Chaperone
deur Homo Erectus
Wie ook al verantwoordelik was vir die volhoubaarheid van spesies se bestaan kan gerus op die skouer geklop word. Daar is sekere onverklaarbare dinge in die lewe. Hoe bly ‘n arend in die lug? Toegegee, daardie een het ons onlangs uitgewerk. Hoe werk die ding tussen seun en meisie? Dis die geheimenis der geheimenisse. Bloed is dikker as water. Soos wat mens ouer word verdiep die waarheid van hierdie geykte uitdrukking. Maar die vet weet, bloed is ‘n amateur teenoor die drang om één in vlees te word. Hoe ouer mens word, hoe méér weet hy dit. Dit is daarom een van die wrange ironieë van die lewe dat ‘n ouerpaar met daardie wete hulle bronstige dogter universiteit toe stuur. Die wat weet sê dis erg om groen koring op die land te hê. Dis seker waar, maar ten minste is dit op jóú land, en jy het darem ‘n haelgeweer. Dis eintlik veel erger om net-net ryp koring na ‘n ver mark te stuur in die hoop op ‘n goeie transaksie. Die haelgeweer help niks, dis nou die vryemark. Daar gaan baie kansvatters wees. Kopers wat meer proe as net ‘n billike happie en dan laat los. Die grootste bekommernis is dat die koring halsoorkop op ‘n koper se skoot beland net om agter te kom hy is ‘n swendelaar. Dis maar die ding van die vryemark: daar is geen waarborge.
Wanneer die eerste kuiernaweek aanbreek is elke ouerhart heimlik swaar. Is my kind nog heel? Is sy in beheer? Daardie eerste Sondagmiddag as jy die rammetjie ontmoet is dalk die ergste, maar as jy gelukkig is, kan jy dalk rustiger in die nagte slaap.
Ek is ook daardeur, as rammetjie van 19. Nou as jy die skepping op sy effektiefste wil sien hoef jy nie veel verder as die naaste 19-jarige seun te kyk nie. Dis 90kg rou hormone. Moeder Natuur vloei sterk deur sy are, maar as hy geseënde is met die gawe van welsprekendheid eet die tannie vinnig uit sy hand uit. Die oom is ‘n ander saak, hy is soos ‘n beursmakelaar met leggers vol sensitiewe inligting, al is hy ‘n dominee, of dalk juis as gevolg van die feit. 18 maande het hoflik verbygegaan. Dominee en mevrou het moontlik vermoed die jonge juffrou is onlangs ontblom, maar hulle het ‘n sedige front gehandhaaf.
Die komende Paasnaweek was een Sondagmiddag die onderwerp van bespreking. Ons was baie opgewonde om te gaan kamp en het kom toestemming vra. Die gedagte aan ‘n naweek van onbeperkte seks was genoeg om enige studentepaartjie te bekoor. Die lewe is ‘n lied. Die bestemming was ‘n bekende natuurreservaat. Dominee het gesê dis reg as haar ousus saamgaan. ‘n Chaperon. Dit was so effens onverwags, maar ons kon seker nie nee sê nie.
Ons het my pa se bakkie met kappie op geleen, ‘n reuse matras agter ingelaai, Ventertjie gepak en die pad gevat. Laat daardie aand het ons by ‘n toe hek aangekom, en noodgedwonge moes ons buite die hek slaap. Ek, my meisie in my arms, en ons chaperon agter in die bakkie. Soos in geluk dit wil hê was dit ‘n reënerige nag en die reën het lekker hard op die kappie geval. Dit was die ideale omstandighede om weg te kom met ‘n paar dinge. Binne minute was my hand voor by haar broekie in. Dit was nie lank nie of my vinger was veilig in haar apie gebêre. Stadig maar seker kon ek voel hoe haar hele lyf weggevoer word in die oomblik. Die asemhaling, die natheid, die sagtheid, maar ook die dringendheid. Sy wou nóú gevat word. Ek wou haar nóú hê. Ons moes mekaar hê. Versigtig trek ek haar broek heeltemal uit. Gaan Ousus iets agterkom? Dit reën lankal nie meer so hard nie en sy lê reg teen haar suster. Skielik het ek nie meer omgegee nie. Trouens, die hele idee om my meisie in die teenwoordigheid van haar Ousus te streep was net té aanloklik. Nuwe gewaarwordings. Het ek ‘n ekshibisionistiese streep weg? Bepaald so! Dit was heerlik! Ons het lepel gelê en ek het haar van agter gepenetreer. Dis nie so moeilik as jy jonk, fiks en maer is nie. Die komslag was fenomenaal. Die teenwoordigheid van Ousus het alles net meer intensief gemaak. Amper 25 jaar later kan ek nog presies onthou hoe die orgasme gevoel het. Ek het ‘n fyn spesmaas Ousus was wakker. Sy het anders na my gekyk. Al was sy 8 jaar ouer as ons het sy ‘n kyk in die oë gehad wat my as man erken wat nog die vorige middag daar was nie. Ek was onverwags diep dankbaar oor die chaperon wat dominee vir ons gereël het. Dit was perfek.
1 COMMENT
Jy moes sommer Ousus ook geraps het, dalk was sy lekker lus, hahaha!