
Poplap gaan kyk Fifty Shades of Grey
deur Annie Kekkelbek
Kyk, ek lees mos nie eintlik graag nie. As ek by die huis kom wil ek ontspan, doll, nie nog konsentreer op ‘n boek nie – veral Engels! So vandag gaan ek vir die eerste keer sien hoekom almal so nat word van Fifty Shades of Grey. Want fliek!
Ek en my besties staan in die ry om popcorn te koop terwyl ons die mense om ons uitcheck. Die hele plek is vol girls. Dit lyk en voel soos toe ons Twilight gaan kyk het – dis net pienk lipstick en hoë hakke en blink oë waar jy kyk. So hier en daar is ‘n “man” te sien, maar almal wat ek kan sien lyk soos Edward in Twilight – sagte gesigvelletjies en harde biceps en stywe kapsels. (Noudat ek daaraan dink, hulle lyk soos die meeste Afrikaanse sangers!)
Die girls voor ons in die ry koop ‘n popcorn so groot soos ‘n trousseau kis, ‘n blou Slush Puppy en ‘n boks Whispers, elk. Tjoklits. Vanaand se fliek gaan soos ‘n boks tjoklits wees – om Forest Gump te rephrase. Die kink gaan op my tong smelt en deur my lyf trek tot dit my sagte plekke laat smelt. Hopelik. Net soos tjoklits doen.
Miljoene vroue het orgamies gewax oor die dominasie, oorgawe, die rou seksualiteit en onbeheersde drange wat hulle Fifty Shades of Grey laat verslind het. Daarom dink ek pienk lipstick, Whispers en koeldrank is te lig in die broek vir die fliek. My lipstick is sletrooi en in my handsak is pik-donker tjoklit met stukkies chillie in.
Ek gly amper op die estrogeen-plasse in die badkamer wanneer ek voor die fliek gaan piepie. Die spieëls is toegewasem. Almal om my lyk asof hulle hiperventileer of gloede het. Jissie, hierdie girls weet iets wat ek nie weet nie – hierdie movie gaan my mind blow!
Ek kan voel my pantie is reeds so bietjie nat wanneer ek gaan op my plek in die vol teater gaan sit. BDSM is my kink, doll! My brein werk in overdrive, mos. The Secretary en Nine and a Half Weeks is my favourite movies ooit! Vanaand gaan ek my boyfriend verslind – of liewer, ek gaan hom smeek om my te verslind.
Die ligte gaan af en om een of ander rede gil party van die meisies wanneer dit gebeur – net soos toe ons op skool was.
En dan begin die movie. Uiteindelik.
Anastasia is duidelik die hoofkarakter. Of ek dink so. Dis sy wat die magtige Meneer Grey moet gaan interview. Mens kan sommer sien sy is submissive, want sy praat so asof sy nie haar volgende woorde kan onthou nie. Of dalk kan sy nie? Anyway, submissives is nie veronderstel om eintlik te praat nie. Hulle moet net weet van “yes” en verder word hulle monde vir ander goed gebruik – soos om stukkend gesoen te word of om mans mee te bevredig. Wat anders gaan ‘n man ‘n vrou se mond voor gebruik as hy haar enigiets kan beveel?
Ek kan nie WAG om te sien hoe Meneer Grey gaan lyk nie. Manlike, dominante man-mans doen dit vreeslik vir my. Ek vergeet ook my dialoog as alles van hulle alles van my se teenoorgesteldes is. Hulle stemme is diep teen my fyn ene, hulle is hard teen my sag, grof teen my glad, rof teen my oorgawe. Anastasia loop uit die hysbak uit en ek glip my hand in afwagting onder my romp in en dan sien ons albei vir Meneer Grey.
Wat? De? Moer?
Meneer Grey lyk soos Edward van Twilight en Bella, ag ek bedoel Anna, byt haar lip terwyl my lippies kurkdroog word.
Waar de hel is sy manlikheid? Waar is sy stoppels en deurmekaar hare? Anastasia vra hom actually of hy gay is! You took the words right out of my mouth, doll. Eers dink ek ek is dalk in die verkeerde movie, maar die vroue om my klink asof hulle nie ‘n probleem met die ongemaklike man op die skerm het nie. Hulle sug en giggle en fluister opgewonde vir mekaar terwyl ek naarstiglik probeer om hom in my kop te herverbeel sodat ek die fliek vir myself kan red.
In my kop krap ek hom so bietjie deurmekaar en maak ek sy stem so bietjie dieper, want ek weet dat smaak verskil. Ten minste gaan hy haar nog beetkry en woeste goed met haar doen – dit sal beslis my souse weer laat vloei.
Terwyl ek vir iets opwindend wag om te gebeur, grou ek my tjoklit uit my handsak. In my kop smelt die warm van die rooi korreltjies rissie in die tjoklit my rooi lipstick en vloei dit soos ‘n bloedstreep teen my nek af en by my hals in en …
“Anastasia!”
Ek skrik wanneer Christian so streng met haar praat, want ek het bietjie in my eie fantasy verdwaal.
Sy kou aan haar onderlip, want hy is kwaad oor sy gedrink het. Wat is fout met die man? In my valley is dit hoe die ouens ons sag maak, maar nee, Christian kom red haar uit die vieslike club. Miskien is dit ‘n rykmensding?
Anyway. Dinge gaan seker nou gebeur, want hy vat haar na sy smart huis toe.
Oukei, sy is dronk en hy is ‘n gentleman so natuurlik het hy haar net uitgetrek, in die bed gesit en in sy eie kamer gaan slaap. Natuurlik. Maar nou is dit die volgende dag en sy is wakker en weerloos en submissive in sy groot wit bed – en sy kou haar lippie – sekerlik gaan hy haar nou ravage…
Hy trek sy hemp uit en die meisie langs my gly amper van haar stoel af. Ek gryp haar net betyds voor sy op die vloer val. Sy smile dankbaar vir my voor sy haar kneukels in haar mond druk en kreun – oë weer vasgenael op die skerm. Anastasia is net so lus soos my buurkyker, sy sê selfs so.
Maar nee, Meneer Grey besluit om beheersd te wees.
Fokkit! Hierdie movie gaan my klittie nog in ‘n rosyntjie laat verander!
“I don’t do romance. My taste is singular. Do you understand?” se Mister Grey.
Agter my skop iemand teen my stoel styf.
“Enlighten me then.” Anastasia raak windgat.
Of dalk ‘n switch. Of dalk ‘n dominant.
Nou loop hulle in ‘n bos en gesels. In ‘n bos for heaven’s sakes!!! Mens maak jou submissive vas in ‘n bos. Of jy jag haar in die bos. Of jy druk haar op die grond vas en lek en soen en naai haar in daai bos. Jy gesels nie in ‘n bos nie!!!!
Christian is nou besig om vir Anastasia te vertel waarom hy so is soos hy is. Want dis eintlik nie hoe “gesonde” mense is nie, mos. Hy was een van sy ma se besties se submissives. True story.
Facepalm en sigh.
Is hy nou ‘n submissive of ‘n dominant of ‘n switch?
Die movie is al veertig minute lank aan die gang en ek wag nog vir die passion. Die enigste ding wat sover met passion gedoen word is Anastasia wat met passion aan haar onderlip kou. As ek my onderlip so baie gebyt het sou dit soos ‘n koei s’n gelyk het.
Ek sit nog so en wonder wie nou eintlik die dominant en wie die submissive is as Meneer Grey so aanhoudend kerm dat sy vir hom moet gee wat hy wil hê en Anastasia so aanhoudend hardegat speel en nie nee of ja sê nie, wanneer ek weer wakkerder gegil word. Hierdie keer deur my mede-kykers.
Hulle het die helikoper gesien waarmee Meneer Grys vir Annatjie op ‘n date vat. ‘n Opgewonde geritsel trek soos ‘n suur poep deur die teater. In the face of soveel rykdom is dit moeilik om koel te bly. Selfs ek drool so bietjie, want dis mos belangrik vir ons girls. Rykdom is ons Viagra, mos.
Anastasia (die submissive) begin al meer om vir Meneer Grey te domineer. Sy kerm oor sy reels en sy voorwaardes, doen nie wat hy vra nie, doen nie wat hy beveel nie. Frankly verstaan ek glad nie waarom enigiemand dink die man in hierdie verhaal vertolk die rol van die dominant nie?
Ek breek die laaste rytjie van my tjoklit af en gly dit in my mond in. En dan, uiteindelik, gaan Meneer Grey tot aksie oor.
Doggystyle!! Sy dungeon!! Ek plak Mickey Rourke se rugged gesig (van dertig jaar gelede) oor dié van Christian Grey en voel hoe iets in my lyf hoopvol wakker word. Diep soene en kreune en boobs wat bewe. Kim Basinger kruip oor die vloer. Anastasia hyg en Christian is weer kaal bolyf. Miskien gaan ons nou sy magtige dominante tottie sien? Hy maak haar vas en lek haar en hy raps haar soos ‘n stouterd – en vra dan vra hy haar of dit seer was.
Facepalm.
My parratjie is al amper biltong-droog. Ek gee op.
Die meisie langs my giggle een van daardie asemlose giggels wanneer Anastasia haar moer weereens vir Mister Grey pluk. O jimmel, sal sal sy weer na hom toe terugkom? Sal hy haar weeg terugvat? Who cares?
En dan neem Meneer Grey se getroue bestuurder/wag/butler (of was daar dalk meer as een?) haar huistoe in Christian se grênd kar. En wanneer hulle verby daai bos ry trek hy af en wys hy vir haar hoe die common people dit doen. Hy buig vir Anastasia oor daardie warm bonnet, trek daardie ligpienk broekie af en laat haar nie gaan voor die kar se grill ‘n patroon op haar bo-been gedruk het nie . Once. Want seks.
Ek byt my eie onderlip, maar kan nie meer die chillie proe nie. As ek hard genoeg byt sal ek dalk bloed kan proe. Bloed is lewe. Bloed is sensasie. Bloed is geur. Bloed is rooi.
Dis so, so, so baie beter as grys.
1 COMMENT
Uitstekend gestel en beskryf. Hopelik skop die ware toedrag van sake in voor fliek 5.