Die Geel Rok (2)
deur Rudi
“Sak vir twintig, fokkers, sak vir twintig!” gil korporaal Venter. Dit het ʼn halfuur vroeër gevoel asof die Hoëveld se koue winter my ribbes gaan laat ratel soos wat ek bewe, maar nou is daar druppels sweet op die teëlvloer onder my.
Ons sak, en die korporaal blaas die fluitjie. Ons gaan af en weer op. My arms is taai, opstote doen nie meer veel aan my nie, laat my net warm word in die “verpoeslike winter”. Stafsersant Halgreen se woorde. Ons noem hom sommer Malgroen.
Die fluitjie blaas, af-en-op, fluitjie blaas, af-en-op…
Daar in die veld op die blokkieskombers het ons aan die slaap geraak. Sy het met haar kop op my skouer gelê en ek het my hand naby aan haar kaal boude laat rus. Later het sy omgedraai en het ek agter haar ingeskuif, ons het lepelgelê en ek het liggies oor haar borste gevryf, oor haar tepels, en toe druk sy haar boude agtertoe, dat sy stywer teen my lê. Die lamheid in my linker arm waarop sy gelê het, het ek ignoreer.
Ons staan weer op aandag voor ons beddens. Staf Halgreen loop tussen ons deur. Hy halt voor my en gluur my aan. Hy stamp my met die kop teen die skouer en dan buk hy af en begin aan my kombers te torring. Ek hou hom uit die hoek van my oog dop, en dan draai ek my kop effens. “Kyk voor jou!” gil die korporaal.
Staf Halgreen staan weer regop en druk ʼn toiing wat hy uit die kombers gerafel het, in sy mond. Hy kou dit, mompel dan “Stryk jou bed,” en loop uit die kaserne uit.
“As jy op aandag staan, dan kyk jy fokken voor jou!” gaan korporaal Venter weer voort. “Sak vir twintig!” Die fluitjie blaas…
Ek het wakker geword toe sy my saggies soen en dan haar tong stadig tussen my lippe in gespeel het. Ek het my mond effens oopgemaak, die smaak van liefdemaak aan haar tong en lippe geproe. My kop het gedraai. “My boude het gebrand,” het sy gesê en gegiggel. Ek het regop gesit. Waar haar boude voorheen spierwit was, was hulle ligpienk. My eie boude is ook deur die son bygekom, kon ek voel.
Dertig van ons saam in twee rye aan een kant van die kaserne. Alpha-kompanie, Peloton 4. Ons is nog nie een groep in gees nie. Ek, Blaauw, Smit en Finch is die “Oumanne”. Ons is uit die Bos geroep om te rapporteer vir JL’s. Die ander het aan die begin van die jaar ingeklaar, basies klaargemaak en is toe gestuur om JL’s te gaan doen. Onder hulle, die “Rowers”, is daar ook nog verdeeldheid. Die wat eers universiteit toe was, en die res. Koen is ʼn houtwerk onderwyser. Barry het sy graad in farmakologie. ʼn Paar met BCom grade.
Ons moes vyf van die Bos af gewees het, maar Johan is nie hier nie. Twee dae voordat ons vertrek het Republiek toe, het sy Kwêvoël 100 ʼn landmyn getrap. In die daaropvolgende hinderlaag het hy gesneuwel. Dit was agter in die B echelon. Onverwags.
“Laat ek my hemp gaan natmaak in die rivier en op jou vel sit, die klam koudgeit sal help,” het ek gesê en opgestaan. Ek het my broek begin aantrek.
“Moenie,” het sy sag gesê. Ek het die broek laat val en die paar meter rivier toe geloop. Ek het af gekyk. Daar was ʼn effense bloederigheid aan my wat droog geword het. By die rivier het ek op my knieë gaan sit en die vel terug getrek, die helder water gebruik om myself af te spoel. Ek het die hemp natgemaak en na haar toe geloop. Sy het op haar maag gelê en vir my gekyk. Haar bolyf opgelig, sy het op haar elmboë gesteun, haar borste vir my aangebied terwyl ek terug na haar toe loop.
Nou is ons besig met dié kak. Weer inspeksie staan, vloere poleer, ons beddens hoekig stryk… Die een opfok na die ander. Die tydelike kompaniesamjoor, Stafsersant Halgreen, is vertraag of teen die kop gebliksem deur iets. Die korporaal loop en spog dat hy al twee kere Vasbyt gestap het. Die luitenant, Vermeulen, het nog geen aksie gesien nie. Basies, toe JL’s, en nog ʼn kursus of wat en nou is hy ons pelotonbevelvoerder wat sy mes in het vir die wat al op die Grens was. Sy pa is ʼn grootkop in Pretoria, en dit is glo die rede hoekom Vermeulen nie aksie sien nie. Speel lekker cowboys-en-crooks met ʼn ster op sy skouers. Hy weet fokkol. Kak ons uit ons dink hy het nie ondervinding nie. (Hy het nie). Hy is die perfekte voorbeeld vir “respekteer die rang, al respekteer jy nie die persoon nie”. Blerrie poes.
Haar bene was oop. Ek kon nie wegkyk nie. Haar anus was styf toe en dan haar skaamspleet wat deur haar vlesige lippe gevorm word. Die rooi krulhaartjies was gekoek met bloed en semen. In haar dye was nog taai bloedvlekkies. Ek het die nat hemp bokant haar boude gehou en die waterdruppeltjies het op haar boude geval. “Dit is lekker,” het sy gesê en agtertoe gekyk vir my. Haar glimlag het stout gelyk. Ek het die hemp gedraai en die water uitgedruk. Met my hande het ek die water oor haar gladde boude gevee, gesien hoe die vel hoendervleis maak wanneer die wind die water op haar vel laat afkoel het.
JL’s is seker beter as in die Bos, want hier kan mens sekerlik nie doodgaan nie. Wel, nie sommer nie. Daar is ʼn gerug dat die RSM ʼn troep vyf jaar terug op Alpha-skietbaan dood gedril het. Ek is gatvol vir die Bos ook. Dit is ver van Lindie af. Die Kolonel het gesê ons kan later oor naweke besoekers kry hier. Lindie kan kom kuier. Nog later kan ons naweekpas kry is ons belowe. Of dit net ʼn wortel is, sal ons later agterkom. Ek het al geleer om nie weermagbeloftes te glo nie.
Ek moet by Lindie wees. Ek wil by haar wees. Ek kan voel sy het my nodig. In die aande dink ek baie daaraan om op te staan, oor die draad te spring en te dros. Gisteraand het ek besluit dit sal nie help nie. Die vinnigste om by haar te wees, is om die kak klaar te maak, dan uit te klaar. Hoe het Sersant Du Plessis altyd in die Bos gesê? “Fokus op die einddoel. As jy tussenin opfok, gaan jy nie die einddoel bereik nie. Moenie nou op die dors fokus nie. Fokus op die kompanie wat ons weer moet kry, daar is water en kos en ammunisie.”
Sy het op haar maag bly lê en haar bene wyer oopgemaak. Ek het bo op haar gaan lê, myself gestut op my hande met reguit arms sodat ek nie te veel druk op haar boude plaas nie. Ek was onhandig en lomp, sy ook, en toe het sy op haar hande en knieë gaan staan. Ek het gekyk hoe ek stadig in haar indruk en haar nat, brose pienk vroulikheid oopvou. Ek het my oë toegemaak. Die aansig van haar kaal boude en ek wat in haar ingaan, het my amper laat kom.
Ontbyt. ʼn Eier, roosterbrood, konfyt, ʼn bord hawermout. Daar was dalk ʼn repie bacon naby aan my bord. Koffie. Blou vitrioel. Ek en Lindie maak saam lekker ontbyt. Sy net met ʼn hemp aan in die kombuis as ons alleen is. Die voutjie van haar boudjies wat onder die hemp uitsteek…
Die korporaal aan diens loop op en af. Gluur ons ry vir ry aan.
Ek het diep in haar ingegaan. Haar asemhaling was vinnig. Daar was ook pyn in haar asemhaling, maar dit was die naakte weerloosheid wat stotterend in haar geluide deurgeslaan het, wat my verder opgewek het. Toe ek begin kom, het ek onwillekeurig en onbeheersd heeltemal, sover as wat ek kan, in haar in gestamp. Dit het vir ʼn oomblik geklink asof sy met ʼn brandyster gefolter word, die emosie suiwer en rou.
Ek het op die kombers gaan lê. Sy het wydsbeen bo op my kom sit. Haar borste was teen my. Ons het weer gesoen en haar naakte borste het teen my bolyf gedruk. Haar tong was sag, vol liefde. Haar tepels se punte het my vel geprikkel. Haar hare het my omvou en die son se strale van my gesig weggekeer. Ek kon voel hoe die vermenging van ons twee saam, my saad en die bloed van haar maagdelikheid, vanaf haar op my drup.
Barry met sy B Pharm graad sê die blou vitrioel is ʼn strontstorie. Korporaal jaag ons weer buitekant toe. “Sluk nou kou later!” Hy dril ons wapenstoor toe. “Lienks-regs-lienks-regs-lienks-regs… pelotoooooon… HALT!”
Sy het wydsbeen voor my gestaan. Ek het op my knieë gestaan en sagkens haar dye en tussen haar bene met my hemp skoongevee. Daarna het ek regop gestaan en vinnig haar borste met my lippe gestreel voordat sy haar geel rok aangetrek het. Ek het die hemp in die kombers toegedraai.
Met ons arms styf om mekaar se lywe het ons huis toe geloop. Die voetpaadjie was te nou om so langs mekaar te loop, maar saam het ons ʼn nuwe paadjie uitgetrap. In my linkerhand het ek haar esel en die kombers gedra. My regterarm om haar lyf, haar kop knus teen my skouer.
Die sersant wat in die wapenstoor werk is deur die kak. Sy register is deurmekaar. Hy verskreeu ons. Dit is ʼn orgie van doellose vloekwoorde. Ek begin lag. Die korporaal storm op my af en probeer my lag weg skree. Ek probeer my bes.
“PRINSLOO EK GAAN DAAI SMILE VAN JOU BEK AF POES!!”
Ek kan nie ophou nie. Korporaal Vreeslike Venter tree my aan met my R4. In die hoogvoor. Hy dril my. Hy vloek my. Hy vloek my ma. Hy vloek alles en almal. Hy dril my met die wapen omhoog op en af voor die stoor dat sy stem hees raak. Hy vloek die woord “poes” uit die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal uit dat “poes” eers twee uitgawes later daarin verskyn.
Haar ma, Tannie Engela, het geweet. Ma’s weet seker net.
“Jou Oom Willem het hom weer beskonke gedrink,” het haar ma gesê waar sy gestaan en kyk het wanneer ons aankom. “Jou ma en pa slaap vanaand op die dorp.”
Tannie Engela het gelyk of sy wik-en-weeg. “Gaan kyk tog dat hy regkom in die huis vanaand, Kind,” het sy toe vir Lindie gesê. “Anders loop julle twee ʼn hoofpad uit tussen die twee plase. En pak jou vitamiene pille.”
“Ek voel olik, laat ek sien watse vitamiene is dit, dalk help dit vir my,” het Lindie se pa gesê waar hy gestaan en skilder het in die koelte van die peerbome. Tannie Engela het vir hom ʼn vuil kyk gegee en toe vir hom geknipoog. Hy het ʼn plastieksakkie tabak uit sy jas se sak gehaal en sy pyp daarmee begin stop. Toe hy sy pyp aansteek kon ek sweer dit ruik net soos…
Ek pak tande uit. Ek glimlag. “FOKOF PRINSLOO!! FOKOF NET!!” Korporaal Venter tree my uit en ek gaan sluit by die peloton aan. My arms brand, ek sweet strome en dit voel of my lyf kook onder die bosbaadjie.
Ek het haar gehelp pak. Ek was al baie in haar kamer, maar die keer was anders. Sy het ʼn laai oopgetrek en vir my gevra om onderklere en nagklere vir haar te kies.
Die pad na Lindie toe met ʼn draai deur die DB gaan lank wees. Om die korporaal nou te moer gaan beteken ek word van kursus af gegooi, weer terug Bos toe dalk, nog verder van Lindie af.
Korporaal Vreeslike Venter dril ons skietbaan toe. Hy het ʼn betonblok in die hande gekry wat nou op my skouer lê. Eers links om peloton, dan regs om. Op die maag, op die rug. Links om. Regs om. Alles met die dekselse betonblok. Ek verbeel my ek hoor Johan se stem. “Jy moet mooi na my tweelingsuster kyk, Rudi.”
Bring maar alles, Korporaal, bring maar alles wat jy het. Ek glimlag. Ek begin lag. Ek begin giggel soos wat ek en Lindie saam gegiggel het op my enkelbed die eerste aand wat sy by my oorgeslaap het op die plaas. Ek giggel soos die keer toe ek en Johan ʼn chappie in Lindie se hare gedruk het in die laerskool. Korporaal Venter crack. Sy stem gee in, hy gooi sy baret in die pad neer en hy kies koers die veld in. Hy stamp sy kop teen ʼn boom. Hy klem sy kake so styf hy breek een van sy tande. Dit klink of hy sing.
Staf Halgreen het van iewers af verskyn. Hy het die korporaal met ʼn klip gegooi en ons verder gevat tot by die skietbaan nadat hy die betonblok by my afgeneem het en dit vasgeklou het asof dit ʼn teddiebeer was.
Vir twee verliefdes is ʼn enkelbedjie ʼn hemelbed. Toe Lindie die volgende oggend langs my wakker geword het, was die wêreld perfek.
Afwysing (Disclaimer): Enige verwysing na persone of plekke is bloot toevallig.