
Intiem van ver af. (Produk resensie)
deur Annelise
Dis die middel van ‘n gewone weeksoggend. Die kinders is by die skool en ek sit agter my rekenaar en werk. Ek het al vergeet van my en my man se afspraak wanneer die Wikkelprikkel skielik tussen my bene begin vibreer. Ek glimlag, stoot my stoel agtertoe en gee myself oor aan die sensasie …
Die Wikkelprikkel is ‘n seksuele speelding wat bedoel is om paartjies te help om intiem te wees oor ‘n afstand. Terwyl my man in sy kantoor sit, voel ek hoe die krag van die klein vibrator stadig meer word.
Daar is baie afstand-speelgoed op die mark, maar die huidige wisselkoers maak die meeste daarvan duur. Die Wikkelprikkel word in Suid-Afrika van mediese kwaliteit silikon vervaardig. Anders as die baie duurder produkte wat speelgoed vir die man sowel as die vrou insluit, is die Wikkelprikkel spesifiek vir vroue ontwerp. Die Wikkelprikkel word binne haar onderklere teenaan die klitoris geposisioneer wat beteken dat dit selfs in “openbare” plekke gebruik kan word soos wanneer julle daardie romantiese ete by kerslig het of wanneer jy die kinders gaan haal of in die ry vir jou motorlisensie staan.
My man het nou na ‘n volgende modus beweeg, want die Wikkelprikkel begin nou teen my pols. Die program wat die vibrator beheer het vyf modusse waaruit hy kan kies en met vier van die keuses kan hy die krag sowel as die spoed van die vibrasies kies.
Hy draai die krag al hoër wat die vibrasies intenser maak en ek laat my kop agteroor sak.
Dit was maklik om hierdie afspraak van ons te reël. Saam met die Wikkelprikkel laat jy ‘n toep (app) op jou en jou speelmaat se slimfone af. Ek het die Wikkelprikkel aangeskakel (hy vibreer drie keer sodat jy kan weet dis aan) en met die toep laat skakel. Toe het ek dit in my broekie ingegly, knus teen my klitoris.
Vir sekuriteitsdoeleindes gee die toep vir jou ‘n kode as jou maat die bestuur van die vibratortjie by jou foon wil oorneem. Vir elke sessie sal jy ‘n nuwe nommer kry.
Die Wikkelprikkel is nie mooi nie. Sommige vibrators lyk soos iets wat jy op jou kaggel kan uitstal, hierdie ene lyk glad nie seksie nie, maar hy lyk asof hy sal hou en sodra hy teen jou begin bewe gee jy nie meer om oor hoe hy lyk nie. Dan is voel al wat tel – en dit voel lekker.
Die vibrasies is nou onritmies en ek besef my man het nou sy telefoon in sy hand. Een van die modusse laat die “bestuurder” van die speelding toe om die vibrasies te beheer deur sy foon te beweeg. Nou is sy hand amper letterlik in beheer van my genot.
Die Wikkelprikkel word met ‘n USB kabel deur jou rekenaar gelaai en die battery hou tot 45 minute lank – baie langer as wat ek gaan hou! My heupe beweeg nou saam met die begeerte wat my man van ‘n afstand af in my opwek. Wanneer hy weer die keuse van vibrasie-golwe verander verloor ek beheer.
Die ontwikkelaars van Wikkelprikkel het baie opwindende planne vir die produk. Daar is ‘n paar verbeterings waaraan hulle sommer heel eerste aandag moet gee. Op hierdie stadium is die vibrator nie waterdig nie omdat die skakelaar en USB-poort nog oop is. Die toestel kan egter met ‘n klam lappie skoongemaak word. Die vibratortjie kan ook gladder of netjieser afgewerk word. Soos ek reeds genoem het, verdwyn die meeste van hierdie klagtes die oomblik wanneer die Wikkelprikkel tussen jou bene begin vibreer.
Vanuit die vrou se oogpunt is hierdie ‘n wonderlike speeldingetjie. Vir die man om plesier daaruit te put, sal hy dalk eerder in dieselfde vertrek as sy wil wees sodat hy haar reaksie op sy stimulasie kan sien. Met die foon in sy hand en dus vir alle praktiese doeleindes sy vinger op haar klitoris kan ‘n kreatiewe paartjie seksie avonture hê. Wanneer die “aandraaier” nie by die vrou is nie, mag dit vir hom vervelig raak as hy nie op een of ander manier haar reaksie kan sien nie. Maar ook hiervoor is oplossings, soos Skype.
Teen R1 100 is die Wikkelprikkel goedkoper as die meeste soortgelyke afstand-speelgoed. Besoek gerus die website vir nog baie meer spesifikasies en inligting daaroor. Dit kan ook daar aangekoop word.
Wat maak ‘n vibrator ‘n vibrator? Is dit sy kleur of hoe goed hy afgewerk is of die feit dat hy vir jou ‘n orgasme kan gee? Hierdie is ‘n splinternuwe produk en onvolmaakthede sal vinnig uitgestryk word. Maar dit doen wat dit moet doen. Dit gee orgasmes. En miskien gaan ek more, terwyl ek in die kar vir die kinders sit en wag, sommer vir myself een gee.
* Annelise is die skrywer van drie erotiese storieboeke en die skepper en eienaar van Kombiekiehier.co.za.
2 COMMENTS
Dit was maar net een van die doelwitte om seker te kan maak dat die vrouegeslag wel orgasme kan bereik met die produk. Baie van hierdie tipe volwasse speelgoed is nie volwasse genoeg om die vrou n orgasme te laat bereik nie en daarom was dit aangespreek met die sterkte van die vibrasie motor ingebou en ook die feit dat hierdie ingeboude klein motortjie kragtig is en direk op die clit geplaas word. Boonop kan die Peacbuzz digby n uur volhard in sy pogings. Dit is iets wat ander produkte nie kan voldoen nie. Daar is natuurlik sterker apparate in gebruik, maar vir die doel van intiem wees op n afstand en effektief en waarde vir geld(veral as jy na die rand/dollar) verwys en nog boonop invoer belasting moet betaaal op soortgelyke produk, dan is die outjie die antwoord. Hierdie produk is reeds in gebruik by vroue gebruikers, en nog nie een van hulle het terugvoering gegee dat klimaks sappe probleme veroorsaak het aan die produk nie. Die belangrikste is om nie die ding onder die kraan te druk en af te spoel nie!! Op die website verklaar ons ook dat die produk water drup proef is. Lol, moet nie met die outjie in die bad water speel nie!.Elektronika en water gaan nooit saam nie. Selfs die gewildste en gevorderde slim fone vandag in die mark het beperkings tov water op die produk. Ja, sou water inkom gaan sy ongelukkig nie daai “boost” kry nie, maar eerder n anti klimaks. Daar is hope ander geleenthede waar die outjie suksesvol aangewend kan word…lekker kry op n afstand. Jy praat van die manne. EK moet egter se, terwyl ek my dame met die outjie “beheer” het, kon ek myself omtrent nie inhou van opgewondenheid nie, as jy weet wat ek bedoel.
Voor die blad die gees gegee het, het verskeie v. ons daaroor gekommentaar. Ek dink nog steeds dit is ‘n wonderlike toevoeging tot seksgenot. Sal graag v iemand wil hoor of dit intense orgasmes gee en die feit dat dit nie waterdig is nie pla biekie want as daar klimaks sappe opkom gedurende stimulasie sal dit gaan staan of die ontvanger ‘n helse shock-boost gee…Lol
Wens daar was iets soortgelyk vir ons manne…