beter voel. En nou kom die lus ook terug.

Ek sal gaan kyk wie wat betaal het en julle rekeninge regmaak en julle laat weet. En ek sal vandag reeds weer vir julle lus maak hier.

Moenie siek word nie – dis ‘n aaklige siekte. En sterkte aan die wat so ongelukkig soos ons was om dit wel te vang.

Ons sien jou weer aan die anderkant.

Met lus en liefde

Annelise

7 thoughts on “Ek lewe …

  • annelisePost author

    Baie dankie almal. Dis lekker om weer by julle te wees. 🙂

    Reply
  • Annelise, ons is bly jy’s weer met ons en dat dit beter gaan. Vat al die tyd wat jy nodig het. Word net heeltemal gesond

    Reply
  • MADAM ! 🙂 Welkom terug.

    Jy is die Lus in ons lewe.

    Ek is baie bly dat jy gesond word en beter is! Sterkte aan die wat besig is om gesond te word.

    Reply
  • Geriatrix

    Bly om te sien dat die bladsye weer begin beweeg. Welkom terug en vat dit stadig

    Reply
  • Annelise, ons is net bly dit lyk of jy oor die ding is. Ek hoop die siekte wyk volledig en gou uit jou omgewing. Vat dit kalm. Rus baie. Moegheid is blykbaar een van die langertermyn-nagevolge. Moenie dat dit jou sielkundig affekteer nie. Ons dink aan jou!

    Reply
  • Ek’s net bly dat daar darem al ‘n ligpunt in die tonnel is. Spoedige herstel, ek ken daarvan deur my vrou wat ook daardeur was.
    Tjoekoes

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)