

Read more “Luitenant met die tiete” →
deur Ramkat Erasmus
(Lees vorige episode HIER)
Carel staan in die deur en kyk na die pragtige vrou in sy bed. Hy het al by sy modelle geslaap, maar nie baie nie. Sy privaatlewe word so deur sosiale media en die geelpers oopgevlek, ondersoek en bespreek dat hy maar liewer nie onprofessioneel wil optree nie. Maar daar is net iets omtrent die vrou wat hom verskriklik jags maak.
Hulle het lank in die ateljee genaai en toe het hulle saam gestort en na sy bed verhuis waar hulle van voor af begin het.
Nou is dit al diep in die nanag. Sy slaap vir dood en hy weet hy moet werk anders gaan hy nie klaarkry nie. Hy’t nog een dag saam met haar, dan moet sy huis toe – na ‘n appelplaas tussen Clarens en Bethlehem.
Hy draai op sy hak om, trek die deur saggies toe en stap deur die kombuis na sy ateljee toe. Hy skakel die ligte en bakoond aan en haal ‘n emmer klei uit ‘n kas uit. Hy sit sy werkbord op die werkbank neer en gooi twee handevol klei neer wat hy stadig en deeglik begin brei. Na ‘n ruk is die klei sag en werkbaar en hy begin haar vorm. Hy ken elke hoekie en draaitjie van haar lyf en hy brei en werk die klei totdat sy haar vorm begin aaneem. Maar sy sit nie op haar arm gestut met haar kop agteroor gegooi nie. (Dis immers wat die opdrag was.) Sy lê op haar rug met een arm na hom toe uitgestrek en die ander hand tussen haar bene. Hy werk versigtig met pen en spatula, en hy vorm haar. Maak haar in klei in haar eie gedaante. Hy kom naderhand agter dis besig om lig te word buite, maar as hy eers aan die werk gaan kan hy met min slaap klaarkom. Hy het al vir weke aanmekaar met net drie ure per nag aangehou en steeds optimaal gefunksioneer.
Eindelik is sy klaar. Hy kyk na die oond, dis op temperatuur. Hy gaan na ‘n ander kas toe en haal die blikke glasuur uit. Hy kies die regte skakering wat by die wit klei sal pas en verf haar noukeurig. Dan sit hy haar versigtig op ‘n bord en sit haar in die oond. Hy was sy hande, sit klei en glasuur weg en stap dan na die rakke toe waar hy voorwerpe wat hy gemaak of gekoop het stoor. Hy’t ‘n leertjie nodig om die boonste rak by te kom en hy krap rond tot hy die regte boks kry. Hy haal dit af, klim van die leer af en loop na sy werkbank toe. Hy maak die boks oop en kyk met ‘n effense glimlag na die twee porseleinpiele wat in plastiek toegedraai daar lê. Dit was die piele wat hom, snaaks genoeg, eintlik in die publieke oog geplaas het. Hy het reeds ‘n mate van bekendheid verwerf in sy laat twintigs en goed begin geld maak as beeldhouer toe hy een dronk aand ‘n afgietsel van sy erekte penis gemaak het. ‘n Vriendin, suiwer platonies, het kom kuier en die porselein piel op die rak sien staan. Sy was hoogs geamuseerd en wou weet vir wie die aandenking gemaak het. Dit het hom aan die dink gesit en hy het 25 perfekte afgietsels gemaak, in subtiele kleure geglasuur en toe genommer van 1 tot 25. Nommer 1 het hy vir sy vriendin gegee wat dit as papiergewig op haar lessenaar gebruik. Van sy meer avontuurlustige kliënte het van die piele gekoop, maar toe hy een aand, na ‘n suksesvolle uitstalling ‘n baie mooi, baie ryk en baie dom blondine huis toe gevat en genaai het, het hy vir haar een van die piele gegee. Dit was nommer 13. Sy het dit goed gedink om na die pers toe te hardloop met haar aandenking en gou was die wêreld in rep en roer.
Sy agent het gesê hy moet al die navrae na haar toe verwys, maar hy het verkies om self met die pers te deel. Die blondine se pa, wat ten duurste een van sy stukke gekoop het, het gedreig om hom te dagvaar, vader weet waarvoor. En skielik kry hy toe nog ‘n sarsie gratis publisiteit. Predikante het teen hom gepreek op Sondae, mense het eiers oor sy heining gegooi en grafitti op sy muur geskryf. En hy het net teruggesit en gewag vir die geraas om stil te raak.
Skielik het sy werk se waarde die hoogte ingeskiet. Sy agent het hom gebel en gesê een van sy beste kliënte wil ‘n piel koop en hy was bereid om groot geld te betaal. Carel het net gesê jy kan nie ‘n piel koop nie, jy moet dit verdien.
Nog ‘n rondte preke, eiers en verf teen sy muur het gevolg. Toe reël sy agent ‘n groot uitstalling in die Kaap en toe is die gort gaar. Vrouens, jonk en oud (en ‘n paar mans) wou weet wat om te doen om ‘n porseleinpiel te verdien. ‘n Bekende sosiale vlinder van die Kaap is in hegtenis geneem toe sy die een piel wat op uitstalling was probeer steel het. Nabootsings van sy werk het op die swartmark begin verskyn en hy het met groot oorleg sy piele weggegee aan lukrake vreemdelinge. Maar steeds het die vrouens hulleself aan hom opgedring om ‘n piel te verdien. Hy’t by van hulle geslaap, maar nooit ‘n piel weggegee aan ‘n bedmaat nie.
Sy piele verkoop nou vir baie, indien een ooit op die mark kom en hy sit met die laaste twee. Hy haal die piele uit en sit hulle langs mekaar neer. Die een is ligpers en pienk en die ander donkerder; oranje, en skakerings van bruin. Hy besluit op die pienke en sit die ander een, nommer 24 weg en terug op die rak. Dan sit hy alles behalwe die oond af en stap, piel in die hand terug huistoe. Sy slaap reeds vas as hy die kamer inkom. Hy sit die piel op die bedkassie langs haar neer en gaan klim in die stort. Hy was sy hare, borsel tande en droog homself goed af. Dan klim hy langs haar in die bed en raak sommer dadelik aan die slaap.
***
Hy word ‘n uur of twee later wakker, maak sy oë oop en sien hoe sy met haar oë toe, op haar rug lê, een been opgetrek en met haar een hand wat aan haar tepels knyp en trek en haar ander hand werk die porseleinpiel stadig in haar poesie in. Na ‘n ruk trek sy dit weer uit en dan weer in. Stadig, stadig, in en uit, in en uit …
Hy lê lank en doodstil vir haar en kyk, dan steek hy sy hand uit en raak aan haar plesierknoppie bokant die oopgesperde poeslippies. Sy kreun diep in haar keel en hy trek homself op en nader aan haar. Dan, terwyl sy die porseleinpiel gebruik om haarself mee te naai, druk hy sy tong teen haar klit en begin saggies lek en soen. Hy rol sy tong heen en weer oor haar en sy begin die porselein nou vinniger in en uit druk en trek. Hy steek sy een hand onder haar boude in en voel aan haar anus wat sopnat is van die sappe wat uit haar poesie loop. Terwyl hy steeds saggies lek en soen aan haar klit, begin hy sy vinger in haar anus inwerk. Hy vind sy ritme en haar hartklop en saam-saam stoot en trek hulle in haar in en uit.
Dan kan hy sy klipharde piel nie meer ignoreer nie. Hy kom regop en kniel tusen haar bene. Haar oë is steeds toe en sy werk die poerseleinpiel steeds met dieselfde ritme in en uit. Hy lig haar bene, vat sy voël met die een hand vas en druk dit stadig in haar anus in. Vir ‘n oomblik is daar weerstand en dan gly hy by die agterdeur in. Deur die dun wandjie tussen haar vagina en anus kan hy voel hoe die stuk porselein in en uit beweeg. Hy vind weer haar ritme en as sy uittrek, druk hy in. Haar asem jaag nou behoorlik en sy versit haar greep op die stuk klei en werk dit nou al vinniger in en uit. Hy hou by haar ritme en voel hoe die harde piel in haar poesie teen sy vleisswaard streel as hy van agter in en uit gaan.
Dan begin sy haarself sommer baie vinniger naai en hy probeer byhou. Na ‘n ruk verloor hy haar ritme, maar dan maak dit nie saak nie, want sy kom met ‘n effense gilletjie en pluk die porselein uit haar uit terwyl ‘n stroom nattigheid uit haar uitspuit. Hy stamp diep in haar hol in en dan kom hy ook.
Vir lank lê hulle in mekaar se arms en dan trek hy uit. Daar loop ‘n stroom saad uit haar rosyntjie uit en sy steek haar hand tussen haar bene in en vryf die taai vloeistof oor haar poesie en haar opgeswelde vulva.
Hy vat die porselein by haar en hou dit voor haar gesig.
“Wat dink jy?” vra hy.
“Perfek,” sê sy. “Bietjie te hard en aan die begin baie koud, maar dis wat dit so lekker maak … En ek het nog nooit ‘n DP gehad nie.”
“En…?”
“Fokken lekker. Al baie daaraan gedink, maar kon dit nog nooit doen nie …”
“Ek is seker die enigste ou in die wêreld wat jou terselfdertyd van voor en van agter af kan naai …”
Sy lag diep in haar keel. “Brag gat!”
Sy rol om, sit regop op die rand van die bed, steek haar arms in die lug en strek behaaglik.
“Kom ons gaan stort en dan gaan maak ons daai beeld klaar …”
Hy reik na haar, maar sy ontwyk sy hande en trippel badkamer toe. Na ‘n ruk hoor hy die stort aangaan en dan rol hy ook uit die bed uit en gaan agter haar aan.
***
In die ateljee skakel hy die oond af, haal die miniatuur beeldjie van haar uit en sit dit op die werkbank neer. Dis baie warm en stoom vorm om die klein stukkie klei. Sy kom in met haar japon aan en gaan sit, sonder dat hy vra, op die platvormpie. Sy laat haar japon op die vloer langs haar val.
Hy vat klei en terwyl hy kort-kort na haar kyk, brei hy die klei tot dit sag is. Dan begin hy haar vorm. Dit vat lank, maar sy sit doodstil, sonder om te roer. Dan trek hy van die klei af terug en vra sy moet kom kyk.
Sy staar met groot oë na die klei weergawe van haarself. “Dis so mooi… Is dit rerig hoe ek lyk?”
Hy lag. “Ja. Dis net jy daai, maar ek verkies die een van jou.” Hy reik na die beeldjie wat hy die vorige nag gemaak het, en hou dit na haar uit.
Sy vat dit in verwondering met albei hande. Sy kyk lank na die beeldjie en dan begin ‘n traan oor haar wang biggel. Hy vryf sy hande skoon met ‘n stuk lap en vee die traan van haar wang af.
“Dis joune, om huistoe te vat,” sê hy.
Sy leun vorentoe en soen hom vol op die mond. Dan sien sy die groot horlosie teen die muur.
“Fok …” sê sy en tel haar japon op. Sy sukkel dit oor haar arms, want sy klou steeds aan haar beeldjie vas. “Ek moet ry …”
Hy kyk hoe sy by die deur uit trippel oor die graspek en teen die trap op.
***
Hy waai vir oulaas vir haar as sy by die hek uitry en sy druk haar toeter twee keer voor sy wegdraai in die rigting van die hoofweg.
Hy druk die knoppie en die hek skuif toe. Dan stap hy na sy werkswinkel toe. Hy bestudeer die beeld van haar wat op die werkbank sit. Dis ‘n derde so groot soos die finale beeld wat in brons gegiet gaan word.
Hy vat aan die klei, nog steeds sag en plooibaar en hy wonder wie was nou eintlik die klei in wie se hande …
deur Ramkat Erasmus
Die hol kol op haar maag word al erger hoe nader sy aan Pretoria kom. Sy het vroegoggend van die plaas tussen Clarens en Bethlehem gery, haar verskoning dat sy by die Landboukundige Navorsingsraad moet aandoen aangaande die nuwe appel kultivars wat hulle besig is om te verbou. Daarna gaan sy ‘n dag of twee by haar skoolvriendin, Kariena, aan om bietjie op te vang. Dis nie ver van die waarheid nie. Sy gaan by die LNR aandoen en sy gaan saam met Kariena eet, maar daarna gaan sy na ‘n bekende beeldhouer se ateljee toe om vir twee dae kaal vir hom te poseer.
Dit het begin met ‘n advertensie in die kunstydskryf waarop sy ingeteken is. Haar eie kunsloopbaan is kortgeknip halfpad deur haar tweedejaar toe die dosente haar ingeroep het en aangeraai het om liewer iets anders te studeer. Sy was eenvoudig nie goed genoeg om die mas op te kom nie. Met trane in haar oë het sy haar goed opgepak en die universiteit verlaat. Sy’t vir ‘n paar dae op die plaas gesit en haarself bejammer en toe ry sy Clarens toe en gaan soek werk by een van die menigte kunswinkels op die dorp.
Later het sy haar man ontmoet, getrou en haarself berus dat sy vir altyd net op die rante van die kunswêreld sou kon leef. Toe sien sy die advertensie. Carel de Wet, beeldhouer en playboy kunstenaar moet ‘n opdragstuk maak vir ‘n ryk magnaat en hy soek na ‘n baie spesifieke meisie om sy model te wees. Hoe meer sy die beskrywing gelees het, hoe meer het sy gedink dat sy dalk ‘n kans sou staan om die werk te kry.
Een van die vereistes was dat sy ‘n kaalfoto van haar rug en boude vir hom moes stuur. Sy het met groot moeite en met behulp van ‘n spieël dit reggekry om die foto te neem wat vir haar oog heel goed gelyk het.
Voor haar moed haar kon begewe het sy die foto vir hom ge-epos, sommer van haar foon af en al die ander foto’s uitgevee.
Dit het meer as twee weke gevat voor Carel haar gebel en gevra het of hulle kon ontmoet. Hy moes Durban toe gaan vir sake en het voorgestel dat hulle op Bethlehem ontmoet. Sy het ‘n koffiewinkel voorgestel en toe die groot dag aanbreek het sy lank gewik en geweeg oor wat om aan te trek. Uiteindelik het sy haar styfste denim, ‘n swart kant bra en ‘n wit bloes aangetrek wat haar bo-lyf goed vertoon.
Toe sy by die winkeltjie aankom sit hy reeds op die stoepie met ‘n beker koffie voor hom. Deurmekaar grys hare, ‘n stoppelbaard en ‘n swart broek en hemp. Hulle het hande geskud en sy het gaan sit, terdeë bewus van sy hande. Sy het altyd ‘n ding oor mans se hande gehad en Carel se hande was perfek. Sterk, met lenige vingers en effense eelte op sy handplams.
Hy’t nie na haar borste gekyk nie, maar wel op haar oë gefokus. Sy grys-groen oë het haar ingesuig en sy het naderhand gevoel sy is gehipnotiseer.
Sy’t al sy vrae outomaties geantwoord en na ‘n ruk het hy sy laaste bietjie koffie afgesluk, ‘n paar note op die tafeltjie gelos en gesê hy bel haar as hy weer by sy ateljee is, dan kan hulle ‘n tyd reël dat sy deurkom na sy ateljee toe.
“Twee dae. Dis hoe lank ek jou gaan nodig hê,” het hy gesê en toe vorentoe geleun en haar op die mond gesoen.
Hy’t weggestap en sy hom agterna gekyk toe hy in ‘n nuwe Mercedes klim en sonder om terug te kyk die pad Harrismith toe vat.
Haar lippe het gevoel of hulle brand van sy soen en sy was verbaas oor haar liggaam se hewige reaksie. Haar bene het effens lam gevoel, haar asem het gejaag en sy kon ‘n klammigheid tussen haar bene voel terwyl haar tepels hard vorentoe beur teen die material van die bra.
***
Net na Heidelberg draai sy by ‘n garage in, maak haar kar se tenk vol en koop ‘n sjokolade en water. Sy kou aan die lekkergoed en drink haar water, maar dit doen niks aan die hol kol op haar maag nie.
Sy trek weer weg en net na middagete doen sy eers by die LNR aan hom haar pakkies saad en data in te dien. Dan ry sy na Kariena se huis toe en word vrolik deur haar beste en oudste vriendin om die hals geval. Hulle maak saam kos, drink koue wyn en kuier vir ‘n vale. Hulle klim naderhand in die bed en sy slaap vir dood. Haar wekker maak haar sesuur wakker en sy klim dadelik uit die bed uit en onder die stort in.
Sy was haar kort blonde hare, maak seker haar skaamhare het nie oornag uitgegroei nie en dan was sy haarself sorgvuldig. Sy borsel tande en dan trek sy aan. Sy’t ‘n wit t-hemp bo-oor ‘n vleeskleurige bra gekies, met ‘n wye blomromp en haksandale.
Sy gooi haar tassie agter in die kattebak en gaan dan terug die huis in waar sy vir Kariena in die kombuis kry. Sy weier die ontbyt wat haar vriendin aanbied om te maak en gee haar ‘n drukkie. Dan klim sy in haar kar en skakel die GPS aan. Die vrou se strem begelei haar in Waterkloof se rigting en dan in ou buurt in waar statige herehuise agter hoë heinings weggesteek is. Sy ry teen ‘n bultjie op en dan verduidelik die vrou se stem dat sy haar bestemming bereik het. So rol die venster af en druk die interkomknoppie. Sy stem antwoord en onmiddelik gly die hek oop. Van binne die hek besef sy dat die huis bo-op die koppie lê en dat sy ‘n groot deel van Pretoria onder haar kan sien lê.
Hy kom uitgestap, met ‘n vuil wit voorskoot om sy lyf, denimbroek en verslete kakiehemp. Sy grys hare word in toom gehou met ‘n tipe bandanna. Hy beduie haar in ‘n parkeerplek in en maak die deur vir haar oop. Sy klim uit, bewus daarvan dat hy die keer na haar borste kyk.
Hy haal haar tassie uit die kattebak uit en stap vooruit na die groot huis toe. Die voordeur staan oop en hy stap in.
“Askies dat ek voor loop, dis net makliker so …” sê hy. Hy draai in ‘n gang in en dan by ‘n oop deur in.
Die kamer het ‘n hoë plafon, swaar gordyne wat oopgetrek is, ‘n tamaai koperbed oorgetrek met sagte wit linne. Daar is ‘n outydse hangkas en ‘n deur waardeur sy die badkamer kan sien. Hy sit die tassie op ‘n tafeltjie neer.
“Dis nou nie vyfster nie, maar dis darem leefbaar. Wil jy die badkamer gebruik of kan ek jou gaan wys waar alles is?”
“Ek is reg, dankie.” Sê sy met ‘n skielik hees stem.
“Nou maar kom …”
Hy stap weer vooruit en sy volg hom. Hulle kom in ‘n groot kombuis. Outyds met eikehout kaste en ‘n groot koolstoof. Swart en wit teëls op die vloer met baie moderne toebehore in die een hoek.
“Ek gebruik die koolstoof net in die winter as dit rerig koud is. Anders is hier ‘n mikrogolf, ‘n gasstoof, die spens is daar en die yskas is in die spens. Jy is welkom om jouself te help aan enigiets,” beduie hy vrolik, maar hy kyk heeltyd na haar lyf.
Sy besluit om haar selfbewustheid te vergeet, sy gaan per slot van rekening net-nou kaal voor die man staan. Sy leun teen een van die kombuiskaste en druk haar borste vorentoe.
Hy lek oor sy lippe en sy onthou die soen wat hy haar gegee het.
Hy vryf met sy hande oor die voorskoot. Sy kan nie ophou kyk na die hande nie, en skielik wonder sy hoe dit gaan voel as hy met sy hande oor haar vryf. Haar tepels dreig om hard te word en sy kyk weg.
“Kan ek vir jou iets maak om te eet?” vra hy en sy skud haar kop.
“Net water sal goed wees vir nou …”
“Nou maar kom ek gaan wys jou die ateljee …”
Hulle stap by die agterdeur uit, teen ‘n stel trappe af en dan oor die graspek na ‘n gebou wat lyk soos ‘n garage of iets.
Hy stoot die deur oop en sy stap in. Die vertrek is ruim, met heelwat vensters hoog bo teen die plafon. Sonlig verlig die vertrek met ‘n eweredige sagte lig. In die middle van die vertrek is daar ‘n ronde platform affêre. Teen die mure staan rye en rye rakke langs mekaar. Die een muur is vol beelde, dan skildrye wat lukraak op, en teen mekaar gestapel is. Die muur langs die deur is gevul met verfpotte, bakke klei, en ‘n bord met instrumente wat sy van haar kunsdae af herken as die gereedskap van ‘n beeldhouer.
Teen die laaste muur is daar ‘n aantrekhokkie, ‘n tafeljie en stoele en ‘n ketel, mikrogolf en ‘n yskassie.
“Dis die plek waar die magic gebeur …” lag hy.
Sy knik en kyk weer na hom. Hy loop nader en vat haar twee hande in syne.
“Jy reg vir die ding?”
Sy knik net en haar hande brand soos vuur in syne.
“Ek gaan eers net foto’s neem tot ek weet hoe ek jou wil laat sit. Daarna gaan ek in klei begin werk om ‘n idee te kry hoe groot om die beeld te maak. Enige vrae?”
“Nee,” sê sy skor.
“Nou maar gaan trek uit. Die aantrekhokkie is daar …” En hy beduie.
Sy draai en stap na die hokkie toe dan moet sy keer of sy begin giggel. Sy gaan vir twee dae kaal voor die man sit en staan en nou moet sy agter ‘n gordyn gaan uittrek!
Sy trek haar klere uit. Vou dit op en sit dit op die hangers wat aan ‘n klererak hang. Dan kyk sy vir haar self in die spiëel, haal diep asem en loop uit.
Hy staan met sy rug na haar toe, besig met ‘n kamera.
“Waar wil jy my hê?” vra sy.
Hy draai na haar toe, nog steeeds doenig met die kamera. “Op daai platvormpie asseblief.”
Dan kyk hy op.
Sy staan met haar hande langs haar sye, ken omhoog, tieties vorentoe gestoot.
“Fokkit …” sê hy saggies.
Dan tel hy die kamera op en begin een na die ander foto neem. Hy beweeg om haar en die heeltyd klik-klik die kamera. As hy weer voor haar staan beduie hy met die kamera. Sy gaan sit op die ronde platvorm, haar knieë opgetrek en haar arms agter haar op die hout.
Hy kniel voor haar en skiet een foto na die ander. Dan leun hy vorentoe en die platvorm draai effens onder sy hand. Hy skiet met sy regterhand terwyl hy die platvorm met sy linkerhand draai. Sy wil oor haar skouer vir hom kyk, maar dan besluit sy daarteen en gooi haar kop agteroor. Die rostrum draai en draai en draai en hy skiet en skiet en skiet.
Dan stop hy die beweging, staan op en hou sy hand vir haar uit. Sy vat sy hand en klim af, terdeë bewus daarvan dat sy geen beskerming het teen sy deurpriemende oë wat nou na haar skoongeskeerde poesie staar.
Dan skud hy sy kop effens. “Ek moet die goed op die rekenaar aflaai. Daar’s ‘n japon in die aantrekhokkie …”
Sy knik en as sy wegstap gooi sy net so ‘n bietjie ekstra woema in haar heupswaai in.
Sy trek die japon oor haar skouers, maar maak nie die lyfband vas as sy uitloop nie. Die japon hang oop en sy weet hy kan haar poesie en deel van haar borste sien.
Hy sit by die tafeljie en staar na die skerm van ‘n skootrekeneer. Sy vinger tik-tik op die toetsbord. Sy loop om en gaan staan agter hom. Foto’s van haar gly verby elke keer as hy die toetsbord tik. Die rostrum draai en sy sien haarself van elke moontlike invalshoek af. Dan stop hy sy getik-tik-tik. Die foto op die skerm wys haar half van agter af. Haar kaal rug, die opgetrekde bene, ‘n bietjie bors.
“Daar’s hy …” prewel Carel.
Sy knik.
Hy draai na haar toe en skielik is sy gesig amper teen haar maag. Sy wil effes terugtreë, maar hy steek sy hande uit en sit dit op haar heupe. Dan staan hy stadig op en trek haar nader.
“Ek moet jou voel. Jou leer ken. Gee jy om?”
Sy vertrou haarself nie om te praat nie en skud net haar kop.
Hy laat los haar heupe, gly die japon van haar skouers af en sit dan sy hande om die buitkante van haar borste. Hy leun sy gesig vorentoe en druk dit tussen haar borste in. Hy voel haar sagte vroulikhede met sy gesig, besef sy. Dan laat hy los en gly sy hande teen haar sye af. Hy voel voel haar vel met sy gesig en beweeg al verde af, tot hy by haar naeltjie kom. Dan gaan sit hy op sy hurke en beweeg sy hande en sy gesig verder ondertoe tot sy neus teenoor haar poesie is. Vir lank sit hy so, dan haal hy diep deur sy neus asem en sy besef hy is besig om haar te ruik. Hy glip sy hande om haar boude en trek haar nader aan sy gesig. Haar sappe vloei nou vrylik uit haar uit en sy kan haarself ook nou ruik. Die skerp, tog sagte muskus vrouereuk.
Hy gee ‘n diep kreun en beur regop.
“Jammer, jammer, Ek is nie gewoonlik so onprofesioneel nie.”
Hy wil haar heupe los, maar sy sit haar hande op syne en hou dit daar.
“Ek ook nie …” prewel sy.
Sy beweeg vorentoe tot teen sy breë bors. Dan staan sy op haar tone en trek sy kop af na hare toe. Sy soen hom, eers liggies en dan al harder en harder. Haar tong glip tussen sy sagte lippe in en sy vleg haar tong om syne. Sy stoppelbaard krap haar, maar dis lekker seer. Dan sit hy sy arms om haar en hy trek haar diep in sy omhelsing in.
Sy kan sy horing teen haar maag voel groei deur die denimbroek. Sy druk haar hand voor by sy broek in en trek aan die harde manlikheid. Dan maak sy sy belt los, beur die knope van sy gulp oop en rem sy broek af tot om sy heupe. Sy trek die onderbroek weg en sy piel spring vry.
Sy hou aan om hom intens te soen, maar sy begin sy voël liggies op en af vryf.
Hy buk, tel haar op en dra haar na die rostrum toe. Hy lê haar neer en sit sy hande op haar knieë. Hy beur haar bene oop.
“Masturbeer vir my …” sê hy saggies.
Sy huiwer, want dis nie iets wat sy maklik kan doen nie, maar hy kyk haar diep in die oë.
“Doen dit!” gebied hy en sy laat albei haar hande afgly na haar poesie toe.
Met die een trek sy haar skaamlippies oop en met die ander begin sy haarself vryf. Sy steek haar vingers in haar mond en lek hulle nat. Dan vryf sy weer. Sy steek een vinger in haarself in en trek van haar sappe uit om haar klit natter te maak. Sy kyk vir hom, maar hy kyk nie af na haar hande nie. Hy staar net na haar gesig, haar oë, haar mond.
Sy voel hoe die rillings begin opbou en dan fluister sy: “Ek is nou naby.”
“Doen dit,” sêhy saggies en beweeg sy hande op haar knieë en af teen haar dye.
Sy growwe hande maak haar baie opgewonde en dan kan sy nie meer keer nie. Sy kom met ‘n ruk van haar onderlyf, haar vingers krampagtig om en in haar poesie.
Hy druk haar knieë nog wyer oop en kniel dan tussen haar bene. Hy laat sak sy kop en druk sy stoppelbaard teen haar lippies vas. Sy ruk weer van die lekker. Hy begin haar met sy tong liefkoos en hy is ‘n meester. Sy vleg haar hande in sy hare in en probeer hom dieper, harder teen haar seks vastrek. Sy tong steek haar aan die brand en dan voel sy asof sy in ‘n beswyming van orgasme na orgasme ingaan. Haar oë dop om in haar kop en ver weg hoor sy ‘n vrou kerm wat sy later as haarself herken.
Hy beweeg teen haar op en begin haar soen. Die smaak van haar eie sappe op sy tong en in sy mond maak haar mal en sy stoot hom om dat hy op sy rug lê. Sy rem sy broek af tot by sy knieë en dan klim sy op hom en druk sy piel in haar kloppende, sopnat poes in. Sy beweeg haar heupe tot sy seker is hy dat so diep in haar is as wat hy kan kom.
Dan begin sy haar heupe stadig vorentoe en agtertoe bweeg. Sy ry hom stadig en diep, terwyl sy diep in sy grys-groen oë kyk.
Sy piel maak haar vol en sy maak haar oë toe en fokus net op die gevoel van hom binne-in haar. Sy hoor sy asem jaag en kyk dan na sy gesig. Sy gelaatstrekke is verwornge soos hy teen die orgasme baklei, maar sy het geen genade nie en ry hom harder en harder tot hy met ‘n diep kreun en ‘n ruk van sy onderlyf haar vol van sy saad skiet.
Sy lê vorentoe en soen hom weer. Sy is nou in beheer en sy geniet dit. Met haar interne spiere trek sy saam en ontspan sy rondom sy piel.
Na ‘n ruk klim sy af en beweeg ondertoe sodat sy sy nog steeds harde meneer, in haar mond kan neem. Sy lek sy kom af en trek haarself dan teen hom op. Sy soen hom en druk die kom wat nog in haar mond is in syne in. Dit maak haar baie opgewonde dat hy sy eie kom van haar mond af kry en dat hy dit blykbaar geniet.
Dan stoot hy haar weg, staan op en trek haar aan die bene tot by die rand van die rostrum. Hy sit sy sterk hande om haar enkels en trek haar bene die lug in. As haar heupe heeltemal van die rostrum af is en sy net op haar kop en skouers rus, sit hy sy arms om haar knieë en begin na haar sopnat poesie soek met sy, nou weer, klipharde piel.
Hy gly in haar in en begin haar stadig naai. Sy harde pielkop vryf teen die boonste wand van haar poesie en die golwe van genot wat oor haar spoel maak dat sy weer begin kerm.
Hy hou haar regop met sy sterk arms en dryf hard in haar in. Sy verloor alle bewustheid van tyd en gee haar oor aan sy arms om haar knieë, sy gesig wat fronsend vir haar kyk en sy wonderlike, harde piel wat haar streel en streel en streel tot sy ontplof en dan weer en weer en weer.
Dan voel sy hoe hy sy ritme versnel. Hy stamp nou hard in haar in en sy voel asof hy haar in twee gaan skeur. Maar dan kom hy met ‘n brul en sy voel sy warm saad wat in golwe in haar in spuit tot sy voel sy is propvol van die warm lieflikheid van sy essensie.
Hy laat haar neer en trek stadig uit. Dan lê hy langs haar op die rostrum, een van haar borste in sy groot hand toegevou.
“Ons moet stort sodat ek jou kan begin bou,” sê hy.
“Hoe bedoel jy my bou?”
“In klei. Ek wil jou in klei bou. Jou vorm. Jou maak soos die pragtige vrou wat jy is …”
Sy begin lag. Hy tel himself op een elmboog en kyk af na haar, ‘n fronsie tussen sy oë.
“Ek is klaar klei. Klei in jou hande. Jy kan met my maak net wat jy wil.”
Na ‘n rukkie glimlag hy.
“Ons het twee dae …”
deur Wille Will
(Taalversorging deur Lusman)
Ek word wakker soos my oë oopgaan. Ek lê op my rug met albei my arms weerskante van my hoof. Ek roer my vingers om seker te maak ek leef nog.
My brein is leeg soos ‘n blanko bladsy op die internet. Iets kielie in my neus en ek vee oor die lastigheid met die een hand. Ek is skielik bewus van my naaktheid met die laken wat êrens ondertoe oor my lende lê.
Ek lig my hoof en kyk af oor my liggaam. Fok, ek het ‘n pishoring wat skrik vir niks!
Ek gooi die laken af soos ek opspring en, swingelswaaiend, badkamer toe stap. Ek stort sommer ook gou en draai die badhanddoek om my onderlyf. Met ‘n kleiner handdoek vryf ek my hare droog terwyl ek deurstap kombuis toe en die ketel aanskakel.
My ateljeewoonstel se voordeurklokkie lui.
Ek maak oop. My hand verstil tussen my hare. Voor my staan ‘n pakket! Dis ‘n vrou in ‘n ligrooi snyerspak en ‘n roomkleurige laehals-bloesie. Sy het ‘n vollerige lyf en het lakleer-spykerhakskoene aan. Lang bruin hare, perfekte grimering met vol lippe en groot blou oë voltooi die prentjie.
“Môre … mnr. Deysel? Ons het ‘n afspraak vandag?” kom dit vraend van haar.
My brein rol soos ‘n soekenjin. “Natuurlik, kom binne asseblief,” kom dit van my sonder dat ek kan onthou waaroor die besoek gaan.
Sy stap met klik-klak-treë verby my. ‘n Sagte parfuum rank agter haar. As ek haar agterna staar, is my fokus verbouereerd, eerder as sensueel, oor die onopgemaakte bed wat ek oor haar skouer sien.
Sy gaan staan in die middel van die vertrek. Ek is kaalvoet vinnig verby. Terwyl ek die bed probeer regruk met die een hand, beduie ek na die swart deco-en-chroom-stoele en vra: “Wil u nie sit nie, mej …?”
“Wentzel, van Sonlig Assuransie,” antwoord sy terwyl sy gaan sit en ‘n lang been wys, met patroontjies op die sykouse. Toe val dit my by van ons afspraak.
Sy skuif haar hare oor haar skouer met lang, slanke vingers. “Ek is jammer ek ko …”
Sy aarsel as sy sien my mond gaan oop.
“Ag donner, laat ek maar erken …” val ek haar in die rede, “ek’t vergeet van ons afspraak.” Ek gee ‘n laggie en voel hoe ek bloos van die handdoek om my lyf. “Ek het nou net gestort!” probeer ek my verleentheid verlig.
Haar oë bekyk my halfnaak lyf onbeskaamd op en af. “Jy’t ‘n fikse lyf, mnr. Deysel, dis mooi op die oog. Jy kan iets aantrek of sommer so gesels, dit pla my nie.” Haar blou oë kyk groot op in myne en ek verbeel my ek sien duiweltjies daarin dans.
“Dankie,” sê ek en stoot my hand deur my nat kuif terwyl ek oorkant haar gaan sit.
“Die polis wat ek vir u in gedagte gehad het …” Sy sien weer ek wil iets sê.
“Askies, waar’s my maniere!” sê-vra ek. “Kan ek u koffie of lemoensap aanbied? Is u gemaklik waar u sit?” Ek staan op as sy knik.
“Lemoensap, dankie,” glimlag sy. Ek merk ‘n moesietjie by haar bolip.
Ek stap yskas toe en skink vir ons albei lemoensap in. Toe ek terugstap, merk ek dat sy haar pak se baadjie uitgetrek het en dit oor die stoelleuning gehang het. Ek sien haar areolas en dik, bruin tepels deur die bralose bloes en ek voel die reaksie in my onderlyf!
Toe ek vooroor leun en die glas vir haar aanbied, sê sy, terwyl sy eers opkyk in my gesig en dan na my onderlyf – en weer op na my gesig: “Miskien moet u maar iets anders gaan aantrek, mnr. Deysel?” Haar stemtoon suggereer dat daar ‘n goeie rede is vir haar vraende opmerking.
Ek kyk vinnig af. Die handdoek om my lyf staan soos ‘n groot piramide uit – met my ereksie! Asof dit my moet afskerm, huiwer sy om die glas by my te vat.
Voor ek iets kan doen of antwoord, glip die handdoek los. Ek wil nog gryp, maar besef ek kan met die twee glase in my hande niks doen nie. Die handdoek val op die mat. My meneer troon in al sy glorie. Ek sien hoe sy onder die glase deur loer, om beter te kan sien. Dan is haar oë weer op na my gesig.
“Dankie, dit gaan heerlik smaak.” Sy neem haar glas uit my hand.
Ek buk en gryp na die handdoek op die vloer en frommel dit sommer op oor my ontbloting. Die lemoensap spat oor die rand van die glas in my ander hand. Ek retireer na my stoel en gaan sit met die gebondelde handdoek in my skoot.
Ek weet my gesig is bloedrooi en ek poog om my kalmte te herwin.
Sy staan op en plaas haar glas op ‘n bystaande tafeltjie. Wanneer sy weer regop kom en na my draai, vra sy: “Het ek daai reaksie veroorsaak, mnr. Deysel? … Wat is jou voornaam?”
Ek knik heftig en sê heserig: “Will.”
“My naam is Nadia. Ek erken eerlik dat jy my opgewerk het, iets wat baie selde met my gebeur.” Sy kyk my stip aan as sy sê: “Gaan ons dit na ‘n volgende stap neem?”
Dan begin sy haar bloes oopknoop asof my antwoord bysaak is. Sy laat dit van haar bolyf afval.
Sy steek haar vingers in haar broekband en knoop dit los. Sy trek die langbroek uit oor haar bene, met haar oë pal in myne, waar ek half verstom nog steeds op my stoel sit. Haar kantbroekie het strikkies op, En, waar sy bietjie meer as ‘n meter van my regop staan, sien ek die dimpels in die binnedye by haar lieste.
“Jy’s baie mooi, Nadia, dit gaan ‘n voorreg wees,” sê ek as ek tot verhaal kom. Ek staan op en skop die handdoek wat weer geval het, eenkant toe.
Met een tree is ek teen haar en tel haar liggaam op met my hande om haar boude. Haar regterhand wriemel tussen ons in. Dis om my voël wanneer sy haar mond gulsig oor myne plaas, haar linkerarm om my nek. Ek voel hoe sy my voël effens los en haar pêntie naarstiglik eenkant toe wegskuif, voor haar hand weer stewig daarom klem.
Ek drink haar nektar-mondsappe in terwyl ek voel hoe sy my penis in haar indruk. Glyend oor my penis heen sak sy af, terwyl ek met mag opstoot in haar in. My voete trap-trap vir stewigheid, sodat ek mooi kan balanseer met ons al twee se gewig op my bene.
Ons al twee se asems snak as sy met uitgestrekte arms my skouers terugdruk en ons in mekaar se oë staar. Ek voel die wande van haar doos wat my voël knyp en los. Dan begin ons tegelyk beweeg. Ons ritme sinchroniseer dadelik.
Ek voel my penis soos ‘n warm mes deur haar geriffelde binnekanaal sny – en stoot dan nog harder. Sy’s ongelooflik en stuur vlaag na vlaag van genot deur my. My gesig, wat tussen haar borste en ribbes met nat sweet op en af gly, laat my tong uitkom. Ek lek haar sout lyf. Haar hande, wat van my skouers wegbeweeg het en nou bo-op my hoof oormekaar gekruis is, por my verder aan.
“Ek gaan gou kom … dis te skielik … kom saam met my!” hyg sy uit. “J-j-y’s on-ongelooflik!”
“Dis jy en jou lyf wat dit uit m-my haal, N-N-Na-dia,” skree ek amper.
Ek voel my kom opstoot in my, met daai gevoel wat mens nie kan beskryf nie. Haar hande gryp skielik baie hard om my kakebeen.
“He-e-ere! Fok! … O dierbare genade!” gaan sy oor in orgasme. Haar knieë boor in in my sye in by my ribbekas. Haar bonsende tiete slaan in my gesig en haar hande kerf in my nek in. Haar boude slaan onbeheersd teen my lende. Ek kan dit nie meer hou nie. My saad skiet uit soos ‘n sterrereën en los stroom na stroom van genot in haar. Haar hande grawe nou beide in my sleutelbene in en ek slaan my naels in haar skouerblaaie in.
“Donner … vrou …” sê ek saggies vir haar wanneer ons passie taan en ons liggame begin bedaar. Ek voel my knieë wil wankel. Ek sak stadig op my knieë neer en laat haar bolyf saggies neer op die mat.
“Ek het assuransie teen jou nodig,” glimlag ek saggies in haar gesig. Maar haar oë is toe.
Dan kom daar ‘n skaam glimlag om haar mond. “Dankie,” sê sy.
deur Ramkat Erasmus
Toe ons die kontrak gekry het om die Staatsteater se spyseniering te doen het ons gedink dit gaan ‘n lekker winsgewende besigheid raak. Twee restaurante, ‘n hele paar publieke kroeë en die personeelkantien. En net daar lê die problem. Die ou wat die kantien ontwerp het, het bittermin van kombuise geweet en die hoeveelheid mense wat die kantien op enige gegewe tyd besoek, heeltemal onderskat.
Ons het mure moes uitbreek om die plek groter te maak, nog bedieningspunte insit en ook ‘n paar tilpunte, en steeds is die plek onvoldoende.
Dis Saterdagaand. Daar is ‘n opera (Don Giovanni) in die Operateater. ‘n Ballet (Nutcracker) in die Dramateater en twee toneelstukke in die Momentum en die Transvalia. Dan is daar ook nog kamermusiek in die voorportaalarea. Die plek is, met ander woorde, stampvol. Dis nog vroeg en die kantien bars klaar uit sy nate uit. In een hoek sit ‘n klomp orkeslede en Georges, die Franse trompetspeler het sy trompettas by hom. Maar daar is nie ‘n trompet in nie. Hy dra ‘n bottle Jack Daniels en ‘n klomp glase in die ding rond. Hy deel sopies uit en ek kyk anderpad. Ons bedien nie drank in die kantien nie so hy neem nie my wins weg nie. ‘n Paar maer ballerinas sit om ‘n tafel en peusel aan klein stukkies kaas en slaaiblare en drink water. ‘n Paar akteurs, reeds in kostuum sit raserig en grappe vertel in die middel van die vertrek. Vrolik, gesellig en stampvol.
Dan kom sy in. Violis met donker hare en ‘n mooi lyfie in haar kuitlengte swart rok. Sy kom nie baie in die kantien nie, maar ek het haar ‘n paar keer opgemerk in die gange en in die repitisievertrek. Sy kyk na die tou mense wat wag om bedien te word en dan kyk sy deur die vertrek. In my verbeelding het ek haar “Sneeuwitjie” gedoop, want sy herhinner my aan Disney se “Snow White.” Sy staan ‘n rukkie en sug dan en draai om, om te loop. Ek keer haar voor en vra of ek dalk kan help. Sy sê sy bring gewoonlik haar eie groen tee saam, maar het dit by die huis laat lê. Ek vra haar om ‘n oomblik te wag en loop agter om die toonbank na die kombuis toe. Ek haal vier groen teesakkies uit die kas, gooi een in ‘n koppie en maak dit met warm water vol. Ek sit die koppie op ‘n piering en neem dit vir haar. Sy glimlag dankbaar en vra wat sy skuld. Ek glimlag terug en sê sy skuld my niks. As sy die koppie vat gee ek haar die ander drie teesakkies en sê dis vir later as sy dalk weer lus is vir tee. Haar glimlag is die keer breed en baie mooi. En van daai “that lights up the room.”
Maandag is die kompleks baie stiller en die keer is sy vroeg daar. Sy kry haar groen tee en gaan sit by ‘n tafel. Ek stap nader en groet. Stel myself voor. Sy steek ‘n klein handjie uit en gee my haar naam. Voor ek kan sit en ‘n geselsie aanknoop word ek deur die kombuis geroep.
Na ek die krisis uitgesorteer het stap ek terug, maar sy is nie meer daar nie. Wanneer die verskeie vertonings om agtuur begin, begin my span opruim. Ek stap af en gaan deur die branddeur na die Operaverhoog toe. Ek staan in die kollisse en kyk hoe die sangers en dansers op die verhoog hulle ding doen. Ek loop ‘n bietjie nader aan die verhoogbestuurdershokkie en kyk af in die orkesput in. Haar donker hare blink onder die ligte en sy het ‘n effens fronsie van konsentrasie. Haar vlytige vingers streel die snare en haar ander arm trek en stoot die strykstok heen en weer. Ek staan lank vir haar en kyk en dan sit sy terug as Georges en sy mede-trompetters oorneem. Ek draai om en loop weg. Sy het opgekyk en vir ‘n oomblik het ek gedink sy kyk vir my, maar van die put af kan mens niks in die kollisse sien nie.
Die volgende aand kry ek ‘n geselsie in as sy kantien toe kom en die aand daarna weer. Ons geselsies word langer en meer gesellig en ek ontdek sy het ‘n man, geen kinders nie. Haar man reis baie vir besigheid en sy gee nie om om alleen by die huis te wees nie.
‘n Week of twee gaan verby en ek begin die gevoel kry sy kom aspris my geselskap opsoek. Dan breek Saterdagaand aan en dis weer chaoties in die kompleks. Die voorportaalbestuurder het sy hande vol, maar aan die einde van die aand het alles vlot verloop. Ek stap af na die operaverhoog toe en is net betyds om die orkes te sien uitloop – instrumenttasse in die hand. Ek probeer my terleurstelling wegsteek as ek haar nie sien nie. Dan kom sy amper laaste deur die deur. Haar gesig helder op as sy my sien.
“Is jy lus vir ‘n dop?” vra sy.
“Seker. Dit sal lekker wees.”
“Nou kom ons gaan …”
Onder in die diepste kelder van die Staatsteater is ‘n kroeg vir die personeel. Daar is ‘n volgroote snoekertafel en veerpyltjiebord. Ballerina’s kloek om die snoekertafel. Daar is een of ander toernooi aan die gang soos dit vir my lyk. Van die akteurs gooi veerpyltjies en ‘n klomp tegniese personeel sit om ‘n tafel en speel kaart.
Ek kry haar drankie en myne en gaan sit by haar waar sy ‘n tafeltjie in die hoek gekry het.
“Ek het jou nog nooit hier gesien nie,” sê ek.
“Ek gaan gewoonlik dadelik huistoe as ons klaar is, my man…”
“Nou gaan hy nie vannaand vir jou wag nie?”
Sy vat ‘n slukkie va haar wyn en haar oë glinster oor die rand van die glas as sy na my kyk. Sy sluk en sê dan: “Hy’s in London. Tot volgende week.”
“Aaaa…”
Ons gesels oor ditjie en datjies en sy vertel my ‘n paar snaakse stories oor haar kollega’s in die orkes. Ek vertel op my beurt ‘n restaurantstorie of twee en sommer gou-gou roep die kroegman die laaste rondtes.
Sy sê sy wil nie nog wyn hê nie. Dan sit sy haar elmboë op die tafel en sit haar ken op haar hande. Sy kyk vir my en ek vra: “Wat?”
“As jy my na jou plek toe nooi vir ‘n glas wyn sal ek nie sê nie …”
So gesê en so gedaan …
***
Sy ry agter my aan tot by my plek en as sy ingetrek het druk ek die knoppie om die hek toe te maak. Sy haal haar viooltas uit die kattebak en haak by my in. Ek sluit die voordeur oop en ons stap in. Sy sit haar viooltas op die bankie in die ingangsportaal neer en loop agter my aan na die sitkamer toe. Ek beduie sy moet sit en druk die afstandbeheer om die musiek aan te sit. Dis Vivaldi. Ek skink rooiwyn vir haar en ‘n whiskey vir my.
Ek gaan sit langs haar op die bank en ons klink glasies. Sy skuif nader, sit haar hand op my been en leun haar kop teen my skouer aan. Sy neurie saggies saam met die musiek. Dan draai sy haar gesig na my toe en ek soen haar. Haar lippe is sag en koel van die wyn. Ek beweeg my tong oor haar lippe en dan vleg haar tong om myne. Ek vat haar glas en sit dit neer langs myne, sit my arms om haar en soen haar gulsig. Sy soen terug en dan kom ons op vir asem.
“Ek veronderstel jy weet jy mag vir niemand sê van vanaand nie?” Sê sy met ‘n ernstige uitdrukking op haar gesig.
Ek knik. “I don’t kiss and tell …”
Ek trek haar regop en sy skop haar skoene uit. Sy is nou nog korter, maar ek buk vorentoe en soen haar weer. Dan trek ek haar aan die hand in die gang af na my slaapkamer toe.
Ek sit ‘n bedliggie aan en sy gaan na die en-suite badkamer toe.
Na ‘n ruk hoor ek haar vloek. Ek klop aan die deur en vra of sy okay is. Sy sê, met ‘n woedende trek om haar mond, dat sy nou net begin bloei het. Daai tyd van die maand …
Ek glimlag en sê ek gee nie om nie. Trouens dis vir my nogal seksie …
“Is jy seker?” vra sy.
Ek knik en begin my klere uittrek. As ek net in my onderbroek staan kom sy nader en vryf my horing deur die katoen.
Ek sit my arms om haar, voel-voel vir die ritsluiter van haar swart rok en trek dit af. Sy het ‘n swart bra-en-broekiestel aan. Ek worstel met die knippie van haar bra en sy lag. Dan sit sy haar arms agter om haar lyf en maak self die knippie los. Sy gooi die bra eenkant toe. Ek bewonder haar pragtige tieties. Mooi rond, nie te groot nie en nie te klein nie, met pragtige, prominente, pienk tepeltjies.
Ek buk af en begin hulle om die beurt lek en soen. Sy gooi haar kop agteroor en druk hulle nader aan my. Sy kreun diep in haar keel as ek eers die een en dan die ander tepeltjie ‘n ligte byt gee. Ek byt ‘n bietjie harder en sy gee duidelik nie om nie, trek my net aan die hare nader aan haar. Na ‘n ruk laat ek los. Ons albei se asems jaag. Ek trek my onderbroek uit en gaan haal ‘n groot swart handdoek in die badkamer.
Ek gooi die handdoek ook die bed en druk haar saggies agteroor sodat sy op die bed gaan sit. Dan kniel ek tussen haar bene, vat haar broekie aan weerskante vas en trek dit stadig af. Ek gooi die broekie eenkant toe en beweeg nader aan haar. Sy maak haar bene oop en kom nog nader. Weer sit ek my arms om haar klein lyfie en die keer soen ek haar. Dan laat ek my mond af beweeg tot by haar borste. Ek suig aan hulle en trek hulle so diep as wat ek kan in my mond in. Haar arms gly om my kop en sy trek my nog nader aan haar.
Ek druk haar naderhand plat sodat sy op haar rug lê. Ek kan die metaalagtige reuk van bloed net effentjies optel. Ek soen haar maag, druk my tong in haar naeltjie in en beweeg dan nog verder af tot by haar kaalgeskeerde poesie.
Sy druk my kop weg. “Gee jy nie om nie?” vra sy angstig.
Ek antwoord haar deur my tong in haar spleet in te druk en haar klit te begin boelie.
Ek proe die bloed en dit maak my verskriklik jags. Ek lek en suig haar poesie tot haar rug krom trek en haar hele lyf begin bewe. Dan kom sy met ‘n diep kreun. Ek laat nie op my wag nie en staan regop. Ek tel haar bene op en sit haar enkeltjies op my skouers. Sy lê oopgevlek voor my en ek vat my voël vas en druk hom stadig in haar sopnat en bloederig poes in.
Dan begin ek haar met harde reelmaat naai. In die posisie kan ek lekker diep in haar in dryf en sy vat aan my arms, my skouers, vryf ‘n slag of wat oor haar klit en por my aan met sagte “Ja, ja, ja …”
Ek kan voel hoe die druk in my ballas begin opbou en ek hou uit solank as wat ek kan. Dan is daar nie meer keer nie en ek skiet diep in haar in. Vir ‘n hele ruk staan ek so, en dan druk sy my met een klein voetjie weg.
“Jy gaan my bene breek of my heupe uit lit uit druk …”
Ek trek uit en staan agtertoe. Bloed en semen loop uit haar poesie uit tot op die handdoek. Sy giggel en ek kyk vraaend na haar.
“Dalk moet jy jou gesig gaan was …”
Ek vryf met my hand oor haar poesie en lek my vingers af.
Sy lag. “Dit IS vir jou ‘n turn-on, nê?”
Ek knik en gaan was my gesig en hande.
As ek terug kom in die kamer staan sy hande-viervoet op die bed, met haar boude na my toe.
“Ek is reg vir nog, as jy reg is …”
My piel begin vanself weer regop staan en ek stap nader.
Hierdie gaan ‘n lang nag word, dink ek by myself, en dan begin ek haar poesie streel met my piel se punt ….
deur Jan Pielewiet
Ek sit hier voor my rekenaar en staar deur die venster, besig om die raamwerk van my volgende avontuurroman te beplan. Ek en my vrou bly in Bloubergstrand, een van Kaapstad se noordelike voorstede met ‘n lieflike uitsig oor Leeukop en ‘n groot gedeelte van die wêreldbekende Tafelberg. Ekself is nou nog nie ‘n wêreldbekende skrywer nie, maar het darem al ‘n paar publikasies die lig laat sien. Ek verdien net genoeg om aan die lewe te bly deur my skryfwerk, maar kan nie bekostig om spandabelrig lewe nie. Die huis is deur my vrou se ruim erfposie aangeskaf en sy verdien self ‘n aardige bedrag vir haar aktuarispos by ‘n bekende handelsbank. Omdat sy weet van my passie vir skryf het sy voorgestel dat ons so vir drie jaar bietjie die gordels intrek en kyk of ek ‘n deurbraak kan maak in die skrywerskringe.
Ek fokus meestal op ou Kaapse seeverhale met genoeg aksie en romanse in om mans en vroue geboei te hou. Die lekkerte van die Kaap is dat ek naby aan die argiewe is sodat ek navorsing kan doen en dan sommer die plekke kan besoek waaroor ek wil skryf. Ek was al ‘n hele paar keer in die kasteel en het vir Tafelberg al op verskeie maniere bestyg: met die kabel kar, ‘n bergfiets en met ‘n paar verskillende staproetes.
Ek het al vroeg hier voor my rekenaar kom sit nadat ek vir myself ‘n koppie koffie op die perkoleerder geprut het. Ek drink hom swart en bloots om die volle aroma te kan geniet terwyl ek sien hoe die son opkom. My vroulief slaap gewoonlik bietjie later as ek, dus neem ek gewoonlik so teen haar opstaan tyd vir haar ‘n koppie koffie wat sy dan geniet terwyl sy aantrek en regmaak vir haar werk. Gedurende die grendelstaat het haar baas besef hulle is meer produktief as hulle van die huis af werk en gevolglik het hulle hulle kantoorblok omskep in algemene kantore. Die idee is dat maatskappye die kantore kan huur vir ‘n dag of uur soos die behoefte is en alle kantoorgeriewe het sonder die verantwoordelikheid om hulle eie kantore in stand te hou. Deel van die pakket is om die skoonmaakdienste, ontvangsdame en administratiewe personeel te verskaf. Daar is ook heelwat konferensiekamers wat van vier na veertig mense kan akkomodeer.
Hulle het agtergekom dat daar nogal ‘n groot aanvraag is van kleiner eenmansake wat min administrasie het, maar tog af en toe ‘n kantoor benodig om ‘n kliënt te sien. Die laaste diens wat hulle aanbied is om die kliënt se PA te wees. Hulle verskaf ‘n kantoor telefoonnommer en hou die kliënt se dagboek op datum, behartig alle navrae en volg op met kliënte soos nodig.
Aangesien my vrou in elk\e geval 90% van haar tyd voor haar rekenaar deurbring en alle kommunikasie via e-posse is, kan sy van die huis af werk en slegs elke twee weke vir een dag ingaan kantoor toe. Ons het in ons roetine verval waar ek vroeg opstaan en vroeg in die bed klim en waar sy later opstaan en tot diep in die nag sit en werk. Vanoggend kon ek sien sy is al rusteloos toe ek opstaan, maar sy was weer vas aan die slaap teen die tyd dat ek uit die kamer is. Ek trek gewoonlik net my kamerjas oor my slaapbroekie aan en skryf vir so uur of twee voor ek my vrou se koffie vir haar vat.
Terug by my dagdromery sit ek en bepeins die opsies van die heldin wat moet kies tussen haar minnaar volg of die skelm agtervolg. Ek bepeins verskillende storielyne en dan voel ek beweging agter my. Ek tol my stoel om en daar staan my vrou met ‘n verleidelike glimlag op haar gesig en twee bekerskoffie in die hand.
“Ek was vroeg wakker en het besluit om vir ‘n verandering jou te kom bederf,” antwoord sy my onuitgesproke vraag.
“Dankie, my liefling.” antwoord ek. “Gaan jy bietjie hier by my sit terwyl ons saam jou koffie drink? Dit ruik heerlik!” komplimenteer ek haar.
Wanneer sy op die leerbank plaasneem sien ek hoe sy haar lang bene voor haar uitstrek. Ons mans is mos maar op die visuele ingestel en van die begin af het haar lang bene en effense breë heupe my aandag getrek. Sy is baie lief om sulke langbroeke wat styf span te dra en al haar kurwes te beklemtoon, maar vanoggend het sy nog haar slaapklere aan met net ‘n kort japon oor dit.
“Vertel my hoe jou storie verloop?” vra sy na haar eerste lekseltjie koffie.
Ek vertel haar die basiese storielyn tot waar ek nou sit en moet besluit oor die heldin se keuse wat sy moet maak en my dilemma van beide keuses se gevolge en hoe dit my algemene storielyn gaan beïnvloed. Gedurende die gedeelte waar die heldin moet besluit oor passievolle liefde maak met haar minnaar of eerder opsaal en die skelm agtervolg kan ek sien hoe my vroutjie effens rondskuif op die bank en met die skuif haar japon ook so bietjie oop sodat ek amper haar mik kan sien. Sy vra ek moet haar meer oor die minnaar en hulle verhouding vertel. Ek besluit om die geleentheid aan te gryp en brei uit oor hoe welbedeeld die minnaar is, hoe sagkens hy met haar lyf werk tot die passie oorneem en hy haar dan wild tot orgasmes kan dryf as sy eers opgewerk is. Ek sien hoe my vertelling my vrou al hoe meer opwerk en dan vra ek haar wat dink sy? Wie moet sy volg? Haar minnaar of die skelm wat besig is om weg te kom?
My vrou se koppie is leeg en sy staan op sonder om te antwoord. Ek dog sy gaan vir ons nog ‘n koffietjie ingooi voor sy my vraag beantwoord, maar sy kom sit op my skoot en lê terug teen my bors voor sy antwoord dat sy nie regtig weet nie, maar dalk kan sy my inspireer tot die regte keuse. Terwyl sy gesels kan ek voel sy haar koekie oor my groeiende ereksie laat beweeg en dan neem sy my hande en plaas dit om haar lyf sodat haar borste sag daarin rus.
Terwyl ek haar borste streel lig sy haarself effens op en bevry my volgroeide ereksie en laat hom regop voor haar spleet staan. Wanneer sy haar heupe effens beweeg kan ek voel hoe my penis se punt teen die voorkant van haar satynbroekie skuur en die druppels vog wat begin uitkom laat dit vinnig nat en glad gly. Dan trek sy haar broekie weg en kry my volgroeide penis direkte toegang tot haar naakte vel. Daar is darem niks so lekker soos die warm nat gevoel van ‘n opgewerkte dosie nie. Die warmhitte wat uit haar intiemste plekkie gloei laat my penis klop teen haar gladde gang en wil homself inwikkel na haar verborge dieptes.
Terwyl my vroutjie so vorentoe en agtertoe wieg voel ek hoe haar liefdestonnel my plesier spier stadig maar seker so bietjie vir bietjie insluk. Die warm gladde lubrikasie wat deur haar liggaam se interne werkings vervaardig word, word aangevul met my eie lus wat al uit my lang paal uit drup.
“Vertel my nog van jou heldin se minnaar?” versoek my vroutjie in ‘n hees stem.
Ek kan voel hoe haar koek al vinniger oor my piel gly en ek begin saam beweeg om al 16 cm van my ereksie in haar in te kry. Ek streel oor haar sagte borste met die stywe punt tepels terwyl ek haar vertel van die boek se karakters en hoe hulle passievol liefde gemaak het in die perdestal terwyl daar mense in die herberg reg langs die stalle was en enige oomblik kon instap. Wanneer ek die minnaar se aanslag beskryf en haar vertel hoe hy die heldin oorreed tot nog n rondte van liefdemaak kan ek sien hoe my katoolse vrou al vinniger bons. My vrou het nou my hele voël in haar in en beweeg nou op en af op my piel terwyl ek sukkel om haar tepels uit te rek. Teen die tyd het sy haar japon afgegooi en ek het vrye toegang tot haar volronde borste wat my hande vol lê. Uit ondervinding en van baie keer se liefdessessies weet ek sy geniet die effens pyn wanneer sy baie jags is en naby aan haar orgasme is. Wanneer sy kom laat los ek haar tepels, gryp haar middellyf bokant haar heupe vas en gee my oor aan my eie orgasme. Ek voel die ekstase vanaf my balle opstoot en dan soos ‘n vuurspuwende vulkaan kook ek diep in haar oor.
Wanneer beide ons orgasmes uitgewoed is staan sy op en stap uit. My piel is slap en blink van ons gemengde souse. Terwyl ek my vrou agterna staar en wonder waar haar jagsheid vandaan kom, loer sy oor haar skouer en beveel my om haar skoon te kom was in die stort en dan kan ons die heldin se volgende keuse bespreek.
Die pandemie waarin die wêreld ‘n jaar gelede gedompel is, ry nie net ons finansies, menslike verhoudinge en ons gesondheid nie. Dit begin ook aanleiding gee tot ‘n tweede pandemie – ‘n pandemie van angs en depressie. Hierdie tweede pandemie het dikwels ook ‘n slegte invloed op ons seksuele lewens.
Studies soos HIERDIE en HIERDIE wys hoe die simptome van depressive en angs gedurende die pandemie onder mense toegeneem het. Sosiale afsondering, bekommernis oor jou eie en geliefdes se gesondheid, hartseer, onsekerheid oor die toekoms en bekommernis oor inkomste is maar net ‘n paar van die redes waarom mense sukkel.
Ons rou oor ‘n wêreld wat ons binne weke verloor het en dalk nooit weer terug gaan kry nie en as ons dit weer sal terugkry sal dit waarskynlik nog lank wees.
In een studie in Amerika is bevind dat volwassenes tot drie keer groter kans het om positief te toets vir angs en depressie as ‘n jaar gelede. Simptome van angs of depressie kan ook ander gesondheidsprobleme veroorsaak, kan jou produktiwiteit raak en kan beslis seksueel ook ‘n invloed hê.
Redes waarom jou libido (sekslus) aangetas kan wees:
Wat kan ek doen om my libido weer te laat vlamvat?
Ek ken baie van my lesers en is bewus daarvan dat van julle sukkel in hierdie tye – emosioneel en seksueel. Daarom gaan ek hier ‘n facebook update deel wat ek onlangs gemaak het sodat jy kan verstaan dat ek verstaan en selfs ook sukkel:
Ek deel nie gewoonlik met julle iets van my private lewe wat nie met seks te doen het nie, maar in hierdie geval voel ek dis nodig omdat ek bekommerd is oor sommige van julle. En omdat ek omgee. En soms as mens so iets persoonlik deel dan voel ander nie so alleen nie.
Ek is hier as iemand wil praat.
Hier is ‘n klein toetsie wat jy kan doen om te bepaal of jy dalk met jou huisdokter moet gaan gesels: KLIEK
En hier is ‘n bladsy vol nommer wat jy in Suid-Afrika kan bel waar iemand na jou sal luister. Nog mense wat verstaan en wat kan help. Dis heeltemal gratis. KLIEK HIER VIR DIE NOMMERS
deur Uther Pendragon
Die vibrasie ratel deur die module totdat mens en plastiek en elektronika saam skud.
Sy mond vertrek van inspanning soos hy die gryparm onder die skroot probeer uittrek. Die inspanning daarvan en die drukking van die massa op sy gryparm laat hom kreun soos die pynsensasies deur sy lyf skiet.
Hy kyk links op en knip sy oog en die optiese skerm verhelder voor hom. Hy flikker deur die keuselyste en stop by SENSORY SYSTEM. Daar sluit sy blik op die glyskaal wat hy amper tot links trek. Hy voel sommer die pyn uit sy sisteem wegskaal. Dis gevaarlik om dit op nul te sit want dan word sy hulsel-sensore heeltemal afgeskakel. En vandag kan hy dit nie bekostig nie – veral nie onder hierdie omstandighede nie.
Hy kyk deur sy gesigskerm na bo en sien die skroot in donker klompe teen die lig van die Melkweg bo hom hang. Hy haat hierdie tipe werk die meeste. Dit is sy taak om skroot en ruimterommel van tot 10 ton binne ‘n area van 100 meter van die ruimtestasie te verwyder mits daar geen rotasie of versnelling is nie. Sy module is nie vir swaarder werk gebou nie – daarvoor is die krapkrane en dozermodules daar. Maar net soms is die massaverspreiding van die brokstukke onvoorspelbaar en kantel dit wanneer hy vasklamp. Dit is veral gevaarlik as daar iets anders agter dit is soos ‘n ander stuk skroot of dan, soos in hierdie geval, die ruimtestasie self. Wat hom egter die kwaadste maak is dat hierdie hele situasie vermy kon geword het as die vragluik waarheen die skroot gesleep is, behoorlik in stand gehou is. Nou dryf miljoene tonne se skroot in die ruimte buite die stukkende vragluik waar dit net eenvouding deur die slepers gedump is en hy moet sorg dat dit nie die stasie se wand beskadig nie.
Hy trek sy bene op en stoot dit dan stadig ondertoe terwyl hy die magnete van sy staalvoetstukke op ACTIVATE WITH CONTACT stel. Sy liggaam ruk toe die magneetvelde aanskakel die oomblik toe die klang-geluid deur sy module trek. Hy gryp die skroot met sy vry arm vas en beur regop met sy bene maar selfs dit is nie heeltemal genoeg om die massiewe blok skroot van sy vasgepende gryparm af te lig nie. Hy kreun met toegeknypte oë onder die hernude inspanning en dan voel hy hoe die massa skielik ligter word.
Hy kyk op en sien die groen voorste skouerliggies van ‘n ander module agter die brokstuk te voorskyn kom soos dit stadig kantwaarts toe kantel. Sy mond soek instinktief die voedingstepel wat voor sy gesig na hom uitsteek en, soos sy mond om die rubber sluit, begin hy behaaglik aan die soet vloeistof wat uitspuit teug. Sjoe, dit was nou amper!
Hy kan nou in die gloed van sy kolligte die ander module duidelik so vyf meter voor hom in die ruimte sien hang maar domp die ligte onmiddelik want dis ongeskik om jou ligte in ander se oë te skyn. Hy kan nou sy gryparm behoorlik sien, hy beweeg die twee kake versigtig oop en toe. Gelukkig! Die hidroliese sisteem is nie beskadig nie, en buiten vir die skraapmerke in die oranje verf, lyk dit asof sy gryparm geen skade opgedoen het nie.
Hy kyk weer op na die ander module om dankie te sê maar dié is besig om stadig agteruit weg van hom te dryf. Hy skakel dadelik oor na die algemene kommunikasiekanaal maar dit is net ‘n kakefonie van klank en gesprekke. Hy skakel sy reikwydte af na kommunikasie binne ‘n radius van 100 m, maar daar is net ‘n sagte gesuis – soos dié van ‘n oop kommunikasiekanaal. Hy roep weer: “Hallo! Ek wil net dankie sê!… Hallo!” Maar daar is net die sagte suisgeluid oor sy luidsprekers.
Gemengde gevoelens van dank en verwondering spoel deur sy gemoed toe hy sy magneetvelde afskakel en met ‘n ligte stoot van sy bene hom vanaf die ruimtestasie wegstoot. Hy projekteer sy module in die rigting van die ander een wat nou lui in die ruimte so 30 m voor hom kantel. Hy kan nou die rooi skouer- en stertliggies sien skyn soos die ander module die rug op hom keer.
Hy probeer weer “Hallo daar!…” Maar dan, met ‘n klein flitsie van die manoeuvreringsvuurpyltjies, skiet die ander module onverwags na regs, weg van hom en die ruimtestasie. Met ‘n vinnige flits van sy voorste manoeuvreringsvuurpylties rem hy en dan volg hy die ander module wat nou al reeds honderde meter voor hom is. Maar wag! Hy kan sien hoe die ander module rem en stadig heen en weer kantel asof dit vir hom wag om op te vang.
En dan, toe hy ongeveer 30 meter van die module is, amper naby genoeg om die registrasienommer te lees, skiet dit met ‘n verwoede vaart weer weg van hom en tussen die skroothompe deur. Hy kan sweer dat hy ‘n giggel oor die suis van die oop kommunikasiekanaal gehoor het. Hy roep nog een keer: “Wag vir my!” maar besef dat, indien hy sy nuuskierigheid oor die identeit van die ander module wil bevreding, hy dit sal moet vang.
Kappa 101-CH145A of Jochi soos sy vriende hom ken, is nie ‘n man om mee te speel nie. Hy is nie verniet ‘n skoonmaker nie. Met ‘n verbete trek op sy gesig sit hy die ronde bol van die module wat voor hom uitskiet agterna. ‘n Frons spleet tussen sy oë. “Hel, maar daai module is goed!” mompel hy. Hy sien net nou en dan die oranje balletjie hier en daar tussen die skrootblokke op en oor of onderdeur skiet, elke keer wat hy dit sien word dit net al hoe kleiner soos dit voor hom wegskiet, met sporadiese rigtingsveranderings wat deur ‘n wit flitsie van die manoeuvreringsvuurpyltjies aangedui word.
Uiteindelik verloor hy die module uit sig. Hy dryf nou doelloos en uitasem oor die skrootveld wat vir die smelters aan boord van die stasie bestem is. Sy oë tas kundig oor en tussen die skroot deur op soek na die ronde oranje vorm tussen die hoekige buitelyne van die skrootblokke.
Hy was besig om stadig oor ‘n besondere groot skrootstuk te dryf toe die module skielik voor sy neus pylreg voor hom verbyskiet. Hierdie keer is daar ‘n duidelike kraai van lag wat in sy ore opklink. Dis ‘n meisie! Daardie helder lag is onmiskenbaar dié van ‘n jong vrou! Of dit nou uit gekrenkte eer is, of woede, of wellus sal mens nie kan sê nie maar Jochi gee haar die stryd aan en vlieg so vinnig en kundig moontlik agter haar aan.
En dan onverwags begin sy spoed verloor en hy kan sien hoe haar module stadige, lui bewegings voor hom in die ruimte doen. Hy rem ook totdat hy stadig vorentoe dryf. Dan kantel haar tuig om en die groen liggies word al hoe helderder soos sy stadig na hom aangedryf kom. In sy truskerm kan hy die swart bonkige silhoeet van die ruimtestasie kilometers van hulle teen die sterreveld sien hang. Geen ander bemanningslid is vir die kilometers tussen hulle en die ruimtestasie sigbaar nie.
Hulle modules raak sag aan mekaar. Hy kan haar blosende, glimlaggende gesig voor hom deur hul gesigskerms sien. Sy antwoord: “Hallo, ek is Mira, wie is jy?”
“Jochi, hulle noem my Jochi” stamel hy, verbaas oor hoe vinnig dinge ontwikkel het. “Ek wil jou net bedank vir wat jy vir my gedoen het”.
“Ag dit was niks” antwoord sy maar toe skiet haar bruin oog vinnig na die pers liggie bo Jochi se gesigskerm, so asof sy net dubbel seker wil maak. Sy hart klop skielik vinnig – hy is baie trots op die pers liggie. Dit sit nie in elke man se broek om as ‘n teler geklassifiseer te word nie. En hy het sy pers liggie gekry toe hy 50 dae gelede sy genetiese toetse geslaag het en hy sy spermbuis en pomp laat installeer het. Hy kyk dan instinktief na die liggie bokant haar gesigskerm – sy hart bokspring – dit gloei onmiskenbaar pienk. Mira ovulueer!
Jochi stamel: “Umm…wil jy? Ek bedoel … wil jy na ‘n kajuit, ek bedoel koppelkajuit gaan?”
“Nee!” jil Mira van opgewondenheid, “ek wil hier koppel – hier tussen die sterre!”
Jochi voel hoe die opgewondenheid in hom opstoot. Buiten vir die demonstrasies en oefeninge wat hy in die vrugbaarheidskliniek tydens die inplanting van die spermbuis en pomp moes uitvoer, het hy nog nooit gekoppel nie en sy koppelinstrumente is dus heeltemal splinternuut. Hy haal nou vinnig asem en voel hoe sy penis in die koppelbuis begin opstoot.
Mira kyk na hom en die lawwe uitdrukking op haar gesig word met ‘n ernstige een vervang. Haar bruin oog staar diep in sy gesigkameras in en dan skakel sy haar gesigkamera aan sodat hy haar gesig op sy skerm kan sien terwyl sy stadig 180 grade van hom wegdraai. Dan kantel sy 90 grade vorentoe sodat haar agterkant na Jochi se middel wys.
‘n Pienk sirkel verskyn op sy skerm met die woord COPULATE? wat langs dit verskyn. Hy fokus op die middel van die sirkel vir ‘n sekonde en dit vul pienk in met die boodskap CONFIRMED wat langs dit verskyn. Haar koppelopening gaap skielik swart, rond en smerig voor hom oop. Jochi klamp sy gryparms om Mira se module en hy voel hoe die bloed na sy kop en penis stoot, hy kan skoon sy hartklop in sy kop en penis voel.
Hy trek hulle modules teen mekaar tot die koppelluik aan voorkant van sy module teen haar koppelopening inpas en vasklamp. Tydens sy opleiding het hy geleer dat daar nou ‘n vibrerende rubberknop tussen die vrou se labia tot teen haar bekkenbeen opdruk. Jellie spuit uit gaatjies op die rubberknop uit om haar vaginale opening te lubriseer. Hy hou haar gesig dop en sien hoe haar ooglede swaar begin hang en oor die luidsprekers in sy helm kan hy hoor hoe haar asem begin jaag.
Sy geghriesde koppelbuis druk in Mira se koppelopening in. Die elektrode in sy brein stimuleer sy limbiese stelsel en hy voel hoe die paringsdrange in hom opstoot net toe die suiging van die vakuumpomp binne die koppelbuis aanskakel. Die vakuum suig rondom sy penis sodat dit die hele koppelbuis vul.
‘n Dik louwarm plastiekprik word in Mira se module se koppelkamer gevorm tot dit dieselfde vorm as Jochi se opgepomte penis het en dan stoot dit in Mira se vagina op. Die woord PENETRATION verskyn op beide se skerms, maar Jochi se sig is nou so wasig van die genot wat deur hom spoel dat hy dit nie eens oplet nie. Riffels binne die koppelbuis begin van voor na agter rondom sy penis van die basis na die knop rits. Die riffelings kom al hoe vinniger en vinniger totdat hy swaar asem haal.
Hy maak sy bleek oë oop om die uitdrukking van verlamde ekstase in haar gesig te sien toe die orgasme deur sy brein en lyf skiet. Hy voel hoe die sperms deur sy penis in die koppelbuis spuit van waar dit deur die kunsprik in Mira se wagtende vagina gepomp word. Die suiging van die vakuumpomp skaal stadig af maar hy kan die vibrasie van die rubberknop wat Mira se klitoris stimuleer nog steeds deur hul koppeling voel. Hy kan sien hoe haar gesig al hoe rooier word en dan hoor hy haar diep sug. Eers na ‘n minuut of so maak sy haar oë oop en gee ‘n wellustige giggel.
Laggend, en in ‘n waas van ekstase, tuimel hulle in ‘n wilde baan deur die ruimte. Beide moes van beter geweet het – jy kan vinniger weg van die son af beweeg as na die son toe. Sonlig verlig voorwerpe wat in die ruimte dryf maar die skadukant is gitswart en verdwyn teen die inkswart duisternis van die ruimte. As jy gelukkig is kan jy ‘n silhoeet van ‘n voorwerp teen ‘n sterreveld sien, maar andersins nie. In hul lawwe ekstase het nie een agtergekom dat beide se proksimiteitsensors nog steeds afgeskakel was nie…
Mira het gegil toe sy die slag voel. Jochi se gryparms was nog steeds styf teen haar aangeklamp en sy koppelbuis was nog steeds binne haar koppelopening geanker. Gelukkig vir haar het die kunsprik na Jochi se ekajulasie uit haar vagina teruggetrek anders sou die slag haar oopgeskeur het. Die slag het hulle van die stuk ruimterommel waarmee hulle gebots het, laat wegskram en nou tol hulle deur die ruimte.
In haar trukamera sien sy Jochi se oë wit omdop. Paniekerig probeer sy hom wakkermaak, maar sy besef dat daar iets ernstig fout is. Sy kry hulle tuimeling onder beheer en nou kantel sy hulle gekoppelde modules in die rigting van die ruimtestasie. Dit gaan moeilik want Jochi se kapsule blok die spuite van haar agterste manoeuvreringsvuurpyltjies Sy moet hulle twee se gekoppelde modules omdraai totdat sy met haar voorste vuurpyltjies hulle agteruit in die rigting van die ruimtestasie kan stuur. Terwyl haar noodligte flits saai sy die noodsein uit.
* * *
Die paramedic skroef die helmstuk af en stut Jochi se kaal kop liggies in die rubberkussing van sy linker gryparm. Met die veeldoelige regter gryparm maak hy Jochi se mond oop wat pienk oopsper om te sien of daar iets is wat sy lugweg moontlik versper voordat hy kunsmatige asemhaling kan toepas. Gelukkig het Jochi nie soos sommige mense rudimentere tande nie en dit vergemaklik die prosedure wanneer die paramedic die respirasiebuis deur Jochi se slap mond in sy keel afdruk.
Behendige bewegings van die paramedic en sy assistent knip die ingeduikte module rondom Jochi se liggaam oop. Die hulsel split oop en Jochi se lyf peul met ‘n suiggeluid half uit die rubber stutkussings wat vir jare sy volwasse lyf in posisie gehou het. Die flitsende ligte van die mediese module weerkaats op die antiseptiese smeerjel wat sy wit, deursigtige vel bedek. Die paramedic sê sy assistent aan om Jochi se module se pote vas te gryp terwyl hy Jochi se lyf onder sy dun armpies vasklamp om sy bene uit die onderste deel van die module te trek. Mense se geatrofeerde bene kom in allerhande vorms vanaf lang beenlose aanhangsels tot vleisknoppe met toontjies, maar in Jochi se geval was daar twee klein beentjies van omtrent 30 cm lank en dit was maklik om die wit worsagtige lyf uit die gebroke kapsule te trek.
“Opruimspan staan by!” kom dit oor die luidsprekers in verskeie kopstukke. ‘n Skerp suiggeluid volg en die buise, wat vir dekades binne Jochi se rektum en blaas ingeplant was, trek morsig uit. Uriene en drek spuit in geel en swart wolke uit sy bloederige openinge wat die opruimspan dadelik met vakuumbuise begin opsuig voor dit oor die oppervlaktes smeer of deur die ventellasieroosters ingesuig word.
Mira het nog nooit ‘n volgroeide mens sonder sy module gesien nie en sy staar snikkend na Jochi se liggaam wat hulle nou op ‘n draagbaar vasmaak. Die maatskaplike werker in ‘n wit kapsule klamp vriendelik maar ferm aan Mira se oranje kapsule vas en lei haar weg. Mira gee diep snikke, maar in haar hart is daar ‘n warm gevoel – oor ‘n paar maande gaan sy geboorte aan ‘n werpsel babas gee. Mense kan sê wat hulle wil oor hoe lelik babas is, maar voor haar babas hulle hul eie modules kry, wil sy net hulle wit wors-lyfies stukkend druk van liefde en hulle baie baie soentjies gee! En sy sal een Jochi noem.
* Odd Nerdrum – 1999
Liewe Kombiekiehierleser,
En so kom ons toe uiteindelik by die einde van hierdie jaar. Vir die meeste mense was dit ‘n onaangename een wat ons liewer wil vergeet en ongelukkig lyk dit asof die nuwejaar nie veel beter gaan begin nie.
Soos elke jaar word dinge op Kombiekiehier en Kombiekiehier Vreesloos stiller in Desember. Na die eerste paar jaar het ek gesien dat lesers ook drasties afneem, dis die vakansie-maand vir almal.
Lus gaan egter nooit weg nie en soms word dit selfs meer in hierdie tye wanneer groter dele van lywe met minder klere aan te sien is. 😉
Daarom sal ek (en ander van ons skrywers) die vakansie so bietjie aanhou skryf sodat daar stories is om Januarie weer groot te kan begin.
Ek gaan almal se lidmaatskap met so twee weke verleng om op te maak vir die stadiger Desember.
Baie, baie dankie vir diegene wat my deur die jaar aanhou ondersteun het met stories, deur lidmaatskap te koop en soms met donasies. Julle is wonderlik.
Kombiekiehier skuif al nader aan ons tiende verjaarsdag. Nog twee jaar. Ek beplan om daar te wees – ek hoop jy ook.
Geseënde Kersfees en belustige nuwejaar vir almal van julle.
Mag 2021 met ons almal sagter, maar meer sexy wees.
Met lus en liefde
Annelise
deur Geriatrix
Lees vorige episode HIER
My naam is Belinda en ek het in my storie vertel van die keer toe ek ‘n familiefees op ‘n plattelandse dorp moes bywoon en hoe ‘n ou balie my gevry het. Ons is so ses of sewe professionele dames wat almal saam werk en ook in die openbare oog is; so ons doen en late beland maklik in die koerante. Goed, ons is nie meer piepkuikens nie, maar darem nog ver van aftree af – ons is so in die middel veertigs en wat ons almal gemeen het, is dat nie een van ons ‘n vaste verhouding het nie, laat staan nog getroud is. Van ons was al getroud of in verhoudings, maar dit is seker as gevolg van ons skeppende geaardhede dat ons nie gebind wil wees nie.
Toe ek die Maandag by die werk aankom, kyk die een kollega my so en sê: “Jong jy lyk of jy die naweek behoorlik gespyker is! Jy kan nie die glimlag van jou bakkies af kry nie en jy gloei nou nog.”
Toe vertel ek haar van die ou balie wat my van hoek tot kant en kant tot hoek gevry het maar self nie tot enigiets in staat was nie. “So ‘n ou is maar skaars, want gewoonlik is al wat hulle wil doen om so gou moontlik binne in jou te kom en dan op sy rug te rol en verder te slaap.”
Ons het oor die ou balie gepraat en onvermydelik het van die ander kollegas ook aan die gesprek begin deelneem – hulle wou presies weet hoe die ou balie my gevry het, wat hy gedoen het, hoe lank hy wat gedoen het en ek weet nie wat nog als nie. Die werk het gewag en ons het daarmee
aangegaan en van die ou balie vergeet. Tot eendag so vier of vyf maande later toe een van die jonger kollegas, Betsie eers Dinsdag by die
werk opdaag – dik de moer in en met ‘n afdraand gesig waarmee jy kan toor. Sy het juis die vorige Donderdag vroeg geloop want sy sou saam met een van die nuwe sterre aan die hemelruim ‘n naweek van ongebreidelde passie (sy woorde nie hare nie) gaan geniet. Sy het vir ons sy fotos gewys
en hy is regtig gebou soos min mans kan dink, sy sespak is plat en sy gevreetjie is tog te pragtig.
Vertel! Sy begin toe vertel, hulle is weg na een van die super luukse oorde waar jy absolute privaatheid geniet en die kos van die allerbeste is. Daar aangekom wou die jong Apollo sommer haar klere afpluk en spyker – geen voorspel, geen sagmaak met van die eksotiese skemerkelkies
waarvoor die plek so bekend is nie, nee reguit kamer toe en hy pluk sy klere af. Gedagtig aan die fotos wat sy gesien het en die lyf wat hy vertoon, het sy verwag dat hy minstens tien duim lank en amper nog groter in omtrek sal wees. Sy het spesiaal in afwagtig op hierdie monster rekoefeninge
gedoen en verseker dat haar poesie so ‘n meneer sal kan akkommodeer. Toe sy by die kamer kom, het sy gou eers weer smeermiddels ensovoorts gaan aansit. Hier staan Apollo voor haar – met ‘n ou pieletjie wat skaars drie duim lank is en so dun soos ‘n potlood is! Betsie erken nou sy moes seker nie gemaak het of sy ‘n vergrootglas soek om die ou grassprietjie te kan sien nie maar dit was al waaraan sy op daardie oomblik kon dink.
So, van die naweek van intense passie het daar absoluut niks gekom nie – hy wou een of twee keer probeer, maar sy het elke keer so gelag dat hy dit maar gelos het. Sy sê die kos was darem baie lekker, maar omdat meneer tot Maandag bespreek het, moes hulle tot Maandag bly. Gordyn oor res
van die storie.
Die kollega wat die eerste keer van my naweek met die ou balie gehoor het, vra toe of ek weet wat van die ou balie geword het? Ek was toevallig daardie naweek by die verlangse familie en hulle vertel my toe dat die ou balie eintlik so op die rand van my bedryf gewerk het en nou homself dood
verveel. Ons het toe juis ‘n amperse vakature vir die tipe persoon gehad en my senior vra toe of ons nie dalk die ou balie kan laat kom nie; hy kan met die werk help en dalk kan hy by geleentheid so ‘n bietjie met die vrysake ook uithelp.
Betsie, wat pas die fiasko met Apollo gehad het en ek het met die ou balie gepraat en hy was bereid om te kom. Sy het toe aangebied om hom te gaan haal, want sy moes werk in daardie omgewing gaan doen. Sy sou hom oplaai en dan kon hy sommer by haar oorbly, want sy het ekstra slaapplek.
Laat sy verder vertel: “Ek het die ou balie op hierdie plattelandse dorpie opgelaai en ons is toe terug na die groot stad toe. Hy was oorspronklik van die groot stad en het weens omstandighede op die plattelandse dorpie beland. Soos Belinda gesê het, hy het aan die rand van ons beroep gewerk en
dit was nogal duidelik dat sy effense kunstige aard hom soos ‘n seer duim op die platteland sou laat uitstaan. Die pad is nogal lank en ons het oor alles onder die son gepraat; naderhand vra ek hom oor die geleentheid wat hy Belinda so gevry het. As hy kon, sou hy onder die kar se sitplek ingekruip het! Eers alles ontken en soos ‘n boek toegeslaan maar toe ek hom presies die storie vertel soos Belinda dit vertel het, het hy begin ontdooi en dit later selfs erken.
Ek het ‘n kort rompie aangehad en soos ons gepraat het, het my poesie al hoe natter geword en my bene het oop gemaak. Jy moet onthou ek was pas terug van ‘n naweek van ongebreidelde passie saam met Apollo! Ek het die rompie opgeskuif en die ou balie dopgehou; hy het gekyk, maar niks
verder nie; sy broek het ook nie eers ‘n bultjie gemaak nie. Hy het blykbaar baie vir sy werk gereis en meteens sê hy vir my om by ‘n plekkie uit te draai – ek maak toe so en ons ry nog so ‘n kilometer of wat verder toe hy my vra om te stop. Hierdie plekkie was so ‘n opening in die bos maar iemand wat in die pad verby ry, sal jou glad nie hier sien nie. Ons klim toe uit die kar en skuif na die agterste sitplek toe – hy het amper presies net soos met Belinda te werk gegaan, my gesoen soos min ouens tot nog toe dit kon doen, sy hand baie stadig eers met my arms langs en dan in my nek, af na my pramme toe en die ander hand om my been. Jong hy weet hoe om ‘n bra af te haal! Selfs dit het gemaak dat ek gekom het – hy het my seker so ‘n uur of wat gevry dat ek nie weet waar ek is nie en ek het so veel keer gekom dat ek ophou tel het. En die hele tyd het hy sy klere aangehou! Sy ou voël het nie eers ‘n beweging gemaak nie!
Omdat dit laat begin word het, het ons terug geklim en begin ry. By die huis het ek hom in sy kamer tuis gemaak en hy het toe gaan slaap. Een van die ander kollegas het die volgende oggend die motor gebruik en toe sy terugkom was sy vol kommentaar oor ‘vlekke en kolle op die agterste sitplek wat
vir haar baie soos kom lyk’. Die ander het toe ook gaan kyk, geproe en bevestig.”
Toe Betsie ook haar storie vertel het, kon dit nie hoër of laer nie – die ou balie het nou twee poste, die een tydelik as ons assistent en die ander permanent – as die ou wat na al die vrouens se behoeftes moet omsien! Hy trek so van die een na die ander – volgens ‘n vasgestelde rooster! Hy sê
dit pas hom, want sy pensioen is nie baie groot nie en hy hoef nou vir verblyf te betaal nie. Ons praat na aanleiding van die term houvrou nou van ons hou-omie, hy sê hy gee nie om nie, want die hele wêreld is onderstebo. Omdat ek hom ontdek het, het ek eerste keuse op hom – ek moet eerlik wees, ek weet nie waar hy al sy tegnieke geleer het nie en ten spyte van Betsie se storie dat hy haar amper net soos vir my gevry het, is elke keer anders; jy kan nie voorspel wat hy volgende gaan doen nie. Met die dat hy uit die platteland is en weer tussen mense wat sy maniere verstaan, begin dit lyk of
hy amper weer man wil word. Betsie beweer dat sy al sy voël gekry het dat hy opstaan maar nie een van die ander het dit nog gesien nie – hy bly maar daar plat op die grond. Vra hom nou die dag of dit nie te erg is om sewe jagse vroue die hele tyd gelukkig te hou nie? Sy antwoord was dat hy net sy
hande, tong en verstand gebruik, die res is omstanders.
Vir die sewe van ons begin dit nou al amper in ‘n kompetisie ontaard; wie gaan die eerste wees wat die ou balie se voël regop kry en hom dan nog insit ook! Elke oggend is daar eers ‘n ‘vergadering’ waar die saak bespreek word, Betsie hou die notule. Maria kom een oggend blosend by die werk aan; die ou balie was die vorige aand by haar en sy wil bars van opgewondenheid. Haar broer sukkel ook met erektiele disfunksie en hy het ook alles onder die son probeer, van die vakuumpompie en inplantings tot wie weet wat. Die blou pilletjies het hy lankal gelos want dit help nie meer nie. Die broer het gehoor van een of ander behandeling wat ‘n Duitse dokter uitgevind het wat hom sal kan help. Haar broer het uitgevind hoeveel dit kos en het die nodige fondse bymekaar gemaak en ry oor twee weke Duitsland toe. Omdat ons almal professionele mense is, verdien ons goeie salarisse en tussen die sewe van ons het gou die nodige fondse om die ou balie ook Duitsland toe te stuur.
Alles is in plek, sy kaartjie is bespreek, die hospitaal is bespreek en ons moet nog net besluit wie hom lughawe toe gaan vat. Maandag 23 Maart sit ‘n klomp van ons en die ou balie en klets toe die pres die aankondiging maak – vanaf 27 Maart word alle internasionale reise opgeskort! Dit is nou al amper Kersfees en nog kon ons nie die ou balie Duitsland toe stuur nie – sal julle laat weet as iets gebeur. Maria se broer sit ook nog hier – hy kom darem so nou en dan vir lesse by die ou balie en dan demonstreer die ou balie op een van ons.
deur TipTop
Taalversorging en redigering deur Lusman
Die lewe is soos hekelwerk; jy sien eers na die tyd al die steke wat jy gemis het, dink Tommie by homself as hy die nanag inry. Hy het dikwels gesit en kyk hoe sy ouma hekel. Hy dink aan haar wyse woorde toe sy gesê het jy sien soms nie dadelik ‘n steek wat jy laat val het nie; jy sien hom eers as die werk klaar is. Sy gedagtes gaan oor hoe raak dit sy lewe beskryf. Want daar is ‘n hele klomp steke wat hy gemis het.
Tommie het pas sy vrou en telg by sy skoonmense se plaas in KwaZulu-Natal afgelaai en is nou op pad terug Pretoria toe.
Hy dink aan die situasie waarmee hy sit. Sy vrou dring daarop aan om elke skoolvakansie by haar ouers te kuier. Maar Tommie kan sy elektrisiënsbesigheid nie vier keer per jaar toemaak net om aan sy vrou se eise te voldoen nie; iemand moet op een of ander manier die rekeninge betaal.
Trou is sommer ‘n kak idee, dink hy by homself. Skoolvakansies, wanneer sy vrou nie tuis is nie, is vir hom hemels. Hy kan nie wag om alleen by die huis te wees nie. Hy trap die vet sommer ‘n bietjie dieper in.
Tommie dink terug aan sy lewe en gee ‘n lang sug. Hy is warmbloedig en nou is hy met The Ice Queen getroud. Fok, hoe kon hy dit nie vooraf raakgesien het nie? Hy is van voor af baie moerig vir homself!
The Ice Queen is die oudste dogter van ‘n gesiene boer. Sy was ‘n topskolier en ook topstudent … en dié girl in die distrik. Dié boyfriend en daai boyfriend was net nie goed genoeg vir haar nie. Hoe het hy met haar opgeëindig? het hy al telkemale gewonder.
Haar hele lewe lank het almal alles vir haar gedoen. Sy kon net haar vingers klap en Pappie maak dit gebeur. En sy verwag dat hy wat Tommie is ook moet spring. Haar moer. Hy werk sy gat af om alles betaal te kry. Sy wil nie in dié of daai buurt bly nie. Nee, dit móét dié een wees. En ‘n Volkswagen of Toyota is sus en so, daarom móét dit ‘n Range Rover wees.
Tommie dink partykeer hy moet haar suster spyker en seker maak sy vang hulle. En om haar mooitjies ‘n pit te druk, is hy bereid om sy besigheid te likwideer en homself te sekwestreer. Haar en vir SAID wil hy ‘n punt wys. Sy weet net nie van die ander strukture wat hy reeds in plek het nie.
Tommie se gedagtes gaan ver terug as die soel KZN-lug deur die oop venster van die voortspoedende kar deur sy donkerbruin hare speel. Hy dink hoe sy lewe verloop het. Sy gedagtes is so helder as kan kom as dit teruggaan na sy laerskooljare.
Tommie se seksuele ontwaking het op laerskool, op die stowwerige Vrystaatse dorpie waar hulle gebly het, al begin. So in standerd 4 rond het hy al begin natdrome kry. Hy kon hom verkyk aan die haartjies wat daar onder uitgekom het in die tyd wat sy voël soms styf begin word het.
In standard 5 het sy voël sy kombers soggens soms goed laat tent. Hy onthou hoe lekker dit was om hom dan in die hand te vat en met hom te speel – en dan te sien as daar ‘n rukkie later so ‘n wit vloeistof verskyn.
So teen die einde van standerd 5 het hy skelm-skelm ‘n Scope daar by die Griek op die hoek gaan koop. Gou het sy saad langs die toeplak-sterretjies oor die tiete van die model op die middelblad neergeplons.
Tommie het sy pel Mauritz genooi om saam met hom draad te trek in die veld agter hul huis. Mauritz was bra onwillig, maar het so halfhartig sy eie stok saam gestreel toe hy sien hoe Tommie syne in die hand vat en dit op en af streel.
Na sy eerste paar skommels was daar geen keer aan Tommie nie – sy voël was altyd lus vir ‘n bietjie vat en pluk! Behalwe die kere dat sy kom groot blertse op verskeie plekke in sy kamer gemaak het, het dit soms op die snaaksste plekke beland. Soos eenkeer teen die stam van ‘n soetdoringboom en die ander keer in ‘n springhaasgat in die veld. Hy kon nie genoeg eksperimenteer met die lyfsous wat so kwistig kon uitboog by daardie spleetjie van sy stywe orgaan nie.
Die hoërskool in die Vrystaatse dorpie waar hulle gewoon het was nie goed genoeg nie, het sy pa gereken. Die groot skool in die stad, nie ver van die dorp nie, was beter. Pa was immers ook daar. Dus het Tommie en sy susters die lewe as koshuisbrakke gevoer.
Sy koshuiskamermaat in standerd 7, Marius, was ‘n nuwe kind van ‘n ander dorp. Marius was in standerd 9 en het elke week ‘n vars Scope koshuis toe gebring. Hy het vertel hoe hy die naweek die meisies se poesies “opgenaai” het. Tommie het nou in die Scopes, wat hy by Marius geleen het, oorvloedige draadtrekmateriaal gehad. En hy het lekker skommelend gefantaseer oor die meisies waarvan Marius vertel het. Hy het gewonder wanneer sy dag gaan kom dat hy ‘n poesie kan “opnaai”.
In standerd 8 het Tommie eendag in die wiskundeklas onder die tafel ‘n dratie gekap. Net toe hy op fyndraai gekom het, het daai fraaie juffer hom ‘n vraag gevra. Hy het vandag geen idee hoe hy uit daai een gekom het nie.
In sy matriekjaar was daar so ‘n paar kinders van hul dorpie saam in die koshuis. Hy was maar altyd ‘n buitestander. Jy weet, as jou pa nie 10 000 hektaar beplant en elke ses maande ‘n nuwe Benz uittrek en ‘n kasteel in Jeffreysbaai het nie, is jy ook niks. Gelukkig het die buurdorpkinders nogtans so half uitgekyk vir mekaar en was hy darem nie heeltemal vreemd vir hulle nie.
Met sy lang rugbysenter-lyf, sy bruin oë en sy donkerbruin hare was Tommie nogal in aanvraag by die meisies. En wat die meeste van hulle nie weet nie, dink Tommie op ‘n kol, is dat sy voël ontwikkel het tot een wat vir niks skrik nie. ‘n Volle 19 cm lengte en ‘n omtrek wat min meisies se hand sal kan omspan, het gepryk as hy hom voor die spieël in sy kamer gestaan en pluk het.
Daar was veral die een standerd 8-girl wat sy oog gevang het. Katryn was niks spesiaals nie, maar het sex appeal gehad; so ‘n onderliggende jagsheid wat subtiel uigestraal het.
Een aand met die studiebreek gryp Katryn Tommie aan sy arm en sê hy moet saam met haar loop om te gaan rook. Jy weet mos van skelm rook op skool! Daar by die kriekettelbord het hulle vinnig gerook terwyl sy voor Tommie gaan staan het, haar rug teen hom.
Tommie is in sy noppies met die meisie wat so teen hom aanleun. Hy sit sy arm om haar lyf en vryf speels oor haar maag. Sy vly haar styf teen sy lyf aan, haar boude drukkend teen sy voorkant. Hy voel hoe iets hards in sy broek teen haar boude begin druk. Versigtig gly sy hand opwaarts, tot oor haar borste. Sy laat hom begaan. Dan gly sy hand weer af oor haar maag, al laer oor haar hokkierompie. Uiteindelik is dit op haar vy onder die rokkie. Op en af vryf hy die vrug warm deur die voorpant van die rokkie. Dan kan sy dit nie meer hou nie. Sy draai om en begin hom soen.
Hulle vry vuriglik. Hulle verken mekaar se lywe. Sy hand glip onder die rompie in en hy begin vryf haar klam vrug deur haar broekie. Sy kreun van die lekkerte. Dan het Katryn sy slang in sy broek beet. Sy vryf dit deur sy broek. Die klok wat die einde van die studiebreek aankondig, lui skril. Hulle moet alles los.
Daar was nie ‘n herhaling van die besondere aand met Katryn nie. Hy moes seker die naweek by haar gaan kuier het, dan kon hy dalk nog baie dinge met daai lekker vytjie gedoen het, het hy baiekeer gedink.
Hy het egter die geleentheid gemis. Dit was een van die eerste steke in die hekelwerk van sy lewe wat hy laat val het, dink Tommie terwyl hy op die spoedmeter kyk of hy nie te vinnig ry nie.
(Lees volgende episode HIER)
Namio Harukawa, ‘n Japanese fetisj-kunstenaar, is vroeër vanjaar oorlede. Hy is bekend vir sy sketse van wulpse vroue met groot borste en boude en bene wat kleiner, ondergeskikte mans domineer. Die meeste van sy werke beeld vroue wat op mans se gesig sit, uit, maar hy het nie van ander seksuele onderwerpe af weggeskram nie.
Die vroue in sy werke word meestal ontspanne uitgebeeld – besig om boek te lees of ‘n sigaret te rook terwyl ‘n man onder hulle wriemel.
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
Darius sit op die boonste trappie van sy voorstoep. Dis amper skemer. Sy bruingebrande voorarms rus op sy knieë terwyl hy ‘n klein ratjie tussen sy vingers draai dat dit tol. Hy’t sy werkstewels uitgetrek en dit staan langs hom op die trappe. Sy tone kriewel behaaglik om vry te wees na 12 ure in die boots sonder sokkies. Hy was heeldag óf op die lande óf in sy werkwinkel. Hy het sy kakiehemp ook uitgetrek en dit hang oor die stoepreling.
Fok, hy’s moeg! Hy wil gaan koffie maak, of beter nog, ‘n lekker dop skink. Sy aandag word egter afgetrek deur ‘n beweging op die netjiese grondpad wat oplei na sy huis vanaf die hek, sowat 500 m ver. Hy staan op en beskadu sy wenkbroue met die een hand om beter te kan sien.
Dis iemand wat opgestap kom, na die huis toe. Maar die kop is omlaag onder die bruin hare en hy kan die persoon nie in die skemer eien nie. Wie dit ook al is, die persoon is geklee in ‘n pak klere. Darius lig sy oë hek se kant toe en sien ‘n geel Volkswagen-Kewer daar geparkeer.
Die persoon is nou al heelwat nader en Darius begin met die stoeptrappies afstap om, wie dit ook al is, welkom te heet. Hy sien nou aan die fyn gesig dat dit ‘n vrou is. Hulle kom albei amper terselfdertyd by sy klein hekkie aan.
“Middag … of word dit al aand?” kom dit van die pragtige gesig met ‘n verleë laggie en met blou oë wat in sy bruines inkyk. Die gesig is effe breed vir ‘n vrou s’n, maar die pragtige wit tande in die wye, gul mond vergoed daarvoor. Hy merk nou dat die hare eintlik gemmerbruin is en dat daar sproete op die wipneusie is.
Sy bied haar hand oor die hekkie aan met: “My naam is Emma Steyn.” Die tassie wat sy in haar linkerhand gehad het, het sy neergesit.
“Ek’s Darius,” sê hy terwyl hy haar hand in syne neem met die regterhand en ‘n laggie gee. Sy beantwoord dit met ‘n glimlag terwyl sy sy sterk hand skud.
Sjit, wat ‘n mooi man, flits dit deur haar brein! Sy’t met die eerste oogopslag sy kaal, gespierde bolyf en mooi bene met die groot voete raakgesien. En toe sy sterk, hoekige gesig onder die swart hare met die skerpkykende bruin oë.
“Waar’s my maniere?” sê Darius verskonend terwyl hy die hekkie oopruk. “Kom binne, kom binne! Anders staan ons oor die hek en praat soos volk.”
“Stap vooruit, al met die paadjie langs, tussen die kannas deur … tot by die voorstoep. Kan ek die tassie vir jou dra?”
“Toemaar, dankie. Hy’s nie swaar nie.”
Hy stap agterna wanneer die hekkie weer op knip is. Hy wonder wat soek sy. Dis nogal ‘n mooi vroumens, dink hy.
By die stoeptrappies vlieg hy voor haar in. Hy raap sy stewels en hemp op en wag bo, op die stoep, vir haar.
“U kan hier op die stoep sit, of binnekom. Ek wil net gou hierdie gaan bêre,” sê hy terwyl hy na die stewels en hemp in sy hand beduie.
“Dis effens koel vir my; kan ons binne sit?” vra Emma voordat hy die huis ingaan. Sy klink skamerig.
Hy knik. Met ‘n glimlag kantel hy sy hoof voordeur se kant toe en stap vooruit.
Wanneer hulle die knus sitkamer betree, beduie hy na ‘n diep, gesellige rusbank. Met “Ek’s nou terug,” verdwyn Darius êrens in die huis in.
Emma sak diep in die sagte rusbank in. Dit voel vir haar of die moeg sommer ook in die bank in verdwyn. Sy leun terug met haar hoof agteroor. Sy sluit haar oë vir ‘n oomblik en knyp die brug van haar neus by die wenkbroue tussen voorvinger en duim vas. ‘n Dreigende skeelhoofpyn huiwer …
Darius steek in die opening van die deurkosyn vas wanneer hy terugkeer en haar kop agteroor sien op die rusbank, haar vingers oor haar oë.
“Voel u orraait?” wil hy weet.
“Ja wat.” Sy kom weer orent. “Seker maar net ‘n bietjie moeg. Dankie dat u vra.”
Wanneer Darius oorkant haar gaan sit, sê hy: “Ek wou reeds noem dat, siende dat dit al byna donker is, u welkom is om hier te oornag. Die dorp is nog ‘n vyftig minute se ry van hier af.”
Emma kyk in sy oë voordat sy antwoord. “Dankie, ek sal dalk moet. Want my Volksie het viervoetig vasgesteek en wil nie verder nie. In die donker kan mens nie eers kyk waar’s die fout nie!. Gelukkig het ek darem my toiletgoedjies in hierdie tassie. Ek wou dit nie in die kar los nie.” Sy lag verleë.
“Ek sal more gaan kyk. U is seker al honger ook. Ek gaan gou iets aanmekaarslaan vir ons.” Hy staan op.
“Baie dankie. Kan ek help met iets?” vra Emma.
“Nee wat. Stap met die gang af en die eerste deur aan jou regterkant is vir gaste. Daar’s ‘n bad en ‘n vars opgemaakte bed. Gaan ontspan … wat ook al. Daar is japonne agter die badkamerdeur. Ek sal u roep as ons kos reg is. U eet wors en eiers?”
“Graag … U is baie gaaf, is dit nie moeite nie?”
Hy skud sy kop. Sy stap in die gang af.
***
Emma neem met goedkeuring die pastelskakerings van die slaapkamer waar. Die mure, die mat en die beddeken is almal in nuanses van ligpers, grys en pêrelpienk gekleur.
Sy gaan sit op die bed en skop haar skoene uit. Die matras is net reg, nie te sag of nie te styf nie! Sy laat haar bolyf terugval. Salig! Emma kom egter weer orent; haar gasheer roep dalk nou-nou vir ete.
Na sy heerlik gebad het, vou sy haarself in die knussige pluiswol-japon in. Sy’t net haar pêntie weer aangetrek. Sy vee haar haarborsel deur haar hare voor die spieël toe daar ‘n kloppie aan die kamerdeur is.
Emma spring op, maak die gordel van die japon bietjie stywer vas en stap deur toe. Sy maak oop. Darius staan daar geklee in ‘n geel visnet-hempie met ‘n kortbroek. As sy afkyk, sien sy hy is kaalvoet! Daai voete! Sjit, en hy het die mooiste buikspiere! dink sy as haar oë weer opgaan na sy bolyf.
“Jy kan kom eet as jy wil,” nooi hy haar glimlaggend.
Sy sien hoe hy haar, in die kort japonnetjie, vinnig op en af bekyk.
“Dankie, ons maak so,” antwoord sy en stap vooruit, haar kaal voete sag skuifelend oor die vloer.
Goeie hel! Sy’t die mooiste bene! flits dit deur Darius se brein. Hy voel ‘n klopping in sy meneer in sy broek!
Hulle het soos ou vriende gesels tydens hul ete. Sy’t uitgebrei oor haar kennis van versekering, wat vir haar ‘n roeping is. Hy’t gesels oor sy plaas en sy liefde daarvoor.
Emma wou help opruim, maar hy’t net gesê: “Los dit vir die huishulp, môre …”
‘n Oomblik later vervolg hy: “Ek neem altyd ‘n likeurtjie op my stoep na ete. Wil jy ook een neem, of eerder gaan slaap?”
Sonder om te antwoord, maar met ‘n glimlag wat sy na sy kant toe gooi, stap sy uit stoep toe. Sy gaan sit op die divan. Die stoep is donker, buiten die ligbaan van binne die huis deur die oop deur.
Emma sien die ligbaan verdonker as Darius te voorskyn kom met twee kelkies in sy hande. Hy gaan sit langs haar nadat hy haar glasie vir haar gegee het.
“Op jou Volksie môre!” lag hy en klink glasies met haar.
Emma ruik sy sterk lyf langs haar en voel ‘n hoendervleis op haar arms. Dis asof ‘n vasgehokte dier hier by haar asemhaal.
“So met jou wat alleen hier bly, Darius, het jy al aan trou gedink? Mens het mos maar iemand nodig op ‘n plaas, vir allerhande goed – en geselskap, verskillende soorte geselskap.
Darius wonder wat sy bedoel met “verskillende soorte geselskap”.
“Ja, ek was verloof. Maar Truida kon nie, of wou nie, aanpas op die plaas nie en is vort, terug stad toe. Dit was sowat ‘n jaar terug … ”
Hy sien Emma sluk diepdenkend aan haar likeurtjie. As sy na hom kyk, weet hy nie of dit uit simpatie of uit verligting is dat hy nog ‘n vrygesel is nie.
“En jy? Is daar iemand in jou lewe?” Hy plaas sy leë glasie op die vloer langs hom neer.
“Nee wat, omdat ek weens my beroep so baie uithuisig is, is daar nie kans vir ‘n vaste verhouding nie.” Sy lag saggies en ledig haar kelkie.
Sy hand omsluit skielik hare om die glasie te neem. Sy kyk op na sy gesig.
“Dis soms maar swaar sonder ‘n vrou. ‘n Man het maar sy behoeftes,” sê Darius filosofies.
“Moenie ons vrouens by daai wysheid van jou uitlaat nie.” Emma kyk betekenisvol vir hom terwyl sy dit sê. Vir ‘n oomblik ontmoet hul oë meer intiem as nog ooit tevore vanaand.
Haar glasie nog steeds in sy linkerhand, gaan sy ander hand agter om haar hoof. Stadig trek hy haar mond na sy lippe toe.
Kortstondig kap Emma se gewete teë. Maar die drif en drang in sy lippe en tong oorrompel haar. Emma se tong soek-soek teen sy verhemelte.
Sy regterhand is skielik binne die kraag van die japon en op haar skouer. Sy voel hoe die japon heeltemal oopval as sy vir ‘n oomblik haar gesig van syne wegtrek. Albei haar hande gaan om sy nek. Dan kom haar gesig weer nader. Sy dwing sy mond om haar oor te neem as sy regterhand weer na haar agterkop gaan en haar nadertrek.
Darius voel sy behoefte oorneem. Die glasie spat in skerwe spat op die stoepvloer as hy haastig sy linkerhand vrymaak en dit na haar regterbors bring. Hy begin haar sagte bors te druk, tot hy haar tepel voel. Sy penis is kliphard in sy kortbroek en klop van lus. Hy lig haar pram op en laat sak sy kop sodat hy die stokstywe tepel in sy mond kan neem. Dit proe soos ‘n druiwekorrel wat net moet oopbars.
“Ag tog … ag tog,” hyg sy. Haar hande soek van pure lekkerkry oor sy visnet-top na vashouplek. Sy laat sak haar hande en pluk die hemp aan die onderkant op en trek dit na bo oor sy lyf. Hy lig sy arms om haar die kledingstuk behoorlik te laat verwyder. Die hemp val op die vloer … êrens.
Hy staan op en trek haar saam op aan haar lyf. Hy beduie vir haar dat hulle eenkant toe moet staan, om van die glasstukkies op die stoepvloer weg te kom.
As hy weer voor haar staan, stroop sy hande die japon van haar skouers af. Sy laat toe dat dit op die vloer val, sy nou skamel in haar pienk broekie alleen.
Darius trek sy kortbroek af en met ‘n buk klim hy daaruit en gooi dit eenkant toe. Asof sy kortbroekverwyderende gebaar ‘n antwoord nodig het, begin Emma die pêntie met haar hande ondertoe werk. As die eerste van haar skaamhaartjies bo die rand verskyn, buk Darius weer. Met heelwat groter spoed as wat sy gehad het, trek hy die pêntie af tot op haar voete. Hy help haar om daaruit te stap.
Met die afbuigslag het hy haar opgeswelde vrug met ‘n klossie hare aan die bokant van naby gesien. Wanneer laas het hy so ‘n mooi gesig gesien? wonder hy vir ‘n oomblik.
Wanneer Darius weer orent staan, staan sy stok regop in die lug. Dit troon trillend byna teen sy maag op, so volmaak is sy ereksie.
Emma sien sy manjifieke trul vir ‘n oomblik voordat sy haar arms oplig, teen hom kom staan en hom openlik nooi om haar te neem.
Darius kyk na die vol, ronde, opgehewe tiete en die fris bobene met die driehoek tussenin. Sy arms gaan om haar onderlyf. Hy tel haar op met sy hande om haar onderboude. Haar bene vou dadelik om sy middel. Haar arms gaan weer om sy skouers en sy suig-suig teen sy nek op met toe oë. Hul monde vind mekaar wellustig.
Dan voel sy hoe hy haar teen sy lyf laat afsak, die heuwel en lippies van haar moemfie heerlik afglyend teen die spiere van sy buik – daai blokkiespiere! Sy voel hoe hy haar onderlyf ‘n entjie van hom wegdruk en effe van links na regs beweeg, totdat sy peniskop sy teiken vind. Dan voel sy hoe sy penis heerlik in haar begin ingaan soos Darius haar stadig verder laat sak.
Darius voel haar neerbewegende skede stadig om sy voël vou. Dis soos goue olie wat hom balsem.
“Jissie,” roep hy uit as hy haar nie verder kan laat sak nie. Dit is nou tyd vir aksie. Met sy bekken wat stadig vorentoe en agtertoe begin skarnier, terwyl sy hande onder haar boude haar lyf in pas daarmee op en af laat gaan, laat hy sy penis met egalige hale in en uit beweeg.
“O, Darius!” prewel sy. Die bietjie pyn van sy groot swingel verander in suiwer plesier as sy, met haar dye styf knellend om sy middel, saam met hom begin beweeg. Met haar binnedye ryend op sy heupe, swaai haar onderbene wild op en af soos haar afwaartse oorglyhale sy opwaartse steekhale elke keer ontmoet.
Hy ry haar hard, sy vingers in haar boude ingrawend soos hy haar toelaat om op en neer te gaan terwyl hy sy flink teenstote van onder af gee.
Emma se borste klap-klap teen Darius se bors soos hul fanaties naai. Dan voel sy haar klimaks opstoot van êrens binne haar. Sy ontplof in orgasme. Haar koekwande knel sy horing vas asof sy dit wil melk, terwyl haar lyf woes teen hom ry.
Deur op te hou stoot, slaag Darius daarin om sy orgasme ‘n bietjie langer teë te hou. Maar omdat hy so lanklaas gesteek het en Emma so teen sy lyf tekere gaan, voel hy nou die bekende opstoot van die kom in hom!
Hy lig Emma van hom af en gryp sy voël vas, sodat dit nie weer in haar ingaan nie. Want hy weet nie of sy beskermd is nie. Sy sak op haar knieë neer voor hom, gereed om sy blinkgenaaide orgaan in haar mond te neem. Maar dis ietwat te laat vir orale plesier. Terwyl haar onderlyf die laaste stuiptrekkings gee van haar klimaks – haar heupies vorentoe en agtertoe rukkend – skiet sy piel straal na straal oor haar gesig. Met neus, wange en wenkbroue geelwit beblerts, kyk sy vervaard maar hoogs tevrede op na hom.
Wanneer sy sien dat hy die laaste bietjie wil uitpers, neem sy sy hand weg met hare.
Sy vou die lippe van haar mond om sy voël. Sy proe die laaste bietjie kom in haar mond en suig en drink dit in. Sy rol sy akker in haar kieste. ‘n Rilling gaan deur haar lyf van pure genot as sy sien hoe hy dit, met sy oë toe, waardeer.
As sy uiteindelik haar mond van sy penis wegtrek, plaas Darius sy hande saggies op haar hare. Hy buk dan en trek haar liggaam op teen syne.
“Dankie, ek het dit nodig gehad,” prewel hy tussen haar hare.
“Ek ook,” sê sy saggies en rus haar wang teen sy bors. “Dankie vir Kewers wat gaan staan.”
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Ons regering het stelselmatig die koronaviruspandemie-inperkings begin verslap en Sandra se pa het ook meer toegeeflik begin raak. As universiteitstudent wat tydens vakansie weer tuis is, word ek selfs toegelaat om daar te gaan koffie drink. Dit is seker so twee dae nadat sy so vinnig van my foonskerm verdwyn het en ek nog niks weer van haar gehoor het nie. Ek kry toe vanoggend ‘n boodskap wat my nooi vir koek en tee so teen 11-uur se kant.
Ek laat weet ek is afgevaardig om vanoggend gras te sny en vra of ek dit dalk so teen tweeuur kan kom geniet. En dalk eerder as tee, ietsie kouds? suggereer ek.
Ek kry die duim-in-die-lug-teken terug. Ek vlieg op; ek sal my gat moet roer as ek die gras voor die afspraaktyd klaar gesny wil hê.
Ek begin op die sypaadjie en dan beweeg ek na die voortuin. Gelukkig is die voorste gedeelte klein. Ons huis is naby aan die straat geleë, sodat die agterste gedeelte groot speelplek vir ons kinders kon wees. Ma het die voorste tuin pragtig gehou met potte en blomme en ‘n fonteintjie, maar agter was dit net een groot grasperk met koeltebome aan die kante.
Teen 11-uur is ek klaar met die voorkant en dan skuif ek om na agter. Teen dié tyd is ek al lekker warm gesweet. Ek pluk my hemp uit om effens af te koel. Ek oorweeg dit om vinnig in die swembad te spring, maar besluit dan dat ek eers ‘n entjie verder gaan sny en dan sal afkoel.
Wanneer ek die tweede baan se einde bereik, biep my foon in my broeksak. “Dit lyk goed!” sê die boodskap van Sandra. Ek kyk na die kamervenster van die huis nie ver van hier nie. Daar sit sy op die vensterbank met haar bene wat uithang. Sy het ‘n kort geblomde rokkie aan met ‘n lae halslyn. Selfs van ver af kan ek sien dat sy haar bates ten beste vertoon. Op slag spring my horing regop.
“Roer jou gat!” skree sy oor die muur vir my. Dan wikkel sy terug in haar kamer in.
Ek spring weer aan die werk. Wanneer ek die sesde baan klaar gesny het, sien ek sy is terug op die vensterbank. Sy sit al weer en kyk na my. Wanneer sy sien ek kyk, maak sy haar bene oop. Ek is seker ek sien geen onderklere nie.
“Die tee word koud,” skree sy en ek is seker sy verwys na iets anders in kodetaal.
Nou begin ek teen ‘n drafstappie sny. Ek het skoon vergeet ek wil deur die swembad vlieg as ek halfpad is. Met elke draai sien ek hoe Sandra my nog steeds sit en my dophou. Partykeer flêsj sy vir my haar koekie en soms ‘n tiet, maar meestal sit sy net en kyk. Ek wil eers selfbewus voel omdat ek niks van my lyf kan terugwys nie, maar besef dan dat sy weet dat ek redelik goed gebou is. En ek maak nog steeds tyd vir oefening, ten spyte van die virusregulasies.
Wanneer die laaste strook gras klaar is, maak ek die masjien dood en bêre gou alles waarmee ek besig was.
Dan besluit ek om tog maar vinnig in die swembad te spring, eerder as om te stort – voor ek skoon sal aantrek vir my afspraak.
Aangesien my ma ‘n pynlik netjiese vrou is, is daar langs die swembad ‘n kas waar al die swemhanddoeke en swemklere gebêre word. Soos die geluk dit wil hê, is my swembroek nie in die kas nie. Ek besluit om sommer kaal in die water te duik. Daar is niemand by ons huis nie en ek verwag my ouers eers na vyf tuis; dus kan ek laat waai.
Wanneer ek my broek en onderbroek uittrek, sien ek dat daar al ‘n groot nat kol sit soos sy my opgewerk het met haar geflêsjery. Hopelik ontplof my ballas nie voor ek vanaand bietjie kan ontlaai nie, dink ek terwyl ek die swembad nader.
Ek voel fris en vars na die vinnige swem. Vinnig droog ek af en hardloop dan handdoek om die lyf kamer toe om skoon aan te trek. Ek spuit onderarmgoed aan en splêsj ook lekkerruikgoed elders aan.
Ek stap dan deur die tuinhekkie na Sandra-hulle se huis. Wanneer ek die tuinhekkie agter my toemaak, gee die gedagtes aan ‘n paar aande terug se vinnige ontmoeting met Sandra my sommer weer ‘n pielstyfte. Ek moet vinnig aan tannie Saartjie met die snor se groot lyf in ‘n bikini dink om te verhoed dat ek met ‘n tent, in plaas van voorlangs ‘n plat broek, by Sandra-hulle aankom.
Nog voordat ek by die trappe kan opklim om by die voordeur uit te kom om die klokkie te lui, word ek geroep. Sandra wink vir my van die hoek af dat ek agtertoe moet gaan. Hulle huis het ook ‘n groot agterste werf waar haar pa vir haar en haar boetie ‘n groot klimraam gebou het toe hulle nog klein kindertjies was. In die middel van die klimraam is daar ‘n sandput en bokant die put hang twee swaaie.
Sandra sit alreeds op die een swaai en wink my nader. Sy hou twee bordjies met koek vas en gee vir my die een wanneer ek by haar kom.
“Welkom vreemdeling,” word ek gegroet. “Sit en maak jou tuis, ek sal nou gaan koeldrank ingooi. Eet eers jou koek.”
Die woorde klink meer soos ‘n uitnodiging om haar koek te eet, maar ek gedra my en eet die sjokoladekoek met room en kersies wat sy my aanbied.
Nadat ek my stuk geëet het, vra sy of ek nog koek wil hê.
Natuurlik is ek soos enige ander jong man permanent honger en antwoord onmiddellik: “Ja, asseblief.”
Sandra antwoord dat sy gou koek gaan haal; ek moet sommer hier wag. Dit is heerlik koel hier onder die groot bome. Sy het spesiaal die grond natgespuit sodat die koelte kan opslaan.
Sandra kom terug met twee glase vol koeldrank waarvan sy een vir my aangee. Sy begin teug aan die ander een as sy weer haar plek op die breë houtbankie van die swaai ingeneem het. Wanneer sy sit, vra ek haar of ek dan nie nog ‘n stukkie koek kry nie – sy het mos aangebied. Sy antwoord dat dit vir my wag; ek moet net mooi op my knieë voor haar kom kniel en mooi vra.
Ek dog dit is bietjie simpel van haar, maar as sy dan lus is vir speletjies sal ek maar saamspeel. Want die koek was wragtig lekker gewees. Wanneer ek voor haar op my knieë gaan staan, is my kop net mooi die hoogte van haar onderlyf. Ek kan so effens onder haar kort rokkie insien.
Plegtig vra ek in my beste Shakespeare-stem of ek asseblief waardig genoeg is om nog ‘n happie van haar heerlike koek te mag kry.
Sy smaail en dan trek sy haar rok oop sodat haar koek reg voor my oop blom. Sy het wragtig nie ‘n pêntie aan nie en die blink drade van haar lus maak speekselagtige strepies teen haar binnebene. Ek laat my natuurlik nie twee maal nooi nie en lê weg aan haar ryp vrug.
Terwyl ek besig is om die kante van haar koekie te verken, met my tong al langs haar buitelippe se rande langs, vertel sy my wat nou die aand gebeur het. Haar ma het ons amper betrap met ons gesamentlike masturbasie oor ons slimfone. Dié dat sy so vinnig die foon afgeskakel het. Sy het gedog hulle slaap al lankal toe sy my die boodskap stuur dat ons saam moet speel. As die vloer nie gekraak het toe haar ma aankom nie, sou sy beslis gesien het waarmee ons besig is. Ek’s net so verlig soos sy, want dan sou ek nooit hierdie geleentheid gehad het nie, dink ek.
Ek luister so met die een oor, maar al my aandag is by die lekkerte hier voor my.
Dan proe ek, eienaardig genoeg aan haar koek, weer die sjokoladekoek van netnou se room. Wanneer ek vraend opkyk, vertel Sandra my dat sy van die room in haar ingespuit het toe sy ons koeldranke gaan haal het.
Nou is daar geen keer meer aan my nie. Terwyl ek die swaai se sitbankie weerskante vashou, druk ek my tong so diep in haar in as wat ek kan, om die binnekante van haar te verlos van die spuitkannetjie-room. Ek kan hoor dat sy dit geniet. Dan sit ek ‘n vinger by om seker te maak ek kry alles uit haar uit.
Ek kan hoor hoe Sandra al weer vinnig op pad is na ‘n orgasme en besluit ek sal alles in die stryd werp om dit vir haar lekker te maak. Wanneer sy sulke klein gilletjies los, weet ek sy is besig om die pieke van lekkerkry te bereik. Ek wonder waar haar ouers is.
Asof Sandra gedagtes kan lees, vertel sy my dat ek vinnig van my klere ontslae moet raak en haar nou moet spyker. Sy verwag haar ouers oor ‘n halfuur terug. Hulle is al lankal dorp toe om die maand se negosieware te gaan aanskaf. Dan sou hulle iets saam gaan eet het voor hulle weer huis toe kom.
Terwyl ek haar nog ‘n laaste paar lekke aan haar poesie gee en wonder of ek die kans moet vat, brei sy uit: Met die laaste inperkingsverslapping is haar pa se maatskappy toegelaat om weer te begin werk. En dit is vandag sy laaste dag voor hy ook weer moet inklok. Haar ouers het dus die tyd gebruik om gou vir oulaas iets saam te doen, voor haar pa weer vir ‘n ruk lank weg van die huis gaan wees, weens sy werk. Dis nou die tyd, sê sy dringend. Ons gaan nie gou weer die kans kry om te spyker nie, sluit sy haar betoog af.
Ek staan op en trek my broek af met dieselfde beweging. My paal staan nou so vry soos ‘n voël kan wees en punt in die wind, en mik na Sandra. Sy laat sak haar kop en sluk my gulsig in, tot my bekkenbeen teen haar ken druk. Ek is verstom dat sy nie ‘n stikrefleks kry van iets so groot soos my voël wat in haar keel afdruk nie, maar ek vra nie en kla nie. Dis net te ongelooflik lekker. Sy sluk my so twee keer diep in, met ‘n paar kort suigies tussenin. Dan trek sy my paal na haar opening toe.
Die skoppelmaai is net te laag vir my om op die regte hoogte te wees. Ek moet dus wydsbeen staan om pieleman met Sandra se koek op te lyn. Ek staan en mik-mik, my voëlkop so ‘n 20 cm van haar poes af, maar as ek hom nader wil bring is haar kniekoppe in die pad. Sandra trek wyslik haar bene op en trap met haar hakke langs haar heupe op die plat houtbankie vas. Gelukkig is dit breed genoeg. Met haar bobene wyd oop, sodat daar vir my plek is, kom my piel nou rigtingvas nader.
Wanneer hy eers sy kop tussen haar lippies in het, terwyl ek die swaai aan sy kettings vashou, dan gly hy sommer diep in haar weg. Maar elke keer as ek my vorentoe stoothaal gee, dan beweeg Sandra op die swaaisitplek weg. Naderhand skuif ek my hande laer met die die kettings af. Ek druk die vuiste wat ek om die kettings maak teen haar skouers aan, om seker te maak ek kan die ritme en diepte bepaal. Ek stoot haar terwyl ek die swaai se kettings styf vashou, met Sandra tussen my vuiste. Heerlik gly ek nou vorentoe en agtertoe in haar.
Maar dan kry ek ‘n idee. Effens aangehelp deur my hande steeds om die kettings gevou, laat ek die swaai toe om met sy eie penduleritme in klein beweginkies vorentoe en agtertoe te beweeg. Met my kaal voete in die sand weggesak, hou ek my piel stil, sodat die bewegende swaai haar poesie vorentoe en agtertoe laat beweeg. Nou heelwat stadiger, soos bepaal deur die natuurlike ossillasiefrekwensie van die swaai, gly haar haar vagina nou vanself heen en weer oor my piel. Ek voel haar dosie vat en los, vat en los. ‘n Heerlike steekhaalritme! Ek kan nie help om te dink aan die praktiese waarde van die les oor pendules wat ek in die toegepastewiskunde-klas gehad het nie.
Dit word baie moeilik om my voël heeltemal stil te hou. Ek kan nie anders nie as om ligte teenstootjies te gee as die swaai na my toe beweeg. Dis nogal ‘n ander gevoel as enige van die vorige kere wat ek vir Sandra bygekom het. Die naaihale is nog lekkerder as netnou toe ek my voël stil gehou het.
Aangesien die swaai baie van die werk doen, kan ek konsentreer om haar te plesier op elke moontlike manier waaraan ek kan dink. Ek sit my hande op haar tiete en hou aan om die nader en verder bewegende tepels tussen my duime en voorvingers te knyp en draai. My arms is gewillig skarnierend by my elmboë.
Hoe nader ons aan fyndraai kom, hoe woester raak die geswaai en hoe langer die oorheenhale van haar vagina oor my piel. Met my teenstote ook nou groter, is die slaglengte van my pielkop in haar nou maksimaal – van ringspier tot serviks. Die beweging van elkeen van ons se organe is in gelyke mate verantwoordelik vir die gawe lengte van die naaihaal. Ons kan mekaar dus in gelyke mate komplimenteer.
Dan kan ek nie meer nie. Ek skuifel met my voete in die los sand vorentoe en agtertoe, in pas met die swaaibeweging, om my diepte te behou vir die komslag. Terwyl ek die skoppelmaai met my hande probeer rem, los ek een diep skoot na die ander in Sandra se binneste. My skuifelende voete kom tot stilstand die oomblik as ek daarin slaag om die swaai tot stilstand te bring. Met my piel steeds diep in haar, buig ek af en soen vir Sandra op haar mond. Ek voel hoe haar asem jaag. En ek voel hoe haar poesie steeds golwend om my piel speel.
As ek terugbeweeg en my stadig uit Sandra begin trek, kom die swaai weer in beweging die oomblik as sy my agter my pielkop met haar ringspier vasgryp. Maar dan, soos wat ek verder terugbeur en my piel, met net die kop in haar, skuins na bo begin staan weens die opwaarts bewegende sitbankie met Sandra daarop, kom swaartekrag in die prentjie. Die terugremming van die swaai laat my pielkop luid uitpoppend by die swigtende ringspier verbygly. Ek sien die teleurstelling op Sandra se gesig toe sy terugswaai.
Met haar regterhand wat haar van piel verlate poesie toeskulp, staan ek vir haar en kyk tot die swaai ten volle gestop het.
Wanneer ons asems weer terug na normaal is en sy van die swaai afgeklim het en ek my broek weer aanhet, kom sy nader en vat my om die nek en soen my.
“Dit was nou ‘n lekker skoppelnaai,” sê sy half droogweg.
Ons gesels nog ‘n bietjie voor ek wil laat spaander – voor haar ouers terug is.
Net voor ek loop, vertel sy my dat ek bietjie moet gaan google vir swing sex. Sy sê as dit is hoe lekker seks met ‘n swing kan wees, ons ‘n plan moet maak om die ware jakob te probeer.
Nou, dit is die tipe huiswerk waarvan ek hou … Dis al lankal dat ek wonder waaroor swiengseks, waaroor ek nie lank terug nie ‘n terloopse verwysing in ‘n tydskrif gesien het, gaan.
deur JouBok
Party mense praat van ‘n gelukkie. Ander mense noem dit die noodlot maar ek noem dit suiwer lekker.
‘n Tyd gelede het my afgetrede professor buurman besluit om Europa toe te verhuis. Hulle verkoop hulle ten volle gemeubileerd eiendom in KwaZulu-Natal. Die huis weerspieël die smaak van sy doktors vrou. Ek is die sleutelhouer vir sy huis is terwyl hulle in Europa bly.
Gedurende die wintermaande kan ‘n mens vir ure op die patio sit en kyk hoe die walvisse in die see baljaar. Al die woon-vensters het ‘n 120 grade uitkyk op die see.
Eendag bel Tela, die eiendomsagent. Sy en haar vennoot wil na die huis kom kyk. Sy wil weet of ek beskikbaar is om die huis oop te sluit. Hulle wil ‘n “live-video” te maak om oplyn te plaas as ‘n advertensie.
Tela was baie verleë toe ek offer om die kameraman te wees en sy besef ek impliseer dat dit dit ‘n seksvideo is wat hulle wil maak. Sy lag lekker toe ons ‘n afspraak maak en ek sê dat ek sal my vingernaels sny vir die afspraak.
Sy en haar vennoot is stiptelik om die afspraak na te kom. Agter ons maskers lag en skerts ons soos hulle deur die huis beweeg en die video maak. So deur die gesprek vind ek uit dat Tela se nooiensvan dieselfde is as myne.
Die die grendelstaat is verslap na vlak een toe ek weer ‘n oproep kry.
Die keer van Louw, Tela se vennoot. Hy wil weet of ek beskikbaar sal wees om die huis oop te sluit.
Natuurlik sal ek beskikbaar wees! Genade – ek is met pensioen en enige geleentheid om rond te loop is ‘n goeie geleentheid.
Tela en Louw was vol grappe met hulle kliënte. Hulle doen hulle professionele beste om die eiendom te verkoop.
Toe ons buite op die patio staan wat oor die see uitkyk sien ons walvisse spring. Almal, ek inkluis, wys met die arms na waar was die laaste sprong was. Die kliënte is beïndruk met die aktiwiteit in die see.
Terwyl ons staan en uitkyk vir walvisse sê ek vir Louw. “Dit is jammer dat Tela se nooiens van dieselfde is as myne want dit maak ons verlangs familie.” Louw kyk my vraend aan maar sê niks. Tela val vir die uitlokking en vra “Hoekom is dit jammer?”
Ek sê kliphard “Tela. Om vir jou te sê dat ek dink jy is sexy sal wees soos om my niggie te soen.”
Tela word bloedrooi in haar gesig en die ons almal lag en gesels oor ons “ervarings” met niggies en nefies. Louw sê dat wanneer die huis verkoop word sal hy ‘n bottel rooiwyn skenk en ons kan die gesprek op die patio klaarmaak.
Tela is stil toe sy in die motor klim. Ek druk Tela se deur toe en sê saggies vir haar deur die venster dat ek werklik dink sy is sexy.
Die prys vir die huis is reg en daar is baie belangstelling. Daar is gereeld voornemende kopers is wie ek die huis oopsluit.
Eenkeer toe Louw vir Tela terg oor die niggie storie sien ek hoe sy diep rooi bloos. Ek is verbaas want ek het nie gedink dat ‘n vrou in haar laat veertigs – vroeë vyftigs nog sal bloos oor soiets nie. Dit is vleiend om op te merk dat Tela na my kyk wanneer sy dink ek haar nie sien nie.
Een Sondag 12 uur sluit ek weer die huis oop. Tela daag alleen op met haar kliënte. Louw het ‘n ander afspraak. Ek beweeg deur die huis en maak die vensters oop dat die lug kan deurtrek. Wanneer ek in die onthaal kamer kom staan Tela staan voor die groot glas skuifdeur. Sy praat met haar kliënte oor die uitsig en hoe aangenaam die klimaat is.
Die lenteson skyn helder buite op die patio. Die lig wat deur die glasdeur kom maak haar lang los geplooide romp feitlik deurskynend. My oë fokus en brand vas op die driehoek onder haar boude en waar Tela se dye bymekaarkom.
Ek struikel oor die los matjie en gryp aan die stoelleuning om nie neer te slaan nie.
Sy tree nader. Tela is ‘n donkerkop vrou. Sy is so 10 cm korter as ek. So met haar klere raai ek dat haar lyf atleties gebou is. Haar hare is lank en golf sag oor haar skouers en agter oor haar rug. Tela het donkerbruin oë. Haar tande is eweredig met groot vol lippe wat vriendelik glimlag. Haar boobs sit trots op haar bors.
Tela se kliënte is beïndruk met die huis. Hulle beweeg na die deur. Tela sê aan hulle dat sy hulle buite sal ontmoet. Sy wil my gou help om die vensters toe te maak.
Ek maak die skuifdeure toe en stap deur die res van die huis.
Tela staan voor die venster van die hoofslaapkamer. Sy is besig om die oop venster toe te maak toe ek in die vertrek instap. Ek sê vir haar dat sy net so moet bly staan wanneer ek haar sien.
Ek stop ‘n hand-breedte agter haar. Sy draai nie om nie. Sy staan met haar regterhand nog op die venster handvatsel. Met my linkerhand lig ek haar linkerhand en druk dit teen die ruit. Sy kyk uit oor die see.
Tela hou haar hand teen die ruit wanneer ek dit los. Ek hoor hoe sy haar asem skerp intrek toe ek my kop teen haar skouer druk en my lippe saggies teen haar nek druk.
My regterhand maak kontak met haar lae rug. My vingerpunte trek warm oor haar rug na haar boude. Ek druk met my oop hand oor haar regterboud en vryf dit saggies. Sy reageer deur haar boude teen my hand te druk en stadig saam met my hand te beweeg.
Met haar kliënte wat buite rondloop besef ek tyd is kort.
Ek sak op my hurke agter haar en haak my regterhand onder haar lang romp om haar linkerbeen se enkel. Ek laat my hand oor haar stywe kuite gly. Tela se rompsoom lig hoër soos my hand hoër beweeg. My duim streel vir ‘n paar sekondes teen die sagte agterkant van Tela se knie.
My hand is vol oop wanneer dit tussen haar dye inbeweeg. My hand gly oor haar sagte vel tussen haar bene. Ek stop wanneer die bokant van my hand die klam hitte van haar poesie voel. My duim druk half tussen Tela se boude.
Ek druk my lyf teen haar lyf. My kop pas oor Tela se skouer ek druk weer my lippe teen haar nek. My linkerhand rus net onder haar boobs op haar maag. Inteendeel – ek voel haar boobs op my hand hang soos ek haar vashou.
Sy lê teen my terug met haar lyf met haar hande steeds teen die venster gedruk. Dit was sekondes maar dit voel soos ure wat ons so staan.
Tela giggel wanneer ek sê. “Ek sal verslaaf raak aan die uitsig.”
Sy draai haar uit my greep en sonder om ‘n woord te sê loop sy by die slaapkamer uit na haar kliënte.
Ek sluit die huis en terwyl ek besig is om die ketting om die veiligheidsdeur te draai hoor ek ‘n motor vertrek. Met teleurstelling loop ek huis toe.
Twee dae later kry ek ‘n Telegram boodskap. “Bok. Dankie dat jy my sexy laat voel.” Net die paar woorde.
Dit is Saterdagoggend wanneer ek die oproep kry van Louw om uit te vind of ek beskikbaar is om die volgende dag oop te sluit vir ‘n kliënt.
Sondagoggend vroeg kry ek ‘n Telegram boodskap. “Bok. Kan jy ‘n uur vroeër oopsluit?” Ek hoor die selfoon-ping en terwyl ek dit lees verdwyn die boodskap.
Ek besluit om dit daar te laat. Tela se moed het haar begewe of anders het sy van plan verander.
Ek stap ‘n uur vroeër oor en sluit die huis oop. Ek maak die vensters oop. Ek het nie verwag om haar te sien nie.
Ek staan buite op die patio in die winterson wanneer ek ‘n motor hoor binnery. Die motordeur klap toe.
Wanneer ek omdraai sien ek Tela in die ingangsportaal se deur staan. Sy het ‘n lang wit romp aan met ‘n los rooi baadjie wat met knoppies tussen haar boobs vasgeknoop is.
Wanneer ek naderstap sê sy vrolik “hello” en stap na die hoofslaapkamer toe. Ek stap agter haar aan. Sy gaan voor die vensters staan en druk met haar hande teen die glas sonder om ‘n woord te sê.
My hand sluit van agter om Tela se keel en ek trek haar kop agteroor en my linkerhand druk teen haar maag. Ek trek haar styf teen my vas. Ek knibbel haar oor en sê “Ek het die sexy uitsig gemis.” Tela antwoord “Ek het die gemis”.
My hand sak laer oor Tela se maag en my vingers druk onder die band van haar romp in. Daar is nie genoeg plek vir my hand nie. Met my linkerhand trek ek die knoop in die tou los wat haar romp vashou. Vinnig druk ek my linkerhand se vingers weer onder haar romp in. Ek voel die sagte lyn van haar broekie met my vingerpunte.
Tela trek haar asem skerp in wanneer my vingers onder haar broekie se sag inbeweeg en oor haar sagte haartjies vryf. My vingers voel die warm van haar sagte vel. Ek voel min haartjies op haar poes bult wanneer ek my hand verby druk en met my middelvinger tussen haar bultende poeslippe ingly.
My vinger is nat van Tela se poessappe wanneer ek my hand buig en eers een – dan twee vingers in haar warm nat grot druk.
Haar mond gaan oop en sy maak kreungeluide wanneer ek met my vingers in en uit haar poes gly.
Sy druk harder teen my. Ek hou my hand stil en beweeg my vinger in ‘n vibreer-beweging wanneer ons ‘n motor hoor inry. Tussen die bome sien ons dit is Louw wat met sy kliente opdaag.
Tela sê hees “jirre moet nie ophou nie” en dan ruk sy los en storm na die gastebadkamer en slaan die deur agter haar toe.
Ek spoel my hand onder die kombuiswasbak se kraan af en stap buitentoe om Louw te ontmoet. Louw stel my aan die kliënte voor wat na die huis kom kyk.
Tela se gesig is rooi en ons kan sien sy is kort van asem wanneer sy by ons aansluit. Wanneer hy Tela sien kyk hy twee keer na haar en dan kyk hy af my bultende broek en glimlag.
Ons klompie stap die huis binne.
Tela ondergaan ‘n gedaanteverwisseling. Vyf minute terug was haar lyf passie en nou is sy passievol om die voornemende kopers te oortuig dat dit die beste koop op die mark is.
Louw kry my eenkant beet en wil weet of iets gebeur het tussen my en Tela. Ek antwoord “Ja. Ons het na die see staan en kyk terwyl ons vir hulle gewag het.” Ek is bietjie moerig omdat hy vra – ek is geen verduideliking aan hom verskuldig nie maar dan verras hy my met “Bok. Jy is die eerste man vir wie sy oopmaak na haar egskeiding. Werk mooi met haar”.
Tela staan eenkant met haar kliënte en gesels en loer na ons waar Louw met my staan en gesels.
So deur die rondloop en hulle bemarking kry ek nie weer kans om Tela alleen te kry nie.
Ek stap saam met haar na haar motor en net voor sy inklim hou sy haar hand na my uit. Ek vat ek haar hand en sê sag vir haar. “Jy is sexy – Dit was sexy – Dankie”. Ek voel iets sags en klam in my hand wanneer sy haar hand draai en terugtrek. Sy glimlag en sê dat dit aan my behoort.
Sy ry weg met ‘n skaam wuif van haar hand. In my hand lê ‘n spierwit katoen broekie waarvan die lap stukkie tussen die bene nat en slymerig is.
Laat daardie aand sien ek die boodskap op my foon “Dankie. Moet asseblief nie meer verwag nie.”
Ek antwoord met ‘n “Dankie vir my herinnering.”
Die dae het verbygesleep. Ek het gewag om weer van Tela en haar vennoot te hoor.
Vrydag oggend kry ek ‘n oproep van Louw.
Hy vertel my dat die huis aan kontant kopers verkoop is. Ek sal binnekort nuwe bure hê. Volgens die kontrak neem hulle volgende week beheer oor die eiendom.
Ek is teleurgesteld wanneer ek hoor dat die huis verkoop is. Dit beteken dat ek binnekort die sleutels gaan oorgee. Die gedagte aan die sleutels oorgee voel in my kop so finaal.
Teen twee uur dieselfde dag kry ek ‘n boodskap. “Louw kan dit nie maak vir die afspraak om rooiwyn op die patio te drink nie. Hy het sy beste bottel gegee en gevra dat ek dit vir jou moet bring.”
Ek antwoord. “Dit is ‘n teleurstelling. Ek het baie uitgesien na jou geselskap en die wyn op die patio”
Feitlik onmiddellik laat sy weet. “Ek bring glase dan maak ons die gesprek klaar.”
Ek tik en stuur terug. “Ek knip my vingernaels en bring die kamera. Sal vieruur jou pas?”
Haar antwoord is kort “Jy wens! Sien jou.”
Ek staan op die patio en wag vir Tela. Haar motortjie stop onder die afdak en ek maak die skuifhek toe.
Ek stap buitentoe en wag haar op die trappe in. Sy het ‘n bottel wyn en twee glase in haar hande wanneer sy nader stap.
Ek trek haar nader en soen haar op haar lippe. Haar arms langs my met die glase en wyn-bottel.
Ek vat die wyn en glase uit haar hande en nooi haar in.
Die keer trek sy my nader en soen my. Dit is ‘n dam wat bars. Ons wil mekaar opeet.
Ek sit die glase en wyn op die ingangsportaal tafeltjie neer. Die voordeur is skaars toe wanneer ek Tela se bloes oor haar kop trek. Sy het ‘n swart deurskynende bra aan. Haar borste is verleidelik sag en mooi.
My vingers bewe effens wanneer ek haar bra agter haar rug losknip. My T-hemp lê op die grond in die ingangsportaal. Haar bra val half oor my hemp.
Tela se boobs is ‘n goeie handvol. Haar tepels wys vloertoe en effens na die kant. Vir ‘n oomblik vou my hande om haar tieties en ek druk hulle na mekaar. Die begeerlike vrou se liggaam is spierwit. Daar is geen lyn wat wys dat sy sonbrand nie.
Haar hande maak my broek se gordel los terwyl ek haar regter tepel tussen my lippe rol. Wanneer Tela se sagte hand voor by my onderbroek indruk om aan my lekkende stywe piel te raak ruk my aandag terug na die res van haar lyf. Ek trek aan die tou in haar romp om die knoop los te trek sodat ek haar romp kan uittrek. Ek trek my boek af. Soos wat ek uit my broek klim trek ek Tela se romp ook af.
Tela het nie ‘n broekie aan nie.
Ek kyk na Tela se poesie soos wat ek op my hurke sit. Haar bult het ‘n klossie hare in die middel net waar haar twee lippies bymekaarkom. Die res van haar poesie is gladgeskeer.
Tela se poesie het grootgeswelde buitelippe. Dit lyk of hulle oopskulp om die twee fyner gekreukelde binne lippies kans te gee om oop te vou soos ‘n pienkerige angelier.
Ek ruik haar vroulike geur soos wat sy effens wydsbeen voor my staan.
My twee vingers is slymerig nat wanneer ek tussen haar lippies vee. Tela se bene maak wyd oop wanneer ek haar penetreer met my twee gekromde vingers.
Ek druk haar na die groot leerbank in die onthaalkamer wat oor die see uitkyk. Tela se lyf vou oor die hoë rugleuning wanneer ek haar agter op haar rug, tussen haar skouers druk.
Ek staan agter haar. Haar boude is rond en haar vel sag onder my hande. Haar glinsterende poes druk donker tussen haar bene uit. My hande gly oor haar boude en ek klap haar hard met my regterhand op haar linkerboud. Die klap klink hard in die vertrek. Sy kyk geskok oor haar skouer na my. Ek hou my hand oor die warm van my klap. Dan streel ek daaroor. Tela sy heupe volg my hand soos ek dit oor haar boude beweeg.
Sy kreun wanneer ek met my plat hand oor haar poesie vryf. Haar poesielippe is nat en word natter soos ek aan haar raak. Tela se kreun verdiep wanneer ek met drie vingers oor haar lippe streel. My middelvinger gly tussen haar sagte binne-lippe oor haar klit wat verstyf onder my vinger.
Ek lag wanneer ek vir Tela sê dat sy skuld my ‘n kom.
Haar “Hoekom?” maak dat ek my vingers dringender teen haar poes druk. Ek sê vir haar dat sy nou die dag weggehardloop het voor ek haar kon maak kom. Sy druk terug teen my hand. Sy draai haar kop om na my te kan kyk waar ek skuins agter haar staan.
Sy kreun diep in haar keel toe ek drie van my vingers gelyk in haar poesie druk. Ek trek my vingers uit haar poes en druk my duim terug in haar met my hand oor haar bultende lippe. My vingers is voor oor haar bult gekrul.
Ek spoeg op die kreukels van haar hol. Stadig druk ek my linkerhand se duim in Tela se hol terwyl my regterduim aan die binne-voorkant van haar poes die sagte wand masseer. My vingers en hand druk oor haar klit, lippe en bult.
Die vrou wat oor die rusbank leuning lê se rug is kromgetrek van lekkerkry. Sy grom soos ‘n dier wanneer ek my vingers vinniger in haar beweeg.
Tela is naby die afgrond van ekstase wanneer sy gil. “jirre ek gaan kom….moet nie ophou nie!” Dan is dit verby! Sy kom en haar liggaam hang rukkend oor die stoel se rugleuning.
My hand is nat. Elke keer wanneer sy kom loop meer nattigheid van Tela se lekkerkry-poes teen haar bene af. Ek hou aan om my hande en vingers in haar gate beweeg tot sy gil “Stop, Ek kan nie meer nie.”
My klipharde horing is hard en kloppende lus. Die are op my skag pols van seksuele energie en wellus. Ek ruik die geur van Tela se poesie kom-vloeistof . My pers kop glim van my voor-kom.
Tela is natgesweet. Ek vryf my blink geswelde kop tussen haar nat lippe.
Haar lyf en bene ruk van die krag wanneer ek my piel in haar nat poes stamp en met my lyf teen haar boude tot stilstand kom.
Sy kyk half oor haar skouer na my terwyl ek haar naai.
Tela grou met haar vingers in die leerbank wanneer ek kom. My piel pomp my wit semen diep in Tela se poes. Ek val uitgeput vooroor en lê half op haar rug.
Wanneer ek meer normaal asemhaal trek ek Tela op en laat haar voor my staan.
My hande vou om haar tiete en ek knibbel-soen elke tepel voor ek sê. “Fok – dit was lekker”.
Sy protesteer geweldig wanneer ek haar met haar kaal boude op die bank laat sit terwyl ek die bottel wyn oopmaak.
Tela is oortuig dat die banke gaan vlek met haar nat boude waaruit my kom meng met haar slymerige nattigheid uitsypel. Ek lag en sê dat die ou merkie karakter aan die meubels gaan gee.
Die lekker word skril onderbreek deur ‘n selfoon wat lui. Tela lyk skuldig wanneer sy vir die persoon aan die anderkant sê dat sy doen gou ‘n aflewering. Sy sal oor vyftien minute daar wees.
Sy stap kaal gaste badkamer toe. Ek hoor hoe sy die toilet spoel – dan krane wat loop.
Wanneer sy uitkom raap sy haar klere uit my hande en trek aan soos wat sy na die deur toe beweeg.
By die deur draai Tela om. Ek wil haar nog gryp en teen my vasdruk wanneer sy sê. “Niggies en nefies doen seks beter”.
deur Ramkat Erasmus
Hy word wakker van die vreemde geluid en sy hand gly onwillikeurig onder die kussing in. Hy voel-voel na die bajonet, maar dis nie daar nie. Sonder om verder te beweeg steek hy sy ander hand uit om aan Sofia se warm lyf te voel. Sy is ook nie daar nie. Hy sit regop. En dan tref die besef hom. Hy is nie meer in die woonstel in Rome nie, maar op die plaas buite Smithfield.
Hy hoor weer die geluid. ‘n Gekerm. Kind of vrou? Of dalk ‘n dier? Hy loop op kaal voete na die deur toe en trek dit effens oop. Die geluid kom van onder in die gang. Dan herken hy die geluid van bedvere. En dan sy ma se stem …
“Neuk my Frik. Neuk my! O, my liewe vader, net so Frik, harder, harder!”
Hy voel die warm gloed teen sy wange opkruip en beweeg terug in sy kamer in en druk die deur toe.
Hy gaan staan met sy rug teen die deur.
Hulle het op ‘n Donderdag gehoor die oorlog is verby, en ‘n maand later aan wal gestap in Durban. Daarna is hy per troepetrein Bloemfontein toe. In Bloemfontein het hy ‘n tweedehandse motorfiets gekoop en toe die grondpad aangedurf Smithfield toe. Oor die laaste koppie het hy die bekende plaashuis en buitegeboue gesien en toe by die hek die nuwe naambord: Nuutbegin. Frik en Wilmie Reynecke.
Toe hy vyf jaar vantevore daar weg is, was die plaas se naam Welbekend, en sy pa, Hendrik, en ma se name was op die bordjie. En hulle van, Van Zijl. Hy’t nuus van sy pa se dood gekry na hulle in Kairo aangekom het. Ongeluk met ‘n perd.
Twee jaar later, in Italië, ‘n briefie van sy ma wat aankondig dat sy met Frik Reynecke gaan trou.
Hy hoor weer ‘n kreun uit die gang uit en gaan sit op die bed. Hy besluit dat hy nie langer in die huis kan bly nie. Maar waarheen? Dis per slot van rekening sy plaas, of die helfte daarvan dan. Van sy pa geêerf na die se dood. Maar nou sit Frik op sy pa se stoel op die stoep en hy slaap by sy pa se vrou, sy ma.
Hy wag vir die lig om buite die venster te begin groei dan klim hy in sy kakiebroek en verslete velskoene. Dan gaan was hy by die balie langs die pomp.
Terug in die kombuis kry hy die vuur in die ou ysterstoof weer aan die gang. Hy sit koffiewater op en haal beskuit uit die blik in die spens. Hy gaan kamer toe en trek een van sy ou hemde aan. Dit span styf om sy skouers. Hy besluit om dorp toe te ry met die motorfiets en te gaan kyk of hy twee of drie hemde kan kry wat beter pas. Dalk ‘n ordentlike broek en baadjie. Sy pa se klere hang in sy kas en hy is seker hy sal iemand op die dorp kan kry wat dit kan verstel sodat dit hom pas.
Sy ma kom in. Sy lyk vrolik met ‘n blos op haar wange. Lank en maer en, vir hom altans, baie mooi. Sy gee hom ‘n soen en hy vertel haar van sy planne. Sy sê dat ou Cohen se jongste dogter, Ebeth, klere maak en verstel.
Hy en Frik groet mekaar beleefd en hy sluk sy koffie en beskuit vinnig af. Dan gaan gooi hy sy pa se klere wat hy wil laat verstel in ‘n sak, trek iets skoon en minder gehawend aan saam met weermagsokkies en stewels. Hy trek die leerbaadjie aan wat Sofia vir hom in Rome gegee het en sit die stofbril om sy nek. Hy haal die leerbeursie met geld onder sy onderbroeke uit en druk dit in sy binnesak. Daar is heelwat geld in, en hy kan gaan net waar hy wil.
By die motorfiets gekom staan Frik vir hom en wag.
“Ons moet praat, Henk. Ek sal jou ‘n goeie prys gee vir jou deel van die plaas.”
Hy kyk na Frik se ernstige gesig. Die netjiese baard en die rooi skynsel in sy hare.
“Dis my huis, Frik. As ek verkoop, waarheen sal ek gaan?”
Frik mompel iets van die myne op die rand, maar hy skud sy kop en sê hy sal daaroor dink. Hy skop die motorfiets aan die brand en ry hek toe met die groot honde wat blaffend saamhardloop.
Die fiets gly rond op die grondpad, maar dit skeel hom min. Hy het in die Westerse Woestyn geleer om motorfiets te ry en die grondpad is ‘n vulletjie.
Op die dorp aangekom stop hy voor Cohen se winkel in die hoofstraat, ook eintlik die enigste straat. Hy stap in. Agter die toonbank staan ‘n jong vrou. Swart hare wat om haar skouers krul en helder blou oë. Sy het ‘n stofjas aan en sy kyk op as die klokkie by die deur klingel wanneer hy dit oopstoot.
“More. Kan ek help?” vra sy beleefd.
“More, Ebeth.” sê hy.
Sy kyk hom aan met ‘n effense fronsie tussen haar mooi oë.
“Henk,” sê hy. “Henk van Zijl”
“Henk! Jy’s terug! En in een stuk?”
Hy glimlag as sy om die toonbank kom en hom ‘n ligte soen op die wang gee.
“Kyk hoe lyk jy!”
“Kyk hoe lyk jy!” lag hy. “Voor ek weg is was jy nog ‘n dogtertjie!”
“Hoe lank was jy weg? Vier? Vyf jaar?”
Hulle gesprek vloei maklik asof hy nooit weg was nie en hulle ruil wedersydse inligting uit oor familie en vriende. Haar ouer suster, Naomi is getroud en woon in Johannesburg. Haar broer, Yitzak, of Isak soos almal hom genoem het is ‘n prokureur in Bloemfontein. Haar ma is dood en sy pas haar pa op wat deesdae meesal op die stoep sit en tee drink en bestuur die winkel. Sy weet van sy pa se dood en dat sy ma weer getrou het met “Oom Frik”. En sy wil weet wat hy gaan doen …
Hy trek skouers op en sê hy sal maar nog bietjie rondkyk. Saam met Frik sal hy nie kan boer nie en hy’s nie lus vir die Rand en die myne nie. Hulle gesels nog bietjie en dan haal hy die sak van sy rug af en pak sy pa se klere uit. ‘n Ou, swartman kom in en koop ‘n sakkie Boksertwak met munte wat hy versigtig op die toonbank uittel.
Verder kom niemand in nie. Sy wys hom waar ‘n gordyn hang en sê hy moet een van die broeke aantrek dat sy kan sien hoeveel moet ingeneem word. As hy sy pa se broek aantrek besef hy dat hy nie ‘n onderbroek aangetrek het nie. In die woestyn het meeste troepe sonder onderbroeke rondgeloop. Dit het verhoed dat hulle uitslag en skaafmerke ontwikkel. En hy het die gewoonte behou tot Sofia hom begin vra het om onderbroeke te dra.
Sofia. Die Italiaanse kelnerin wat vir hom kofiie aangedra het en met haar swak Engels en sy nog swakker Italiaans sy minnares geword het. Wat hom geleer het waarvan ‘n vrou hou en hoe hy moet vat en waar. Hy wonder of hy vir haar moet skryf en betaal dat sy kom kuier, maar besef dan dit sal dinge oneindig moeiliker maak as hy nog op die plaas bly.
Hy knop die laaste knope toe en trek die gordyn weg. Ebeth staan hand op die heup met ‘n maatband om haar nek en wag. Op haar gewrig sit ‘n kussingkie vol koppiespelde. Sy beduie na ‘n houtkissie en hy klim op. Sy gaan kniel voor hom met haar knieë op ‘n kussing en begin aan die broekspype trek. Hy moet gryp om te keer dat sy die broek nie heeltemal oor sy heupe aftrek nie. Sy lag en vra verskoning, dan steek sy die broekspyp se naat op. Sy staan op en haal die maatband van haar nek af. Sy sit haar arms om sy lyf en trek die maatband styf. Haar ligte en behendige beweging veroorsaak dat haar bo-lyf teen sy onderlyf vryf, en dan gebeur die ondenkbare. Hy kan voel hoe sy paal begin regop staan. Hy probeer agteruit beweeg, maar sy sê kortaf hy moet stilstaan. Dan druk sy weer vorentoe, trek die maatband om sy lyf en die keer is dit vir hulle albei onmisbaar dat hy goed regop staan.
Sy laat los die maatband en staan effe terug. Sy kyk hom in die oë en met ‘n effense glimlag vra sy: “Het jy my gemis, Henk?”
Hy bloos en kyk weg, maar sy gee ‘n sagte laggie vat liggies aan sy hardheid deur sy broek.
“Hmmm …” is al wat sy sê en dan treë sy weg en maak aantekeninge op ‘n stukkie papier.
Hy staan steeds versteen op die kissie. “Jy kan maar weer gaan aantrek.” Sê sy dit asof niks gebeur het nie. Hy skarrel agter die gordeyn in en trek sy pa se broek uit, voor hy vinnig sy eie broek aantrek.
As hy weer uitkom is Ebeth besig om die broeke wat verstel moet word op te vou en eenkant te sit.
“Hoe haastig is jy?” vra sy sonder om vir hom te kyk.
“Ek weet nie? Hoe lank gaan dit vat?”
“As jy baie haastig is, kan jy dit vanaand kom haal.” En in haar oë herken hy skielik iets van Sofia, voor sy haar klere uitgetrek en haar kaal warm lyf teen hom aangedruk het.
“Ek sal wag tot vanaand …”
(Lees tweede episode HIER)
deur Brombeer
Taalversorging deur Lusman
Wie sou ooit kon dink dat so ‘n onskuldige uitstappie ooit so sou ontaard?
Sandra was weg na ‘n kongres en ek was sedert die vorige middag graswewenaar. Ek het myself gesit en bejammer, want dit was my verjaarsdag en ek was stoksielalleen in die grote huis. Net terwyl ek wonder hoe ek die lang Sondag sou omkry, het jy gebel en my saam genooi strand toe.
“Dis so ‘n lieflike oggend. ‘n Mens kan dit nie by die huis mors nie en ek wil nie alleen gaan nie,” het jy my oortuig. Ons het gereël dat ek jou by jou woonstel sou kom optel. Beide van ons was seker dat Sandra nie ‘n probleem sou hê as ek saam met haar beste vriendin strand toe gaan nie. Al waaroor sy jaloers sou wees, is omdat sy nie die uitstappie sou kon meemaak nie.
Ek het my ou wyepyp-swembroek aangetrek, ‘n klompie bier in ‘n koelsak gegooi en die inhoud van my ysbakkies daaroor leeggemaak, ‘n handdoek gegryp en is by die deur uit.
Jy het reeds langs die straat voor jou woonstel vir my gestaan en wag – twee strandstoele, ‘n sonsambreel, koelsak en handdoek in ‘n kleurryke hopie langs jou voete. Ek kon my oë nie van jou lang, bruingebrande bene afhou nie. Jy het so ‘n eina denimbroekie aangehad met ‘n ewe skrapse toppie. Daar was geen twyfel dat jy ‘n welbedeelde vrou was nie.
My gedagtes het teruggeflits na gesprekke wat ek en Sandra oor jou gehad het. Sy het my eenkeer gevra of ek jou aantreklik vind en ek het “ja” geantwoord, want jy wás. Sandra het ook my opinie gedeel. My gedagtes daaraan het my egter nou onmiddellik skuldig laat voel en ek het aan iets anders probeer dink.
Ek het uitgespring om jou met die hoop strandbagasie te help en jy het my omhels en ‘n piksoentjie op die wang gegee. “O ja, geluk met jou verjaarsdag.”
“Dankie,” was al wat ek kon inkry, voor jy verder gepraat het.
“Dit gaan wonderlik wees. Dis regtig so ‘n lieflike oggend – ideaal vir die strand. Dankie dat jy ingestem het,” het jy met daai kenmerklike lewenslus gesê en die goed in die kattebak begin pak.
By die strand – wat nog verlate was, behalwe vir so ‘n paar vroeëoggend-wandelaars met hul honde – het ons gou ‘n lekker lêplek gevind en onsself tuis gemaak in die son. Die koelsakke was in die skadu onder die sambreel en ek het sommer dadelik twee biere oopgemaak en vir jou een aangegee. “Thanks,” het jy geglimlag.
“Cheers. Op ‘n lekker dag op die strand,” het ek geantwoord. Ek het jou dopgehou terwyl jy die eerste sluk neem – kop agteroor en oë behaaglik toe. ‘n Druppel vog het teen jou ken en nek afgerol en op die helling van jou bors tot ruste gekom, so tussen die ligte sproetjies. Ek kon voel hoe my voël styf word in die dun swembroek.
Skielik geïrriteerd deur die verraad van my liggaam het ek die bier in die sand langs my neergeplak en opgespring. “Kom ons gaan toets die water,” het ek oor my skouer geroep en in die rigting van die branders begin stap, sonder om vir jou te wag. Ek het nie gedurf omdraai nie.
“Whoa, wag vir my.”Jy het agter my aangedraf en toe jy langs my is het jy jou arm deur myne gehaak. Ek was bewus van die hitte en vorm van jou sagte bors teen my biseps. Ek het gehoop jy kyk nie af nie, want ek het soos ‘n waterwyser gelyk – punt in die rigting van die oseaan.
“Kom,” sê ek en gryp jou hand en hardloop dan die branders in. Saam duik ons deur die eerste paar en ek verkyk my aan jou elke keer wanneer jy soos ‘n nimf uit die water opstaan – met water wat uit jou rooibruin hare oor jou skouers en borste stroom. Jou donker tepels was duidelik afgeëts en het kliphard teen die dun materiaal van jou wit bikini-bostuk gebeur. My verleentheid was darem nou bedek deur die heupdiepte water aangesien nie eers die skok van die koue water my voël wou laat slap word nie.
Soos skoolkinders het ons baljaar – mekaar nat gespat en gejaag. Een keer het jy jou misgis en ek het jou in ‘n omhelsing van agter gevang. My stywe voël het vlugtig teen jou ferm boudjies gedruk en ek het jou vinnig weggestamp. Jy het ongeërg omgedraai en weer water begin spat – asof niks gebeur het nie.
“Genoeg,” het ek gehyg en terug strand toe begin stoei deur die gety. Ek het op die strandstoel neergesak en dadelik my handdoek oor my onderlyf gegooi en gemaak of ek my afdroog.
Die res van die oggend het vinnig verloop terwyl die son gebak het en die biere gevloei het. Kort-kort het ons gaan lafenis soek in die koel water. Soms saam-saam en soms elkeen op sy eie. Ons het lekker gelê en gesels en gevind dat ons baie belange deel.
“Ek stiek jou vir ‘n pizza daar oorkant die pad,” het jy so teen middagete gesê. “Ek is rasend honger.”
Ek het ingestem, want ek kon self voel hoe die biere my begin affekteer en het besef dat ek in my haas nie ontbyt geëet het nie. “Deal, maar ek betaal vir die wyn.”
“Deal,” het jy geglimlag en opgestaan. Jy het die T-hempie oor jou kop getrek en ek het die geleentheid – terwyl jou gesig versteek was – gebruik om jou skaamteloos dop te hou. Met jou arms so effe bo jou kop het jou pragtige borsies parmantig gepunt. Die tepels was steeds stokstyf en prominent sigbaar deur die dun materiaal en ek het gewonder hoe hulle kaal sou lyk en ook hoe hulle in my mond sou voel.
Jou magie was plat en daar het ‘n silwer dolfyntjie geswaai aan die ringetjie deur jou naeltjie. My blik het jou vol vroulike heupe ingeneem en dan gefokus op jou bultende skaamheuwel en die klam materiaal wat soos ‘n tweede vel die spleetjie van jou dosie gesuggereer het. Dis snaaks dat ek nie eers kan onthou waar ek gisteraand my leesbril neergesit het nie, maar ek kan duidelik onthou dat daar nie eers ‘n teken van ‘n enkele skaamhaartjie in jou sagte lieste om die rand van die skrapse broekie sigbaar was nie.
Ek het my sanderige handdoek op my skoot gefrommel gehad teen die tyd wat jy klaar was, maar jy het skalks en wetend na my gekyk met daai smaraggroen oë. Nie net was daar ‘n knop in my broek nie – onder die handdoek – maar ook in my keel. Ek het selfbewus keel skoongemaak en jy het geglimlag terwyl jy jou klam hare met jou vingers uitgekam het.
Die restaurant was redelik besig, maar ons het ‘n tafel in die hoek op die dek gekry. Kort voor lank het elkeen groot hompe seekospizza afgesluk met glase vol goedkoop, maar yskoue, Blanc de Noir. Albei was hongerder as wat ons gedink het. Ek het ‘n gevoel van saligheid beleef en dit toegeskryf aan die drank, son en see.
Skielik het ek jou voet tussen my bene gevoel en jou groottoon het oor my bultende voël gestreel. Ek het amper verstik aan my wyn en jy het jou kop agteroor gegooi en lekker gelag. Ek was sprakeloos.
“Lyk my hy staan sommer maklik en gereeld regop, nè. Hou jy daarvan as ek dit doen?” het jy onskuldig gevra en jou speelse glimlag agter die rand van jou wynglas verbloem terwyl jou voet steeds oor my broek gevryf het. Ek dink dat die antwoord redelik voor die hand liggend was.
Nadat ek weer keel skoongemaak het, het ek skor geprewel: “Fok, Erika, jy maak my jags.” Die woorde was uit voor ek dit kon keer.
Die keer het jy gelag vir my ongemak. “Haai, ek het nie geweet groot mans kan nog bloos nie. Ten minste draai jy nie doekies om nie.”
Ek het jou aandag geniet – dit was tog duidelik – maar ek was kwaad oor die hulpelose gevoel wat deur my gespoel het omdat ek geweet het jy is in beheer. Wat meer was, jy het dit ook geweet.
“Ek … ons moet aanstaltes maak, ek het nog ‘n verslag …”
“Kom nou, wat van nog wyn? Dis nog vroeg,” het jy my onderbreek en sonder om te wag vir ‘n antwoord het jy die kelnerin nader gewink. “Another bottle of wine, please.”
Intussen het jou voet ‘n weg langs my een broekspyp gebaan. Omdat ek die gevoel van sand in my onderbroek haat, het ek nie een aangehad onder die los, kort swembroek nie en kort voor lank het jou toon kontak gemaak met my naakte voël. “Smokkel jy salami of is jy net bly om by my te wees?”
“Jy moet ophou, netnou sien …”
“Kom nou, ons albei weet jy geniet dit – ons al drie …” En hier het jy my voëlkop so tussen jou tone gemasseer en vervolg: “… weet jy geniet dit.” Ek kon nie stry nie – ek is weereens deur my liggaam verraai. Ek het dus maar my bene effe wyer oopgemaak en myself daardeur meer toeganklik. Ek het skaars die kelnerin, wat intussen die wyn gebring het, gemerk.
Veel later, met ‘n lamheid in my lieste, is ons terug motor toe. Dit was hel warm in die motor en ek het die venster oopgemaak om koel lug te laat sirkuleer voor ons wegtrek.
Nadat ons so ent gery het, het jy jou hand voor op my steeds bultende broek geplaas en in my oor gefluister: “Ek wil jou suig – nou.”
“Netnou moer ek die kar om en dan?” Ek kon dit al in my geestesoog sien: daar lê ek – langs die onderstebo motor in die pad – met ‘n wêreldklas-horing.
“Toemaar, jy sal nie. Hou net albei hande op die wiel en jou oë op die pad en los die res vir my,” het jy glimlaggend gemaan terwyl jou bedrewe vingers my voël bo uit die broek gehaal het. Daar het ‘n druppel deursigtige sap teen die kant van die kop en oor jou slanke hand gerol. “H’m, lyk heerlik – poeding,” het jy gesê en jou lippe afgelek.
Jy het op jou knieë gaan hurk hier langs my op die passasiersitplek en vooroor gebuig. Ek kon jou asem voel blaas oor die blinknat pers-blou kop van my voël net voordat jy met jou sagte, warm mond daarom gevou het. Jy het dit diep in jou mond ingesuig en dan weer net met jou tong oor die kop gespeel en die nattigheid gelek terwyl jou hand styf geklem en behendig op en af teen die skag beweeg het. Ek het afgekyk maar kon niks sien nie, want die aksie was verberg onder jou haredos.
“Fok, ek gaan kom as jy so aanhou,” het ek hees gesê.
Ek wóú kom – in jou mond – maar het dit nie gesê nie. Maar asof jy my gedagtes kon lees, het jy opgekyk met daai lieflike groen oë en vir my geglimlag. “Kom dan. Ek wil jou proe.” Jy het afgebuig en weer begin suig. O, fok, dit was hemels.
“Ek … ek kom …” het ek geprewel terwyl my hand krampagtig jou hare vasgryp en ek my pelvis oplig uit die sitplek. Ek kon voel hoe die warm saad polsend diep in jou keel spuit en spuit. Lank na die laaste spasma het jy steeds bly suig en toe jy uiteindelik regop kom het jy jou tong vir my uitgesteek en dit so effe bak gehou. In die holte het ‘n groot blerts kom geblink. Jy het gewink en dit behaaglik afgesluk en jou lippe afgelek.
“Hou jy …” Ek het selfbewus net gekug – wat ek wou sê sou goedkoop klink en afbreuk doen aan die intiemheid van dit wat ons so pas gedeel het. Ek was so ‘n rukkie stil en sê toe: “Hou jy daarvan?”
“Van trilsmulle gee of van die smaak van kom?” wou jy ewe onskuldig weet. Hoe kon jy so doodluiters en reguit hieroor praat? het ek gedink.
“H’m … die smaak van … kom,” uiter ek die woorde ongemaklik.
“O ja, baie! Ek sê mos dis poeding. Die smaak dryf my behoorlik teen die mure uit van jagsheid.”
My voël, wat intussen steeds in jou hand was, het weer opgewonde gepols. Jy het dit gevoel, ‘n stywe drukkie gegee en versigtig – amper gewyd – teruggesit in my broek. Ek het voor my na die pad gestaar, maar kon jou blik op my voel. Ek wou oogkontak vermy. Nie een van ons het iets verder gesê tot by jou woonstel nie. Wat sou ons in elk geval sê?
Skaars het ek voor die woonstelblok stilgehou, of jy spring uit. “Thanks vir ‘n baie lekker dag.”
“Plesier,” het ek amper onhoorbaar gemompel en het lomp probeer uitklim – te bewus van die salige lamheid en die kloppende polsslag in my lies – en onbeholpe begin help afpak.
“Kom jy in vir koffie?” het jy oor jou skouer gevra en na die gebou begin stap sonder om vir ‘n antwoord te wag.
Woordeloos, met ‘n strandstoel onder elke arm en ‘n nat kol op my broek, is ek agterna.
(Lees volgende episode HIER)
deur Ramkat
Die stalkneg stoot die deur oop en die koue wind waai in die gang af. Ek hoor die merries proes. Ek steek my kop oor die onderdeur. Hy kom na my toe aangestap. Ek ken hom en hy vir my. In sy hand is die halter met die rooi tou aan.
Hy kom staan voor my stal en steek sy hand na my toe uit. Ek ruk my kop agtertoe en runnik saggies. Hy steek sy hand in sy sak en haal ‘n wortel uit wat hy vir my hou. Ek maak my sagte lippe oop en vat die wortel uit sy hand uit. Ek kou en sluk en steek dan my kop vorentoe sodat hy die halter oor my kop kan sit.
Hy maak die deur oop en lei my na buite. Die merries runnik as ek verbyloop. My staalhoewe klap op die klipvoer. Buite vat hy my eers na die krip toe sodat ek kan drink.
Dan maak hy die tou aan ‘n paal vas en begin my roskam. Die harde tande krap teen my vel en ek rol my spiere. Hy lag en druk effe harder. Hy vryf my rug, my sye, my bene en dan kam hy my maanhare. As ek blink en warm is haal hy die toom van ‘n hak op die paal af.
Hy forseer my tande oop en druk die stuk staal tussen my tande in. Ek haat dit, maar hy is versigtig en maak die toom se bande behendig vas.
Dan haal hy die halter af en begin my lei na die groot huis toe waar SY bly.
Sy wag op die stoep gekleë in haar swart kamaste, khakibroek en wit hemp. Haar kort swart hare wat blink in die son.
Sy kom nader en vryf oor my neus. Sy blaas haar asem in my neusgate in en soen my op die voorkop. Ek kan voel hoe my staf begin groei. Sy kyk onder my in en lag.
Dan vat sy ‘n handvol van my maanhare en trek haarself op rug. Sy ry my nooit met ‘n saal nie. Net haar warm lyf teen myne. Sy trek die toom liggies na regs en dan stap ek met haar by die hek uit.
Sy laat my tussen vrugtebome loop en ek ruik die reuk van vars perskes en appels. Dan kom ons by die grondpad waar sy die teuels effe oplig en ek begin draf.
Sy laat my draf tot by die volgende hek en dan klem sy my met haar sterk bene vas en laat my gallop. Ek gallop met my hoewe wat vonke uit die klippe laat spat. Sy trek die teuels weer effens en kies koers die veld in. Ek hardloop nou so vining as wat ek kan met haar wat aan my klou en hoog en suiwer skree dat ek vinniger moet gaan. Vinniger. Vinniger en dan uiteindelik trek sy die teuels styf en ek draf stadiger. Voor ons is die populierbos met die dammetjie.
By die waterkant gly sy van my natgeswete rug af. Sy laat die teuels val en ek staan stil.
Sy gaan sit op ‘n klip en trek haar kamaste uit. Dan volg haar khakibroek en dan haar wit hemp. Sy het niks anders aan nie. Sy kom na my toe en vat my teuels. Dan lei sy my in die water in. Ek voel hoe die water teen my lyf opreis en dan gaan staan sy, die water tot by haar pragtige spene. Sy vat handevol water en begin my afwas en ek voel hoe ek begin verander. My kop word kleiner en die toom gly af. Dan beur ek agteroor en my voorhoewe word hande, my lyf verloor die swart hare en my agterpote word voete.
Sy staan nader en druk haar warm lyf teen myne vas. Ek kan voel hoe my staf groei en tussen haar bene indruk. Sy knyp my met haar bobene vas en ek beur vorentoe.
Dan sit sy haar hande om my nek en tel haarself op. Ek sit my onhandige hande om haar sagte boude en lig haar hoër. My staf gly in haar sagtheid in en sy kreun diep in haar keel. Sy vleg haar hande in my lang swart maanhare in en beweeg haarself op en af op my staf.
Ek dryf in haar in. Runnik diep in my keel en sy fluister: “Ja, ja, ja my hings!”
Dan is dit verby. Ek skiet haar vol van my saad en sy gil van plesier of pyn. Dan gly sy van my af en ek staan bewend en rukkend in die koue water.
Sy vat ‘n handvol van die hare agterop my kop en trek my na die water se rand toe.
Terwyl sy haar klere oor haar nat lyf trek voel ek hoe my gesig langer word. Ek val vorentoe en word weer hings. My hande verhard, word hoewe oorgetrek met staal. Ek beur vorentoe en gaan staan langs haar op die droë grond. Ek beur my lang nek teen haar vas. En sy krap my tussen die oë.
Dan trek sy die toom oor my kop en druk die staal tussen my tande in. Sy vat ‘n handvol maanhare en trek haarself op my rug. Die son bak haar klere en hare droog terwyl ons terugstap.
By die huis gee sy my ‘n soen op my neus en gooi die toom vir die stalkneg. Hy lei my terug na die stal toe en ek probeer my kop terug draai om haar weer te sien.
Maar die toom, en die staal in my bek, keer my.
deur Uther Pendragon
Poulton was ‘n Britse kunstenaar wie se illustrasies in tydskrifte en mediese joernale verskyn het. Hy was ‘n gerespekteerde lid van die samelewing en was met die later bekende luitspeler Diana Kibblewhite in 1923 getroud.
Diana en Tom het in ‘n klein 17de eeuse huisie in Heyschott, West Sussex gebly waar hulle tuin gemaak het, bokke aangehou het en kaas gemaak het. Hulle het twee dogters gehad. Hulle het saam musiek gemaak en Tom, wat ‘n goeie kitaarspeler was, het haar aangemoedig om met haar belangstelling in Renaissance musiek en haar liefde vir die luit aan te gaan. Diana het groot beroemdheid vir haar luitspelery verwerf en was as een van die voorste luitspelers in die wêreld bekend.
Hul oudste dogter het in 1932 weens komplikasies tydens ‘n blindederm-operasie gesterf. Hierdie tragiese gebeurtenis was waarskynlik die rede hoekom die gesin stelselmatig uitmekaar begin val het. Tom het algaande meer belangstelling in ander vrouens getoon terwyl Diana haarself al meer van die gesin onttrek het en haar in haar musiek verdiep het. Dit is nie duidelik wanneer Tom en Diana nie meer saamgebly het nie, maar dit
moes iewers in die laat 1930’s of vroeë 1940’s gewees het. Hulle is eers in 1947 geskei. Tom is alleen in 1963 in ‘n woonstel in Camden op die ouderdom van 66 oorlede.
Na sy dood was honderde ongepubliseerde erotiese sketse, wat hy in sy kenmerkende styl geteken het, ontdek en sommige daarvan is gepubliseer (Maclean 2000, 2006). Dit het ook aan die lig gekom dat hy erotiese tekeninge vir mense op versoek geteken het. Beecher Moore wat ‘n groot versameling van sy erotiese sketse besit het, het daarvan in 1990 verkoop. Regdeur sy lewe het Tom hierdie aspek van sy lewe geheim gehou want hy was waarskynlik bang vir die publieke reaksie wat sou volg as dit bekend geword het wat, benewens sosiale verwerping, hom finansieël sou geruïneer het as hy nie meer werk kon vind as illustreerder nie. Sommige van die temas wat hy geteken het was destyds (en selfs vandag) erg taboe en hy het die gevaar geloop dat hy gearresteer sou kon word en dat sy tekeninge vernietig sou word.
Sy tekeninge is uitmuntend in dié dat danksy sy vaardigheid as anatomie-illustreerder die anatomiese detail van sy illustrasies besonder goed geteken is. Tweedens was hy duidelik deur die taboe-aspekte van seks geprikkel en het hy in groot detail karakters geteken wat benewens vaginale seks ook orale en anale seks het. Sy vroulike karakters masturbeer of vertoon hulself ekshibitionisties aan die kyker en urineer selfs. Hy het lesbiese tonele, dronk seks, orgies en egbreek geïllustreer. Duidelik was sy hoof-belangstelling vrouens want sy mans is dikwels met die minste detail geteken terwyl hy elke anatomiese detail van die vroulike karakters met die grootste sorg geteken het.
Die derde aspek wat sy kuns besonders maak is die vreugde en entoesiasme en bandelose passie wat uit sy karakters se gesigte en houdings straal.
Ek kan nie help om Tom Poulton jammer te kry nie. Dit is duidelik van sy kunswerke dat hy ‘n baie passievolle man was, met ‘n groot liefde vir vrouens en het duidelik gesmag na uitbundige, vreugevolle, bandelose seks. Maar hy was vasgevang in ‘n kultuur en ‘n tyd wat erg op dit alles gefrons het en dus moes hy eenkant en in geheim sy passie op papier uitdruk. En so jammer as wat ek vir hom as mens is, so bly is ek dat hy hierdie gefrustreerde bandelose passie van hom deur sy kuns met ons kan deel.
* * *
Jamie Maclean (2000) Tom Poulton: The lost drawings
Jamie Maclean (2006) The secret art of an English gentleman: Tom Poulton.
deur Uther Pendragon
Mattewis Anderzoon is ‘n vasberade man en hy gee nie sommer moed op nie. Hy is al gaar gestap en die son is blitsend warm, maar al wie opgee is hy. Die sakdoek, wat hy oor sy bles teen die son vasgebind het, is sopnat. Sy skoene is al nerf-af op die klippers getrap.
Die grondpad voor hom hou net aan en aan die berge in. Net wanneer hy dink dat hy nou by ‘n plaas of ‘n gehuggie gaan uitkom, open daar net nog ‘n bergvallei voor hom uit, met die pad wat hom al dieper en dieper die berge in lei. Hy is nou al te ver van sy kar om daarheen terug te keer. Al wat hy nou kan doen is om vorentoe te beur. Die pad moet sekerlik iewers heen lei. Hy kyk na sy horlosie – dit is nou vier-uur en dus is hy al reeds meer as drie ure lank aan die loop.
Hy skakel sy foon weer aan – daar is nog steeds geen sein nie. Hy skakel dit weer af om die battery te spaar. Hy is so dors dit voel asof hy wil vrek. Die botteltjie water wat hy by hom gehad het is al lankal leeggedrink en in die bosse langs die pad weggesmyt.
Soos hy stap spoel die woede en teleurstelling en hartseer en hopeloosheid en rigtingloosheid van sy lewe deur sy gemoed. Hy het alles verloor – sy vrou het na ‘n ander man gegaan, sy spaargeld het na die prokureurs toe gegaan, sy huis en die goeie kar het na sy vrou gegaan en sy job het na daai gatkruiper Piet gegaan. Dit voel vir hom asof daar ‘n groot kosmiese sameswering teen hom is – alles waaraan hy raak verander in kak – hy is ‘n regte Koning Mistas.
Hoekom alles op een slag met hom moet gebeur – wel dis juis die ding, dit alles gebeur met hom want die kosmos het sy mes in vir hom. Hy glo nie dat dit God is wat hom straf nie want hy glo in niks – veral nie nou meer nie – dis die kosmos. Die kosmos en mense. Mense is deel van die kosmos – so dis die kosmos.
“Fok julle!” sê hy hard wanneer die stemme weer in sy kop opklink: “Ontbloting, meneer Anderzoon!” Watter ontbloting? Dit was blote toeval! Dit was regtig nie my skuld dat my gulp reeds oop was toe ek in die toiletstalletjie ingestap het nie! “Jy het jou penis in haar mond probeer druk meneer Anderzoon!” Nee ek het nie my penis in haar mond probeer druk nie! Sy het dan op die toilet gesit – haar gesig was op dieselfde hoogte as my penis! Buitendien – hoekom het sy dan nie die deur van die toilet gesluit toe sy ingegaan het nie? Hoe kan ek dit help as daar nie aparte geriewe vir die verskillende geslagte is nie?
Natuurlik het ‘n ondersoek gevolg en natuurlik konfiskeer hulle toe sy rekenaar. Almal het porn op hulle rekenaars, dus hoekom moes hulle op hom pik? Daardie meisies was almal bo 18. Hy kan dit nie help as die webwerwe oor hulle ouderdom lieg nie. Hoe moes hy weet? Maar al sy pleidooie was tevergeefs.
En toe daardie fokken hoer van ‘n Clarise! Sy het net vir so iets gewag. Hy weet al lankal van haar affair. Hy kon haar stank ruik as sy van die “gym” af kom. Dis nie sweet so ruik nie. Sy wou met hom wat Mattewis is, nie meer seks gehad het nie, al lankal nie meer nie. Die enigste gelukkie wat hy die laaste jaar of twee gekry het is wanneer sy per geleentheid gedrink het. Die dag na hy sy werk verloor het, was haar prokureur op hom – asof hy die skuldige een is! Nee, ek het nie bewyse van haar ontug gehad nie. Intussen het Clarise se prokureur sy saak lekker voortgebou op die aanklagte van ontbloting, poging tot verkragting en besit van minderjarige porn. Ek is gelukkig dat ek net als verloor het en nie nou in die tronk sit nie, dink hy.
En nou is hy sonder werk, huis, vrou, kar, geld en trots – en nou gebeur dit! Presies nou toe hy op pad na ‘n werksonderhoud toe is, het die pad weggespoel. Presies nou op die ompad, raak hy verdwaal want daar is nie bordjies nie. En presies nou sal hy sein verloor en Google Maps sal nie meer werk nie. En presies nou sal sy ellendige ou skedonk van ‘n kar die gees gee tussen voetsek en nerens voor hy iewers kon uitkom. “Dis die fokken kosmos” sê hy bitter vir homself – vir wie anders sou hy dit sê? – want hy het nog nie ‘n solitêre siel op hierdie pad gesien nie.
Sy rusposes word al hoe langer voor hy sy genoeg moed kan bymekaarskraap om hygend en swetend die volgende skof aan te durf. Hy voel eintlik naar van die moegheid en hy is lighoofdig van die hitte en sy mond is ‘n kurkdroë gat van dorstigheid waardeur sy asem in en uit sy brandende longe blaas. Hy is nie meer ‘n jong man nie en is glad nie fiks nie.
Maar uiteindelik, na nog twee ure of meer se uitmergeling, sien hy ‘n naambord oor die padoppervlak oprys soos hy oor ‘n hoogtetjie kom. Sy oë is nou so dof dat hy eers so vyf meter van die bordjie moet gaan staan om dit te kan lees. EDEN sê die bordjie. Met sy laaste greintjie oorlewingsdrang beur hy vorentoe al met die afdraaipad langs. Hy is nou so moeg en dors dat hy vir die boer van Eden geld sal aanbied vir water en om daar te oornag.
Hy raak bewus van ‘n kabbelgeluid – dis water! Daar is ‘n riviertjie langs die pad! Hy strompel langs die wal af en val op sy knieë in die vlak water neer. Hy drink gulsige teue yskoue water. Hy spat water oor sy kop en bolyf en besluit dan sommer om klere en al agteroor in die vlak water op die spoelklippe te lê met net sy kop wat bo die water uitsteek. Na ‘n ruk raap hy sy laaste kragte bymekaar en amper waansinnig van moegheid sukkel hy met sy seer lyf teen die walletjie uit om die laaste skof van sy tog aan te pak.
Die pad kronkel deur ‘n diep kloof met amper loodregte kranse. Toe hy om die draai kom, val die landskap voor hom oop en sien hy iets wat hom in sy spore laat stilstaan van verbasing. Sy wasige oë en suf brein sukkel om dit wat hy sien te verwerk. Pleks van ‘n plaas, lê daar ‘n hele dorpie voor hom genestel in ‘n groen vallei wat deur kranse omsluit word. Hierdie plek is nie op enige van die kaarte wat hy gesien het nie. Dit lyk soos iets uit ‘n sprokie. Die riviertjie kronkel tussen die bont huisies en die groen landerye deur. Hy weet toe dat hy doodgegaan het en in die hemel aangekom het.
Die klank van koorsang word deur die wind na hom aangedra. Dit is terselfdertyd die harseerste maar ook die mooiste lied wat hy ooit gehoor het. Dit voel vir hom asof sy hart sy liggaam verlaat en voor hom uitsweef na die klokhelder stemme toe. Souterige trane vul sy oë en met ‘n ekstatiese uitdrukking in sy gesig beur hy voort oor die bruggie in die rigting van die onweerstaanbare lied. Hy slinger onder ‘n laning bome deur, verby ‘n lae muur waaragter hy grafstene sien. Dit is so gepas – dooies hoort mos in die hemel. Hy kan in ‘n waas die naaste grafstene se name lees: Kara Brand, Sara Jacobina Petersen, Gerlinde watsenaam, Ingrid Lindasdottir, Bluenn Eveno, Enora Ollivier, ‘n Susanna watsenaam, … die name begin voor sy oë swem.
Die geboutjies is te pragtig – hulle is allerlei kleure geverf en soos hy nader kom, sien hy die blombakke met trosse pienk en rooi en wit blomme onder die vensters en in potte langs die deure. Die koorsang en die bonterny van al die kleure vul sy kop voor die donkerte hom insluk. Mattewis Anderzoon se uitgemergelde lyf val met ‘n sagte plof op die padoppervlakte neer.
Toe hy sy oë oopmaak sien hy ‘n wasige beeld voor hom. Iemand is besig om sy lyf af te spons. Die sensasie van die koel water wat oor sy lyf vee is so hemels dat hy net slap op die bed bly lê en nie eens sy geslag probeer bedek nie. Hy probeer sien maar sukkel om die persoon voor hom te eien – al wat hy kan uitmaak is ‘n silhoeët teen die lig in die kamer. Hy mompel skor: “my bril asseblief.” ‘n Hand sit sy bril sag op sy neus en die beeld spring skerp in fokus. So swak as wat Mattewis is, voel hy die blos in sy wange terugkom en die elektrisiteit deur sy lyf tingel. Sy is beeldskoon. Die vrou wat seker in haar dertigs moet wees, het lang bruin hare en groot bruin oë. Hy sien hoe haar vol lippe beweeg maar registreer nie dadelik wat sy sê nie.
“Kan ek vir jou water gee?” vra sy weer. Hulle praat Afrikaans in die hemel besef hy verlig. Hy was altyd bang dis dalk Latyn of Hebreeus.
“Ja asseblief engel,” antwoord hy skor en drink lang slukke uit die beker wat sy vir hom aanbied.
“Stadig eers,” maan sy hom. “Jy het sonsteek en gaan naar word as jy te vinnig drink.”
Mattewis voel nog nie sterk genoeg om te protesteer of eens regop te sit nie en sak weer in die sagte kussing weg. Die vrou gaan aan om sy lyf en gesig af te spons. ‘n Koel luggie waai deur die venster wat die valletjiesgordyn laat binnetoe bol. Die koel lug lawe sy klam vel en sy oë val toe.
Na ‘n ruk kom hy weer by. “Waar is ek?” fluister hy.
“In Eden,” antwoord sy.
Hy antwoord met ‘n sug: “Ek dog so.”
“Draai om,” sê sy na ‘n ruk en druk sag met haar hande teen sy heupe. Hy kom uit sy indommeling en draai op sy maag. Sy begin om sy rug af te spons, dan sy arms, sy boude en sy bene. Sy los sy lyf vir ‘n ruk so klam sodat die windjie die water van sy lyf af kan laat verdamp en dan maak sy alles weer met ‘n sagte handdoek droog.
“Wat het gebeur?” mompel hy.
“Jy het hier in die dorp inmekaargesak. Jy was bewusteloos vir meer as ‘n halwe dag. Jou koors het nou eers gebreek,” sê sy en spons sy heupe, bene en voete.
“Wat is jou naam?” vra sy.
“Mattewis, Mattewis Anderzoon,” antwoord hy.
“Waar kom jy vandaan, Mattewis?”
“Kaapstad,” antwoord hy.
“Wat doen jy vir ‘n lewe, Mattewis?”
“Ek is ‘n boekhouer.”
“Wat doen jy in hierdie geweste, Mattewis?”
“Ek is eintlik verdwaal – ek het op ‘n advertensie vir ‘n werk in Hogsback gereageer, maar toe die pad byster geraak,” verduidelik hy.
“Dit gebeur,” antwood sy.
“Is jy getroud, Mattewis?”
“Was getroud – nou geskei. Sy het my agtien maande gelede vir iemand anders gelos,” antwoord hy meer gelate as bitter.
“Hoekom het sy jou gelos, Mattewis?”
“Ek weet nie regtig nie. Dalk omdat ek nie so jonk, groot, aantreklik, ryk of opwindend as ander mans is nie.”
“Ag nonsens – jy is heeltemal aantreklik genoeg,” antwoord sy.
“Dink jy so?” vra hy opreg verbaas.
“Ja, en ek is seker jy het ‘n paar meisies wat vir jou daar in Kaapstad wag, nie waar nie?”
“Nee, glad nie – daar is niemand wat vir my wag nie.”
“Jy het seker kinders?” vra sy.
“Ja twee, maar hulle is al groot met kinders van hul eie,” antwoord hy.
“Verwag iemand jou iewers?” vra sy.
“Ja eintlik, maar ek het sein op my selfoon verloor en ek kon niemand bel nie. Kan ek dalk van hier die mense bel om te laat weet hoekom ek nie vir die werksonderhoud opgedaag het nie?” vra hy.
“Nee ongelukkig nie – ons het geen landlyne of selfoonontvangs nie. Ons is hier basies maar afgesny van die res van die mensdom,” antwoord sy.
“Draai om,” sê sy weer en hy gehoorsaam outomaties.
Toe sy penis swaar op sy buik terugval besef hy eers hoe vol sy ereksie is. Sy hande skiet blitsvinnig om sy dik staaf te bedek. Mattewis mog miskien net 5’4” lank wees, maar sy penis se grootte het daarvoor vergoed.
“Jammer,” stamel hy.
Die vrou antwoord nie en met ‘n glimlag staan sy op om vir hom nog water in te skink. Mattewis beur op die een arm regop terwyl die ander nog sy penis gedeeltelik bedek. Hy sien hoe die vrou se hals oopgaap en haar borste swaar na onder hang. Hy kan sien dat sy nie ‘n bra aanhet nie. Hy kan voel hoe sy eikel deur sy voorhuid na buite dring soos sy ereksie verdik. Hy moet noodgedwonge die glas by haar neem met die hand wat sy penis bedek en soos hy sy eerste sluk neem sien hy met skaam-skok hoe ‘n straal helder slym van sy geswolle eikel op sy dybeen drup. Die vrou sien dit ook en vee dit ewe ongeërg met die handdoek af.
“Jy is veels te skaam vir ‘n man met so ‘n groot piel,” sê sy en glimlag vir hom terwyl sy sy penis in sy hand neem.
Dit begin vir Mattewis deurskemer dat hy dalk nie in die hemel is nie – engele sal mos nie so lelik praat of aan mens se penis vat nie? Hy sit versigtig die glas in sy bewende hand op die bedkassie neer en kyk met geskokte verwondering na haar toe sy vooroor buk en sy penis in haar mond neem. So dis hoe dit voel! Dit is die lekkerste gevoel wat hy ooit ervaar het. Hy roer nie – hy is te bang dat wat ook al hy doen haar sal afskrik en dat hierdie bietjie hemelse ervaring sal ophou. Geen vrou het nog ooit sy penis gesuig nie. Geen vrou wat hy ken, gebruik die woord piel nie. Dis asof ‘n leeftyd van fantasieë en drome eensklaps bewaarheid word.
Sy vee die hare uit haar gesig en gooi dit agtertoe soos sy opkom. Haar slymblink lippe sê: “Lê agteroor.”
Hy gehoorsaam dadelik en val oorgretig agteroor met sy nat penis tierend in die lug. Die volgende oomblik klim sy op die bed en gaan sit wydsbeen oor hom. Met een haal gryp sy sy penis in een hand vas terwyl sy met die ander hand haar labia ooptrek en op sy penis gaan sit wat diep in haar nat vagina opdruk.
Hy probeer iets sê, maar sy smoor sy sin deur om vooroor te buk en haar lippe oor syne te plant. Hy voel haar tong in sy mond rondtas. Hy kan nie onthou wanneer laas hy so gesoen was nie. Dit moes dekades gelede gewees het. Hy reageer instinktief dierlik op haar aanmoediging en kort voor lank stu hy net so hard boontoe as wat sy haar heupe op hom neerstamp. Hulle kry hul ritme en ry so hard dat die bed protesterend knars. Die sweet stroom naderhand van sy voorkop af en sy yl hare plak in slierte aan sy bles vas. Uiteindelik is hy bloedrooi in die gesig en die are staan soos slange in sy nek. Skielik brul hy van ekstase toe sy orgasme deur sy lyf blits en hy sy sperms diep in haar gretige vagina inskiet. Sy rol dadelik van hom af en lê langs hom op haar rug met haar knieë teen haar bors opgetrek.
Mattewis lê sweetnat en hygend na sy asem op die bed. Toe hy uit sy beneweling kom weet hy dat hy die liefde van sy lewe ontmoet het. Hy draai na haar en vra: “Wie is jy?”
“Ek is Tifenn,” antwoord sy.
Kort hierna dommel Mattewis in en word eers later die dag wakker van stemme buite die kamerdeur. Die deur gaan oop en Tifenn kom met ‘n ander vrou binne wie sy as Ronel – die dokter, voorstel.
Ronel kom na die bed toe en sonder om te huiwer trek sy die laken van sy kaal liggaam weg. Sy sê so terloops in ‘n sagte stem aan Tifenn: “Jy het nie oordryf nie …” aan Mattewis sê sy: “Hallo Mattewis, hoe gaan dit nou met jou?”
Mattewis mompel bietjie verboureerd: “Alles gaan klopdisselboom dankie.”
“Ek kan sien,” antwoord sy en met haar ferm hande druk en vat sy aan sy lyf terwyl sy hom ondersoek. Sy meet sy temperatuur, luister na sy hart en longe en kyk met haar stetoskoop, kyk met haar liggie in sy oë, ore, neus en keel op. Dan beveel sy hom om op sy sy te draai terwyl sy agter hom in haar tassie rondvroetel. Hy voel haar hand op sy boud toe sy vir hom sê: “Ontspan.”
Hy wou haar nog vra wat sy bedoel, maar die volgende oomblik voel hy hoe sy haar vinger deur sy anale sfinkter druk en binne hom rondtas. Dit is baie vreend en onaangenaam maar ten spyte daarvan kry hy oombliklik ‘n ereksie. Dit is net so gou klaar as wat dit begin het. Sy laat hom weer op sy rug terugrol. Hy hou sy hande oor sy ereksie. Terwyl sy haar hand met ‘n ontsmettingsmiddel afvee, sê sy vir hom: “Daar is geen rede om dit toe te hou nie – ek het al baie gesien. Buitendien, die ondersoek is nog nie klaar nie.” Sy betas sy testes en dan trek sy sy voorhuid terug en bekyk sy eikel rondom heen.
Mattewis mompel verboureerd: “Dis ‘n vreemde ondersoek – ek dog ek het sonsteek.”
Ronel antwoord: “Inderdaad – sonsteek, hitte-uitputting en dehidrasie. Maar jy naai ook my vriendin – en dit nog voor ek jou kon ondersoek het. Ek het nou jou prostaat ondersoek – mans van jou ouderdom loop ‘n hoë risiko vir prostaatkanker. Ek het dan ook gekyk vir genitale vratte, herpes en pubiese luise …” terwyl hy na haar luister het hy amper nie agtergekom dat sy ‘n spuitnaald in haar hand het nie todat die naald sy vel deurboor, “… en wanneer ek jou bloed getoets het sal ons weet of jy enige ander geslagsoordraagbare siektes het.” Na nog ‘n paar minute is Ronel daar weg.
Mattewis se verblyf by Tifenn is soos ‘n fantasie wat waar geword het – hy word van die oggend tot die aand gevoer, gewas en genaai. Mattewis was nog nooit so gelukkig in sy lewe nie. Tifenn dink dat hy sterk en aantreklik en slim en gevat is – hy is vol selfvertroue en was nog nooit gelukkiger nie. Die werk se moer, sy stukkende kar kan maar langs die pad wegroes, sy vorige lewe is vergete. Hy sal nooit hiervandaan weggaan nie.
Maar vir so ‘n stil en afgeleë plekke bly dinge in Eden snaaks genoeg nie dieselfde nie. Op die sesde dag van sy verblyf by Tifenn is daar ‘n klop by die agterdeur en ‘n blondekop kom in. Mattewis en Tifenn is nog besig by die etenstafel besig om hulle varktjops, appelmoes en suurkool vir middagete te eet.
“More Tifenn en Mattewis,” groet sy vriendelik. Haar gesig is blosend en haar oë skitter. Ongeag Mattewis se verliefdheid op Tifenn, tref hierdie vrou se skoonheid hom soos ‘n hamer tussen die oë.
“Dag Annick, kom sit hier by ons. Ek skink vir jou koffie,” antwoord Tifenn met ‘n glimlag.
Annick gaan sit by die tafel maar haar oë verlaat nie Mattewis nie. Haar glimlag straal wittand, nat en rooilip oor hom.
“Annick, dit is Mattewis,” sê Tifenn.
“Ek weet,” sê Annick. “Mattewis, ek is Annick” en terwyl hy nog probeer iets gevats te sê soos “Ek weet,” buk sy oor die hoek van die tafel en soen hom vol op die mond.
“Skei uit julle twee, daar is genoeg tyd daarvoor later,” sê Tifenn met ‘n glimlag en sit ‘n beker koffie voor Annick neer wat dadelik daaraan begin slurp sonder om haar oë vir ‘n sekonde van Mattewis af te vat.
Tifenn kyk na Mattewis, vat sy hand in hare en sê: “Mattewis, die dokter se verslag het ingekom en dit lyk asof jy gesond en perdfris is. Jy het geen onderliggende siektes nie en jou cholestrol en suiker is goed vir ‘n man van jou ouderdom.”
Mattewis haat dit wanneer mense na sy ouderdom verwys. Maar hy is bly oor die res van die resultate, want hy hou van ryk kosse. Wat Tifenn egter volgende sê, laat sy hele verwysingsraamwerk in duie stort: “Mattewis, Annick is hier om jou te kom haal, want jy gaan nou by haar bly.”
Sy verwarde protesterings word net deur Tifenn stil gemaak met ‘n ferm: “Dit is hoe ons dit wil hê Mattewis. Daar is geen ander uitweg nie.”
Mattewis is toe daar weg met Annick. Hy is baie harsteer. Hy het baie lief vir Tifenn geraak. Annick is egter op hom en oor hom en sy praat aanmekaar. En sy is mooi, baie mooi… selfs mooier as Tifenn. Kort voor lank kom Mattewis agter dat Annick ook nie onderklere dra nie en Mattewis raak verlief op Annick.
Annick spandeer die res van die middag om hom die dorpie en omliggende landerye.te wys Sy beduie waar die biodiesel aanleg is, die dorpie se kragopwekker is, die skool is, die Noorse meul met sy horisontale wiel langs die rivier is, waar die bakker is, die slagter is en die dokter se spreekkamer is.
“Dr. Ronel? Sy het my ondersoek,” sê Mattewis.
“Ja ek weet. Ons is baie trots op haar – sy het nie slegs ‘n spreekkamer nie, maar alles wat jy aan kan dink – van ‘n sonar tot ‘n patologielaboratorium tot ‘n chirurgie- teater – alles wat ons moontlik nodig het. Sy kan selfs tande stop en trek. Sy het so tien jaar gelede op Eden kom bly na ‘n groot gedoente by die universiteit waar sy een van hulle voorste navorsers was,” antwoord Annick.
“Watse gedoente?” vra Mattewis.
“Seksuele teistering, onsedelike aanranding en poging tot verkragting. Maar toe probeer die universiteit die hele gedoente toesmeer sodat dit nie op die lappe kom nie, want dit sou sleg vir die universiteit se reputasie wees. Maar die laaste strooi was toe die dekaan haar probeer intimideer het om die saak teen haar kollega terug te trek en insinueer dat sy weens haar uitlokkende gedrag, eintlik daarvoor verantwoordelik was,” antwoord Annick.
Oral waar hulle verbyloop sien Mattewis vrouens oor onderdeure en deur vensters vir hom loer. As hy hulle oog vang het hulle een van drie reaksies: sommige glimlag vir hom en waai vir hom, ander kyk hom net takserend aan en ander deins agter die gordyn weg. Die hele dorp is vol vrouens. Mattewis moet homself knyp om seker te maak of hy nie tog in een of ander hemel is nie. Maagde is hulle gewis nie – so dit is nie daardie tipe hemel nie. En almal is mooi en seksie en almal wie hy ontmoet is ongelooflik vriendelik. Dan tref dit Mattewis – dis nie net ‘n klomp vrouens in die dorpie nie – daar is geen mans nie. Hy draai na die borrelende blondekop langs hom wat nog aaneen praat en vra: “Waar is die mans dan?”
Die glimlag verdwyn van haar gesig. Daar is iets kil in haar stem toe sy antwoord: “Hulle is of weg, of dood of het nog nie opgedaag nie.”
“Ok,” sê hy, “ek het net gewonder,” antwoord hy flouerig.
Hulle loop sonder ‘n woord verder tot by Annick se pienk dubbelverdiepinghuisie. Die rooi malvas blom in bosse in die vensterbakke.
Na hulle hul aandete van brood en koue vleis genuttig het sê sy vir hom: “Kom saam met my sodat ek jou na jou kamer kan neem,” en loop voor hom uit.
Mattewis kyk maar, soos enige normale man sou, na Annick se boude soos sy voor hom teen die trappe opstap. Maar die trappies is steil en Annick se rok is kort en wyd en Mattewis sien wat mans selde beskore is om te sien – in die ganglig kan Mattewis Annick se kaal boude voor hom sien dril en dimpel soos sy teen die trappe op loop. Mattewis is verras en verbaas – sy moet sekerlik weet dat hy onder haar rok kan opkyk, maar desondanks hou sy nie die soom van haar rok teen haar dye vas, soos wat hy gewoond is vrouens in hierdie omstandighede sou doen nie.
Annick gaan staan in die oop deur en skakel die lig vir hom aan, maar sy gaan nie in die kamer in of beweeg uit die pad uit dat hy kan verbykom nie. Haar borste druk sag en wulps teen sy arm soos hy teen haar moet verbyskuur.
“Roep my as jy enigiets – en ek bedoel enigiets – gedurende die nag nodig het,” sê sy en gee vir hom die mooiste glimlag voor sy die deur agter haar toetrek. Haar glimlag oortuig Mattewis dat die ongemaklikheid van vroeër maar net sy verbeelding was.
Mattewis word deur die nag wakker van ‘n aangename nat en warm sensasie op sy penis. Sy mompel met haar mond vol eikel toe sy agterkom dat hy wakker is: “Ek dog aangesien jy vergeet het om my vir enigiets te roep dat maar na jou toe moes kom om jou daaraan te herinner.”
Mattewis is weer terug in sy hemel en met ‘n glimlag gaan lê hy terug op die bed. Net toe sy heupe outomaties op en af begin pomp, klim Annick op hom en ry hom nes Tifenn gedoen het. Nes Tifenn, rol sy van hom af op haar rug met haar knieë teen haar bors toe hy haar vagina volgespuit het.
Mattewis moes net vra: “Hoekom doen jy dit?”
“Om jou sperms in my te hou, Liefie,” antwoord Annick dromerig.
Mattewis se verblyf by Annick is hemel op aarde – hy word gevoer en genaai van soggens tot saans en soms in die middel van die nag. Daar is geen onderbrekings nie – geen TV, geen ongewenste besoekers – trouens geen besoekers, geen kinders, geen telefoonoproepe nie. Mattewis en Annick leef in en vir mekaar – dit is asof hulle in ‘n borrel van wedersydige bevrediging leef. Mattewis het nog nooit soveel seks in sy lewe gehad nie. Hy het na tien dae waarskynlik meer seks gehad as in ‘n jaar, nee maak dit drie jaar, tydens sy bitter huwelik met Clarise. Hy besef ook skielik dat hy in die laaste week nog nie een keer aan sy eks-vrou gedink het nie.
Maar Mattewis het skaars sy geliefkooste stoel in die sitkamer geëien en sy plek by die etenstafel ingewy toe hulle ‘n besoeker kry. Hulle was aan tafel en pas klaar met hulle cerveaux met sampioene, toe daar ‘n klop by die deur is. ‘n Blondekop bars in met ‘n: ”Hallo, hallo mense!” Dit is Annick se suster Solenn.
Mattewis roep verras uit: “Maar julle is dan ‘n tweeling!”
“Nie regtig nie,” kom dit gelyk uit twee kele met identiese stemme.
Maar die ooreenkoms is verstommend. Solenn se oë is ‘n bietjie meer bou-groen as Annick se bloues, maar dit was al. Miskien was Annick ‘n bietjie plomper as Solenn. As hulle nie langs mekaar gesit het nie, sou Mattewis hulle nie van mekaar kon onderskei nie. Annick vat Mattewis se linkerhand in hare en sê: “Mattewis, Liefie, jy gaan nou by Solenn bly.”
Mattewis probeer protesteer en smekerig verduidelik hy vir Annick dat sy die liefde van sy lewe is. Mattewis kyk om die beurt na Annick en dan na Solenn. Solenn neem sy regterhand in hare en sê: “Dis ok Mattewis, ek sal net so lief soos Annick vir jou wees.”
Sy leun oor die hoek van die tafel en soen hom vol op die mond. Dan voel hy hoe haar linkerhand tussen sy dye ingaan en sy penis deur die opening van sy japon vasvat en druk.
“Dis ok dan,” antwoord hy swakkies.
Mattewis word die volgende oggend wakker. Die son skyn deur die kamervenster. Hy is vir ‘n oomblik verward deur sy vreemde omgewing en dan spoel die vorige dag se gebeure deur sy kop. Hy kyk vinnig na die ander kant van die bed maar hy is alleen. Dan word hy bewus van die reuk van koffie en braaiende spek en ‘n vrouestem wat neurie. ‘n Glimlag sprei oor sy gesig en hy vat aan sy stywe penis. Sy pubiese hare is gekoek met die sperms en slym wat daarin gedroog het. Dit was dan tog nie ‘n droom nie.
Die deur, wat half-toe was, gaan onverwags oop en Solenn kom in die kamer. Sy het net ‘n voorskoot aan, en dit bedek haar beswaarlik. Sy glimlag breed vir hom en sê: ”Goeiemore, ou slaapkous. Ek is bly om te sien dat jy op is.”
Haar oë kyk reguit na sy ereksie en sy voeg met ‘n giggel by: “… en as ek sê op, bedoel ek op!”
Haar glimlag verdwyn skielik en sy sê: “Maar jy wil seker net pie en nie naai nie, nê? Kom saam.”
Dit voel simpel as sy penis op en af wip wanneer hy teen die trappe afloop en dus hou hy dit maar in sy hand. Hy gaan deur die deur wat sy vir hom oopmaak die badkamer binne. Terwyl hy urineer sê sy: “Ek tap solank vir jou water,” en buk vooroor terwyl sy die water se temperatuur met haar hand toets. Die aansig van haar groot borste wat hang en swaai en haar boude en dye wat oopsprei om haar vagina en anus te ontbloot, maak hom in ‘n paar sekondes kliphard.
Sy staan op en met ‘n glimlag vat sy sy penis in haar hand en sê: “Nou-nou jou jagse man, wees net ‘n bietjie geduldig,” en gee sy penis ‘n druk.
Terwyl hy bad, hoor hy haar werskaf in die kombuis. Hy lê agteroor in die warm water en was sy penis en pubiese hare. Sy ereksie gaan net nie weg nie. Solenn kom in en sê: “Mens mors nie so ‘n goeie ereksie nie,” en gooi haar voorskoot op die vloer neer. Sy klim in die bad en hurk oor hom. Nes haar suster trek sy behendig haar groot labia met die vingers van een hand oop en druk sy nat ereksie vinnig en sekuur binne haar vagina in. Net betyds – want hy begin spuit die oomblik wat sy penis tot sy volle lengte binne haar warm vagina opgedruk is. ‘n Lawwe gedagte gaan deur sy kop: “Leer hierdie vrouens hoe om seks te hê by dieselfde seksvoorligter?”
Mattewis se verblyf by Solenn is net so idillies as by Annick, indien nie beter nie. Hy is oortuig dat hy nou die liefde van sy lewe ontmoet het. Solenn eksperimenteer meer as Annick – hulle het seks in die agtertuin (en hy is seker dat die bure hulle dopgehou het), hulle het seks op die vloer, hulle het seks op die eetkamertafel, hulle het seks op die trappe en so aan. Daar was later nie ‘n vertrek of oppervlakte waarop hulle nie seks gehad het nie – hulle het een keer selfs op die kombuistafel seks gehad waar sy besig was om varkworsies te stop – sommer so tussen die maalvleis en derms deur.
Teen die tyd wat Mattewis deur die volgende dame gehaal word is hy nie eens meer verras oor die gebeure nie. Natuurlik is hy nog steeds verlief op Tifenn, Annick en Solenn, maar dit is nou die rooikop Loana se beurt. Na Loana was daar Yuna, Thrud, Marzhina, Wina, Inga en Helga – die weke vloei in maande in en naderhand sukkel Mattewis om almal se gesigte en name te onthou. Wat wél opvallend is, is hoe die vrouens op mekaar trek. Daar is, soos hy dit sien, sustersgroepe – twee tot ses vrouens wat so op ‘n haar na mekaar lyk dat dit eintlik vreemd is. Almal is ook angstig om sonder voorbehoeding met hom seks te hê. Mattewis het trots en fier deur die strate geloop wanneer hy van een vrou na die ander se huis gelei is, bewus van die dosyne oë op hom. Yl haartjies, boeppens en stywe, krakende bene ten spyt, voel hy soos ‘n stoetbul wanneer hy op straat kom en is hy trots en ingenome met homself.
Hy kry nie regtig kans om in die dorp rond te loop nie omdat sy dae met eet, slaap en seks opgeneem word. Maar soms, wanneer hy nie daarmee besig is nie, en die kans kry om deur ‘n venster kyk, sien hy dikwels ‘n bekende swanger vrou in die hoofstraat sien verbystap. Hy waai gewoonlik vir hulle, maar hulle kan hom skynbaar nie raaksien nie. Hy kry nooit die geleentheid om ‘n venster oop te maak en na hulle te roep nie, want die vrou saam met hom trek hom gewoonlik van die venster weg met ‘n soen, ‘n bors of ‘n vagina of ‘n mondvol botterige chaudins, geurige boudin noir, ryk goetta, brosgebraaide kig ha farz, souserige rillettes, of plakountas tetyromenous in delikate filo en sy geliefkooste dis – bros aan die buitekant en romering aan die binnekant – couilles.
Ondanks die feit dat hy eintlik ‘n russian en chips man is en nie die name van die disse wat vir hom spesiaal voorberei word kan uitspreek of onthou nie, of weet wat dit is nie, eet Mattewis hom knuppeldik daaraan. Trouens hy eet net soveel soos wat hy seks het en na ‘n paar maande is onse Mattewis ‘n regte potjierol. Dit lyk nie asof dit die vrouens afsit nie en hulle help hom selfs om verstellings aan sy klere te maak dat dit hom nog so op ‘n manier pas wanneer hy op straat verskyn, maar aangesien hy meestal kaal is, pla sy krimpende klere hom nie juis nie.
Soms is daar weke wat vir hom verwarrend is – dit is wanneer hy in die dag by een vrou bly, maar in die aand by ‘n ander oorslaap. Die vreemde ding van hierdie dae is dat die betrokke vrouens ook net dan een keer elk met hom seks op daardie dae wou hê, terwyl as hy by een op ‘n slag is, is dit kant tot wal seks vir dae.
Dan was daar hoogtepunte en nog hoogtepunte. Daar was die “drieling” Kappa, Wiske en Bruna. Hy het hulle een na die ander, maande uitmekaar ontmoet. Hulle het vreemde behoeftes gehad en moes aan hom verduidelik hoe en wat hy met hulle moes doen en waar watter tou of gespe of prop moes gaan. Dit was so anders as die seks wat hy met al die ander vrouens gehad het wat duidelik almal van fellatio en manry geweet het. Hy het maar ingestem bloot omdat hy nie graag wou uitvind wat sou gebeur het as hy weier nie. Hy was egter bly toe hy uitvind dat hulle nie nog susters het nie.
Dit was Hildr wat vir hom die hottensgotte in die tuin gewys het. Hulle was besig om te paar op die struik langs wHildr en Mattews wat ook besig was om te koppel op n kombers op die gras met die son op hulle kaal lywe. Hildr het begin giggel toe die wyfie die mannetjie se kop afbyt terwyl hulle paar. Sy het sommer Mattewis se lippe begin byt terwyl sy giggel. Mattewis het vir haar gesê om te stop en dat hy nie kan sien hoekom sy daarvoor lag nie want dit is walglik vir hom. Sy het hom toe vertel dat dit die wonderlikste ding is vir die pa om sy liggaam vir sy nageslag op te offer. Die pa verseker dan sy kleintjies se oorlewing deur om sy voedingstowwe vir hulle via die ma aan te gee. Daar is ook geen rede vir die verdere voortbestaan van die mannetjie na hy sy gene aan tientalle kleintjies geskenk het nie, veral as hy hulle kanse om te oorleef net gaan belemmer deur om self te bly leef en met hulle vir kos te kompeteer. Dit maak net soveel sin.
Dan was daar ook ‘n hele paar vrouens wat hy, na ‘n maand of so, weer by ingetrek het en ander wat hy nooit weer met ‘n oog gesien het nie. Dit was asof daar ‘n patroon of patrone was wat hy net nie kon raaksien nie.
En dan was daar Katarin. Katarin het weer baie soos Tifenn gelyk. Sy was ook in haar laat dertigs, met dieselfde figuur, haarkleur, oë en stem. Sy ervaring met Katarin was heelwat anders as met die ander vrouens. Katarin het lank na hulle seks gehad het, nog steeds langs hom bly sit met haar kop op sy skouer terwyl sy sy hand vasgehou het. Sy het hom net Liefie genoem en nie Mattewis nie. Soms kon hy sien hoe sy ‘n traan van haar wang afvee as hulle langs mekaar sit of op die bed langs mekaar lê. Sy was baie stil en wou hom nooit vertel wat haar pla nie. Mattewis was verlig toe die volgende borrelende, vrolike vrou hom daar weggelei het.
Toe kom die grootste verandering in Mattewis se lewe, naas sy aankoms in Eden. Die volgende dag was Lente Sonewening. Hulle moes dit mooi aan hom verduidelik, want hy het niks daarvan geweet nie – daar is twee Sonstilstande, een in die somer en ander in die winter en daar is twee Soneweninge, een in die lente en die ander in die herfs. Sonewening is wanneer die dag en nag ewe lank is. Mattewis besef toe dat hy reeds meer as agt maande in Eden is. Daardie agt maande het soos ‘n droom by hom verbygegaan.
Lente Sonewening is duidelik ‘n groot affere in Eden en hy kan die energie deur die dorpie voel bruis ten spyte daarvan dat hy meeste van die tyd in die wellustige omhelsing van Aela is. Tussen die soene, fellatio en seks, kan hy hier en daar iets uitvind. Eden vier Lente Sonewening elke jaar en sekere van die volwasse vrouens in die dorp en al die manlike besoekers woon dit by – dit is blykbaar verpligtend. En ja, sommige jare is daar meer as een manlike besoeker. Hy wil nog vra wat van die besoekers geword het toe sy orgasme hom oorweldig en hy per ongeluk sy sperms in haar mond spuit – gewoonlik is die vrouens vinnig genoeg om betyds op hom te kom sit voor hy spuit.
Toe hy op die feesterrein onder die bome saam met Aela daar aankom is baie van die vrouens wat hy ken ook daar, maar hy sien ook ‘n paar vrouens raak wat hy nog nie ontmoet het nie. Daar is seker so 20 vrouens altesaam. Sommige van hulle is duidelik swanger – Annick lyk asof sy gaan bars so groot is sy, maar Solenn is nie daar nie. Sy blik dwaal oor die gesigte wat almal na hom kyk – dit is skielik moeilik om die gesigte en name by mekaar te sit, want die susters sit en staan hier en daar bymekaar en hy kan nie sê wie wie is nie. Hy is onseker van sy saak maar hy kan sweer dat amper helfte van die vrouens by wie hy gebly het nie daar is nie.
‘n Ouer dame, maar ietwat jonger as hy, kom vorentoe. Hy het haar nog nooit gesien nie. Sy sê in ‘n sedige stem: “Welkom by ons, Mattewis. Ek is Lillith. Vanaand is die hoogtepunt op ons kalender.”
Mattewis weet nie hoe om hierop te reageer nie en sê: “Baie dankie, ek sien daarna uit.” Lillith glimlag vir hom.
In die middel van die oopte is daar ‘n groot stapel hout wat iemand aan die brand steek. Toe Mattewis dit sien vra hy: “Gaan ons vanaand iemand brand?”
Almal kyk geskok na hom en toe bars almal uit van die lag. Mattewis lag saam – hy hou daarvan as mense dink hy is snaaks of gevat. Daar is ‘n lang tafel wat kreun onder die kos aan die een kant en langs dit is ‘n tafel met bottels en bottels drank. Aan die ander kant van die ring is ‘n groot stoel en langs dit ‘n tafel met ‘n rooi kleed daaroor. Dan is daar weerskante van die groot stoel en rooi tafel talle sofas en banke wat in ‘n kring om die vuur staan.
Dit lyk vir Mattewis asof almal vir hom gewag het, want nadat hy deur Lillith verwelkom is, neem almal op die banke en sofas plaas. Hy sit tussen Aela en Gwendal. Die vrouens sing spontaan liedjies in ‘n vreemde taal, maar soms is daar Afrikaanse liedjies en wat soos Duitse liedjies klink. Dit wat hy verstaan klink soos pryssange aan die natuur en vrugbaarheid.
Lillth glimlag soetjies wanneer die ander een na die ander heildronk gedrink word, maar drink self niks nie. Die vrouens word al hoe lawaaieriger en uitbundiger soos die aand vorder. Op ‘n stadium staan Lilith op en klap haar hande. Dit was die teken waarvoor almal gewag het. Almal pluk hulle rokke oor hul koppe – almal is nakend daaronder, maar dit is iets waaraan Mattewis al lankal gewoond geraak het. Borste, dye, bene, boude en geswolle buike glim in die lig van die vuur. Min mans het soveel naakte vrouens op ‘n slag aanskou.
Lillith beduie na hom en sê: “Jy ook, Mattewis.”
Gedweë trek hy sy klere uit en sit dit in ‘n netjiese bondeltjie bo-op sy skoene agter die bank neer. Hy het in die laaste ruk so gewoond geraak daaraan om kaal voor vreemde vrouens te wees dat hy bykans al sy inhibisies verloor het, maar om nou almal se oë op hom gerig te hê, is intimiderend – veral omdat almal na sy penis staar. Gelukkig laat sy liggaam hom nie in die steek nie en met ‘n groot gejuig vul sy penis met bloed en salueer hy op die gepaste manier die vrouedom om hom. Hy glimlag breed met die wete dat hy sekerlik die gelukkigste man op aarde is.
Daarna volg vreemde rituele – die vreemdste sekerlik toe die vrouens hulle lied sing – die lied wat hy met sy aankoms in die dorpie gehoor het. Dit voel vir hom weer asof sy hart sy liggaam verlaat soos sy wese poog om een met die vrouens om hom te word. Dit was die teken vir die ander vrouens wat oorspronklik nie deel van hulle groep was nie – hulle kom nou in die ligkring ingestap – almal nakend en swanger. Buiten vir Katarin, kyk nie een in sy rigting nie. Hulle gaan staan in ‘n halfmaan rondom Lillith wat opstaan en in ‘n welluidende stem ‘n gebed of ode of wat ook al in ‘n vreemde taal opsê terwyl sy haar hande na die maan oplig. Daarna word die vrouens een vir een op die tafel met die rooi kleed gehelp waar sy gaan lê en waar ses ander vrouens olie in haar hare, gesig, lyf, buik, bene en arms invryf. Dit is eintlik meer soos ‘n erotiese massering as blote vryf want die swanger vrouens se borste, bene, boude, vaginas word behoorlik geknie deur die vrouens wat hulle bedien.
Mattewis kan van waar hy sit die speseryagtige geure van die olie ruik en die steun en kreungeluide wat die vrouens maak, hoor. Hy kan sweer dat hy kan sien hoe een van die vrouens haar hele vuis in die swanger vrouens se vaginas opdruk, maar hy kan weens die flikkerende vuurlig en hoek wat hy sit, nie daarvan seker wees nie. Die vrouens gaan staan weer op hulle plek in die halfsirkel nadat hulle klaar behandel is. Mattewis kan nie sy oë van hulle afskeur nie – hulle staan daar met hulle vol glimmende lywe, hare wat in olieslierte langs hulle koppe afhang, hulle opgeswolle buike met hier en daar ‘n naeltjie wat uitgepop het, swaar hangende borste – sommige waaroor daar pers are kronkel, groot donker areolas en dikgeswolle tepels. Almal lyk so goed en mooi vir Mattewis, trouens, al ken hy elkeen intiem, tref hulle vroulikheid hom nou dieper as ooit vantevore.
Lillith omhels elkeen en plaas haar hand op die vrou se buik en fluister iets vir haar in die oor, Daarna verlaat die geseënde swanger vrouens die groep.
Dit is asof dit nog ‘n teken was waarop almal gewag het. ‘n Oorverdowende jil klink deur tientalle kele en die vrouens spring op en begin om die vuur dans. Die musiek kom van hulle sang en allerlei voorwerpe wat hulle as perkussieinstrumente aanwend. Mattewis was nog nooit by ‘n orgie of selfs ‘n ontkleedans of paaldans nie, maar hy verbeel hom dat dit so iets moet wees. Hy sien net borste rondbons terwyl hulle ritmies rondspring. Sommige vrouens hou mekaar vas en soen en betas mekaar terwyl hulle dans. Mattewis se ereksie word so dik dat dit voel asof sy penis wil bars. Die vrouens wat naaste aan hom sit en sy ereksie sien beduie vir die ander langs hulle en wys na hom, wat hulle dan vir een of ander rede baie snaaks vind.
Dis asof al die vrouens diere geword het en Mattewis kan net staar na die drank wat oor kenne en borste biggel. Hulle eet hulle varkribbetjies terwyl die vet en sous oor hulle kenne en voorams afstroom en op hulle borste en buike drup. Hy kan hoor hoe iemand in die bosse langsaan braak. Ander het genoeg gevreet en gesuip en vry nou openlik met mekaar. Hy kan sien hoe een vrou haar been tussen die ander se bene indruk sodat hulle vaginas teen mekaar druk. Die eerste een begin hard met haar heupe teen haar dronker, meer passiewe maat s’n vryf. Ander sit-lê langs mekaar terwyl hulle tonge met mekaar speel terwyl hulle mekaar vinger. En dan is daar een wat met ‘n voorwerp haar vriendin se vagina pomp terwyl ‘n ander se kop tussen die oop dye van haar vriendin doenig is. Al die vrouens het mal geraak buiten Lilith wat met ‘n serene glimlag die krioelende massa lywe voor haar gade slaan.
Mattewis probeer ongeërg klink toe hy na Gwendal wat langs hom sit oorleun en saggies vir haar vra vra: “Hoekom drink daardie vrouens in hulle toestand dan saam?”
Gwendal blaker uit: “Jy bedoel swanger?”
“Ja” antwoord Mattewis sag, met die hoop die ander nie hulle gesprek sal hoor nie.
Gwendal gee ‘n snork-lag en antwoord: “Want hulle dra nuttelose beer-telge.”
Dit is asof ‘n koue hand Mattewis se hart gryp en hy snak na sy asem. Gwendal is te dronk om te sien watter effek haar antwoord op Mattewis het. Mattewis gooi stilletjies sy drank op die grond tussen sy bene uit toe niemand kyk nie. Hy kyk met nuwe oë na die jillende krioelende vrouens om hom en herken iets wat Goya die mensdom oor probeer waarsku het.
“Ja die fokken mans het mos alles oorgeneem – vir duisende jare heers hulle oor alles. Hulle god, hulle godsdiens, hulle kalender – lank lewe die Moeder!” Bronwyn hou eers met haar dronk tirade op toe die vrou langs haar haar oopmond begin soen.
Mattewis is bietjie lighoofdig, maar nog steeds in beheer van homself. Hy kom orent maar sorg dat hy onvas op sy voete rondsteier en sê met ‘n sleeptong: “Ek moet badkamer toe gaan.”
Van die vrouens kraai van die lag toe hulle dit hoor. Een roep: “Jy kan sommer hier voor ons pis – moenie skaam wees nie ons almal het jou al gesien pis!”
“Nee ek moet toilet toe gaan,” mompel hy en maak asof hy gaan omval.
“Ek sal saam met jou gaan,” sê Lilith en haak by hom in en help hom in die rigiting van haar huis.
Mattewis maak ‘n groot vertoon daarvan om te strompel terwyl hy loop. Toe sy egter die deur van die badkamer vir hom oopmaak, trek hy in die verbygaan die sleutel uit die deur en tree blitsvinnig terug in die gang in terwyl hy Lillith in die badkamer instamp en die deur toeklap. Voor sy die deur kan oopruk draai hy die sleutel in die slot.
Hy draai om en hardloop om die huisie na die groep toe, maar toe hy naby die raserige ligkring kom, slinger hy weer tot by die bank waar hy gesit het. Hy raap so ongemerk moontlk sy klere op en strompel weer verder. Hy kan Lillith se skril stem deur die badkamer se venstertjie hoor skree. Maar die vrouens is so dronk en lawaaierig dat niemand hulle aan Lillith se gille steur nie. Hulle vat en trek aan sy penis en druk sy hand teen oop nat vaginas terwyl hy tussen hulle deur beur. “Nog een keer, Mattewis,” stik die een vrou van die lag. ‘n Ander sê: “Laat my jou piel nog een keer suig, net vir oulaas, asseblief ou Mattewissie,” terwyl haar vriendinne om haar histeries giggel. ‘n Ander sprei haar bene oop en trek haar labia uitmekaar om haar gapende vagina aan hom te vertoon en sê: “Dink maar nou-nou hieraan Mattewis!” Hy klou vir al wat hy werd is aan die bondeltjie klere onder sy arm en die skoene in sy hand.
“Ek gaan nog drank haal,” roep hy uit en met dié verskoning strompel hy deur die voordeur van die taverne en storm by die agterdeur uit. Hy bars in die donker deur die groentetuine agter die geboue deur en begin om so in die hol sy klere aan te trek.
Hy hardloop so vinnig as wat sy vet lyf en amper sestig jaar oue bene dit kan doen. Toe hy uitasem verby die grafstene drafstap, kon hy kan sweer dat hy mansstemme hoor wat hom aanpor om vinniger te hardloop en vrouestemme wat vir hom sing om te bly. Hy kyk vlugtig oor sy skouer en in die maanlig kan hy tot sy verligting sien dat niemand hom volg nie. Die pad lê leeg en wit tussen hom en die dorpie.
Hy draai terug en drafstap verder waar die pad oor die bruggie deur die kloof gaan maar dan gaan staan hy botstil. ‘n Vier meter hoë hek, wat hy nie voorheen gesien het nie, versper die pad. Die maanlig glim op die onverbiddelike swart staalstawe waardeur geen mens of kar sal kan breek nie. Hy poog om teen die dik vertikale stawe uit te klim maar daar is geen vastrapplek nie en hy gly af. Hy probeer ‘n paar keer, maar sonder sukses. Hy probeer om teen die rotswande weerskante van die hek op te klouter maar dit is te glad en te steil en hy kry nêrens vashouplek nie.
Angs gryp sy hart vas en desperaat hardloop hy teen die walletjie langs die pad af en plons in die rivier – hy sal deur die riviertjie, wat onder die brug deur vloei, ontsnap. Die yskoue water kom maar tot by sy middel en hy waad onder die brug deur. Sy angsgil eggo in die klein ruimte onder die brug toe hy homself teen tralies vasloop. Hy tas in die donkerte na links en na regs maar die tralies vul die hele ruimte van kant tot wal, van die buik van die brug tot onder op die rotsplaat wat die rivierbodem vorm.
Hy hoor stemme naderkom en vries in sy spore daar in die donkerte, papnat en bibberend van die koue. Iemand – dit klink soos Tifenn of Katarin – sê: “Hulle is so voorspelbaar,, ‘n ander – Annick of Solenn – antwoord: “Wys hulle net jou doos en dan raak hulle smoorverlief op mens,” Kappa of Bruna sê “Ugh – gelukkig sal ons nie na vanaand weer na hierdie een se vet lyfie en bles gevreet hoef vas te kyk nie.” “Of vir sy flou grappies en kwinkslae hoef te lag nie,” antwoord ‘n ander suster. Trane van vernedering en teleurstelling rol oor die gelukkigste man op aarde se wange.
Die stemme kom al nader. Mattewis hardloop kermend soos ‘n vasgekeerde muis van kant tot kant deur die riviertjie en grawe sy vingers rou onder die klippe en gruis om ‘n skuiwergat tussen die staalraam en klipplaat te vind. Aela sê: “Hy sal onder die brug wees,” ‘n suster antwoord: “Hulle is so voorspelbaar.” Mattewis gaan hurk in ‘n bewende bondeltjie teen die rotswand en bevuil homself.
* Melancholie van ‘n pragtige dag deur Georgio de Chirico (1913)
deur JouBok
(Lees vorige episde HIER)
Dit is laatnag. Net ’n flentertjie van die gawe van ons Maangodin hang laag op die horison van die donkernag.
My skootrekenaar se skerm herhaal eindloos die Kombiekiehier Vreeslose Bloumaandagfoto van ’n ekstasegevulde hemelse gesig in ‘n deurmekaar kantoor. Die enigste ander lig in my studeerkamer is die LED gloeilamp wat my studeertafel in ’n sagte lig vashou.
Die tydlose dreuning van die seegolwe soos dit breek op die rotse sweef saam met die sagte bries deur my oop skuifdeur my studeerkamer binne. Buite, tussen die bome, roep ’n naguil na sy maat.
My gedagtes verwelkom die stilte na ek herhaaldelik die ritmiese pols van die versameling snitte “Proe aan die Maangodin” geluister het. Die musiek refrein deur my kop en saam met die toneel op my skerm word 22 jaar bitter kort. Dit is die soveelste keer dat ek daardie dag herleef en ek sal nooit moeg word daarvoor nie.
***
Jane se hande het my belt losgewikkel, die jean se knoop en ritsluiter het gevolg. Sy het dit haar plesier gemaak om haar hande oraloor op my te kry. Met haar hand het sy oor my jockey gevryf om die hardheid en die grote van my horing in volle glorie te verken. Haar hand het onder my jockey ingegly en my voor-kom oor my geswelde akker gesmeer.
Sy het skielik ’n ander uitdrukking op haar gesig gekry en haar hand uitgetrek en begin om my hempsknope los te maak. Ek wou nog help, maar ’n kyk gekry wat enige kleuter sou laat spaander. Ek sal nie sê dat ek die nuwe Jane se optrede en behandeling geniet het nie … Nee. Dit was ver meer as geniet – ek was in ekstase.
Toe sy my hemp oop het, het haar hande oor my bors gestreel en haar vingers het klein sirkels in en oor my borshare en tepels getrek.
Met ’n glimlag het Jane afgebuk na my regtertepel en haar tong sag daaroor gestreel. Toe het sy haar mond na my linkerkant gesoen-skuif terwyl haar tong my liefkoos. Verruklike tongbehandeling! Jane het haar kop opgelig en my saggies op my mond gesoen en iets fluistersag in my mond geprewel terwyl haar vingers my tepels hard gedraai het. Later toe ek haar daarna vra sou ek hoor dat die woorde was: “Thank you for the best orgasm of my life.”
Haar hande het my hande wat op haar tieties was geneem en haar vingers het tussen my vingers ingevleg. Sy het my arms van my lyf weggetrek en vasgehou. Weer het haar mond afgesak em my tepel gevind. Haar tande het oor my tepel gesluit en vasgebyt. Sy het my so hard gebyt dat die wit-flits van pyn my brein tot stillstand gebring het. Vir ’n oomblik het ek gewonder of sy my tepel wil afbyt ….
My hande het om haar vingers versteen. Ek wou nog skree – toe is die pyn verby. Wanneer haar lippe om my ander tepel sluit, byt ek op my tande vir wat nou gaan volg. Groot was my verbasing toe ek net ’n nat-warm soen kry. Sy het haar kop opgelig en my in die oë kyk. Haar oë vol duiweltjies en myne vol vrae.
Sy lag uit haar keel wanneer sy sê: “That was for making me wait so lon g… and the other thanking in advance for what I am going to receive.”
Daardie woorde het die Atlas in my krag gegee.
Sy pluk my hemp van my skouers af en begin om my Jeans en onderbroek oor my boude te wikkel sodat my horing vry kan uitspring. Haar hande het nou volle toegang tot my manlikheid. Uitgeswel, seerstyf staan ek voor haar. My akker loer onder die voorvel uit wat die helfte van my glans bedek. Sy neem my in haar hande en staan efens weg sodat sy beter tussen ons kan sien. Ek sien hoe die voor-kom ’n perêl bo-op my spleet vorm. Met haar duim versprei sy dit oor my pers uitgeswelde akker. Haar ander hand gly af na my saadballe wat voel of hulle ’n jaar laas gesaai het. Dan, met haar twee hande, begin sy stadig op en af vryf en daarmee saam vertoon sy met elke beweging meer van my manlikheid wat smeek om bevredig te word.
My oog vang die uitdrukking van lus op haar gesig wanneer sy oor haar lippe lek. Ek sien ’n volbloed vrou in hitte en ek voel die passie in haar lyf brand. Hierdie is ’n vrou wat haar ordentlikheid oor die muur van inhibisie gegooi het. Al wat oorbly is om te plesier en plesier te ontvang. Ek druk met my hande op haar skouers en haar knieë knak gewillig tot hulle op die growwe mat van die kantoor tot stillstand kom. Ek voel haar tong voel, voel aan my voël raak. Ek ruik haar – Ek ruik myself – Ek ruik ons.
My knieë dreig om te knak wanneer haar lippe om my voël sluit. Meer as ’n jaar fantaseer ek oor hierdie oomblik. Ek gee my oor aan die plesier. Jane suig my in haar mond en ek kan nie anders as om my hande om haar kop te klem nie. Ek oorspan my wilskrag om nie haar kop nader te pluk en my diep in haar mond te begrawe nie.
Ek staar in bewondering na waar ek in haar mond verdwyn en haar opkyk-oë my vir goedkeuring vra. Partykeer hoor ek ’n stikgeluid wanneer sy my dieper in haar mond intrek as wat sy beplan het. Spoeg hang drade van haar mondhoeke na haar borste. In my lyf voel ek hoe elke weefsel en senuweebondel my waarsku. Agter my oë begin rooi ligte flikker. Ek voel soos ’n verraaier wanneer ek haar kop van my wegdruk en haar op haar voete trek.
In daardie oomblik doen ek iets wat ek onder normale omstandighede nooit sou doen nie. Terwyl my lyf meewerk met Jane se hande om my klere te verwyder, trap ek my skoene uit. My vingers haak haar klere en ek trek haar langbroek en broekie in een beweging af. Ek verkyk my wanneer ek sien hoe haar ek-wil-nie-weggaan nattigheid ’n lang silwer lewensdraad tussen haar lippe en haar broekie trek. Wanneer dit breek, klou dit in ’n blink streep aan die binnekant van haar been.
Terwyl ek op my hurke voor haar staan is haar amper-kaalgeskeerde vroulikheid ooghoogte en ek ruik haar. Duisend maal lekkerder as daardie eerste keer dat ek haar geruik het toe ek oor haar skouer gebuk het om haar met ’n rekenaar probleem te help.
Wanneer sy uit haar klere trap is die oomblik te groot. Ek moet proe! Ek trek met twee vingers vore deur haar sopnat sloot en verwonder my aan die helder gladheid wat op haar lippe en om my vingers glinster. Benat en vrou-glad vryf ek met my duim en twee vingers teen mekaar. Ek druk my vingers teen my neus en ek adem die geur van vrouwees soos ’n rooiwyn-kenner wat die beste oesjaar se vrug bewonder. My mond gaan vanself oop en ek druk my vingers tussen my lippe en met my tong lek ek haar nattigheid af. Ek proe haar! Sy smaak 10 000 keer lekkerder as wat ek ooit sou kon beskryf. Elke molekule, elke gene, elke feromoon en elke geur en elke reuk skree my naam. Ek is voltooi.
Van die ver uithoek van my ekstase hoor ek hoe haar asem jaag wanneer sy na my afkyk en haar verstom dat ek hierdie ervaring so koester. Daar is ’n uiterste trek van genoegdoenning op haar mond en haar oë glinster wanneer ek sommer so speels weer my vingers benat onder die fontein van haar druppende nattigheid en liefderik daaraan proe. Ek besluit daar en dan dit ’n uitgemaakte saak is dat my dors nooit genoeg van haar sal kan drink nie.
Ek sak op my knieë en aanbid die lieflikheid voor my mond. Haar rug span ’n boog soos sy haarself uitdruk om meer van haar vir my te offer. Sy druk haarself harder teen my lippe wanneer ek teen haar heuwel raak. ’n Heuwel wat oorwin en ingeneem moet word. My tong vind ’n snelweg tussen haar lippe en kom tot rus op haar turboaanjaer knoppie. Haar bene gaan wyer oop wanneer my hande teen haar dye druk. Daar is geen skaamte of voorbehoud wanneer sy my die beste toegang na haar poes gee. My vingers beweeg na die middelpunt van haar lus.
Twee … drie vingers glip in haar gladheid. My ander hand omklem ’n boud. Met my middelvinger soek, soek ek na daardie rosyntjie wat sy aan my beloof het. Wanneer my vingerpunt dit vind en drukking daarop plaas voel ek hoe haar boude toeknyp, maar na ’n oombilk ontspan.
Te veel dinge is besig om op dieselfde tyd met die vrou voor my te gebeur. Ek hoor hoe haar asem jaag. Haar regterhand is op my kop en ek haar vingers deur my hare gevleg. Ek krul my vingers binne haar. My vingerpunte begin die voorkant van haar vuurwarm sopnat poes masseer. Haar heupe stamp teen my gesig vas. Haar hand op my kop is besig om te toets of my hare stewig in my kopvel geanker is. Met die opkyk sien ek hoe sy met haar linkerhand haar tieties om die beurt masseer. Meer hardhandig as wat ek sou gedoen het. Haar asem jaag meer hotterend en dan gebeur dit vir ’n tweede keer daardie middag. Met haar kop agteroor gegooi, oë wat in hulle kaste verstar en ’n mond wat wydoop ’n oerkreet geluidloos skree. Haar bene begin bewe en dan weet ek.
Sy sak inmekaar en val half oor my skouer. Ek vang haar en lê haar op die mat neer. Bene ver uitmekaar met my vingers diep in haar opgedruk. Ek staan op my knieë tussen haar bene met my mond styf oor haar geklem. Ek hoor haar kerm en voel dan weer en weer en weer en weer hoe haar liggaam ruk.
Wanneer Jane te sensitief raak vir my aanraking druk sy my teen die kop en druk haar bene toe. Ek gaan lê op my sy langs haar en omvou haar gesig met my hande en kyk diep in haar oë. Haar asemhaling keer terug na normaal. Wanneer sy wil praat druk ek met my vinger op haar lippe. Sy glimlag.
Sy druk teen my skouer sodat ek op my rug draai. Met haar kop rus sy op my skouer terwyl sy met my voël speel. Ek is polsend hard. My toring troon in die lug soos vir teken van ’n gebed om bevredig te word. Jane smeer die voor-kom wat vrylik uit my vloei oor my akker en oor my skag. Sy lig haar op en kom in posisie en laat haarself val oor my manlikheid. Venus en Mars ontmoet en Venus wen. Ek verdwyn en ek gee nie om nie. Ek hoor Jane snak na asem en ek sien dat haar oë vir ’n oomblik oopsper.
Haar oë vind myne en hulle word haar gewillige gevangene wanneer haar liggaam in ‘n oerritme begin pols. My heupe volg haar leiding. My hande vind haar heupe en wanneer my vingers in haar – net genoeg rondings – grawe weet ek dat daar blou trofeemerke gaan wees om haar vir ’n paar dae aan ons dag van oorgawe en passie te herrinner.
My terugstamp raak meer dringend en my wêreld verklein en word gefokus op ’n plek veertien-sentimeter diep in ’n grot waarin daar ’n onbeheerste vuur brand. My mond waarsku en my liggaam verstar. Met brute krag forseer haar lyf oor my wanneer ek haar heupe aftrek. Ek stamp met alle mag binne haar. Ek ontplof. My Mars-saad spuit diep binne binne haar Venus-vuur asof ek dit wil blus. Dit het die teenoorgestelde uitwerking. Jane se vuur reageer soos ’n vlam wat terug-flits wanneer dit suurstof kry. Haar liggaam gaan in spasma vir die soveelste keer daardie middag. Haar sekssappe vloei vrylik.
Ons kommunikeer woordeloos. Saam kreun ons, ons genoegdoening en volkome tevredenheid in ’n klank wat net ons reptielbreine verstaan. Haar liggaam val vooroor op my bors en bly uitasem rus.
Ek en sy loop uit haar uit. Ek voel hoe ons sekssappe oor my balsakke kruip en dan tussen my boude inloop. Ek gee nie om nie, want dit is ons. Ons het saam ’n wenresep gemaak en dit ruik heerlik. Ons rus tevrede in mekaar se arms. Die reuk van sweet en seks hang swaar in my kantoor.
Die lugversorger blaas koel lug oor ons warm liggame en bring ons terug na die hede.
Ek sien dat sy na die horlosie teen die muur kyk en ’n trek van ontevredenheid verskyn vir ’n oomblik op haar gesig. Jane streel met haar hande oor my gesig en sê met ’n engelstem. “Time to say goodbye.”
Vir ’n oomblik vloek ek die song van Andrea Bocelli en my gunsteling sangeres, Sarah Brightman.
Dan lag ek vir Jane en sê in my beste Neil Diamond stem: “When will we say “Hallo Again?'”
***
Ek haat elke oomblik en elke kledingstuk wat ek optel en vir haar gee. Haar instinktiewe vrouwees word beskans met elke stukkie lap wat om en oor haar kurwes vou. Die glinstering in haar oë doof nie vir ’n oomblik nie en sy bly reguit en trots na my kyk.
Wanneer ons klaar aangetrek het en ek die deur oopsluit gryp sy my vas en draai my dat ek na haar kyk.
In totale verbasing kyk ek na die “prim en propper” Jane-gesig en die hand wat na my uitgesteek word. Ek steek my hand uit en vat haar hand in myne vas. Verbaas en omdat ek nie weet waaroor die formele handdruk gaan nie staan ek soos ‘n haas vasgevang in die lig van ‘n aankomende kar.
Dan druk en skud sy my hand na die beste van haar vermoë en sê: “No regrets.”
Ek voel soos ’n kind wat besig is om ’n ewige eed te sweer aan sy mede-bendelede wanneer ek haar woorde herhaal: “No regrets,” en dan speels byvoeg: “… but I promise that this will happen again.”
Sy glimlag en in daardie oomblik weet ek … en sy weet … en ons weet.
***
Terug in 2019 het die vlenterjiemaan verdwyn en ek weet wat ek nou wil gaan doen.
(Lees volgende episode HIER)