
Die dildo: beskrywing, woordherkoms, geskiedenis en terminologie
deur Lusman
Inleiding
Hierdie artikel handel oor die woord “dildo” – die definisie daarvan, ‘n breë beskrywing en die herkoms van die woord. Ek gee ook ‘n bietjie detail oor sy geskiedenis. In die proses word ‘n begin gemaak om dildoterminologie te identifiseer.
Een doelwit is om op die langer termyn woorde en uitdrukkings wat die dildo en sy gebruike beskryf, ook verwante woorde, uitgebreid te lys. Hoe beter mens jou gedagtes oor die dildo mondeling en skriftelik kan uitdruk, hoe meer effektief kan jou omgang met die dildo wees – fisiek en in die verbeelding. Mens se pret kan soveel groter wees as jy weet hoe om jou gedagtes oor die dildo in alle soorte situasies met mekaar te deel. Origens, masturbasie met die dildo en dildo-geleide seks kan dan soveel lekkerder wees. Orgasmes kan soveel genotvoller wees!
Die woord dildo en verwante terme is al reeds wyd gebruik op Kombiekiehier en vind steeds plaas. ‘n Soektog met “dildo” in die soekblokkie lewer tientalle stories en artikels op. Dis almal waardevolle bronne oor ‘n beter begrip van die dildo en sy nut.
Daar is geen twyfel daaroor nie dat die dildo ‘n baie belangrike rol in ons sekslewens speel.
Wat in hierdie artikel probeer word, is om die onderwerp van die dildo en sy terminologie sistematies en semi-wetenskaplik aan te pak. Hopelik, met behulp van lesers en skrywers, sal al die lesers dan uiteindelik betreklik omvattende kennis oor die dildo en sy variante, tesame met goeie terminologie, in ‘n kompakte formaat op Kombiekiehier kan kry.
Laat ons by ‘n definisie van die woord “dildo” begin. Vir my ‘n nuttige definisie is die volgende: “Die dildo is ‘n passiewe sekshulpmiddel wat soos ’n fallus of fallusagtig lyk, waarmee vaginale, anale of orale penetrasie kan plaasvind en wat, behalwe vir seks tussen individue, ook gebruik kan word vir vroulike masturbasie.”
Definisies soortgelyk aan hierdie een kom voor in gesaghebbende woordeboeke soos die Amerikaanse Merriam-Webster-woordeboek en die Britse Cambridge-woordeboek. Hierdie definisies dek myns insiens nie alle belangrike fasette nie; daarom dat ek self my hand aan een gewaag het.
Ongelukkig kon ek geen definisie in ‘n Afrikaanse verklarende woordeboek, bv. die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), kry nie. In Pharos se Afrikaans-Engels / Engels-Afrikaans-woordeboek word “dildo” en “kunspenis” as Afrikaanse ekwivalente vir die Engelse “dildo” aangedui.
Gelukkig word “dildo” en sy meervoud “dildo’s” in die woordelys van die jongste (11de) uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) aangedui.
Die woord “passiewe” in die definisie sluit elektromeganiese sekshulpmiddels soos die vibrator (of triller) uit. Dié is ‘n heel ander onderwerp wat nie in hierdie artikel bespreek word nie.
In terme van die definisie word die dildo hoofsaaklik gebruik vir penetrasie van die vagina, anus of mond.
In eenvoudiger taal sou mens kon sê: ‘n Dildo is ‘n nagemaakte piel – ‘n kunspiel of kunsvool. Dit kan vir stimulasie by ‘n vrou se poes, hol of mond ingesteek word en ook by ‘n man se hol of mond. Iemand anders kan die insteekwerk doen, of jy kan dit self doen – as jy masturbeer.
In wese was daar by die oorspronklike dildo’s – in verskeie kulture – die begeerte om ‘n vrou te plesier met iets anders as ‘n penis. Die fokus was nog altyd baie sterker op die vrou, eerder as die man. Die dildo is reeds vir duisende jare in gebruik vir die behaging van die vrou. Die gebruik vir manlike plesier het maar enkele dekades gelede ontstaan.
In wat volg bespreek ons verskeie aspekte van die dildo, ook van sy mees prominente gebruiksvariasies. Die bespreking hang saam met die woorde en terme – want dis ons hooffokus – vir beter begrip en kommunikasie. Om hierdie rede word relevante woorde en terme waar dit die eerste keer gebruik word kursief geskryf.
Breë beskrywing
Die dildo, in sy mees basiese vorm en sy historiese rol as nagemaakte stywe penis, is aanvanklik van natuurlike materiale soos sliksteen, hout en leer gemaak. Hout was sekerlik vir honderde jare, tot redelik vroeg in die 20ste eeu, die mees algemeen beskikbare materiaal. Vandag, egter, kry mens dildo’s in ‘n groot verskeidenheid materiale, elk met sy voor- en nadele. Jy sal hier en daar ook nog dildo’s van hout kry, veral onder amateurdildomakers. Van hulle kan baie trots wees op hul skeppings van hoëkwaliteit-hout, pragtig afgewerk tot gepoleerde kunspiele wat soms die fyn detail van ‘n ware piel vertoon. Ek is seker hul vroulike sekspartners waardeer so ‘n houtpiel ten seerste, in ag nemende die sorg waarmee dit gemaak is.
Die dildo is aanvanklik, in die oudste kulture, hoofsaaklik gemaak vir die fisieke stimulasie van ‘n vrou deur die manipulasie van haar vagina, deur haarself. Dis vandag nog die hooffokus van die meeste dildo’s wat te koop aangebied word. Vir vroue wat nie gereeld seks het nie – om watter rede ook al – is dit ‘n baie nuttige instrument. In hierdie verband word soms die term selfhelp gebruik. Jy help jouself, in die afwesigheid van ‘n sekspartner. Jy kan ook sê jy help jouself uit.
Weens die gebruik om die vagina daarmee te stimuleer, is die klassieke en ook die hedendaags mees gebruikte vorm van die dildo dié van ‘n fallus – die stywe penis van ‘n man. Dis daarom dat kunspiel en kunsvool sinonieme is wat gemaklik op die tong lê.
Die fallusvorm help nie net vir effektiewe penetrasie en stimulasie van die vagina nie; daar is ook ‘n psigiese aspek by betrokke. Dis daarom dat vir baie vroue dit belangrik is dat die dildo so na as moontlik na ‘n regte stywe piel lyk. Hulle wil romantiseer en fantaseer, wanneer hulle die dildo in hul vagina gebruik, asof hulle gepenetreer word deur ‘n regte piel. ‘n Lewensgetroue voorkoms is dus een van die dinge waarna vroue dikwels sal kyk as hulle ‘n dildo aanskaf. Dan is kleur, vorm en hoe dit in die hand voel gewoonlik vir hulle belangrik.
Baie soorte materiale waaronder natuurlike stowwe, maar veral kunsstowwe, word vandag gebruik vir die maak van dildo’s. Daar kan in ‘n volgende artikel hieroor uitgebrei word.
Opsommend dus, die mees algemene gebruik van die dildo is vaginale stimulasie, hoofsaaklik deur die eienares van die vagina, tydens masturbasie.
Maar die dildo word ook soms deur die vrou se manlike seksmaat aangewend om haar vaginaal daarmee te plesier – gewoonlik by wyse van voorspel tot penetratiewe seks.
‘n Vroulike seksmaat is ook soms ter sake. Meer hieroor ondertoe.
Die dildo word gewoonlik handmatig gebruik. Dit wil sê, dit word met die hand ingesit en die bewegings daarmee in die vagina word met die hand uitgevoer. Die bewegings boots gewoonlik so goed as moontlik die bewegings van ‘n man se stywe penis tydens naaiery in die vagina na. Die dildo word dus met die hand heen en weer in die vagina – in en uit – gewerk om die wande van die vagina te stimuleer. Dit kan in baie moontlike posisies in die vagina gemanipuleer word, om verskillende dele van die vagina aan te raak en verskillende sensasies teweeg te bring.
Om die dildo maklik in die vagina te kan insteek en bewegings daarmee uit te voer, het dit gewoonlik ‘n mate van stewigheid nodig – soos dié van ‘n erekte (stywe) manlike piel. Verskillende grade van stewigheid word verkry deur verskillende materiale te gebruik.
Alhoewel die mees basiese vorm van die dildo dié is van ‘n erekte penis, is daar egter vele produkte op die mark wat onder die naam soortnaam dildo verkoop word wat nie ‘n fallusvorm – soms nie eens naastenby ‘n fallusvorm – het nie. Dis veral die geval by dildo’s wat vir anale stimulasie gebruik word. Hulle is dikwels kleiner as vaginale dildo’s en het ‘n ander vorm. Hierdie soort dildo’s word dikwels ‘n anale prop of holprop genoem. Dit het gewoonlik ‘n soort nek. Dis sodat na insteking, die anale ringspier natuurlikerwys om die nek saamtrek en dit dan in plek bly – en jy jou hand kan wegneem. Dit het gewoonlik ook ‘n soort flens aan die basis, sodat dit nie heeltemal in die rektum kan inglip nie. Holproppe, wanneer vir poniespel in BDSM gebruik word, word gewoonlik van ‘n perdestert voorsien. Nieteenstaande die beskikbaarheid van holproppe word fallusnabootsende dildo’s ook vir anale stimulasie gebruik. Dis maar ‘n kwessie van smaak.
Die een eienskap wat omtrent alle penisnabootsende dildo’s – ook enkelkopdildo’s gemeen – het, is dat dit vashouplek aan die een end het. Hierdie sogenaamde handvatsel of handgreep is sodat mens dit stewig met die hand kan vasvat en dit maklik by die betrokke opening – die vagina of die anus – kan inserseer (insteek).
Oor die algemeen kan die meeste dildo’s ook by die mond ingesteek word, hoofsaaklik om dit met speeksel te smeer. Mond-insersering word egter ook deur vroue beoefen om die suig van ‘n man se piel na te aap, ‘n aksie wat psigiese bevrediging tydens masturbasie meebring. Met die een hand kan sy die dildo in haar mond hou – dalk ‘n bietjie in en uit beweeg en dit op en af lek – terwyl sy met die ander hand haar poesie handmatig stimuleer. Na ‘n ruk kan sy dan die met speeksel gelubriseerde dildo in haar vagina steek en haar poesie verder daarmee stimuleer.
Die ontwikkeling van dildo’s het oor die jare gevorder tot waar mens al geruime tyd spesiale dildo’s vir lesbiese of biseksuele vroue kry. In hierdie rol is die dildo gewoonlik aan ‘n harnas aan die onderlyf van die vrou gemonteer. Die plesiergewende vrou sal dan die ontvangende vrou in enige van ‘n aantal style met die dildo naai. Hierdie dildo’s word staan gewoonlik as een van die volgende bekend: aangorddildo, aangespe-dildo, aanbinddildo, aanbinderdildo, voorbinddildo en voorbinderdildo. In die omgangstaal word hulle ook kortweg aanbinders of voorbinders genoem.
Alle aanbinders is egter nie voorbinders nie, want mens kry ook gesiggemonteerde dildo’s. Met so ‘n dildo pomp jy ‘n poesie met jou gesig.
Aanbinddildo’s word toenemend gewild vir lesbiese of biseksuele plesier.
In onlangse tye het daar die sogenaamde vaginahegtingsdildo’s op die mark begin kom. ‘n Harnas is dan nie meer nodig nie. Ons kan in ‘n volgende artikel meer aandag hieraan gee.
Die harnasgemonteerde dildo word egter deur baie vroue verkies uit ‘n psigiese oogpunt. Die harnas is dikwels van leer, wat ‘n fetisj-waarde vir sommige vroue het. Die voorkoms van die leer en die gevoel daarvan op die vel, veral waar die bande onder om die boude span en in die lieste inloop – langs die poeslippe – verooraak seksuele opwinding. Ook lateksharnasse is gewild, natuurlik onder lateksfetisjiste.
Die naaiery met ‘n aanbinder is baie naby aan die ware jakob – dit gee stimulasie baie naby aan wat ‘n stywe piel sou doen. Die vrou met die aanbinder sal, dikwels met haarself in die missionêre posisie, die ander vrou naai. Ook baie gewild is dat die vroulike gewer die vroulike ontvanger in die hondjieposisie naai.
Daar is aanduidings, uit pornofilms van die 1920’s, dat aanbinderdildo’s met leerharnasse toe al in gebruik was – vir beide missionêre en hondjiestyl-naaiery.
Die vrou met die aanbinder kan die ander vrou met die dildo ook anaal penetreer, ‘n praktyk wat al hoe gewilder word.
Vir alle praktiese doeleindes kan die vrou met die aanbinder die ontvangende vrou in enige styl naai waarin ‘n man haar kan naai.
‘n Voorbinder word deur vroue ook soms op mans gebruik. Sy sal met ‘n gewone aanbinddildo of ‘n dildo spesiaal daarvoor gemaak, ‘n man in die hol naai. Dis iets wat as penning bekend staan, weens die feit dat die dildo ‘n soort pen is wat in die man se hol – sy anus en rektum – gesteek word. Met penning word onder andere die prostaat van die man gestimuleer, iets wat dikwels tot sy orgasme lei.
Met dildonaaiery moet daar vryelik van glymiddel gebruik gemaak word. Dis baie wys om met naaiery in enige posisie ‘n glymiddel te gebruik, in ag nemende dat die dildo nie sy eie smeermiddel afskei nie. Dit het dus nie die voordeel van die lubriserende effek van prekom (voorvog of voorloop) soos by ‘n ware piel nie. Alhoewel die vagina sy eie smeermiddel afskei, is daar omstandighede – veral aan die begin van ‘n naaisessie – waarby die vagina droog kan wees. ‘n Glymiddel is daarom soms essensieel. Om aan die veilige kant te bly moet mens dit maar altyd aanwend.
Met veral holnaaiery moet ‘n goeie lubrikant rojaal gebruik word – aan beide die ringspier en die dildo gesmeer – om ongemak, pyn of besering te verhoed.
‘n Ander geval waar biseksuele of lesbiese vroue met ‘n dildo plesier kan hê, is met die dubbel-end-dildo (ook tweekop-dildo, dubbelkop-dildo, of kortweg dubbeldildo genoem). Dis soos twee gewone dildo’s wat by hul agterkante naatloos aanmekaar geheg is. Die dildo word dan so gebruik dat dit gelyktydig by die twee vroue se poesies indring. Vir hierdie doel is ‘n dubbeldildo kop tot kop ten minste twee keer so lank as ‘n enkelkopdildo. Die dubbeldildo kan maklik ‘n lengte van ‘n halwe meter of meer hê, ten einde gemaklike indringing by albei vroue, met hulle in ‘n sit-lê-posisie, te bewerkstellig.
In een variasie van stimulasie met die dubbeldildo sit-lê die vrouens met hul bekkens wat na mekaar toe wys – die vulvas ‘n 30 cm of so van mekaar. Die bene by albei is wyd oop en die een se bene lê oor die ander. Elkeen het ‘n end (‘n kop) van die dildo in haar vagina. Deurdat een of albei vroue tegelyk stootbewegings uitvoer, plesier hulle mekaar. As albei stootbewegings doen moet dit gesinchroniseerde teëgestelde bewegings wees, sodat effektiewe gelyktydige indringing by albei vroue plaasvind. Ongesinchroniseerde naaibewegings kan die dildo by die poesie van een of albei laat uitval. Die natuurlike neiging by albei vrouens is egter gewoonlik om die stootbewegings gesinchroniseerd na en weg van mekaar te doen.
As ‘n variasie van bogenoemde, kan die vroue in ‘n skêrposisie met hul bene lê. Hulle lê dan op hul sye mekaar en stoot. Een voordeel van die skêrposisie is dat die poesies nader aan mekaar kan wees en ‘n korter dildo dan goed kan werk.
In ‘n ander variasie van dubbelkopdildo-gebruik kan albei vroue op hul hande en knieë staan, met hul agterstewes wat na mekaar wys. Met die dildo by al twee se vaginas in plek, kan hulle mekaar dan heerlik ry deur gelyk vorentoe en agtertoe te pomp – dus weer eens gesinchroniseerd.
Wat nie vergeet moet word nie, is die voorspel tot die gebruik van die dubbeldildo deur twee vryers. Dis dikwels vir die partye lekker – en nodig – om eers die dildo se koppe in hul monde te neem terwyl hulle vir mekaar kyk. Deur die dildo’s se koppe en voorste skagdele, net soos by ‘n regte piel, te lek en te suig, stimuleer hulle mekaar psigies terwyl hulle die dildo’s met hul speeksel lubriseer. Dikwels is dit egter nodig om maar ook van ‘n spesiaal geformuleerde glymiddel (soos Astroglide) gebruik te maak teen die tyd dat die speekselgelubriseerde dildo reg is om by die poesies ingesit te word. Hoe meer die glymiddel en hoe minder die kans vir ongemak of seerkry, hoe beter.
Goeie glymiddels is natuurlik by die meeste apteke beskikbaar.
‘n Ander vorm van voorspel by ‘n vrou-alleen-tweesaam met ‘n dubbelkopdildo, met die vroue teenoor mekaar sittend soos hierbo, is soos volg: Die een vrou sal met die hand die geïnserseerde dildo – by albei vroue – stadig heen en weer werk. Dit word vir ‘n ruk lank gedoen, voordat sy dan die heen-en-weer-werkery aan die ander vrou oorhandig. Met die omruiling van die rolle word ‘n soort gelykheid tussen die vroue bewerkstellig – ‘n gevoel van gelykberegtiging word by die vroue geskep. Nie een voel sy kry nie haar regmatige deel nie. Wanneer al twee op hierdie wyse goed opgewerk is, kom hulle in ‘n sit-lê of skêrposisie en word daar oorgegaan tot gesamentlike dubbeldildo-naaiery.
In ‘n verdere variasie van dubbeldildo-gebruik, kan ‘n derde party – byvoorbeeld ‘n man in ‘n driesaam-situasie – die dildo met die hand in die middel vasvat en dit heen en weer in die twee vroue se poese beweeg.
Dubbeldildo-holnaaiery met die twee vroue in ‘n sit-lê-posisie is ook moontlik. Net soos by dubbeldildo-poesnaaiery kan beide na mekaar wysend sit-lê met kussings onder die boude en met die bene opgetrek – om die anusse bloot te stel vir dildo-insersie. Of hulle kan ook op hande en knieë, met hul agterstewes na mekaar toe, staan. Dieselfde geld natuurlik vir twee mans wat met mekaar anaal verkeer. Hulle kan met behulp van die dubbeldildo net soos die vrouens teenoor mekaar op kussings sit-lê, of met hul gatte na mekaar op hande en knieë staan.
Vele ander posisies met die dubbeldildo is moontlik; slegs beperk deur die gebrek aan verbeelding deur die dubbeldildo-gebruikers!
‘n Kort beskrywing oor die dildo en sy gebruike kan gevind word in https://af.wikipedia.org/wiki/Dildo. Daar is ook ‘n paar oulike foto’s van dildo’s, insluitende anale proppe.
Herkoms van die woord “dildo”
Afrikaans kry die woord “dildo” uit Engels. As ‘n naam vir ‘n seksspeelding dateer die woord so ver terug as die 1590’s.
Etimologiese verklarings verskil aansienlik. Daar is groot onsekerheid oor hoe die woord vir die seksspeelding in Engels ontstaan het.
Daar is die moontlikheid van afleidings uit ander tale, soos Italiaans “diletto”, wat verrukking of genoeglikheid beteken. Dan is daar die frase “dil doul” wat in ‘n 17de eeuse Engelse ballade, “The maid’s complaint for want of a dil doul”, na ‘n man se penis verwys.
‘n Ander moontlike verklaring is dat dié besondere vroueplesierder verband hou met die naam van die eiland met die naam Dildo in ‘n meer in die oostelike Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador.
Daar is ook die teorie dat die naam gekom het van “dill-doll”, ‘n Oudengelse term geneem van die Oudnoorse woord “dilla”. Laasgenoemde was blykbaar ‘n werkwoord wat “kalmeer, “paai” of “sus” beteken het.
Maar dan is daar ook die moontlikheid dat die woord direk stam uit die naam van ‘n roeiboot-onderdeel, vir eeue lank ‘n dildo genoem. Die deel staan by vandag se roeibote bekend as die roeimik (Engels: oarlock).
In die ou dae was die bootdildo ‘n ronde houtpen, taps aan die een kant en omtrent 3 tot 5 cm in deursnee en 15 tot 20 cm lank. Die dildo is in ‘n gat in die rand van die boot se sywand gesteek. Aan die end van die pen wat bo die gat uitgesteek het, was daar ‘n U-vormige mik. Dit is gebruik om die roeispaan, waarvan die steel in die mik gepas het, in posisie te hou.
Die tapsheid van die pen was vir maklike insteek in die gat in die rand van die boot.
Omdat die dildo los in die gat sit en kan roteer, vorm dit ‘n skarnierpunt vir die roeispaan. Die dildo draai vrylik in die rondte soos die spaan se steel vorentoe en agtertoe beweeg. Die mik laat toe dat die spaan ook op en af kan beweeg. Dis natuurlik nodig, sodat die blad van die spaan met die terugslag uit die water gelig kan word.
Persoonlik dink ek die bootdildo gee die mees logiese verklaring vir die naam “dildo” by die seksvoorwerp. Hierdie verklaring is vir my geloofbaar omdat: (a) die naam van die bootonderdeel “dildo” was; (b) die pengedeelte van die bootdildo naastenby die lengte en omtrek van ‘n erekte penis gehad het; (c) die pen, net soos by ‘n stywe piel, aan die voorkant effens taps was; (d) die dildo gebruik is vir insteek by ‘n gat (wat herinner aan die insteek van ‘n piel by ‘n poes); en (e) dit in die rondte kon draai (soos wat ‘n mens met ‘n penis in ‘n poes kan doen – as jy goed is!).
Benewens al bogenoemde assosiasies met ‘n stywe piel, het die mikkie van die bootdildo ooglopend ‘n handvatsel vir ‘n vaginadildo gesuggereer.
Myns insiens was die bootdildo ‘n voorwerp wat net vir ‘n geleentheid gewag het om in ‘n poesdildo te transformeer.
Toevallig kom die naam van die Kanadese eiland Dildo ook van hierdie bootdildo, so op ‘n manier is daar dan tog ‘n assosiasie tussen die poesdildo en die eiland!
Dit het waarskynlik net ‘n vernuftige roeier van ‘n vyf honderd jaar of wat gelede gevat om die potensiaal van die boot se dildo te sien – en te besef het waarmee hy sy vrou kon verras.
Hy het waarskynlik een geneem en dit met die houtgereedskap van daardie tyd tot ‘n spoggerige kunspiel afgewerk. Die mikkie aan die bokant sou, wanneer ‘n bietjie afgewerk, ook ‘n ideale dildohandvatsel uitgemaak het.
Die roeier het dit waarskynlik een aand tevoorskyn gebring met: “My liewe vrou, hier is ‘n presentjie vir jou – ‘n dildo wat ek spesiaal vir jou gemaak het.” Want watter ander beter naam sou daar vir die fallusvormige vroueplesierder wees, as die bootdeel wat die basis daarvan was!
Ek kan my voorstel hoe hy die volgende dag, na hy die effek daarvan op sy vrou waargeneem het, dit vir sy pelle gaan wys het – en vir hulle van die plesierende effek daarvan vertel het. Ek sien in my gedagtes hoe in die volgende maande die spaanders gewaai het soos die manne aan die werk gespring het om ook vir hulle vrouens dildo’s te maak.
Mens wonder wat het die booteienaars gedink van die drastiese vermindering in hul dildovoorrade!
Die teorie dat die bootdildo tot die seksuele dildo gelei het sou ook kon verklaar waarom die eerste plesierder-dildo’s van ‘n paar honderd jaar gelede van hout gemaak was.
Oorsprong en geskiedenis
Histories gaan die dildo duisende jare terug. Die eerste bekende dildo, deur paleontoloë ontdek, dateer van die Paleolitikum of Ou Steentydperk – rofweg 2 miljoen tot 12000 jaar gelede. Dit was die tyd van die jagter-versamelaars, toe klip en been die basis van omtrent al hul gereedskap gevorm het. Van sliksteen gemaak en tot ‘n hoë glans gepoleer, word gemeen dat hierdie mense se dildo’s vir beide religieuse doeleindes en vir persoonlike genot gebruik is.
Vroue in Antieke Griekeland het die sogenaamde olisbos geniet, die naam vir die dildo van daardie tyd. Die olisbos was ‘n voorwerp met ‘n fallusvorm, van hout of leer gemaak. Die Grieke het geglo dat ‘n gebrek aan sperm die toestand van die sogenaamde ronddwalende uterus by vroue veroorsaak. Wanneer die mans op hul lang oorlogstogte gegaan het, het hulle gesorg dat die vroue olisbos het. Dit sou dan histerie as gevolg van ‘n gebrek aan sperm verhoed. Terloops, in daardie dae was olyfolie nie net deel van die Grieke se stapelvoedsel nie. Dit het ook gedien as die beste glymiddel beskikbaar. Die aanname is dat dit rojaal op die olisbos aangewend is.
Die Chinese word ook beskou as groot innoveerders in vroulike masturbasie. Welaf mans wat meer as een vrou gehad het, het ‘n manier gevind om almal gelukkig te hou. Hulle het die vroue van penis-alternatiewe voorsien om hulle getrou te hou en te verhoed dat hulle hul tot lesbianisme wend. Antieke Chinese dildo’s is ontdek wat van brons en ander metale geniet was. Sommige was hol en het die instrument in staat gestel om ‘n vloeistof vry te stel. Dit was seker een van die eerste soorte nagebootste ejakulasie met iets na aan ‘n piel. Mens worder of die Chinese vroue die vloeistof – wat dit ook al was – na onttrekking van die olisbos uit hul poesies soos vandag se vroue oor hul borste laat uitskiet het.
Ander tekste van oor die wêreld, insluitend Een duisend en een nagte, wat ook bekendstaan as Arabiese nagte en heelwat erotiese verhale oor honderde jare bevat, noem vrugte, groente en ander penisvormige voorwerpe as hulpmiddels vir seksuele stimulasie en vervulling. Dit lyk asof hedendaagse piesang- en komkommer-gebruikers ‘n ou tradisie voortsit!
Die dildo is oor die jare heen vervaardig van vele materiale soos klip, hout, horing en leer.
Met die aanbreek van die 20ste eeu is daar begin om dildo’s van rubber te vervaardig. Vele materiale het daarna gevolg, waarvan silikoon ‘n reusesprong in tegnologie was. Sy hipoallergeniese eienskappe en die ietwat meer natuurlike vel-gevoel, in vergelyking met ander nieporeuse materiale, het silikoonkunspiele gewild gemaak. ‘n Ander belangrike eienskap is die weerstandigheid teen watergebaseerde glymiddel.
Ons beoog om meer aandag aan materiale in volgende artikels te gee.
Terminologie
Behalwe die gekursiveerde woorde in bostaande teks, gee ons graag onderstaande woorde wat die woord “dildo” as stam het. Voorbeeldsinne dui tipiese gebruik aan.
dildo’s (meervoud van dildo): Ek het drie dildo’s in my bedkassie se laai.
dildo’tjie (verkleinwoord van dildo): Met hierdie klein ou dildo’tjie gaan ek nie ver kom nie, dink sy en sit dit terug op die rak.
dildo (om iemand te dildo – oorganklike werkwoord): “Ek gaan jou vanaand met daai nuwe speelding van jou goed dildo,” sê hy vir haar.
dildo (om te dildo – onoorganklike werkwoord): “Ek dildo ten minste twee maal per week,” sê sy vir haar vriendin.
dildoër (iemand wat dildo – persoonsnaam): “My man is ‘n baie bekwame dildoër,” sê sy vir haar vriendin.
dildoënd (dildoënd iets doen – onvoltooide deelwoord): Ywerig dildoënd lê sy op die bed en praat oor die foon met haar vriend.
gedildo (verlede tyd van dildo): Sy het haarself gisteraand heerlik gedildo.
gedildo (voltooide deelwoord): Ek is gisteraand lekker gedildo deur my maatjie.
gedildo (gedildo wees – voltooide verlede deelwoord, as predikatiewe byvoeglike naamwoord gebruik): Sy is voos gedildo toe sy die lig uiteindelik afsit.
ongedildo (ongedildo wees – voltooide verlede deelwoord, as predikatiewe byvoeglike naamwoord gebruik): Sy het die hele aand vir haar vriendin gewag, maar moes toe maar ongedildo gaan slaap.
gedildo’de (voltooide verlede deelwoord, as attributiewe byvoeglike naamwoord gebruik): Die gedildo’de vrouens het almal iets te sê toe die sekskursusleier vra hulle moet kommentaar lewer.
ongedildo’de (voltooide verlede deelwoord, as attributiewe byvoeglike naamwoord gebruik): Die ongedildo’de vrou is vies vir haar vriendin wat so terughoudend was en haar nie wou dildo nie.
dildobaar (predikatiewe byvoeglike naamwoord): “Sy is heel dildobaar hoor,” sê hy vir sy vriend oor sy nuwe meisie.
ondildobaar (predikatiewe byvoeglike naamwoord): Tydens haar maandstonde is sy ondildobaar.
dildoïng (selfstandige naamwoord): Sy hou nie van anale dildoïng nie.
Bogenoemde woorde en dié in die teks hoër op is maar net ‘n klein monster van woorde wat met die dildo in verband staan. Daar is letterlik honderde samestellings met die woord “dildo”. Om nuwes te maak is byna onbeperk. Dan is daar talle byvoeglike naamwoorde waarmee dildo’s beskryf kan word en werkwoorde en uitdrukkings rondom die aanwending van die dildo. Ons kan in toekomstige artikels hierna kyk.
Julle lesers kan, met julle kommentaar, help om ‘n uitgebreide woordeskat rondom die dildo en sy gebruike op te bou. Stuur asb. jul woorde en uitdrukkings!
Ten slotte
Met hierdie artikel is daar ‘n oorsig oor die dildo gegee – ‘n breë beskrywing daarvan en sy gebruike, die herkoms van die woord, die geskiedenis van die dildo en ‘n bietjie relevante terminologie.
Die terminogie hier is maar net die begin en sal help om’n nuttige woordeskat oor die dildo en sy gebruike op te bou.
Soos met baie dinge rondom seks, is ‘n goeie woordeskat en goeie, effektiewe, taal die begin van goeie begrip. En goeie begrip lei tot maksimale genot. Dis veral die geval met die dildo, seker die belangrikste passiewe (nie-elektromeganiese) sekshulpmiddel wat daar is.
Of jy self die dildo as stimuleerder gebruik of nie, dis nuttig om ten minste die mees algemene woorde en uitdrukkings wat met die dildo in verband staan te ken.
Jy kan woorde en uitdrukkings oor die dildo in verskillende situasies nodig kry, byvoorbeeld:
- As jy beplan om ‘n dildo te koop en wil weet wat om in ag te neem (en aantekeninge daaroor wil maak);
- As jy in ‘n sekswinkel aan die assistent die besondere dildo wat jy benodig wil beskryf;
- As jy ‘n dildo aanlyn wil bestel en jy wil seker maak dat dit die eienskappe het wat jy verkies;
- As jy jou dildo op jouself gebruik vir masturbasie en agterna wil notas maak oor die tekortkominge – vir jou volgende dildoaankoop;
- As jou sekspartner besig is om ‘n dildo op jou te gebruik en jy wil hom/haar op die ingewing van die oomblik adviseer om jou beter te plesier;
- As jy ‘n seksmaat met ‘n dildo bedien en jy wil verneem hoe sy/hy dit ervaar;
- As jy in geselskap is waar oor dildo’s gepraat word – of dalk gebruik word – en jy jou stuiwer in die armbeurs wil werp;
- As jy vir ‘n seksmaat of iemand anders iets oor ‘n dildo of die gebruik daarvan wil skryf – in ‘n e-pos, SMS, WhatsApp of ander elektroniese boodskap. (Die boodskap kan natuurlik bloot feitelik wees, of dit kan (opsetlik) van ‘n seksueel opwekkende aard wees.)
- Net bloot bewus wil wees van die verskillende hoofsoorte van dildo in die markplek;
- As jy in ‘n situasie verkeer waarin iemand ‘n dildo op jou wil gebruik en jy die aangeleentheid wil bespreek.
- As jy vir Kombiekiehier ‘n verhaal, waarin daar een of meer dildotonele is, wil skryf!
Met hierdie beskeie begin gaan ons hier by Kombiekiehier in volgende artikels nog heelwat tyd en aandag aan die dildo gee.
Ons gaan onder andere aandag gee aan verskillende soorte dildo’s en ook aspekte soos oppervlak-tekstuur, vorm (veral die vorm van die kop), kleur, konstruksiemateriale, glymiddelweerstandigheid, wasbaarheid, die suigdop (as hegtingsmetode aan oppervlakke) en dildo’s met verskillende lyfmonteringsmetodes (vir naaiery).
Beskrywende woorde, ook verlangs verwante woorde, en uitdrukkings gaan ‘n fokuspunt wees.
Aan die einde van die dag wil ons ons lesers nie net met ‘n klomp woorde toegooi nie. Ons wil die woorde en uitdrukkings as deel van praktiese kennis en advies oor die genotvolle gebruik van die dildo gee.
Ons kry graag terugvoering van ons lesers! Interessante goed oor die dildo en relevante woorde en uitdrukkings is baie welkom.
En hoe lyk dit met nog stories waarin die dildo ‘n belangrike rol speel? Ek glo baie van die Kombiekiehier-lesers is ywerige dildoërs en kan ons met goeie stories op grond van eie ervarings verras. Onthou, dit hoef nie verhewe taal te wees nie. Skryf soos jy praat. Sê wat jy dink en vertel ons van jou aangename ondervindings. Hoe eenvoudiger, hoe beter.
Kom ons deel ons fisieke en verstandelike interaksie met die dildo en ons fantasieë daaroor met mekaar – en maak dinge sodoende nog lekkerder as wat dit reeds is!
Laat ons gou van julle hoor – lesers, skrywers en ook aspirantskrywers!
2 COMMENTS
Dankie, Lusman. ‘n Insiggewende artikel vol interessanthede wat mens nie van bewus was nie. Doet so voort asseblief. Bravo !
Dankie vir die kompliment, Willewill. Dit doen mens se hart goed om te sien iemand het baat gevind by die artikel.