
Die Woonstelbewoners (2)
deur Jakkie
Vandat gesprekke tussen vroulief, Sanette en Dorette oor Sanette se eskapades in ons woonstel plaasgevind het, en ek hulle afgeluister het, was dit nogal vreemd om Helga in die gang of in die lift raak te loop en te weet jy weet iets wat sy nie weet jy weet nie. Ek loop in ‘n supermark naby ons woonstelle waar ons almal shopping doen en loop vir Helga en Sanette raak waar hulle inkopies doen. Ek groet vriendelik, gesels oor algemene goed van die dag, stap weg en glimlag stout. Ek ken Helga se geheim, wat haar woonstelmaats almal weet. Ek wonder hoe Helga in die oggend, na die nag se “screaming” gaan koffie maak en haar woonstelmaats in die oë kyk … Ek weet Sanette was besig om vir Dorette en vroulief te vertel van haar tienereskapades.
In die laaste paar weke het ek min uitgegaan op die balkon van ons woonstel omdat dit winter is. Ek het tog my studeerkamer/slaapkamer se venster oopgemaak en met aandag probeer luister of ek my screamer-buurvrou hoor. Met minder sukses. Een oggend toe ek op pad werk toe is, staan ek by die lift en nie lank nie toe kom Sanette aangestap en ons gesels oor die dag. Ek kyk na Sanette en toe die lift se deur oopgaan en ons inklim is ons verplig om baie naby aan mekaar te staan. Ek kon nie anders as om te ruik dat sy nogal sterk parfuum dra nie. Op die grondvloer groet ons en elkeen gaan sy eie rigtng.
Die lewe neem sy normale loop …
***
Die semester staan einde se kant toe. Ons skryf ‘n hoofvak op ‘n Maandag. Ons studiegroep het ‘n bymekaarkom die Saterdagmiddag. Ek en vroulief het ‘n reëling dat ek vanaf middagete tot seker so sesuur die aand die studiegroep bywoon. Vroulief sê sy is oukei, want sy werk in elk geval die Saterdag. Sy sal haar besig hou.
Ek kom so halfsewe die aand by die woonstel. Vroulief, Helga, Sanette en Dorette het die middag besluit hulle hou fondu-ete. Die tafel is gedek met elke ding wat saam met so ‘n ete gaan, maar met die eerste indrukke is dit duidelik dat iewers het die wyn wat saam met die ete gaan ook al vrylik gevloei. Al vier die vroue is al baie “vocal.” Ek kom ingestap en kan duidelik sien dat ek eintlik ‘n baie intense gesprek onderbreek. Almal groet vriendelik en vroulief se ogies blink, soos as sy lekker kuier. Ek word sommer dadelik ingelig dat die girls kuier en word weggewys met die opdrag “jy gaan mos nog swot, ek sal later vir jou kos bring.” Ek weet wanneer ek nie daar moet wees nie en verskoon myself. Ek gaan na die kamer toe waar ek swot.
***
Ek stap kombuistoe om gou te koffie maak. Terwyl ek in die kombuis is raak ek bewus van die tipiese gesprek van mense wat lekker kuier en nie besef hulle praat harder as wat hulle dink nie. Hierdie vrouens is op ‘n roll. Helga is besig met Frans en die gesprek loop soos volg:
Helga: “Julle waar was ek?
Dorette: “Frans se six-pack”
Helga: “Die six-pack is niks. Julle moet die ou se voël sien. Behalwe dat hy moerse mooi gebou is het Frans ‘n dik voël wat voel of hy nommerpas is as hy my penetreer.”
Sanette: “Ag Helga, ons het al vir jou gesê stop die kak met die mediese name omdat jy ‘n nurse is, sê sommer spyker.”
Helga: “Ok, Sanette, spyker, maar dis nie ‘n spyker nie, want ‘n spyker is te dun.”
Vroulief: “Noem dit dan ‘n gwala.” (Eie aan ambagsman se kind)
Die girls reageer almal dat hulle nie weet wat is dit nie en vroulief verduidelik. Na die verduideliking stem die girls saam. Sanette se mening is dat “piksteel” beter pas. Hulle lag lekker.
Ek het my belangstelling in die koffie verloor en vergeet dat ek nog moet swot. Ek staan doodstil en luister. Ek hoor die girls sit weer kos op die vurkies en gooi nog wyn in. Ek besef ek moet alibi skep en haal brood uit die yskas, sit die botter neer en haal van die oorstaan kerriemaalvleis uit om op die brood te skep.
Dorette kondig aan dat dit “piepie tyd” is. Ek besef ek moet gou speel. Die ketel het gekook. Ek sit weer aan, smeer brood, die girls loop almal ‘n draai en ek is die onskuld vanself.
My broodjie en koffie is gemaak en almal is deur die toilet. Vroulief maak ‘n draai in die kamer om te hoor hoe gaan die studies. Ek verseker haar ek vorder goed. Sy gaan uit en maak die deur van die gang toe. Hulle wil seker privaat gesels. Ek staan op, vat my brood en koffie gaan kombuis toe, my lus vir swot vervang deur my nuuskierigheid.
Helga lei die gesprek in met die volgende: “Kom Dorette, ek en Sanette het nou al ons stories vertel. Wat is jou storie wat jy moet deel. Onthou ons het gesê “Truth.” Jy bly al so lank saam met ons. Jy bring nie iemand woonstel toe nie. Komaan!! Onthou Truth, nè”.
Stilte
Vroulief: “Komaan, Dorette”.
Dorette: Ok, maar klink my of sy met vroulief praat. “Onthou jy sê nou vir my ek moet praat, maar jy het ook nog nie ge”truth” nie.
(Mens kan hoor die wondervog dien as waarheidserum, want die tonge is los, die selfvertroue baie en ons hou nie terug nie.) ‘n Stoel skuif. Een van die girls meld dat die wyn min is, en iemand anders antwoord dat daar nog ‘n tweeliter boks in die yskas is. Ek staan in die gang na die gesprek en luister en besef ek moet het so skuif dat ek maklik in my kamer kan verdwyn indien moontlik.
***
Dorette: “Ok, julle wil nou aanhou. Ek het nog nie iemand woonstel toe gebring nie, want ek het nie regtig iemand nie. Ek was in matriek. Ek het altyd goed met sport gedoen omdat ons familie baie lang mense is. Ek was my hele skoolloopbaan die langste in my klas. Die ouens het my altyd gespot. Eendag het ‘n ou met sy pelle in ons matriekjaar gesels en ek het gehoor hoe hy gesê het: “As ons lê maak lengte nie verskil nie. Dit het my nogal gevang. Ek is maar selfbewus oor ek lank is.”
Sanette (duidelik nou baie onder die prop): “Komaan, jy moet seker verlang na iemand?”
Dorette: “As ek in die nag Helga hoor gil van lekkerte dan vat ek maar my vibrator en help myself”.
Helga: “Nee!!, Dit kan nie so werk nie. Jy moet die werklike vleis tussen jou bene voel. Of dit nou die ou se tong, vingers of sy voël is, jy moet die vleis voel. Die vibrator is net so lank lekker. Jammer julle, I need to come clean. Ek het al myself gehelp met jou vibrator. Dis amazing maar kom nie by Frans se vingers, of sy tong, of daai dik tril van hom nie. Dis moerse lekkerder”.
Daar is so effense stilte
Sanette: “Kom ons kry nog wyn”.
O, shit ek moet in my kamer kom. Ek maak dit net. Ek swot met oorgawe. Een van die girls is in die toilet, iemand krap in die yskas en kondig met groot basuin aan dat die laaste boks oopgemaak sal word. Vroulief bring ‘n welwillendheidsbesoek aan haar toegewyde student-man wat so hard swot. Ek kry so sappige soen wat tog die moontlikheid van iets lekkerder aankondig vir later. So verdwyn die vier weer agter die toe deur waar hulle glo niemand kan hulle hoor nie.
Ek neem stelling in waar ek mooi kan hoor.
Sanette: “Kom nou Dorette, jy moes darem al ‘n man gehad het. Vertel, remember truth”.
Dorette (ook opmerklik vol wyn): “Ek het na skool vir twee jaar op Potch gaan swot. Ek wou nie, maar my pa en ma het my eintlik forseer. Dit het nie gewerk nie. Ek het net einltik gegaan om sport te doen.
Vroulief: ‘Sport en sports.”
Almal lag lekker
Dorette: “Ja albei met oorgawe. Ek is nie die akademiese tipe nie. Socials is moer lekker. In my eerstejaar omtrent so Maart het ek ‘n ou gesien toe die manskoshuis een aand ‘n “inter” met ons gereel het. ‘n Inter was eintlik net ‘n saamkuier. Ons het roomys geeët by ons koshuis. Die ou, Hardus, het my oog gevang.”
Vroulief (ook so effens vrolik): “Ag Dorette stop die kakkies. Vertel wat saak maak.”
Stilte.
Dorette: “Ok, ek en Hardus het begin kuier. Hulle het geboer in die Lichtenburg distrik. Hy het my plaas toe genooi. Ons het ‘n langnaweek gehad by die Universiteit. Ons is plaas toe. Sy pa en ma was baie gaaf. Hy het ‘n boetie gehad. Hy en sy boetie het in die buitegebou hulle eie kamers gehad. Ons was op die plaas tot die Maandag. Moes weer Dinsdag klas toe. Na die Sondagmiddag se ete is ek en Hardus na die buitekamer. Hy en ek was alleen, sy broer het gaan voorberei by die melkery vir die laatmiddag melk van die koeie. Hardus het sonder ‘n hemp op sy bed gelê. Van die begin af was sy intensies baie duidelik. Ek kon die knop in sy broek sien. Ons het gelê en vry en dit was nie lank nie of hy het vatterig geraak. Ek weet nie of ek heeltemal reg was nie, maar was eintlik bietjie vasgevang. Hy het eers sy hand onder my hemp ingehad en dit was ok toe hy met my borste speel.”
‘n Kombinasie “Tieties en tiete” klink soos ‘n koor uit die ader drie vroue op. Helga is die voorbok om te beklemtoon dat hulle nie vroeër van penetrasie wou hoor nie.
Dorette: “ Ok, tieties. Dit was net so rukkie toe is hy in my broek. Hy het my gevinger. Dit was lekker maar ek wou nie regtig met hom seks hê nie. Ek het besluit die maklike uitweg is om hom so gou moontlik te laat kom. Dit was my eerste blow job. Ek het met hom gespeel en hom gekry dat hy kom. Daarna het ek my afstand gehou en hy het die res van die naweek alles gedoen om my alleen te kry, maar ek het dit vermy. Hy was maar net nie die regte ou nie. Ok, julle ek het nou ge”truth.”
Daar val so effense stilte oor die groep. Ek staan aan die anderkant van die deur en wonder.
Helga is die eerste een wat reageer: “So die ou het jou nie gesjpyker nie”?
Dorette: “Nee nie daardie naweek nie. Ons is terug na die koshuis. Hardus was ongemaklik teenoor my na die naweek. Ek kon nie eintlik verstaan hoekom nie, want hy het dan ‘n BJ gekry. Ek was nie reg om die ou te spyker nie, ek wou nie.
Daar is so stilte aan die naderkant van die deur.
Sanete: “Wat was fout met die ou”?
Die volgende oomblik klink dit of Dorette huil. Al die vrouens se aandag is ewe skielik by haar en troos haar met oorgawe. Ek wonder of dit dronkverdriet is. Klink my dis die einde van die gesprek. Ek maak dit vir die kamer en nie lank nie hoor ek vroulief afkom in die gang na die toilet toe. Sy kondig luidrugtig aan dat sy toiletpapier bring vir die trane …
2 COMMENTS
Ou Wille, jy slaan die spyker op die kop. Jakkie is besig om ons uit te trek soos sewe dae oue kougom – lank en dun. Goed geskryf Jakkie. Roer jou met die volgende hoofstuk ou maat. Ons wag in spanning.
Liewe doriewaar, Jakkie, jy kan ons uithou vermoë darem toets !
Die verhaal raak net beter en beter, moenie ons so in spanning hou nie,man ☺