Die Geel Rok (1)

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Rudi

Ek maak my oë toe. Al die troepe is van die trein af. Ek is moeg. Drie dae terug nog kontak in die bos gehad, vandag amper by die huis. Ek was langer as ʼn jaar terug by die huis.

Die wa is so te sê leeg, dit is net ek en Smit nog op die trein. Smit sit agter en rook ʼn sigaret terwyl hy deur ʼn Scope blaai wat hy op Bloemfontein se stasie gekoop het.

Ek wil vir Smit vra wie vir ons by die graansilo’s gaan oplaai, maar ek los dit eerder. Wat as sy nie daar is nie?

Lindie. Smit se suster. Lindie die langbeen meisie wat my beste vriendin sedert laerskool is. Lindie wat vrou geword het.

Ek het vir haar geskryf, maar sy het nie teruggeskryf nie, sy het op lappies so groot soos ʼn koevert geskilder en dit vir my gestuur.

Op een van die lappies het Lindie ʼn lappieskombers langs die rivier geskilder, met die geel sonneblomme wat oorkant die rivier tot aan die horison strek. Lindie het in fyn detail op die lappie geskilder. ʼn Gevlegde grasmandjie langs die kombers. Sandale eenkant op die gras. Vinknessies aan die takke. Op daardie lappieskombers langs die rivier het ons baie middae om gevry. Ek kon ure lank in haar groen oë kyk. Elke keer het haar oë anders en mooier gelyk.

Een Sondagmiddag het ons af gehad en Windgat Kruger het van agter af gekom, die lappie uit my hande gegryp en sy stewels daarmee afgevee. Kruger, die bokskampioen van Wes-Transvaal. Kruger spoeg toe in die lappie, frommel dit op dat Angola se stof modder met sy spoeg maak en smyt dit neer.

Lindie se vrolike lag, haar koperrooi hare wat altyd lekker ruik, my hand op die kurwe van haar heup as ons styf teen mekaar in die veld loop. Lindie wat altyd ʼn rok mooi laat lyk.

My regter het Kruger vol getref en die gryns van sy bek af gebliksem. Hy het vinnig tot verhaal gekom en my geslaan dat my sig wasig word. Daar in die warm sand met bloed wat uit my neus stroom, besef ek toe die verlange na Lindie is seerder as Kruger wat besig is om my goed op te donner. En ek is gatvol.

Toe moer ek my verlange en my gatvolgeit uit op Kruger. Sersant Du Plessis het gesê die medic het amper ʼn kwartier gesukkel om vir Kruger by te kry. My straf was om vir die volgende pas in die bos te bly.

Die trein ry stadiger. Ek tel my sak op. Die trein kom tot stilstand en ek klim af. ʼn Blou Toyota bakkie en Smit se pa wat pyp rook. Geen rooikopmeisie nie.

Smit se pa wil alles weet van die bos. Hy vra vrae en gee nie kans vir antwoord nie. Ek gooi my sak agterop en klim agterna. Dalk het sy net vergeet. Dalk is sy besig.

By die tweespoorpad wat na ons huis toe loop, stop Smit se pa die bakkie. Ek spring af, gryp my goed en waai net vinnig. Die honde kom groet nie. Regtig? Fok weet, ek kon maar netsowel nog in die bos gebly het.

Die huis is stil. Niemand nie. Die bakkie is nie daar nie. Ma en pa is seker dorp toe. Ek loop na my kamer toe. Die kamer lyk vreemd. Op my kussing lê ʼn koevertjie. Ek tel dit op. Dit ruik lekker. Binne in is ʼn klein lappie en op die lappie… sy lê kaal op die lappieskombers. Sy lê op haar linkersy met haar kop op haar linkerhand gestut. Haar bene is teen mekaar, maar sy het fyntjies die wollerige driehoek geskilder. Rooi krulhaartjies.

Sy het die koperblink van haar hare op die lappie vasgevang. Haar opgewekte groen oë wat vanuit die lappie na my kyk, roep my. Haar lippe sê ek moet gou maak.

Ek sal moet was. Ek trek my uniform uit en gooi dit eenkant op die bed. Ek stort vinnig, besef dan ek is by die huis en dit is nie dertig sekondes natmaak, dan seep, dan afspoel nie en draai die krane oop dat die water sterk oor my spuit.

Ek loop flink rivier toe. Regop. Dit voel amper asof ek moet dril.

Ek sien haar van ver af. Sy het ʼn geel rok aan wat ek nie kan mis nie. My oë traan van verligting. Sy staan onder die koeltebome uit, in die son. Skuins voor haar, staan haar esel.

Sy hardloop na my toe. Ek vat haar in my arms vas. Sy is lig. Ek tel haar op en sy vou haar bene om my. Ons praat nie. Ons soen lank.

Sy wriemel haar los. Sy gryp my hand en trek my na die esel toe. Op die voetpaadjie kom ek aangeloop. Sy het my geskilder.

“Maar,” begin ek.

“Ek het geweet jy sal kom. Ek het drie weke terug al begin skilder.”

Ek wil nog praat, maar sy maak my stil. Sy glimlag stout, sit haar vinger op haar mond en dan pluk sy haar geel rok met een swaai oor haar kop en gooi dit eenkant toe.

Ek vou haar naakte lyf toe in my arms en wys vir haar met my lippe hoe ek na haar verlang het. Sy trek my broek af en wikkel my hemp oor my kop. Ons gaan lê op die kombers.

Haar naakte vroulikheid oorweldig my. My kop draai. Ek vat aan haar boude. Hulle is koel. My hande bewe. Ek voel versigtig tussen haar bene en sy tussen myne. Sy draai op haar rug en ek gaan lê bo op haar, tussen haar bene wat sy wyd oopmaak. Pa se sekspraatjie heeltemal vergete.

My penis druk-druk eers teen haar rooi wollerige driehoek en dan laer af, tussen haar voue in. Ek weet nie of ek stadig moet ingaan of nie. Sy sit haar hande op my boude en trek my nader. Ek gaan effens in haar in. Sy byt op haar lip, snik en dan is daar nie keer nie. Ons maak liefde. Ek sien die nat warmte tussen haar bene in haar oë, voel dit as ek versigtig nog dieper ingaan. Sy maak haar bene nog verder oop.

Haar asem hyg. Ek het haar nog nooit so gehoor nie. Ek kyk in haar groen oë en wil nooit weer weggaan nie. Haar oë is nat en blinkhelder en ek kom binne in haar. Lank en rukkerig.

Haar oë lyk dromerig. Sy glimlag. Ek lê stil bo-op haar, vryf oor haar hare, soen haar weer. Ek wil haar vir ewig bemin. Haar hande vryf oor my rug, talm oor die eelte op my skouers.

Stadig word ek weer bewus van die wind wat deur die bome waai. Die vinke wat kwetter. Ek gaan lê langs haar. Sy draai en lê met haar kop op my bors. ʼn Skielike rukwind skep haar geel rok en gooi dit weer neer. Ons lag. Sy draai op haar sy, stut haar hand op haar kop en kyk vir my. Ek kyk vir haar en neem haar skoonheid in, skilder haar vas in my geheue om die oomblik nooit te laat verdof nie.

Dit voel soos eeue gelede wat ek patrollie in die bos geloop het.

One thought on “Die Geel Rok (1)

  • Wille Will

    Rudi, ek onthou hierdie 1ste episode van 4 oor die” Geel Rok ” van voor die ” Fall of the Annelise Empire “. Is nog steeds briljant en ek sal volle kommentaar lewer aan die einde van aflewering 4
    Wille Will

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)