
‘n Enigma voor haar tyd…
deur Wille Will
As ek Adel in my herinnering terugroep is dit haar sexy, fluweelstem vol belofte wat eerste by my opkom. Selfs ‘n nuusberig met haar stem het dit laat klink na ‘n voorlesing uit die ou Playboy … en tog word sy, tereg, gereken as een van die beste nuuslesers wat ooit oor die SAUK se drempel gestap het.
Ek het haar leer ken en ontmoet toe sy News at One op Springbok radio gelees het en daarna het sy by die toe nuutgeskepde Radio Hoëveld skofte begin uitsaai. Ek was een van die tegniese personeellede wat Radio Hoëveld se opening as stasie behartig het. Sy was ‘n aangename persoon wat maklik kon gesels met enigiemand en sy het nooit ‘n onderskeid gemaak tussen ‘n BBP besoeker aan haar ateljee en die gewone medewerker soos myself nie. Daar was ‘n tendens by omroepers om ons bedryfspersoneel as ondergeskik aan hulself te stel. Maar die ironie is dat sonder ons kon hulle nie uitsaai nie of eers op die lug kom nie! Tydens haar uitsaaiskofte het ek met geselsies haar beter leer ken. Ek was twintig en sy was so vyf jaar ouer as ek. Altwee ongetroud met die wêreld nog oop voor ons.
Sy was so 5’8” in haar sokkies, geen vetrolletjies nie en alhoewel sy nooit gewaagd of uitspattig aangetrek het nie kon mens tog sien dat sy ‘n paar stewige tiete saam met haar dra. Mooi gesig, groen-blou oë, vol lippe en altyd ‘n kort haarkapsel.
Eendag op die 17h00 tot 24h00 skof werk ek en sy saam en sy speel Jazz-musiek waarop sy met klappende vingers die ritme naboots met toe oë en ‘n ingenome glimlag. Sy wieg heen-en-weer agter die glas in haar ateljee. Frans, ‘n kollega, kuier in die ateljee by my. Wanneer Adel op my skof uitsaai het ek altyd baie manlike kuiergaste gekry. Frans is al vir meer as ‘n uur daar om raad en aanmoediging by my te soek. Hy trou oor sowat twee weke en hy is bang hy is nie goed genoeg in die bed vir sy aanstaande nie. Hy ken my reputasie en sukses met vroumense.
My skof is amper oor en onse Adel het intussen opgestaan en gee skuifelpassies in haar stywe swart langbroek op die maat van die musiek. Frans en ek is stil, want ons kyk na daardie heupe wat uitdagend kantel en wieg. Sy is mal oor jazz. Duke Ellington se laaste note kom tot ‘n einde en sy spring tot agter die mik. Sy kondig Ella Fitzgerald aan wat nou gaan sing. Haar gonser klink twee keer by my en ek gee haar die geel lig vir interkomgesels sonder dat dit op die lug gaan.
“Wat doen julle twee ouens vanaand op die liewe Vrydag, wanneer ons klaar is?” vra sy.
“Frans slaap by my oor, want hy bly in Alberton, redelik ver van hier en hy moet more-oggend vroeg toerusting gaan opstel by Wanderers vir ‘n krieketuitsending. Ek wil dan daai tyd wanneer hy waai, uitry Benoni toe om my Pa met een of ander ding te gaan help op sy plot – ons sal dus seker maar gaan slaap!”
“Hoekom vra jy? Wat doen jy?” druk ek die knoppie weer oor om te antwoord.
“Ek is redelik verveeld en Ella sing reeds van “using your time of leisure to catch-up on your pleasure.”
“Ek weet jy en Frans het my al in die verlede gevra vir ‘n “spin” in my Austen Healy. Sy’s hier vanaand en my voorstel is dat ons gaan ry ‘n paar draaie met haar, dan gaan ons na my woonstel toe en ek gee julle ‘n proe van Jack Daniels uit Kentucky wat julle nie hier ken nie en daarna kan julle lekker gaan slaap vir more se vroeg opstaan?”
Ek los die geel-lig sleutel en kyk vir Frans.”Wat sê jy?”
Hy ruil sy gekruisde bene op die stoel.
“Kan seker net lekker wees, of hoe?”gooi hy dit terug in my baan.
Ek aktiveer die geel lig: “Adel ons dink jou plan is moerse. Gaan ons ons karre hier by die werk los en dan bring jy ons terug later?”
“Ons sal wel plan sien. Ek kry julle netnou in die parkeergarage.”
Frans is daar weg om sy goed te gaan haal en sy kantoor te sluit en ek het begin om al die oorgee-inskrywings in die logboek te maak. Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe die volgende omroeper by Adel instap. Hy gaan die middernagskof doen wanneer sy waai. My aflos het ook opgedaag net toe ek klaar is met die admin. Ek het my goedjies gou in my sak gepak en toe ek dit oor my skouer gooi kom Frans ingestap. Ons groet net toe die geel lig gonser weerklink.
“Naand boys, gaan julle nou bietjie jol?” vra die omroeper.
“Sal maar sien,” roep Frans en ons altwee glimlag en waai.
Ons twee het saam in die hysbak geklim en van die vyfde vloer afgesak na die tweede ondergrondse parkeerhawe. Toe die deure oopgaan word ons begroet met die diep brul van ‘n soepel enjin. Ons glimlag vir mekaar en stap uit en om die hoek van die hysbak. Adel waai en glimlag vir ons van agter die stuurwiel soos ons naderstap. Die Healy spin diep soos ‘n kat wat nou net melk gekry het.
“Sit jy voor Frans dan kan Will agter dwars sit, want hierdie katjie is eintlik net vir twee bedoel,” kom dit van Adel.
Die rit in daai klassieke motor sal ek nie op skrif probeer stel nie, want dit was net asemrowend! Ons het deur die stil strate van Johannesburg geswiep en dit het geklink asof die Healy se brul van alle kante terug eggo. Adel het ons vaardig op die M1 laat klim en toe trap sy! Die motor was nog in mph gemerk en binne sekondes het die naald by 130 gebewe. Die wind in my hare en my oë wat traan was tweede plek
vir die andrenalien wat deur my are gebruis het. Ek kon ook voel dat ek tot ‘n fokken horing kry!
Ewenwel ons het uiteindelik by Adel se woonstel parkeer. Dit is ‘n ruim, een vertrek met aparte kombuis en badkamer. Toe ons binnestap skop sy haar skoene onder ‘n kassie in. Net soos by die ateljee waar sy altyd eerste haar skoene uitskop voor sy begin uitsaai.
“Maak julle tuis, ouens,” sê sy terwyl sy ‘n venster bokant haar bed wyd oopmaak. “Dis al goor ding van my plek hier, dis altyd bedompig en hel warm.”
Ek en Frans gaan sit op twee opgestopte stoele. Sy maak nog ‘n klein venstertjie oop in die een hoek bokant ‘n hi-fi. Sy plaas ‘n gramofoon LP op die speler en ‘n dubbelbas tril deur die vertrek. Sy draai om en kyk vir ons terwyl sy haar bloes begin ontknoop: “Trek jul hemde uit as julle wil, hier sal netnou ‘n
koel luggie begin deurwaai.”
Haar borste word ontbloot in ‘n praktiese Playtex bra sonder frilletjies. Maar hulle is ‘n pragtige handvol!
Waagmoed oorwin en ek pluk ook my hemp af. Ons altwee kyk vir Frans, maar hy ontknoop net sy hemp: “Ek wil eers voel hoe koel is die luggie.”
“Sit julle twee, dis tyd vir Jack Daniels!” stap Adel verby na haar yskassie. Sy bring ‘n half-vol Jack’s te voorskyn in die kenmerkende vierkantige bottel en gryp ook drie glase uit die kombuiskas. Sy kom staan voor my en ek neem een van die glase. Sy skink ‘n meer as dubbeld sopie in: “Wag nou eers, want die eerste een moet ons aldrie saam ‘down’.”
Haar groen-blou oë soek iets in myne, maar dan stap sy na Frans toe. Sy skink ‘n soortgelyke dop vir hom: “Jy’t gehoor wat ek vir Will sê.”
Sy lig haar glas en meet ‘n stywe dop daarin. Haar hand met die bottel sak tot langs haar sy en die ander
hand lig haar glas in die lug. “Let the good times roll!”
Ek en Frans gooi saam met haar ons dop in een sluk af. Sy gryp Frans en roep: “Kom ons dans.”
Hierdie scenario het homself herhaal: Sluk ‘n dop en dan dans ons om die beurt met Adel.
Uiteindelik sak ek en Frans in ons stoele neer met sweet wat van my bors afrol. Adel het op haar bed neergesak met haar voete nog op die vloer. Haar borste staan soos torings in die lug.
Sy sit skielik regop: “Luister, ons is al drie nou bietjie getrek en vrek moeg.”
Sy staan op. Haar tepels staan stokstyf in die Playtex.
“Ek gaan vir julle ‘n bed maak op die mat hier voor my bed en dan slaap ons ‘n bietjie, want nou-nou moet ons almal alweer ‘n rigting in.”
Sy stap na ‘n langkas toe en ek en Frans kyk vir mekaar. By die hi-fi sing Shirley Bassey Summertime.
Adel gooi verekussings en duvets neer langs haar bed en sê: “Slaap in wat julle wil ek het nie vir julle slaapklere nie. Ek gaan vinnig stort en dan gaan slaap ek ook.”
Ek en Frans het vinnig ‘n bed saamgeflans vir ons, ons klere uitgetrek dat ons net in ons ‘onnies’ is en onder die boonste duvet ingespring. Adel kom by die badkamer uitgestap in ‘n negligé en ‘n ‘panty.’ Sy skakel die badkamer lig af. Ek sien haar silhoeët wanneer sy verby ons op haar bed klim. Al beligting wat
daar in die vertrek is, is verskeie lawalampe, strategies geplaas, wat daardie tyd baie populêr was.
Ek sien hoe sy op haar knieë staan op die bed en haar broekie weer uittrek! Waarvoor het sy die ding dan aangetrek? Die gedagte dat sy nou amper poedelnaak is gee my ‘n pielstyf en ek vryf liefderik oor my staaf. Die moeg, die Jack Daniels is skielik vergete … ek wil naai !
“Slaap julle al?” fluweel haar stem van die bed af. Ek hou my asem in.
“Frans? Will?” vra sy weer.
“Ek’s amper weg, Adel,” mompel Frans hier langs my.
Ek bly doodstil met my voël kloppend in my hand.
“Lyk my Will is reeds weg,” sê sy. “Ek wou net sê een van julle kan hier by my slaap, dis darem gemakliker, maar hier’s nie plek vir drie nie.”
Ek beweeg my lyf asof ek dieper in my kussing in nestel. Dan voel ek die boonste duvet terugval op my van Frans se kant af en ‘n ligte krakie by die bed. Ek sien Frans buk oor Adel en ‘n lawalamp flits sy penis vir ‘n sekonde. Haar arms gaan om sy nek en sy trek hom plat op haar lyf. My voëlkop stoot uit sy skede uit van lus en ek begin hom stadig op en af skuif.
“Sit hom in,” hoor ek haar fluister in die stilte. My hand begin my voorvel vinniger skuif.
Ek sien Frans se bolyf skielik lig op sy voorarms. Adel se stem is nou effens harder wanneer sy asemrig sê: “Jy’s nie h-hard genoeg om in te gaan nie, skuif op jou knieë tot hierbo teen my borste dan maak ek hom stywer met my hand en my mond.”
Fôkkit, my meneer wil bars van stywe spanning!
Ek sien haar duvet wegval en Frans wat opskuif oor haar lyf en op die bopunt van haar ribbes kniel met haar borste wat opplooi en vasdruk teen sy bo-bene. Ek sien haar hand uitkom van onder en seker sy lat omvou. Ek voel ek wil bars en kan nie meer hou nie. Die baie Jack’s het my koerasie opgestoot, maar vir Frans was die gevolg blykbaar pap pieletjie! Of miskien dink hy aan sy verloofde?
Ek kruip tot by die onderpunt van die bed en kom saggies ôrent op my knieë. Adel se bene is wyd oopgestrek met Frans wat daar bó op haar sit-kniel. ‘n Lawalamp speel verskillende kleure oor haar poes en van waar ek net oor die bed se kant na dit kyk. Dit is twee sy-sagte skoongeskeerde lobbe wat lyk asof hulle oop en toe maak. Ek weet nie of dit my jonkheid of onervarenheit was nie, of die feit dat sy skoon geskeer is nie (daai tyd was dit ‘n nuwe gier vir meisies) , maar tot vandag toe is dit die mooiste poes wat ek nog ooit gesien het!
Ek skuif op die bed op tussen haar bene en met my stok in my hand sak ek af om hom in te sit. Sy moes iets aangevoel het, want sy trek skielik haar knieë op en maak haar bene nog wyer oop. “Leun nog vorentoe op jou arms hier bokant my kop dan suig ek jou,” hoor ek Adel sê.
Ek begin my groot kop tussen haar lippe insit en stoot stadig vorentoe om hom te bêre in haar. Haar onderlyf lig op van die matras om my te ontvang en dan is ek meteens tot teen my ballas binne haar! Frans se rug is ‘n halfmeter van my gesig af.
Adel kreun: “Shit jy’t ‘n mooi voël, Frans, ek gaan hom nou suig. Stoot hom in-en-uit soos wat ek suig en los.”
Ek glimlag soos wat ek begin in-en-uit haar gaan. Was daai woorde vir my of Frans bedoel?
Ek hoor haar slurpende mond en Frans se snelwordende aksie met geluidjies uit sy mond. Ek leun terug op my arms agter my op die bed dat ek nie met Frans bots nie, maar ek steek nou so vining as wat ek kan.
Adel is in sinc met my en haar bene klap ook heen en weer teen my sye.
“O, fok-k … e-ek is baie naby, Elwyn … ww-wat moet ek doe-n?”skree Frans skielik sommer hard.
“Sit hom in!” roep sy terug en stoot my van haar af met haar knieë. Ek val van die bed af op my rug, maar ek voel niks, want op daardie oomblik klimaks ek en sperm skiet orals oor myself uit.
Ek sien Frans bokant my in haar ingaan en Adel roep: “Daar kom ek ook! Hou net aan Frans tot jy kom!”
Ek’t my asem terug gekry en kruip weer na die duvets toe en kruip in. Orals op my lyf voel ek slierte kom.
Ek hoor Frans met ‘n groot kreun sy klimkas bereik en dit begin weer stil raak.
“Gaan lê maar weer daaronder, anders raak Will jaloers wanneer hy wakker word,” hoor ek Adel sê.
***
Ja my ou maat, wat ‘n ondervinding! Ek en sy het daarna geleentheid gemaak om behoorlik te naai. Wat ‘n wonderlike steek was sy nie! Tot vandag een van die bestes in my lewe. Maar ons paaie het geskei toe ek terug is Universiteit toe en later het sy getrou. Frans het nooit vir my vertel dat hy haar daai aand gesteek het nie en ek neem aan dat hy ook nooit bewus geraak het dat ek saam gepomp het nie. Dit was my eerste drie-saam gewees.
*Adel en Frans is skuilname