Die swembad was die begin (1)

deur Wille Will

Dit is Sondagoggend. Somer.

Riaan het wakker geword van die vroeëmore hitte.
Hy rek homself uit langs sy bed waar hy naak geslaap het. Hy glimlag vir sy moerse horing en stap na sy toilet en verlos homself in die toilet. Toe hy afskud merk hy dat sy dik voël nie veel gesak het nie. Hy gaap as hy oor die volmat vloer stap na sy venster. Hy trek die gordyne oop by die glasdeur wat uitlei na ‘n klein privaatbalkonnetjie. Hy skans die fel son met sy voorarm as hy uitstap.

Die balkon het ‘n net-onder-heuphoogte traliewerk wat dit omring. Hy leuen op die tralies met sy hande terwyl hy opkyk in die reuse akkerboom waar die voëls luid kwetter. Hy dink skielik aan Rozaan. Sy vrou. Hy dink aan die sorgelose lewe wat hul gelei het in ‘n eenslaapkamer woonstel nie so lank terug nie. Hy, as opkomende eiendomsagent, en sy in die bankwese. Hulle kon mekaar se liggame nie uitlos nie en was so honger vir seks dat hulle by elke geleentheid seks gehad het, soms deurnag.

Sy aanleg vir ‘n ingebore verkooopsvernuf gekoppel aan sy natuurlike sjarme het sy transaksies astronomies versnel totdat hy ‘n portefeulje vir ‘n hele nuwe woonbuurt gekry het. Daarna het die geld begin inrol. Rozaan het verskeie bankeksamens met lof geslaag in ‘n baie kort termyn en was nou al ‘n “persoonlike” bankier vir verskeie besighede en baie welgestelde mense. Die bo-gemiddelde gesamentlike inkomste het twee dinge tot gevolg gehad : Hulle kon intrek in hierdie weelderige, dubbelverdieping huis met alles wat daarmee saamgaan, maar aan die negatiewe kant het hulle besige werkslewe en afsprake met kliënte veroorsaak dat hulle mekaar soms glad nie op ‘n dag gesien het nie.

Om mekaar nie miskien te steur as hulle op verskillende tye tuiskom nie het Rozaan besluit om in een van die en-suite kamers in te trek terwyl hy in die hoofslaapkamer bly. Hulle sekslewe het heeltemal getaan. Hy krap aan sy balsak as hy probeer onthou wanneer hulle laas verkeer het. ‘n Maand? Langer terug? Hy maak sy oë vir ‘n oomblik toe en vryf op sy neusbrug met sy een hand asof dit sy geheue sal verfris.

“Verdomp,” sê hy hardop en skud sy kop ‘n paar keer heen-en-weer asof hy spinnerakke wil wegvee uit sy brein. As hy sy oë weer oopmaak laat hy hulle dwaal van die boom af na die agterplaas van sy buurman waarop die balkonnetjie uitkyk. Sy vingers klem skielik op die traliewerk van die balkon.

‘n Vrou lê poedelnaak op haar rug langs die swembad. Haar kop is sywaarts gedraai na een kant toe met ’n donkerbril op haar oë. Haar hare sprei uit in rooibruin golwe wat soos ‘n raam om haar kop vertoon. Haar een arm lê gebuig langs haar kop, palm na bo. Haar borste blyk groot en volrond te wees, maar omdat sy op haar rug lê kan hy nie die omlyning waarneem nie. Die tepels is egter dik en regop op groot donkerbruin aereola’s.

Haar been naaste aan sy sig is opgetrek en die ander een reguit, lank en uitgestrek en hy kan dus nie haar poesie sien nie. Hy merk egter dat haar heupe wyd is soos ‘n volwasse vrou met ‘n besliste keep waar dit in haar dy ingaan Sy’s beslis nie ‘n tiener nie. Haar ander hand is besig om sensuele sirkels met haar palm op haar effense magie te maak.

Hy kyk af oor sy naakte lyf en besef hy’t ‘n helse ereksie ontwikkel van die erotiese uitsig op sy naakte buurvrou (?) se lyf. Sy horing staan op in die lug dat dit bokant die traliewerk uittroon. Hy neem sy balsak in sy een hand en voel die testikels soos harde-dop duifeiers daarbinne. Sy hand gaan op om sy staaf. Dit is seerstyf en warm van die son en hy sien die are daarop uitbult. Met sy duim bo en die ander vier vingers aan die onderkant, vuis hy sy staaf op tot by die glans wat ligpers wil uitbeur uit sy skede. Stadig skuif hy ritmies die skede op en af dat die kop amper uitkom en dan weer verdwyn. Rillings van genot stu deur sy lyf en hy sien sy groot tone krul eintlik op van lekkerkry.

Sy oë lig weer op na die beeld wat die ereksie veroorsaak het en sy ritme verstil vir ‘n sekonde. Sy lê nou op haar sy (goddank na sy kant toe!) en rus op die elmboog wat langs haar gesig gelê het. Met haar ander hand haal sy die donkerbril af en sit dit neer voor haar en skud die bos hare uit haar oë en kyk reg rondom haar of sy nog privaat is en asof sy aanvoel iemand kyk na haar. Haar borste is toe groot en volrond soos hy vermoed het en hang soos twee ryp spanspekke voor haar met die tepels nog steeds stokstyf. Haar vel is ‘n ligte olyfkleur regdeur. Haar skoongeskeerde mons bult soos vertikale hamburger broodjies op mekaar tussen haar bene en hy sien hoe haar hand wat op haar boonste heup gerus het afskuif na die gleuf wat half oopgaap.

Sy ritme het weer en vinniger in ekstase begin op sy voël wat hoog optoring bo die reëlings van die balkon. Toe sy met twee voorvingers haar skede ontbloot dat die klit uitstaan tussen haar vingers gooi sy haar kop agteroor van plesier en verstar as sy reguit kyk na sy masturbasie op die balkon terwyl hy na haar liggaam staar.

Een van daardie stil oomblikke wat selde gebeur, asof ‘n rolprent gevries het. Dit duur ‘n paar sekondes, dan vou die naakte dame haar liggaam inmekaar om haar naaktheid te bedek en Riaan retireer terug in sy kamer in en voel hoe sy hart in sy borskas hamer en sy asem jaag. Hy staan ‘n oomblik en leun met sy rug teen die muur tot sy asem bedaar. Sy ereksie is moer toe en sy hele liggaam is skielik natgesweet. Hy stap tot by sy badkamer en trek die wit gepluisde-wol japon oor sy lyf. Dan stap hy na sy koffiehoekie toe, skakel die perkoleerder aan en rangskik ‘n koffie beker met bruinsuiker en room, langs die perkoleerder in, wat reeds begin prut.

Daar’s ‘n kloppie aan sy slaapkamerdeur en soos hy omdraai kom die persoon reeds binne. Dis Rozaan. Sy’t ‘n handdoekie, turban gedraai om haar hare op haar kop en verder toevallig dieselfde wit japon as syne aan. Kaalvoet. Hulle bars half versigtig albei uit van die lag en hy vra: “Onthou jy nog waarvoor die goue “R” op ons japonne se regterbors staan?“

“Ja, dit was die logo met beklemtoning op die ‘Relax” van die Le Relax Luxury Lodge op die eilandjie La Digue van die Seychelles waar ons ‘n ongelooflike tyd saam gehad het,” sê sy terwyl die bruin oë stip staar in syne.

Hy lag verlëe. “Toevallig begin ons albei se name ook met ‘R’. Ek het daardie weekvakansie daar nog gewen as deel van my prys as die beste eiendoms agent van die jaar kompetisie.”

Hy staar in haar oë asof hy antwoorde soek op baie vrae en sê dan: “Join my vir koffie?“

“Vra jy my op ‘n date?” Sy gee ‘n laggie. “Sal lekker wees, pasop net dat jy nie brand nie, jou japon is oop.”

Hy kyk vinnig af en sien sy voël lê soos ‘n dik stuk salami en rus op sy knaters waar die japon heeltemal oop is. Hy gordel die japon vinnig toe en hou homself besig met die koffie om sy verleentheid te verbloem. Uit die hoek van sy oog sien hy hoe sy nader beweeg en sy neus tel die reuk van haar verruklike parfuum op.

Sy plaas van agter hom ‘n hand saggies op sy een arm: “Riaan, ons leef by mekaar verby. Ek hunker om weer saam met jou te wees … ek mis jou liefdemaak.”

Hy voel hoe sy weer die gordel loswoel en hy draai om.

Sy is besig om die turban met albei hande los te trek op haar kop en haar japon lê op ‘n hopie om haar voete. Haar klein wit borsies met die sproetjies, staan uitdagend op met die ligroos tepels wat punte maak in die lug. Haar dun middeltjie dy uit na haar mooi heupe waartussen die strepie haartjies afgaan tot by haar kaalgeskeerde poes. Hy sien haar diafragma vinnig in en uit gaan soos sy asemhaal. Haar bene staan effens uitmekaar. Hy gooi die japon af en in een beweging tel hy haar in albei arms op en sy slaan haar bene om sy lyf en kruis haar voete agter sy rug. Hul monde verslind mekaar in gulsige soene en byte en suig. Sy druk sy kop af na haar borste en as hy die eerste tepel soos ‘n ertjie in sy mond rol, gooi sy haar kop agteroor in ekstase: “O fôk …ek-k … kom klaar!”

Hy wissel sy lippe vinnig tussen haar twee borste met bytjies aan haar tepels terwyl haar onderlyf vinnig en hard, genadeloos teen sy midrif klap. Sy knyp sy gesig tussen haar borste vas dat hy amper sukkel om asem te haal.

Dan begin haar ekstase uitwoed en hy voel hoe sy een hand laat sak en sy penis vasgryp en die ander hand aan sy hare sy gesig opruk na haar eie. Daar is vuur in haar oë as sy sis: “Naai my nou soos net JY kan.”

Hy stap met haar tot by sy bed. In sy verbeelding flits ‘n gedagte van wat haar hôi-polôi kliënte se reaksie sou wees oor die kru taal wat uit haar altyd prim-en-proper mondjie kom. Hy gooi haar neer op die bed se kant en met sy regterhand druk hy in die waai van haar knie haar een been stewig op in die lug en druk met sy eie knie haar ander been vas op die bed. Hy neem sy trillende ereksie in sy hand en merk dat die groot kop nou heeltemal uit die skede gebeur het en donkerder pers vertoon – vol bloed. ‘n Druppel pre-kom hang aan die opening.

Hy vryf met die kop op en af deur haar skede-opening en wikkel hom dan vinnig en aanhoudend oor haar klit wat aan die bokant uitbeur.

“M-moenie rondfok nie … sit hom in … naai my!” hygskree sy.

Hy beur met sy hele gewig vorentoe en sy penis gly tot teen haar cervix in haar in. Haar poeswande klem en los om sy staaf.

“Aaaaaaa,” skreeu sy. “Het jy nog groter geword van laas keer af …uh-uh-uh-uh,” begin sy ritmies op en af, in en uit sy voël bewerk. Hy tel die ritme op en versnel dit soos wat hy die opgeligte been teen sy bors vasdruk.

“Kom in my … k-kom-in-my … asseblieeeef …” skree Rozaan.

Die onthouding van die laaste tydperk neem beheer oor sy uithouvermoë en hy voel sy sperm, skoot na skoot, in haar skiet.
As sy die eerste saadontploffing voel, laat sy ook los vir ‘n tweede keer en haar hele onderlyf lig op en klap teen syne asof sy Riaan se hele lyf in haar in wil neem: “Aaa!” gil sy weer met aanhoudende kreune in sync met ‘n frenetiese ritme.

Soos wat hul klimakse begin taan en hy sy oë toemaak van die intens genot spring die beeld van sy naakte, masturberende buurvrou v’more voor hom op. Hy weet nie hoekom nie.

(Lees episode twee HIER)

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Die swembad was die begin (1)

  • August 4, 2017 at 6:55 pm
    Permalink

    Will my ou maat, weereens fantasties. Ek glo hierdie storie het ‘n paar vervolg verhale. Ons wag in spanning.

    Reply
  • August 4, 2017 at 1:49 pm
    Permalink

    Ek is altyd oop vir kritiek en dit kan mens se werk net verbeter, maar dink Tommie nie hy beitel nou onnodig aan klein skurwe puntjies van ‘n groter geheel nie ?

    Reply
  • August 3, 2017 at 3:33 pm
    Permalink

    Hoe verlos hy homself in die toilet as hy ‘n moerse hroing het, en hy kom nie eers agter sy horing bly moerse nie?
    Hoe skud hy sy piel af, met die moerse horing?
    Is sy piel pap al is hy styf en eintlik klein en nie moerse nie of wat?
    Dis mos logies dat hy homself in die toilet sal verlos as hy soontoe geloop het, of pis hy gereeld langs sy toilet?
    etc
    etc

    Reply
  • August 3, 2017 at 1:54 pm
    Permalink

    Sit ek nou hier stokstyf. Lekker storie

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)