Die Koffiewinkel

Hoe lank gaan ek lees: 3 minute

deur Wicked Witch

Ons ken nie eers regtig mekaar se name nie. Maar albei van ons is geïnteresseerd deur die idee van ‘n totale vreemdeling. Ons het mekaar al die hele oggend opgewerk met boodskappe en jy het selfs vir my uitrustingsopsies gegee.’n Lae-hals geblomde rokkie en hoë hakskoene. Ietsie ragfyn onder.

“Op pad in, met die uitrusting wat jy gekies het,”stuur ek my boodskap.

Die boodskap op jou foon laat jou opkyk na die deure van die koffiewinkel om my en manlief te sien inkom. My oë soek deur die kamer om joune te ontmoet wat ‘n stoute glimlag ontlok.

Dis een van daardie eetplekke waar mens jou bestelling plaas by die toonbank en dan gaan sit en wag. Ek en manlief bestel en nadat ons bestel het gaan sit ons ‘n paar tafels van jou af. Ek maak verskoning en stap na die badkamer. Ek glimlag vir jou as ek verby jou tafel stap en wink vir jou met ‘n skalkse knipoog.

Jy drink ‘n laaste paar slukkies koffie voordat jy my volg na die badkamers toe. Dis een van daardie ou huise wat in ‘n restaurant omskep is en die badkamers is groter as gewone openbare toilette, maar is unisex. Jy klop aan die geslote deur en ek maak onmiddelik oop. Ek is bang vir die onbekende.

“Wat het ek gedink,” flits deur my kop, maar dit is nou te laat om om te draai en my heuningpot drup van ekstase en lus. Sensories is my hele liggaam opgewonde en lus, maar my kop, my kop is bang. Ek vermoed my hart klop in my keel.

Jy stap binne en ons albei glimlag ‘n stoute glimlag. “Ek gaan jou nou soen, as dit reg is?” fluister jy in my oor.

Ek knik. “Ok.”

Soos ons begin soen begin ons hande dwaal. Jy lig die mooi rok wat ek vir jou dra op, sodat jy jou hande onder my boude kan inskuif en jy lig my van die grond af op en pen my teen die muur vas met jou heupe. Jy maal stadig teen my soos ‘n tienerseun wat pas broeknaai ontdek het. Jou piel is groot en styf en druk teen my wat elektriese skokke deur my hele liggaam laat skiet.

“Shhhhhh,” fluister jy in my oor terwyl jy jou hande onder my rok opdruk en ek my kop terug teen die muur laat sak. “Mense gaan jou hoor kerm,” sê jy in my oor saggies, terwyl jy my in my nek liggies byt en soek na daardie plek onder my oor waarvan ek jou vertel het.

Jy kan hoor aan die gekerm ek kom nader, jy trek my rok op en laat sak jou broek net genoeg dat jou piel uitspring voordat jy weer teen my begin te maal. Nou is die enigste ding wat ons skei die dun materiaal van my broekie wat jou skaars uithou.

“Asseblief …” kerm ek.

“Ja?” Glimlag jy. Jy knyp aan my borste en die verharde tepels kan jy duidelik deur die rok sien opstaan. Dit is ongelooflik lekker. Jy haal my bors uit begin met jou tong te speel om die tepel met ligte bytjies en dan sonder waarskuwing neem jy my tepel in jou mond en suig.

Die kop van jou piel glip half verby my broekie en dit vind my lippe pofferig en glad van my heuningsap. Nou terg jy my net deur amper in te gly en my heupe stoot onwillekeurig op. Ek probeer jou kry om hom in te druk.

“Asseblief, fok …. ugh.” Ek kreun as jy jou heupe roteer. “Fok, asseblief,” fluister ek.

My naels grawe in jou skouers soos my poes lippe oopgaan en ek voel hoe elke duim van jou my vol maak … en ek alles dik en diep in my inneem.

Jy druk hom so diep binne in my soos wat ek kan vat en gly hom weer amper heeltemal uit. Ons vind ons ritme en jy ry my soos ‘n resiesperd, hard en vinnig tot by die wenstreep. Ek wil gil van plesier, maar jy druk my mond toe en ry my tot ons beide uit asem teen die muur bewerig tot ruste kom.

Jy staan weg, trek jou broek reg – draai om, knipoog vir my en stap uit. Goeie genade, dit was soos jy belowe het die mees sensasionele seks wat ek nog ooit gehad het.

2 thoughts on “Die Koffiewinkel

  • Baie netjies en jagsmakend Wicked Witch. Ek het al vele sulke ontmoetings met gits in my gedagtes gehad “met ‘n coffeeshop ontmoetings”
    Hou van jou styl, skryf meer vir ons.

    Reply

Leave a Reply to Petro Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)