Verkyker (2)
deur Rudi
Woensdagoggend. Die winkelsentrum is nog stil. Ek leun effens na die middel en kyk in my Golf se truspieëltjie. Blonde pruik sit perfek. Hare na links gekam, die kuif hang amper oor my oog. Baard is twee weke oud, netjies geknip. Die bril modern, maar die raam is helder neon-groen. Dit is wat sy later gaan onthou, as sy ooit iets onthou. Die vrou wat sopas uit haar wit Range Rover geklim het.
Haar skoene kos meer as wat ek in ʼn maand by die rekenaarwinkel verdien. Die Michel Herbelin blink aan haar pols. Sy lyk nog goed. Haar haarkapper vra seker meer as ʼn dokter. Sy is elke Woensdag vroeg hier. Sy trek eers geld by die OTM en daarna gaan drink sy koffie. Roetine. By die koffiewinkel betaal sy met haar kaart, die kontant gee sy aan die kelnerin. Hoekom nie die kelnerin se fooitjie op haar kaart insluit nie? Dalk ʼn gevoel van mag, meer tasbaar. Sy help nie regtig die kelnerin nie, sy kyk neer op haar deur vir haar kontant te gee. Ek steel al lank. Ek weet wat ryk vrouens doen om hulle self goed te laat voel. Ek buit dit uit.
Ek klim solank uit, druk die deur toe, loop rustig nader. Sy is voor my by die OTM. Sy sukkel. Perfek. Wag nog so paar sekondes. Tel tot vyf… nou.
“Kan ek tannie help?” vra ek en staan nog nie nader nie.
Sy kyk om. Ek glimlag. Sy skrik nie. Sy lyk bly. Gewoond daaraan om gehelp te word. Seker twee huishulpe ook. “Die kaart wil nie ingaan nie,” sê sy. Ek staan nader. Sy ruik lekker. Givenchy le secret.
“Die masjiene raak oud, tannie,” sê ek en neem haar kaart by haar. My vingers is vinnig. Kloon haar kaart se info deur dit oor my hemp te trek waar die toestel aan my lyf met duct tape vasgebind is en in een beweging haal ek die plastiekstopper ongemerk uit die kaartgleuf en druk haar kaart in. “Daar gaan hy nou in, tannie. Wikkel hom net so bietjie.”
Ek staan terug en maak asof ek na die parkeerterrein kyk. Sy bedank my nie. Sy het my mos nie meer nodig nie. Voor haar vingers aan die sleutelbord raak, draai ek geluidloos terug en loer oor haar skouer. 2343. Ek het haar PIN. Sy trek geld en loop weg terwyl sy haar handsak toemaak. Ek staan vir tien tellings by die OTM. Sy is in die winkelsentrum in. Ek loop na die Golf toe, klim in en ry. My hart klop net effens vinniger. Teleurstellend.
Ek het lus om nou dadelik ʼn kloonkaart te gaan maak, geld te trek, vir Minda vanaand oor te nooi en wie weet? Ek onderdruk my ongeduld en ry terug na die rekenaarwinkel toe. Niemand het my gemis nie, want die plek is stil. Niemand koop op ʼn Woensdagoggend ʼn rekenaar nie en die eienaar sit en games speel.
Vanessa wat die kasregister beman, wink my nader. “ʼn Vrou het na jou gesoek,” sê sy en hou ʼn papiertjie in haar hand. Ek wil die papiertjie vat, maar sy ruk haar hand weg. “Dalk moet ek haar bel,” sê sy. Vanessa hou van vrouens.
“Ag, kom nou,” sê ek en probeer die papiertjie weer vat. Sy ruk weer weg. “Jy speel met vuur. Jou eiendomsagent is met Yuri Kuznetsov getroud.”
“Wat?”
“Al langer as ʼn jaar.”
Yuri Kuznetsov. Rampokker. In Johannesburg se kroeë word daar gefluister dat hy al ʼn paar mense laat verdwyn het. Sy ryk strek van strip clubs tot ongeslypte diamante. Hy het politici en polisielede hoog op in sy sak.
“Hoe weet jy dit?” Deksels. As dit waar is, beteken dit ek sal tot moet ophou dink aan Minda se borste en ophou wonder of haar skaamhare ook rooi is. Mens bly ver weg van enigiets of enigiemand wat met Yuri uit te waai het. Mens dink nie eers aan Yuri nie of iemand na aan hom nie.
“Google, silly,” sê Minda en draai haar rekenaarskerm. Daar staan die paartjie.
Ongetwyfeld Yuri en Minda. Lyfwagte in die agtergrond. Minda wys been en haar borsgleufie vertoon pragtig in haar noupassende swart aandrok.
Ek vat die papiertjie by Vanessa. Bel my en dan ʼn nommer. Dit is nie Vanessa se handskrif nie. “Ek dog sy het gebel?”
“Nee, sy was hier.”
Ek loop na die badkamer toe en bel die nommer. Sy antwoord. “Ek is vanaand by jou, sesuur,” sê sy en dan druk sy die foon dood.
Wat gaan aan? Sy het nie bekommerd geklink nie. Ek kan nie Yuri se vrou in my plek ontvang nie. Ek skakel weer die nommer. Die foon is af. “The subscriber you have …”
***
Drieuur gaan vra ek die baas, Herman, of ek vroeg kan loop. Hy hou nie op game speel nie en knik net sy kop.
ʼn Week terug het ek vir my ʼn duur verkyker aangeskaf en dit is hoekom ek nou ʼn probleem het met kontantvloei. Sedert ek bietjie meer as ʼn maand terug ingetrek het, het Wanda nog net eenkeer na die Saterdag langs die swembad verskyn. Dit was ʼn Maandagaand en ek is seker sy was poedelkaal, maar kon nie behoorlik sien nie. Die volgende oggend het ek die verkyker gaan koop nadat iemand (vermoedelik sy) ʼn pamflet van ʼn kragtige verkyker op afslag onder my voordeur in gegooi het.
Dit is vandag sonnig en die wind waai nie. Die perfekte dag om die koms van die lente solank langs die swembad in te wag. By die huis hardloop ek met die trappe op en haal die verkyker onder my T-hemde in die laaikas uit.
Niemand is buitekant nie. Ek wou die verkyker net weer gaan bêre, toe ek iets deur die groot skuifdeure van die huis gewaar. Die hoek is van hier af te skuins en ek loop af onder toe. Van onder af is die muur te hoog. Ek kyk rond. Daar waar die bottelborsel staan teen die muur. Ek kan die asblik soontoe vat en deur die takke van die bottelborsel kyk …
Dit werk goed. Ek stel die fokus. Dis is Wanda en Dewald. Ek sien hulle omtrent 45 grade van die kant af, met sy die naaste aan my.
Hulle albei is kaal. Sy staan op haar knieë voor hom en het sy piel in haar mond. Haar kop beweeg vorentoe en terug, vorentoe en terug. Ek wonder watter geluide maak sy.
Ek hou die beweging van haar ferm borste van die kant af dop. Sy het ʼn sexy lyf. Ek kyk na die vroulike ronding van haar heupe, laat my oë deur die verkyker dwaal oor haar naakte skoonheid. Sy staan net-net te skuins sodat ek nie van hier af haar poesie kan sien nie.
Haar kop beweeg vinniger en vinniger. Sy verander net genoeg van posisie sodat sy haar bolyf op een hand kan ondersteun en dit lyk of sy met haar ander hand sy ballas streel. Haar boude is nou meer na my toe gedraai en sy staan wydsbeen op haar knieë. Fok, ek sal wat gee om haar nou van agter af te naai terwyl sy Dewald se piel in haar mond het.
Skielik trek Dewald sy piel uit haar mond en dit lyk of hy ʼn paar hale draadtrek en dan met sy pielpunt na haar borste toe mik. Die fokker skiet seker sy skoot oor haar tiete nou.
Sy staan op en dan loop hulle verder die huis in en ek kan hulle nie meer sien nie. My horing klim by die bokant van my onderbroek uit. Ek klim van die asblik af, los dit net daar en haas my kamer toe.
In my kamer kyk ek gou eers by die venster uit. Toe ek in die huis in gehardloop het, moes sy weer uitgekom het uit hulle huis. Sy staan daar, kaal langs die swembad. My hande bewe as ek die verkyker oplig. Fokus. Ek het nie my geld gemors op die verkyker nie. Sy is glad geskeer tussen haar bene. Die strepie wat haar poeslippies tussen haar bene vorm, hou my oë vas. Sy vat aan haarself tussen haar bene, kyk dan reguit na my kamervenster toe, en dan draai sy stadig om en loop in die huis in. Ek staan nog lank en kyk, maar sy kom nie weer uit nie.
4 COMMENTS
My mag maar skryf.
Goeie dônner!
Ek dink ek moet die versoeking om hand aan eie boesem te slaan, weerstaan en eerder my hand aan die ploeg slaan en dalk self so ietsie probeer skryf. Dit gaan nie in dieselfde klas as joune wees nie, maar ten minste doen ek dan iets…
My brille is nou so ogewasem van lus met die lees van jou storie dat ek nie ‘n hel weet hoe jou verkyker se lense gelyk het toe jy na die bure gekyk het nie….10/10..hierdie storie MOET opgevolg word.
Give that man a Bells!
Ek stem!