
Die oudisie
deur Ramkat Erasmus
(n.a.v. ‘n video op Vreesloos)
Ek kyk op my horlosie. Sy’s laat. Ek besluit om haar nog tien minute te gee voor ek bel. Ek kry gereeld meisies wat koue voete kry net voor die afspraak, en daar is nie veel wat ek daaraan kan doen nie.
My besigheid het per ongeluk begin. Ek het troufoto’s en videos gedoen vir ‘n lewe en toe kom een paartjie by my aan om te praat oor hulle behoeftes. Ons het bespreek waar en wanneer die foto’s gedoen moet word, ens. en toe vra sy my of ek ‘n paar “naak studires” van haar kan doen vir haar man. Ek het ingestem en gemaak of dit iets is wat ek elke dag hoor.
‘n Paar dae later was sy daar en ek het inderdaad “naak studies” van haar gedoen. Ek het die hele affere op video sovel as stil foto’s vasgelê. Sy’t heel kuis begin met sexy onderklere en toe waai die bra en nog later die broekie en toe staan sy daar met hakskoene, sykouse en ‘n garter. En toe begin die sports. Eers het sy haar borsies in haar hande gevat en vir hom uitgehou en later op haar rug gelê en haar poesie vir hom aangebied, haarself gevinger en gesê sy kan nie wag om hom binne in haar te voel nie, en so aan, en so voorts…
Manlief was baie dankbaar vir die pragtige album en toe ek hom vertel dat ek dit op video ook het, het hy sommer sy kredietkaart uitgehaal en my ‘n fortuin betaal.
En so het alles begin. Ek het ‘n klein advertensietjie in die beeld uitgeneem en sommer gou gou was daar ‘n hele klomp dames wat foto’s van hulleself wou hê, vir welke rede ookal. ‘n Paar mans het saamgekom en die verigtinge gereggiseur. Sommige mans het hulle vrouens alleen gestuur. Daar was strippers wat hulle portefeulje’s wou opdateer, modelle, studente… You name it.
En toe eendag stap ‘n perd by my in en vertel dat hy porn maak. Hy wil weet of ek vir hom oudisies kon doen. Huille stuur die meisies na my toe en ek doen onderhoude en video ‘s van die meisies. Indien hulle dan die meisies gebruik kry ek kommissie op die fooi.
Wat kon ek sê? Ja. Natuurlik, ja.
***
Die klokkie by die hek lui en ek kyk op die videoskerm wie dit is. Ek sien ‘n vrou met rooi hare, tamaai donkerbril en ‘n swart toppie aan. Sy ry ‘n bakkie. Ek maak oop en kyk hoe sy op die skerm inry, links draai, en by een van die parkeerplekke stop. Sy klim uit en ek besef dat sy redelik lank is. Sy stap aan na die voordeur toe en ek gaan wag haar in by die voordeur.
Sy het die bril nou bo-op haar kop en ek kan sien sy het ‘n blouerige oogskadu en rooi lipstiffie aan. Haar oë glinster soos smaragde. Die swart toppie span styf om haar borste en die swart broek omvou haar heupe en boude op ‘n baie aanvallige manier.
Sy stap in en ek druk die deur agter haar toe, Ek stel myself voor en sy sê haar naam is Amalie.
Ek loop voor na die agterste deel van die huis waar die ateljees is. Daar is ‘n sitkamertjie vanwaar mens na enige een van die ateljees toe kan loop. Een is my formele ateljee waar ek gesinsfoto’s en so aan doen. Dan is daar die porn ateljee wat ‘n groot bed in het en dan die naakstudie ateljee waar ek stoele, ‘n tafel, verskeie rekwisiete , stukkie kostuum, ens in het.
Ek vra haar om te sit en ons begin gesels. Sy vra om verskoning dat sy laat is en ek maak dit af. Sy vertel dat sy van die Vrystaat af kom en dat sy my advertensie in die Beeld gesien het en op die ingewing van die oomblik besluit het om ‘n paar foto’s te laat doen. Voor ek verder kan vra, voeg sy by dat sy “naak studies” wil hê. Ek ruk ‘n album uit die rak en sê sy moet solank daardeur blaai en soek vir die tipe van ding wat sy wil hê. Ek loop uit om die deure te gaan sluit sodat iemand nie onverwags op ons inloop nie. As ek terugkom lê die album op die koffietafel en die deur na die porn ateljee staan oop. Ek stap in en sy sit met haar bene onder haar boude ingevou op die bed.
Ek verduidelik dat die ateljee eintlik vir iets anders gebruik word, maar sy glimlag en sê sy wil haar foto’s daar gedoen hê. Wel hei… The client is always right, right?
Ek vra of sy ‘n video ook wil hê van die proses en sy dink bietjie met ‘n effense fronsie, en sê dan: Hoekom nie?
Ek skakel ligte aan, maak seker die videokamera se battery is gelaai, haal my stilfoto Canon uit die kluis en gaan sit dan op my stoeltjie met die wielietjies.
Ek skakel die videokamera aan met my selfoon, waarop ek dan ook die beeld kan sien.
Ek begin deur haar ‘n paar vrae te vra om haar op haar gemak te kry, en skiet stadig met die stilkamera. Deur die lens en onder die ligte begin haar rooi hare lewe. Dit glinster elke keer as sy haar kop draai. Haar groen oë blink en haar bleekwit vel laat die fyn sproetjies op haar neus pragtig uitstaan.
Ek skiet die foto’s en al moet ek dit nou myself sê, dis donnerse mooi foto’s. As ek sien sy is heel ontspanne voor die kamera, vra ek of sy haar top wil uittrek.
Sy doen daai ding wat net vrouens kan doen, oorkruis haar arms en trek die toppie bo-oor haar kop. Sy skud haar kop om die hare weer in plek te laat val en gooi dan die toppie eenkant toe. Sy sit haar arms langs haar op die bed neer en kyk afwagtend vir my. Ek neem weer ‘n paar foto’s en vra haar dan om haar bra uit te trek. Sy glimlag effens en sit haar hande agter haar rug, knip die ding los en buk effens vooroor en die bra gly teen haar arms af. Sy gooi dit ook eenkant toe en sit dan skuins op haar een arm gestut met haar pragtige borsies wat los hang. Die hare en die vel is ‘n dodelike kombinasie. Sy’t fyn sproetjies wat oor haar borste gesprinkel is soos wat ‘n sjef sou doen met sjokolade skaafsels om ‘n wit koek te versier. Ek gesels nou een stryk deur met haar, vertel haar hoe mooi sy is en hoe pragtig die foto’s gaan lyk. Sy geniet dit. Meeste vrouens doen…
Dan, sonder dat ek vra buk sy vorentoe en maak haar skoene los voor sy dit uittrek en eenkant sit. Dan staan sy op, maak haar belt los en stoei haarself uit haar broek uit. Die broekie onderaan word sommer saam met die langbroek uitgetrek en dan staan sy regop en kyk vir my. So kaal soos die dag wat sy gebore is. My asem slaan weg. Waar haar bene bymekaarkom sit daar ‘n klossie rooi hare, dieselfde rooi as die hare op haar kop. Ek kyk na die video op my selfoon en zoom in. Haar skaamhaartjies vul die skerm. Sonder dat ek vra tel sy haar arms op en sit dit agter haar kop. Dit laat haar borsies optrek en haar tepels verstyf. Sy tuit haar lippe na die kamera toe, die rooi lipstiffie brand skel onder die ligte. Ek rol my stoeltjie na een kant toe en kry ‘n paar skote van die kant af. Sy beweeg saam met die kamera soos ‘n pro.
My horing druk pynlik teen my broek se zip vas.
Ek vra haar om om te draai en oor haar skouer vir my te kyk. Haar rug is vlekloos wit, haar boudjies perfek onder die ligte. Ek vra haar om op haar hande en kniëe te gaan staan en sy doen dit sonder om te aarsel. Weer kyk sy oor haar skouer vir my en die keer glimlag sy. Ek zoom die video in op haar poesie wat net onder haar boude glinster in die lig.
Sy leun vorentoe tot haar gesig aan die kussing raak en dan sit sy albei haar hande op haar boude. Haar rooi naels afgeêts teen haar wit vel. Dan trek sy haar boude uitmekaar uit en ek kan haar pienk holletjie sien. Sy gly haar hande sensueel af en trek haar poeslippies weg van mekaar af. Ek skiet en speel met die video kamera se zoom. My piel is nou so styf dat ek nie meer kan sit nie en ek staan op.
Sy rol om op haar rug en ek vra vir haar of sy nog gemaklik is. Sy kreun en sê dis vir haar ‘n moerse turn-on. Tussen haar bene en onder die klossie rooi hare glinster haar poesie soos haar sappe nou vrylik uit haar uitvloei.
Dan vra sy my of ek ook “turned on” is. My keel is droog en ek kan nie ‘n geluid uitkry nie so dat ek net my kop knik. Sy gly haar regterhand tussen haar bene in, maar haar poeslippies met haar vingers oop en gly een vinger in haarself in. Vir ‘n mal oomblik wonder ek of sy haarself nie met daai lang naels gaan beseer nie.
Haar hand streel stadig in en uit en met haar ander hand begin sy haar klit vryf. Ek stel die video sodat ek haar hele lyf op die skerm kan sien, en sit dan die selfoon neer. Ek staan nader en begin foto’s neem van elke deel van haar lyf. Sy is teen die tyd opgehewe en haar asem jag. Ek kan haar ruik, maar probeer my bes om net foto’s te frame en te skiet. Dan kan ek nie meer hou nie. Ek rem my belt oop met my linkerhand, trek die zip af en trek my broek en onderbroek ver genoeg af dat my piel vry kan spring. Haar oë is nou toe en haar hande werk hard om haar tot orgasme te bring. Ek hou die Canon in my regterhand en begin met my linkerhand my draad trek. Ek weet dit gaan nie lank vat nie.
Sy maak haar oë oop, sien wat ek doen en dit druk haar oor die afgrond. Haar liggam trek krom en dan ruk en skud sy ‘n paar keer. Haar oë gaan toe, gaan weer oop, rol agteroor en dan fokus sy weer. Sy druk haarself regop en druk haar borste vorentoe.
Dis my afgrond oomblik en ek skiet my saad eers oor haar borste en dan oor haar lieflike tiete. Sy glimlag dromerig en vee van die kom van haar gesig af en suig dit van haar vingers af.
Ek moet hard konsentreer om nie my kamera te laat val nie.
***
Ons het gestort, en sonder om aan te trek, op die bank, voor die groot video skerm gaan sit. Ek met ‘n bier, sy met ‘n glas wyn.
Sy’t nader aan my geskuif en haar kop op my skouers gerus. Toe het ek die vido aangeskakel. Sy’t die hele ding deurgekyk, van begin tot einde, sonder om ‘n woord te sê.
Toe dit klaar is, het sy my ‘n soen op die wang gegee en gevra of ek darem lekker gekom het. Ek het net my kop geknik.
Toe staan sy op, trek my aan die hand regop en loop met my na die bed in die pornkamer toe…
En ek dink by myself … lyk my ek het die oudisie geslaag.
6 COMMENTS
Maggies Ramkat, jyt n fantastiese storie hier. Klink kompleet of dit dalk op die waarheid kon gebaseer gewees het. Ons wag in spanning vir jou opvolg. Wel gedaan.
Dankie Ramkat….ek hoop ons gaan nog ‘n paar staaltjies van die rooikop uit jou pen kry!
Uithaler storie ! Werk mens beslis op, dankie Ramkat !
Soos altyd wys jy ons hoe lekker mens ‘n storie kan skryf.
Nog asb!!!
Damn…. wat n mooi sensuale storie…. ek sal graag so n oudisie wil meemaak… sal net kyk lol
Wat ‘n heerlike lusmaak storie.
Mens kan nie anders as om opgewerk te wees as jy klaar gelees het nie.
Ek koop sommer vir my ook ‘n kamera………….