Bosnimfe
deur Ramkat Erasmus
Sy perd is tot die dood toe moeg en honger. Hyself kan nog uithou, maar hy weet as hy nie baie gou water en weiding vir die dier kry nie, gaan hy die res van sy reis te voet moet aflê. Dis nou al drie dae wat hy op vlug is. Die eerste dag deur die dorre noorde, sonder kos, water of rus. Toe het hy suid gedraai, maar hulle het uitgewerk wat sy plan is en teen die tyd dat hy besef het hy het in ‘n lokval ingery, was dit te laat.
***
Hy het die een ding gedoen wat hulle nie verwag het nie. Hy’t sy swaard getrek en gestorm! Een desperate man op ‘n moeë perd met ‘n swaard in sy hand, en hy het sy pad oopgeveg deur die groep van vyftien en toe die leisels gelos en die perd gevra om te hardloop. Net voor donker het hy die rand van die oerwoud bereik, die geluide van die groep op sy spoor duidelik in sy ore.
Hy’t van die paadjie afgery en sy weg deur die donker bos gebaan. Stadig, maar seker het hy gehoor hoe hulle geluide vervaag. Toe het hy ‘n poeletjie met brakwater gekry. Hy’t die perd laat suip, self ‘n mondjievol gesluk en toe verder gery.
Met sonsopkoms was daar g’n teken van sy agtervolgers nie. Maar hy het geweet dat hy nie kan gerus raak nie en het saggies die perd aangemoedig. Oor die klipperige ooptes wat hy telkens teëgekom het, het hy afgeklim in die perd gelei.
Hier en daar kon hy bietjie weiding en water kry, maar hy het geweet hy durf nie rus nie. Toe, uiteindelik het hulle die donkerste deel van die bos bereik. Selfs in daglig was dit asof dit sterk skemer was. Hy’t weer afgeklim en die perd gelei, baie bewus daarvan dat sy stewels ook op die punt was om op te gee.
***
Hy is bekommerd dat hy nie skuiling en water en weiding gaan kry nie. Hy fluister in die perd se oor en die getroue dier blaas sy warm asem oor sy nek uit. Dan kry hy die ooptetjie. Dis amper soos iets wat sy ma hom van vertel het toe hy klein was. Die ooptetjie is oortrek met welige groen gras. Aan die anderkant is daar ‘n poeletjie met skoon, helder water wat gevoer word deur ‘n stroompie wat oor ‘n klein watervalletjie in die poel in plons. Daar is blomme. Wittes en geles en rooies. Hy moet twee keer kyk voor hy besef daar is ‘n peerboom, met vrugte aan.
Hy klim af en pluk ‘n peer wat hy vir sy perd voer. Dan pluk hy die saal af en sit dit op ‘n laaghangende tak. Die saalkleedjie sit hy in die son om droog te word. Dan, sonder om sy klere uit te trek, lei hy die perd in die water in. Hy was hom, roskam hom met ‘n handvol blare, en lei hom dan weer uit om op die groen gras te begin wei.
In sy saalsakke kry hy ‘n stuk seep wat ‘n boervrou langs die pad uit vet opgekook het. Hy loop weer die water in en begin sy klere sommer so aan sy lyf skrop. Die stank van die sweet en vrees was weg asof dit nooit daar was nie. Hy trek sy swaard uit en was die bloed en modder van sy lem af. Dan trek hy uit en sprei al sy klere in die sonlig uit.
Hy loop terug die water in en gebruik die seep om homself van kop tot tone te was. Sy hare en baard kry ook deeglik aandag en dan klim hy uit en sit die stuk seep op ‘n klip om droog te word.
Hy ondersoek die wond aan sy arm en op sy heup, waar ‘n pyl hom skrams getref het. Dis rooi en opgehewe, maar daar is geen infeksie nie. Die kosbare bottel drank wat hy op die wonde uitgegooi het, het duidelik gehelp.
In die warm son dommel hy weg en die slaap, wat hom vinnig oorval, is diep en rustig.
Wanneer hy wakker word begin die son net-net agter die hoogste bome in verdwyn. Hy trek sy droeë broek aan en gespe sy swaard om sy lyf vas. Dis die gewoonte van jare. Kaalvoet loop hy om die ooptetjie en by die plek waar die watervalletjie in die poel inval, kry hy ‘n inham in die swart rots. Hy loer is, maar sien geen teken dat ‘n dierasie daar slaap nie.
Hy kry sy dun verslete kleed uit die saalskakke en sprei dit oor die blare in die inham. Hy gaan warmer en gemakliker slaap in sy kleed toegerol, as lanklaas. Hy fluit en sy perd draf runnikend nader. Hy sit ‘n halter om die dier se kop en maak hom met ‘n lang leiriem aan ‘n tak vas. Hy is nie bang dat die perd sal afdwaal nie, maar hy wil hom byderhand hê indien hy in die nag skielik op vlug moet slaan.
Hy gaan pluk weer ‘n paar pere en voer die perd en dan homself. Die vrugte is lieflik en soet. Hy probeer onthou wanneer laas hy ‘n peer geëet het. Hy verken verder, maar kry niks wat hy kan gebruik as wapen of wat hom bangmaak nie. Hy trek sy stewels aan en klim ‘n hoë boom. Hy kan van hier af nêrens ‘n breuk in die lower sien nie en besluit dat hy maar vir ‘n paar dae kan oorstaan. Hy wonder of hy ‘n vuurtjie moet maak, maar besluit dan daarteen. Rook trek boontoe en as sy agtervolgers dit sien gaan hulle hom gou opspoor.
Hy haal ‘n ivoorkam uit sy saalsak en kam sy baard deeglik. Dan kam hy sy hare. Sy hare is rooibruin, soos sy baard, en dit hang tot op sy skouers. Hy’t die lenige lyf van ‘n man wat gereeld met ‘n swaard werk. Sy linker-, swaardarm effe groter en breeër as sy regterarm. Hy’t verskeie wonde oor sy lyf, party baie oud en die twee varses. Sy skouers is breed en gespierd en sy bene en boude ewe sterk. Sy gesig herinner aan die van ‘n valk. Lewendige oë en ‘n sterk koninklike neus. Sy mond lyk of dit heeltyd moet glimlag, maar in sy gekose professie gebeur dit nie baie nie.
Wanner dit goed donker is haal hy sy swaard af en kruip die inham in. Hy sit die swaard byderhand, rol homself in sy kleed toe, en slaap.
***
Hy word wakker as hy die perd hoor blaas en saggies runnik. Hy maak sy oë oop sonder om te beweeg. Dis reeds lig buite die inham. Hy rol versigtig om en bespied die ooptetjie. Vir eers sien hy niks snaaks nie, maar sy linkerhand reik tog na sy swaard. Hy kyk na die perd en sien dat die, met gespitse ore, na die anderkant van die ooptetjie staar. Hy beweeg sy oë versigtig links. Net aan die anderkant van die poelietjie staan ‘n knol. Dis die lelikste dier wat hy nog ooit gesien het. Ronde kop, hol rug met kort gebuigde bene. Iemand het probeer om die dierasie mooier te laat lyk deur gekleurde linte in sy maanhare in te vleg. Die lelike perdjie staan rustig, een voorpoot effens gelig, en steur hom glad nie aan die ander perd nie. Dan sien hy ‘n beweging agter die knol. ‘n Gedaante, man of vrou weet hy nie, in ‘n swart kleed met ‘n rondebol, breërand hoed, kom om die perd geloop.
Die gedaante kyk in sy rigting, lig ‘n hand en maak ‘n snaakse gebaar. Sy perd rittireer, snorkend, runnik en staan op sy agterpote. Dan kom die figuur nader. Die perd kalmeer, blaas, blaas en laat sak sy kop. Die man in die inham lê doodstil, swaard in sy hand, reg om op te spring.
Die figuur loop al nader en dan besef hy dis ‘n vrou. ‘n Ou vrou. Sy kom tot omtrent tien tree van hom af en dan steek sy vas.
“Jy kan maar uitkom. Ek sal jou nie seermaak nie..”
Haar stem is krakerig en hees, en hy wonder wat sy bedoel as sy sê sy gaan hom nie seermaak nie.
“Toe, jong man. Jy’s is heeltemal veilig … vir nou!” en sy lag ‘n sagte hees laggie.
Hy onthou die snaakse gebaar wat sy gemaak het en sy perd se reaksie daarop. Hy besluit dat hy beter af sal wees as hy op sy voete is en hy rol uit, swaard in hand en staan regop.
Die vroutjie is klein. Bitter klein. Sy kom seker, as sy op haar tone sou staan, tot net onder sy borsbeen. Hy bekyk haar goed. Onder die hoed is haar gesiggie verrimpeld, haar vel kol-kol gevlek met bruin kolle. Haar knopperige vingers en haar lang naels laat haar hande lyk soos kloue. Haar swart gewaad hang tot op die grond en hy kan nie sien wat sy aan haar voete dra nie. Hy besef skielik dat sy hom ook bestuudeer.
“Jy kan maar jou swaard wegsit. Jy gaan dit nie nodig kry nie en dit gaan jou in elke geval niks baat nie.”
“Wie is u, dame?” vra hy.
“Jy eerste. Wat’s jou naam en wat soek jy hier in my woud?”
“Nataniel.” Antwoord hy. “Nataniel De Beyer.”
“De Beyer! Oeee! Dis ‘n naam om mee te speel.” Skielik begin sy dans en dan begin sy ‘n liedjie sing.
“De Beyer, De Beyer
Wil maar kan nie weier!
De Beyer, De Beyer
Hy gaan vanaand nog steier!
De Beyer, De Beyer ….”
“Stop!” sê hy. “Wat se twak is dit?”
Weer gee sy daar sagte laggie van haar. “Jy sal sien De Beyer! Jy gaan steier!”
“Wat beteken dit?”
“Vir my om te weet, en vir jou om uit te vind!” Dan lig sy haar hand en maak ‘n gebaar.
Skielik raak sy broek los en begin afval. Hy gryp na sy gordel om die broek bo te hou, maar dis asof ‘n onsigbare hand sy broek na onder toe rem. Hy doen wat hy altyd doen as hy nie seker is wat om te doen nie. Hy storm. Met sy regterhand hou hy sy broek vas. Met sy linker lig hy swaard en storm op haar af.
Iets tref hom voor die bors en hy slaan agteroor neer, sy longe leeg gesuig van asem. Die laaste keer wat hy so gevoel het, was toe ‘n muil hom teen die bors geskop het. Sterre flits voor sy oë en hy stoei om asem in sy longe in tekry.
Hy hoor die vroutjie se sagte laggie. “Jou mos gesê! Daai swaard van jou gaan jou niks help nie!” En dan lag sy weer.
Hy hyg na asem, skielik bewus dat hy sy swaard laat val het. Hy probeer verstaan hoe dit gebeur het. As jy met ‘n swaard werk laat jy dit NOOIT val nie. Hy draai sy kop na links, niks. Na regs, en die vroutjie sit op haar hurke langs hom, sy swaard in haar hand.
Sy kyk hom met ‘n klein, fyn glimlaggie aan. Dan gooi sy die swaard minagtend oor sy skouer. Sy leun nader, haar gesig tot amper teen syne. Hy ruik haar asem. Dis ‘n mengsel van knoffel en vleis. Hy probeer skielik dink wanneer laas hy vleis geëet het.
Haar ogies blink en sy is duidelik besig om haarself te geniet. Hy prober regop sit, maar sy druk een skerp nael teen sy bors en hy val terug.
“Jy is nou in my wyk boetie. Dinge werk anders hier …”
Hy voel skielik hoe sy broek weer na onder beweeg. Hy prober keer, maar sy arms wil nie werk nie. Hy kyk vervaard na haar, maar sy hou albei haar kloue voor haar bors. Dan vir die eerste keer pak die vrees hom. Hy het nog nooit in heksery of towerkuns geglo nie, maar hier gebeur dinge wat hy glad nie kan uitpluis nie. Hy voel hoe sy broek oor sy enkels beweeg en sien hoe dit in die lug inskiet soos ‘n kind se vlieër en aan die ander kant van die ooptetjie beland.
“Hmmm,” sê die vroutjie. “Jy stel nie teleur nie. Nee, glad nie …” En sy steek een van haar kloue uit en vat aan sy slang. Hy probeer wegrol, maar sy liggaam wil nie werk nie. Hy hoor sy perd wat proes en saggies runnik. Die vroutjie krap haar nael liggies teen sy slang op en hy kan voel hoe hy hard word. Hy is nie onbekend aan bedsport nie, maar hy was altyd die inisieërder. Sy lag weer, maar die keer is dit meer van ‘n giggel. Dan sit sy haar hand om hom en begin dit op en af beweeg. Hy probeer desperaat wegbeweeg, maar weer wil sy lyf nie saamwerk nie.
“Wat doen jy?” kreun hy dit uit.
Sy lag hardop. “Wat dink jy doen ek? Ek speel met jou. Ek melk jou. Want ek wil jou mansap hê!”
Die volgende oomblik voel hy hoe sy boude saamtrek en hy begin skiet. Sy buig blitsig vorentoe en vang al sy sap in haar mond. Sy sluk, en vee ‘n druppel of twee van haar mondhoeke af.
“Hmm,” sê sy. “Heerlik! Ek kan proe jy het van my pere geëet! Wel vanaand gaan ons jou pere eet!”
Dan is daar ‘n donderslag en alles word swart voor sy oë.
***
As hy wakker word sit hy met sy rug gestut teen die peerboom. Hy wonder hoe sy hom tot daar kon gekry het. Dan besef hy daar is ‘n sirkel van klippe in die middel van die ooptetjie, met ‘n vuur. Die vuur is groot. ‘n Vreugdevuur. ‘n Feesvuur. Hy word bewus van figure wat om die vuur staan en gesels. Vrouestemme.
Die klein vroutjie kom nader. “Aaa, jy’s wakker. Mooi! Kom dans saam met ons. Ek het die kinders belowe jy sal saam met ons dans. Jy kan mos dans. Natuurlik kan jy! Jy’s ‘n groot dapper swaardvegter. Julle is mos lig van voets!”
Hy kyk na haar en sien sy het nie meer’n hoed op nie. Haar lang grys hare is versier met ‘n klomp vrolike linte daarin gevleg.
“Kom! Op! Moenie die kinders laat wag nie!”
Hy druk sy rug teen die boom vas, maar sy liggam wil nie gehoorsaam nie. Teen sy beste pogings in, staan hy op en loop agter haar aan.
By die vuur gekom sien hy vier meisies. Hulle is almal in dieselfde swart klere as die ou vroutjie gekleë.
“Die twee witkoppies is my dogters,” giggel die ou vrou. “En die twee pienk koppies is my niggies! Toe kom meisies moenie ongeskik wees nie. Stel julleself voor.”
Die twee meisies met die spierwit hare treë vorentoe en sê om die beurt met fyn klokagtige stemmetjies; “Ek is Kiki! En ek is Niki!” Hulle treë giggelend terug. Dan treë die twee meisies met die helder pienk hare vorentoe en sê: “Ek is Riki! En ek is Tiki!” En hulle treë gigglend agtertoe.
Die ou vroutjie klap haar hande. “En nou gaan ons dans!”
Iewers begin ‘n trom en ‘n fluit spleel. Die meisies vat sy hande en hulle begin dans al om die vuur. Hy dans saam, want hy het nie ‘n keuse nie. Hy word bewus daarvan dat hy elke nou en dan op die boud gepiets word of aan sy rug gekrap word. Fyn liggiese aanrakingkies wat hom onstig, maar op ‘n manier opgewonde maak. Vinniger en vinniger dans hulle en die knypies en krappies word al geniepsiger, en sy slang word langer en harder.
Dan hou die musiek op. Hy gaan staan hande op die knieë, hygend na asem. Die ou vroutjie kom staan voor hom en druk hom met ‘n duimnael regop. Sy krap sy klipharde slang met haar lang naels.
“Kyk meisies! Hy het ons ou dansie geniet!”
Die meisies giggel en trek een vir een hulle klere oor hulle koppe. Tot hulle al vier kaal voor hom staan. Hy snak na asem. Hy het al baie vrouens kaal gesien, maar hier die vier is besonders. Spierwit velle. Pienk tepeltjies op perfek geronde borsies, ronde heupies en pragtige boutjies en lang mooi beentjies. Hulle kom gigglend nader, en terwyl die ou vrou sy slang op en af trek kom kniel hulle in ‘n ry voor hom. Kiki en Niki is eerste en daarna Riki en Tiki. Die ou vrou vat haar ander hand en begin sy sakke masseer. Hy probeer keer, maar hy skiet! Kiki is by om alles in haar mondjie op te vang en die laaste druppel uit hom uit te suig. Dan volg Niki en dan Riki en Tiki. Hy kan nie glo hoeveel sap uit hom uitskiet nie. Elkeen vang ‘n mondvol, sit hulle mondjies om sy punt en suig hom leeg. En heeltyd prewel die ou vroutjie: “Mansap is ons sap. Dit maak ons keurig, dit maak ons mooi. Dit hou ons jonk, die man se stronk. Kom, kom meisies, drink genoeg. Die man is sterk hy kan dit doen. Mansap is ons sap …”
Dan het al vier gedrink. Hulle kom staan giggelend om hom en dan buk tweetjies af en hy voel warm mondjies om sy slang se punt en om sy sakke. Dan twee warm mondtjies om elke tepel. Hande vryf oral, bevoel en betas hom en hy raak dronk. Bedwelmd.
Hoe lank dit aanhou weet hy nie. En hoeveel keer hy skiet kan hy nie sê nie. En dan uiteindelik kan selfs sy sterk vegterslyf nie meer nie. Sy knieë knak en hy val agteroor.
“Ahh, nee! Ons wil nog speel. Tante maak hom wakker. Ons is nog nie klaar nie!”
“Genoeg!” sê die ou vrou. “Genoeg. Ons wil hom nie dood maak nie. Ons wil net sy sap oes! Eenkant toe met julle!”
Die meisies maak geluide van teleurstelling, maar gehoorsaam die ou vroutjie. Sy kom nader en kniel langs hom.
“Sien jy kaans vir nog een laaste keer?” fluister sy. Hy probeer sy kop skud, maar hy is verlam. “Natuurlik kan jy nog een keer skiet. Net vir my …”
Dan steek sy weer ‘n hand uit en streel sy slang tot hy moegerig orent kom.
“Mooi. Ou groote. Mooi.”
En sy trek haar klere op tot bo haar naeltjie. Hy sien die bos grys hare om haar ou verimpelde poes. Hy sien die rekmerke op haar maag, die blou spatare om haar bene en vir een of ander rede die verslete sandale aan haar voete. Dan sit sy een been rats oor sy lyf en sak af op haar hurke. Sy vat sy harde slang vas, druk dit teen haar poes en begin stadig afsak. Sy kreun en hoe verder sy sak, hoe harder kreun sy. Die meisies kreun saam. Hy wil keer, protesteer, maar hy kan nie beweeg nie. Dan skielik is hy van niks anders bewus as sy harde slang in haar sappige, nat, warm poes nie.
Haar bewegings is vir eers stadig, maar geoefen, gemik op haar plesier. Maar in die proses kan hy nie help om ook plesier te voel nie. Hy gooi sy kop agteroor en maak sy oë toe. Hy raak intens bewus van die plesier, en vergeet dat die vrou wat hom ry, ‘n ou verimpelde heks is. Die meisies staan rondom hulle en eggo elke geluid wat sy maak. Haar beweging word harder, dringender. Hy maak sy oë oop en sien hoe sy haar klere oor haar kop trek en eenkant toe gooi. Haar ribbes steek amper deur die vel, haar spene hang soos tabaksakke teen haar bors en klap-klap teen haar vel as sy op en af beweeg. Dan begin die meisies fluister.
“Hier kom sy, hier kom sy, hier kom sy, hier kom sy!”
Die ou teef gee ‘n harde gil, ge-eggo deur die meisies. Dan skielik is hy bewus van ‘n verandering. Daar is ‘n reuk van parfuum in sy neus, die lyf oor sy slang voel anders en sy oë sper oop.
“Sy is hier!” gil die meisies.
Die vrou wat hom nou ry, is jonk. Sy het raafswart hare wat tot op haar skouers hang. Haar borste is ferm met donker bruin tepels. Haar oë is diep blou, haar perfekte lippe volrond en rooi, haar vel bleekwit.
Hy reik na haar. Maar sy klap sy hande weg, val vorentoe en soen hom diep en innig. Haar asem ruik na knoffel en vleis. Dan begin sy onderlyf ruk en hy skiet sy sap diep in haar in.
Die meisies gil en die pragtige vrou bo-op hom byt sy lip tot hy bloei.
Hy hoor sy perd runnik.
***
Hy word wakker. Van die klippe en die vuur is daar geen teken nie. Hy kyk vervaard rond. Sy perd wei rustig eenkant. Hy kyk na die peerboom. Daar is geen vrugte nie, maar die boom is oortrek van bloeisels. Bo-op sy saal lê sy klere, netjies opgevou. En bo-op die klere lê ‘n peerboombloeisel. Sy saalsakke is vol gedroogde vleis, harde rogbrood en ‘n fles met brandewyn. Sy swaard en skede leun teen die boom albei blink gepoleer. Sy stewels lyk nuut, asof hy hy hulle nie al deurgedra het nie. Die perd kom nader en blaas sy warm asem oor sy rug. Hy draai om en vryf die perd se neus. Hy is blink geroskam, en sy gekamde maanhare laat hom lyk soos ‘n skouperd.
Hy trek sy klere stadig aan, gespe die swaard aan sy lyf vas. Hy wonder of dit alles net ‘n droom was, maar die bytmerkies en krapmerkies oral oor sy lyf herinner hom. En die bytmerk aan sy lip …
Hy saal die perd op en sonder dat hy hoef te besluit waarheen om te gaan, kies die perd koers. Hy loop die woud in en die ruiter kyk om. Die ooptetjie het verdwyn.
3 COMMENTS
Dit is my laaste storie vir ‘n ruk. Werksdruk gaan my vir ‘n wyle weghou van KBH af. Maar ek sal weer kom inloer! Groete vir al die KBHders
Ramkat
DANKIE, ONS GAAN JOU BESLIS MIS !
Tot wederom. ☺
“Tinkerbell” does Dallas” ?
Amusante verhaal, Ramkat. Die verbeelding het geen perke ☺