Chandri (3)

deur Jakkie

Ek sit in die kantoor, ek en die eienaar het mekaar gegroet met Chandri wat sit sonder ‘n panty aan die anderkant van die tafel. Ek sit en kyk na die eienaar. Hy vra my vrae oor voorraad en ek antwoord,maar ek is so ongemaklik dat ek nie weet hoe ek dit het nie. Die eienaar deel my mee dat hulle tevrede is met my “samples” en dat hulle van die voorraad wil bestel en die bestelling gedurende die dag sal finaliseer. Die eienaar vra uit oor die afleweringsdatum. Ek moet dus vroeër terugkom en kan nie anders as om belang te stel nie. Ons gesprek maak klaar en ek maak reg om te ry. Die eienaar stap uit die kantoor na ons informeel gegroet het. Ek het opgestaan uit my stoel. Chandri staan van haar stoel en stap om en gee my die instruksie om te kom sit op die stoel nadat ek opgestaan het. Ek maak so …

Chandri stap om die tafel en kom sit op die punt van die tafel reg voor my. “Kan jy die fliek Basic Instinct onthou? Die naam is bekend, maar ek is op die oomblik half dom. Ek knik my kop. Chandri beweeg haar bene oop en ek kyk onder haar rok in van waar ek sit. Ek sien die lekkerte waar my vinger vroeër gespeel het. Ek voel my plesierspier styf druk teen my broek. Chandri kyk af en sien dit ook.

“Hou dit reg vir vanaand,” gee sy die instruksie.

Ek sit met die baie vinnige herinnering aan die fliek van Sharon Stone van die 80’s wat ons as jong seuns so oor en oor gekyk het en oor fantaseeer het. Sy vat my hand. Vat my vinger en hou dit vas. Hou my vinger voor my neus en sê: “Daar is nog waar die vandaan kom. Net om jou die dag lank geїntereseerd te hou.” Sy leun oor en soen my saggies op die lippe. “Jy moet seker by jou volgende afspraak kom,” hoor ek haar sê.

Ek staan op, vat my sak en voel soos die hoërskoolseun wie se meisie die eerste keer sy draad getrek het, maar nie klaar gemaak het nie, toe ek by die kantoor wegstap na my bakkie toe.

Ek ry na my volgende afspraak. Gaan deur die normale “sales pitch.” Doen die besoek aan die werkplek en pakhuis by die afspraak waar ek is en hou aan die hele tyd om myself te forseer om te fokus op die werk. Die dag gaan verby. Volgende afspraak. Bestellings. Ry. Volgende afspraak. Kleiner bestellings. Fokus. Dors. Koop koeldrank. Volgende afspraak. Nou moet ons klaarmaak.

Biep hoor ek my foon.

“Wat is jou planne vanaand,” sien ek my foon se skerm vertel dat Chandri ‘n boodskap gestuur het. Ek besluit dat die meisie nie die hele tyd alleen inisiatief kan neem nie. Ek sit nog voor die laaste kliënt se adres. Besef ek kan nie doen wat ek wil nie. Nadat ek so ent in die straat afgery het stop ek waar ek dink dis redelik veilig, maak my broek los en trek dit effens af sodat my onderbroek en die halfmasstok wat nou in my broek ontwikkel het, uitgeken kan word. Ek maak my Whatsapp oop en maak die foto-neem deel oop. Mik mooi … My halfmasstok begin beweeg na “nie-meer-half-mas-stok” nie en ek neem ‘n foto. Ek druk “send.”
Ek ry na tannie Marie se gastehuis. Parkeer op my gewone plek en gaan na die ontvangsarea. Tannie Marie verwag my. Groet soos normaal. Ek teken in en doen die “admin.” Bespreek al die etes en dae wat ek oorbly. Alles is soos gewoonweg. Ek kry my kamer se sleutel en gaan daarheen om te stort en uit te pak.

Nadat ek gestort het en op die bed lê om deur die TV-kanale te blaai, sien ek my foon se liggie wys ek het ‘n boodskap.

“Sien jou sewe-uur,” met die restaurant se naam. Ek ken nie die plek nie. Ek maak klaar en ry na die plek toe met ‘n aand vol belofte. Parkeer. Stap in en sien die plek is nie sommer net ‘n kroeg of sports-pub nie. Ek vra ‘n sitplek. Kyk deur die winkel en sien nie vir Chanrdi nie. Die kelner wil soos altyd dadelik weet: “Wat kry ek vir jou”? My eerste idee is “Viagra,” want ek dink ek gaan dit nodig hê, maar ek bestel iets om te drink. Ek sit so omtrent twintig minute toe ek haar sien instap. Ek staan op sodat sy my kan sien en sy kom nader gestap. Sy dra ‘n donker kleur langbroek, sy het nie hoë skoene aan nie. My eerste gedagte is omdat ons eintlik omtrent dieselfde lengte is en as sy hoë skoene aan het gaan sy langer as ek wees. Sy het ‘n kortmoutrui oor die roomkleurige bloes aan wat noupassend oor haar bo-lyf is. Sy gaan sit. Ons begin gesels. Ons bestel vir haar iets om te drink en later kos. Ons gesels lekker rustig.

So besluit ek, ek gaan eerste vanaand die “move” maak en mik na die oggend se gebeure in haar kantoor. Ek vertel dat die sit op die tafel en die “flash” van haar nogal sexy was.

“O!” antwoord sy. “Nou wat wil jy daardeur vir my sê,” vra Chandri.

Ek is effens onkant gevang, want ek verstaan nie heeltemal wat sy bedoel nie. Gelukkig loop die kelner na ons tafel en neem ons borde wat leeg is weg en vra of ons nog drinkgoed wil bestel. Ek is eers ok, maar Chandri bestel nog ‘n glas wyn. “Wat bedoel jy wil ek daardeur sê? sê-vra ek.

Sy: “Toe Meneer verkoopsman, wat is nou jou “sales-pitch,” wat wil jy nou vir my sê?”

Ek: My keel effens droog, want ek weet steeds nie eintlik wat om te sê nie: “Jy het nogal my deurmekaar gehad met die foto’s wat jy aan my gestuur het.”

Sy: “Verduidelik vir my deurmekaar?”

Ek: “Die foto van jou, jy weet mos …” is al wat ek kan uitkry.

Sy: “Nee … vertel my.”

Ek: “Daai foto van jou bene en die panty en … ag jy weet mos, man.”

Sy: “Hoekom is die verkoopsman so selfverseker as hy sy produkte verkoop en so selfverseker was toe hy my baas in my kantoor sien nadat ek hom amper verlei het, maar as hy na my in my oë kyk en homself aan my moet verkoop dan lyk dit my asof hy nie so selfverseker is nie?”

Ek sit daar en kyk na Chandri en ek kan nie eintlik besluit wat ek moet doen nie. Ek vat my glas en vat ‘n sluk en kyk na haar oë. Ek kyk na die noupassende bloes wat sy aan het en ek besef dat sy eintlik besig is om met my ‘n mind-game te speel. Ek sien die mooi tieties en ek dink aan die vlinder. Ek besluit goed dan as jy dit so wil hê …

Ek: “Chandri, jy stuur vir my ‘n foto van jou in ‘n panty met jou bene wat die lekkerte waarmee ek vanoggend in jou kantoor gespeel het wegsteek. Jy stuur vir my ‘n foto van jou tieties met die vlinder en die nipple. Jy sê vir my jy kan nie wag nie. Ek kom by jou aan by die kantoor en na jy my ontvang het by ontvangs is jy in my arms.”

Sy val my in die rede: “Ek kry net ‘n onderbroek met ‘n half stywe voël.”

Ek gaan net verder waar ek opgehou het: “Jy is in my arms, sonder ‘n panty. Ek is met my hand in jou in en jy maak geen geheim wat jy wil doen nie. As die eienaar nie daar ingestap het nie het ons skande gemaak in die kantoor.”

Sy: “Jy kan net wonder wat se skande ek al in my kantoor gemaak het, of hoe Meneer Salesman?”

Ek sluk eers aan die knop in my keel, vat ‘n moerse sluk van my drankie om guts te kry.

Ek: “Jy het my die hele dag deurmekaar gehad. Shit vroumens! Jy maak my mal!

Sy: “Daar is dit nou Meneer Salesman. Kom ons betaal ons rekening dan gaan ons na my tannie se gastehuis toe. Ek sal moet keer dat hulle nie in die dorp met mal mense sit nie. Sover ek weet is hier nie ‘n hopitaal vir mal mense nie en ons dokter slaap seker al.”

 

(Lees volgende episode HIER)

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Chandri (3)

  • October 10, 2017 at 7:14 pm
    Permalink

    Jakkie jy maak nou nes die mense wat die stories vir die TV skryf. Los ons op die piek mooi hoog en droog. Gelukkig is jou storie weereens baie goed.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)