Wilde Wildplaaswellus

Hoe lank gaan ek lees: 15 minute

deur Brombeer

Taalversorging deur Lusman

 

Dit was warm in die motor, ondanks die lugversorger. Jaco was geïrriteerd en het gehoop dat die ontvangssentrum van die wildplaas nie meer ver was nie. Hy was moeg na die lang pad, maar tog kon hy die rustigheid en prag van die veld om hom inneem. Hy was veral beïndruk met die laatmiddagsonstrale wat goudgeel tussen die bosveldbome flits en die lug wat gelyk het of dit aan die brand is rondom die ondergaande son.

Uiteindelik was die ontvangssentrum daar voor teen ‘n boomryke heuwel. “Dankie tog,” prewel hy en begin onwillekeurig vinniger ry.

Gelukkig is die parkeerterrein redelik leeg en hy parkeer sommer naby die sentrum. Wanneer hy uitklim, voel die aandluggie lekker koel en verfrissend op sy natgeswete rug.

Die ontvangslokaal is in ‘n koel, grasdakgebou. Hy haal sy sonbril af en stap na die toonbank waar ‘n aantreklike voshaarmeisie oor ‘n rekenaar leun. Die vallei  tussen haar borste is ontbloot bo die wye kraag van die olyfgroen kakiehemp. Hy kan sy oë nie daarvan afhou nie. Toe hy voor die toonbank gaan staan, kyk sy op. Daar is onmiddellik ‘n vriendelike, dog geoefende glimlag op haar gesig.

Sy is pragtig, dink Jaco. Sy het die blouste blou oë wat hy nog ooit gesien het. Haar hare is skouerlengte en as sy haar kop beweeg lyk dit of daar vonke deur die hare skiet. Haar vel is amper melkwit met sulke ligte sproetjies oor haar wipneusie. Die naambordjie – wat teen skuins teen haar vol bors pryk – vertoon  die mooi naam “Heike.”

“Goeiemiddag, Meneer. Kan ons help?”

“Ja, Jaco Ferreira. Ek het ‘n chalet bespreek. Een van dié daar diep in die kloof.”

“Kom ons kyk gou.” Haar slanke vingers vlieg oor die sleutelbord. Haar blou oë is vasgenael op die skerm en dus kan sy nie sien hoe hy vir haar kyk nie.

“A, hier’s dit, meneer Ferreira. Van vanaand, vir ‘n week, nè?”

“Dis reg, ja.”

“Chalet 45. Dis die verste een op in die kloof. Lekker afgesonder.”

“Goed so, dit is presies hoe ek dit verkies,” antwoord Jaco. Die laaste ding waarvoor hy lus is, is mense. Hy het die week nodig om sy kop skoon te kry en van al die stres van die egskeiding ontslae te raak. Hy kan nog nie glo dat dit uiteindelik verby is nie. Agt jaar wat in hel geëindig het, maar nou is dit verby.

Jaco het die deposito betaal en sy sleutel, tesame met ‘n padkaart, ontvang. Hy was besig om alles bymekaar te kry toe Heike vriendelik byvoeg: “Ek hoop u gaan die verblyf hier by ons geniet.”

“Dankie, ek glo ek sal – ek het die rus nogal nodig.” Haar vriendelike glimlag het hom sommer reeds laat beter voel.

Dit was reeds sterk skemer toe hy by die chalet aankom. Dit was regtig lekker afgesonder en so effe teen ‘n koppie geleë. Die naaste ander chalet was ‘n goeie honderd meter verder terug op die pad. Die bos was ruig en ‘n mens kon skaars tien tree tussen die bome in sien. Die chalet was, soos die ontvangssentrum, uit klip gebou, met ‘n grasdak. Daar was ‘n groot dek met ‘n houtreling en ‘n ingeboude braaiplek. Vanaf die dek kon mens ‘n watergat so tussen die boomtoppe deur sien. Jaco kon onmiddellik voel hoe die spanning dreineer.

Hy het afgepak, gestort en ‘n toebroodjie gemaak wat hy sommer so staan-staan op die dek geëet het, met net ‘n handdoek om die lyf. Sy plan was om vroeg in te kruip, aangesien hy redelik pootuit was.

***

Die volgende oggend vroeg  word hy deur die gekwetter van voëls wakker gemaak. Dis egter nog sterk skemer toe hy by die venster uitloer. Hy het besef dat hy lank laas so uitgerus en lewenslustig gevoel het.

Jaco het ‘n drafbroekie en sy tekkies aangetrek en besluit om ‘n lekker ent te gaan draf. Die skoon, koel oggendlug en die lowerryke plantegroei het hom sommer nog meer ontspanne laat voel en hy het aangehou hardloop – seker ‘n goeie tien kilometer.

Terug by die chalet het hy natgesweet teen die reling geleun en uitgekyk oor die ontwakende bosveld. Daar was ‘n troppie waterbokke by die watergat. Hy het hulle ‘n ruk lank dopgehou voor hy besluit het om te gaan stort.

Hy het sy tekkies en die klam broekie uitgeskop en kaal badkamer toe geloop en die stortkraan oopgedraai. Niks – net die geroggel van leë waterpype.

“Ag nee, dôner man. Daar was dan gisteraand water,” grom hy. Wat nou? Hy stap terug kamer toe en soek sy selfoon. Dan stap hy sitkamer toe om die padkaart-brosjure te kry.

Hy tik die nommer in en wag dan vir die foon om te lui. Wanneer hulle antwoord, verduidelik hy sy probleem. Die persoon aan die ander kant beloof om iemand te stuur.

Hy wonder hoe lank dit gaan neem as hy sy selfoon neersit. Onbewus van sy naaktheid stap hy weer uit op die dek en kyk weer oor die vallei. Dan dink hy terug aan die marteling van die afgelope jaar: die prokureurs, die hofsaak, die rusies. Goddank dis uiteindelik verby en Leonie is vir altyd uit sy lewe. Gelukkig was daar nie kinders wat die saak kon kompliseer nie.

“Môre, môre,” hoor hy die stem hier van die trap se kant af. Hy draai verskrik om en kyk in die verbaasde gesig van Heike vas. Sy bloos onmiddellik en stotter dan: “Jammer … ek … uhm … ek het net kom kyk na die water.” Dan draai sy haar vinnig haar rug na hom.

“Sorry. Uh … wag net gou dat ek klere aankry. Bly net daar,” antwoord hy verleë en draf binnetoe. Hy gryp die oefenbroekie van die vloer af en spring gou daarin.

“Jy kan nou maar omkyk,” sê hy wanneer hy na buite stap.

Sy draai om en hy kan sien dat sy steeds bloedrooi bloos as sy begin praat. “Ek’s regtig jammer … maar ek het nie …”

“Toemaar, ek is die een wat verskoning moet vra. Ek was ingedagte en het jou voertuig nie eers gehoor nie. Ek het gedink dit sal nog ‘n rukkie wees voor hulle iemand stuur.”

“Ek was reeds hier onder by die ander chalet. Daar’s ‘n Duitse paartjie wat totaal hulpeloos is en ek moes eers vir hulle die TV instel. Iemand het my vanaf die kantoor op die radio geroep en vertel van jou probleem,” verduidelik sy en wys na die swart tweerigtingradio in haar hand. “Dis hoekom ek so gou hier is. Ek het in elk geval gestap van daar onder af, so jy sou nie ‘n voertuig gehoor het nie. So wat is die probleem?”

“Die stort het nog gisteraand gewerk en skielik vanoggend, toe ek van my draf terugkom en wil stort, toe’s daar niks.”

“Dis snaaks. Laat ek gou gaan kyk,” antwoord sy en klim weer die trappe af. Jaco stap agterna. Hy kan sy oë nie van haar lang bene en perfekte agterstewe afhou nie. So ‘n ent van die chalet – weggesteek tussen die bome – is daar ‘n groot groen plastiek-watertenk.

Heike hurk langs die tenk en onwillekeurig kyk Jaco hoe die materiaal van haar broek styf span oor haar ferm, ronde boudjies. Hy voel hoe hy ‘n ereksie kry en besef dadelik dat dit baie prominent en duidelik vertoon in die skraps oefenbroekie. Hy sien sy het dit gemerk. ‘n Glimlag verskyn om haar mondhoeke en veels te stadig vir hom gaan haar oë uiteindelik weg van die voorkant van sy broek en af na die pypwerk van die tenk. Hy draai om en maak of hy die bome bewonder.

“A, nes ek gedink het,” roep sy, “die stopkraan wat die tenk voer was toe. Daar was seker net genoeg water in vir gisteraand. Los dit so ‘n halfuur, dan behoort die tenk vol te wees.”

“Dankie vir jou moeite,” antwoord Jaco wanneer sy teruggestap kom. Hulle kyk mekaar diep in die oë en skielik voel hy weer soos ‘n verliefde skoolseun.

“Geen probleem nie. Jy het in elk geval my oggend meer opwindend gemaak,” glimlag sy ondeund.

Was sy wragtig besig om by hom aan te lê of was dit maar net sy eie ooraktiewe en uitgehongerde verbeelding? wonder Jaco.

“Jy gaan seker nou lekker vir al jou kollegas hiervan vertel, nè?” sê Jaco, verleë oor sy ontydige en onverbloemde ereksie.

“Nie as jy beloof om my vir ete te nooi nie,” antwoord sy onbeskaamd en stoot haar ken effe uit terwyl haar ysblou oë vasgenael bly om syne. Dôner, maar sy is mooi!

“Jy’s nie skaam nie, nè. Is jy altyd so reguit?” Vra Jaco verbaas.

“Jip, die lewe is te kort om mind-games te speel. As ek van iets hou, sê ek dit en basta.” Haar opmerking is heeltemal in kontras met haar soetdogtertjie-voorkoms en dit maak Jaco net nog jagser. Hopelik kyk sy nie nou af nie.

“Oukei dan, jy’s genooi,” antwoord hy. “Maar gee my eers kans om in die dorp uit te kom. Wat van môreaand so sesuur – hier? Wat drink jy?” Hier kan dit beslis nog lekker raak, dink Jaco opgewonde.

“Sesuur môreaand dan. Ek drink graag rooiwyn – Merlot.”

“A, perfek. My gunsteling ook. Jy’s nie dalk ‘n vegetariër of iets nie, is jy?” Hy wil seker maak hy sit nie die verkeerde kos vir haar voor nie.

“Wat? ‘n Bosveldmeisie soos ek? Daarvoor hou ek te baie van vleis.” Hy wonder of hierdie uitlating ook ‘n dubbele betekenis het. Sy verbeelding is vinnig besig om met hom op hol te gaan.

“Sien jou dan môreaand,” antwoord Jaco en steek sy hand uit.

Wanneer sy groet is haar hand koel en sag. “Tot more dan.”

Lank staan hy haar en agterna staar, tot sy padlangs tussen die lower verdwyn. Hy vryf onbewustelik oor die bult in sy broekie en besef dat hy iets aan die sakie sal moet doen voor môre. Dalk sommer nog voor hy stort. Hy het juis ‘n halfuur gehad om om te kry.

***

Jaco het reeds die vuur brand gemaak voor sy daar aangekom het.

Hy het die Land Rover hoor stilhou en het angstig gewag dat sy haar verskyning moet maak. Hy het amper hoorbaar na sy asem gesnak toe sy die trappe opkom.

Sy was geklee in ‘n ultrakort smarag-groen rokkie met ‘n lae hals – groen was beslis haar kleur. Haar bene was selfs langer as wat hulle in die kakie langbroek gelyk het en daar was groen hoëhaksandale aan haar voete; die toonnaels was ‘n dieprooi en goed versorg. Haar volronde borste was geaksentueer deur haar dun middeltjie. Wat hom veral aangestaan het, was dat sy nie een van daai maer modellyfies gehad het nie. Sy het ‘n goed geproposioneerde figuur gehad. Hel, sy was verruklik!

“Naandsê,” groet sy toe sy voor hom staan.

“Naand. Jy … jy moet dit asseblief nie verkeerd opneem nie, maar … jy, jy lyk pragtig.”

“Dankie, meneer Ferreira,” antwoord sy speels en maak ‘n vlak buiging.

“En vergeet die meneer – ek is Jaco.”

“Heike … maar jy weet dit reeds.”

Jaco knik net en sê toe: “Wyntjie? Of eers ‘n bier?”

“H’m, ‘n bier klink lekker. Ek is juis dors en dan drink ek gewoonlik die wyn te vinnig – en netnou maak ek moleste.”

“Ek kry gou vir ons. Sit solank, ek’s nou terug.”

“Ek staan sommer eers, dankie. Die uitsig van hier is regtig pragtig,” roep sy agterna.

In die kombuis skink Jaco twee glase bier terwyl hy wonder hoe die aand gaan verloop. Hy sal ‘n moeilike tyd hê om sy hande tuis te hou, maar hy wou ook nie sy kanse verspeel deur te voorbarig te wees nie.

“Hier’s dit,” sê hy en gee vir haar ‘n glas aan. “Cheers. Dankie dat jy oorgekom het.”

“Cheers. Jy sê dankie en ek het jou basies afgepers om in te stem tot die ete,” antwoord sy. Daar is weer ‘n ondeunde vonkel in haar oë.

Hulle het oor koeitjies en kalfies gesels terwyl Jaco die vleis gebraai het. Sy het heeltyd langs hom gestaan by die vuur. Toe hy vir haar ‘n stoel wou nader sleep, het sy nee gesê. “Ek haat dit as mans eenkant by die vuur is en die vrouens sit soos ladies en skinder daar anderkant. Braai is mos vir gesellige saam wees.”

“‘n Meisie so na my hart,” antwoord Jaco en lig sy glas.

Hulle het rustig gesmul aan die lekker, gestopte koedoefilet wat Jaco perfek gebraai het. Hy het ook ‘n groenslaai en rogbrood opgedien.

“H’m, jy mag maar vleis braai hoor. Hierdie filet is murgsag. Waarmee stop jy dit?”

“’n Mengsel van kruie, botter, knoffel en sampioene.”

“Jou eie resep?”

“Nee, by my pa geleer. Hy kán braai.”

“Hy moet uitstekend wees as hy beter braai as jy, hoor.”

“Dankie, maar ek is seker jy sê sommer net so.”

“Jaco, iets wat jy sal leer is dat ek nooit iets sê as ek dit nie bedoel nie. Nooit. Ek het jou gister gesê ek speel nie mind-games nie. Ek hou van jou en daarom het ek myself vir ete genooi – so maklik soos dit.”

“Wow, jy is reguit. Wel, vir jou kennisname, die gevoel is wedersyds.”

“H’m, ek weet. Ek het daai knop in jou broek gesien gister – nadat ek natuurlik die ware jakob ontmasker gesien het,” lag sy en gee hom ‘n piksoen op die wang.

Jaco het haar kop in sy hande geneem en haar gesoen. Sy het nie weggetrek nie en hy kon voel hoe haar tong tussen sy lippe inbeweeg. Hy het haar onderlip liggies gesuig en wou toe wegtrek. Sy het haar hand agter sy kop geplaas en hom nader getrek en selfs vuriger begin soen.

Toe hulle uiteindelik ophou sê sy: “Ek wou dit al die hele aand doen.”

“Ek wou dit al gisteroggend doen,” antwoord hy glimlaggend.

Jaco het opgestaan en by die reling gaan staan en opgekyk na die sterre. Hulle was so helder hier ver uit die stad. Die maan was vol en het net-net bo die boomtoppe kop uitgesteek. Hy het gevoel hoe Heike langs hom kom staan en haar koel hand op syne plaas. “En nou, wat’s fout?”

“Niks. Niks, ek is net bang dinge gaan te vinnig … Ek …”

“Strooi, man. Ons albei is mos mooi groot. Albei weet hoe ons voel. Go with the flow – jy is te gespanne.”

“Dis so pragtig hier, kyk net die sterre. Weet jy iets van sterre?” Vra Jaco om die onderwerp te verander.

“Ja, hulle skitter,” lag sy en gee sy hand ‘n drukkie.

“Nee, ou slimmie. Die goed soos die Suiderkruis en Orion en so aan?”

“Nee. Wys my asseblief.” Die manier waarop sy dit sê laat hom wonder of hulle steeds oor sterre gesels.

“Sien jy daai drie helder sterre so in ‘n ry? Daar.” Wys hy in ‘n noordelike rigting.

“H’m … Nee, watter?”

“Kom staan hier voor my, kyk waar ek wys,” sê hy en sy skuif tussen hom en die reling in. Hy voel hoe haar warm boude voor teen sy broek skuur. “Sien daar.”

“O ja, nou sien ek,” antwoord sy en druk effe met haar boude stywer teen hom aan. Hy voel hoe sy voël weer styf word. Sy moes dit ook gevoel het want sy druk steeds stywer aan.

H’m, dit voel goed,” kreun sy en draai haar kop na hom toe. Haar lippe is effe oop en haar oë smeulend soekend na syne. Hy buig effe vooroor en soen haar innig, terwyl sy regterhand onwillekeurig oor haar linkerbors vryf.

“Sjoe, jy maak my jags,” fluister sy hees toe hulle klaar gesoen het. “Ek wil jou suig, asseblief,” voeg sy by en draai na hom toe. Sy sak op haar hurke voor hom af.

Voor hy kan teëstribbel, voel hy haar hande behendig op sy gulp en hy hoor die sagte fluistering van die ritssluiter. Dan is haar koel hand in sy broek, angstig soekend na sy stywe paal. Sy neem dit in haar vuis en hy voel haar asem warm op die kop daarvan. Hy kreun en du effe vorentoe met sy bekken.

Haar mond is sag en warm as dit sy voëlkop omsluit en wanneer hy afkyk ontmoet hy haar blik. Daar is naakte wellus in haar blou oë. Sy suig hom heel in haar mond in – amper onmoontlik diep. Sy sensitiewe pielkop druk diep agter teen haar kleintongetjie vas.

“Bliksem, Heike, dis lekker. Maar ek moet jou waarsku: As jy aanhou gaan ek …”

Sy haal hom uit haar mond en antwoord: “Moenie nou al kom nie. Ons is nog ver van klaar.”

“Kom sit hier op die reling, ek wil jou poesie eet,” fluister hy en trek haar regop.

“O ja, asseblief. Ek is sopnat.” Sy maak haarself tuis op die boonste reling en sit effe wydsbeen. Jaco kniel voor haar en druk haar bene verder uitmekaar. Hy kan die aardse reuk van haar opgewondenheid ruik.

Verbaas sê Jaco: “Haai, jy het dan nie ‘n …”

“… pêntie aan nie.” voltooi sy sy die vraag blitssnel. “Dis ‘n mors van tyd as ek die dêm ding in elk geval gaan uittrek. Sou jy nie ook so dink nie?”

Hy kyk op na haar en sien weer daai uitdagende, skalkse glimlag. Die meisie draai nie doekies om nie – dis verseker.

Jaco kyk eers ‘n ruk in verwondering na haar pragtige, netjies geknipte poesiehaartjies. Die lippies is dik geswel en effe oop. Hulle is reeds blinknat en ‘n draadjie vog hang tussen haar oop dosie en haar sagte binnedy. “Sjit, dit … jy is pragtig.” kom dit half sugtend uit sy mond.

“Jaco, hou op praat. Lek my poesie … nóú, asseblief,” kerm sy. Sy gryp sy kop aan weerskante vas en trek hom na haar toe.

Hy laat sy tong saggies rondom die gleuf dartel en hy proe die soet van haar jagsheid. Hy is lus en verorber die hele wonderlike lekkerny, maar besef dat hy eers stadig moet werk en eers later harder en vinniger moet lek. Sy sit-hang so half op die reling met haar bene oor sy skouers en hy het nou heeltemal toegang tot haar.

“Ugh-h … Ja daar … net daar. Lek my klit. Já!” kreun sy. Hy laat nie op hom wag nie. Sy een hand se vingers speel deur die sopnat gleuf. Dan druk hy drie vingers diep in haar terwyl hy haar klit in sy mond insuig. Hy naai haar met sy vingers en hy hoor hoe sy na haar asem snak hier bo hom.

Dan verwyder hy sy vingers en streel laer af, oor haar kringspier wat onwillekeurig saamtrek. Hy vryf in klein sirkeltjies daaroor.

“Maak jou vinger weer nat in my poesie en druk hom daar in, asseblief,” sê sy hees. Hy doen dit onmiddellik. Haar kringspier ontspan dadelik en die warm hitte omvou sy vinger. Sy kerm: “O ja, dis so lekker. Lek my. Maak my kom – lék mý!”

Terwyl hy haar anus vinger, lek hy haar prominente klit met sulke kort, vinnige haaltjies. Hy voel hoe haar bene ruk en haar kringspier om sy pompende vinger verstyf. Hy weet sy is naby. Hy verdrink amper in haar sappe. Dan kom sy met ‘n harde, dierlike gil wat aanhou en aanhou. Dit weergalm ver die naglug in. Jaco het nog nooit so iets gehoor nie, en hy probeer tevergeefs om die vloed sap wat daarmee saamgaan, op te drink.

Uiteindelik is sy stiller. Sy maak klein tjankgeluidjies soos ‘n babakatjie. Hy kom orent en kom staan tussen haar bene. Sy neem sy kop in haar hande en trek sy gesig nader en lek dan sy lippe en wange af voor sy hom diep soen. Die reuk van opgewonde poesie hang om hulle.

“Liewe hemel, dit was lekker. Ek kon nie ophou kom nie,” hyg sy.

“Ek het so gehoor, ja,” antwoord hy en hou haar om haar middel vas.

“Ja, sorry, ek gaan maar so tekere as ek kom. Ek kan myself nie help nie. Ek wil hê jy moet my hard naai. Asseblief. Ek wil jou groot piel in my poesie voel,” sê sy en klim van die reling af. Weer draai sy om en buk vooroor. Sy trek haar rompie hoog oor haar boude en kyk oor haar skouer vir hom. “Naai my van agter af.”

Jaco is steeds oorstelp deur hierdie meisie se onbeskaamde wellus. Dit voel alles soos ‘n droom. Hy kyk na haar pragtige, ferm wit boude en haar pienk, sopnat en wyd oop dosie wat aanloklik onder hulle pryk soos ‘n ryp eksotiese vrug.

Hy voel hoe sy voël klop. Hy maak vinnig sy broek los en dit val om sy enkels. Dan gaan staan hy agter haar en streel met sy hande oor haar boude en heupe.

“Druk hom in my … nóú. Ek wil jou voel, asseblief,” pleit sy en du haar boude agtertoe. Jaco neem sy stywe paal in sy vuis en du vorentoe. Sy ontvang hom in haar warm heuningpot as hy baldiepte in haar insink. “Ugh-h … Ja … ja, naai my met daai stywe piel. Naai my hard. Maak my weer kom.”

Hy kan sy ore nie glo nie. Leonie was altyd so stil en het nooit dinge by hul name genoem nie. Die feit dat Heike so lelik praat het hom beslis aangevuur. Hy begin haar ritmies stoot, terwyl sy hande krampagtig aan haar heupe klou. Hel, dit is lekker. Wanneer hy afkyk, sien hy hoe hy telkens in haar poesie wegsink en dan weer sopnat en taai uitgly. Die roosknoppie van haar anus-kringspier tuit ritmies saam in en uit. Hy neem die duim van sy linkerhand en vryf daaroor. Hy hoor hoe sy instemmend kreun en sonder om toestemming te vra, druk hy sy duim weg in haar.

“O ja. Dit is wonderlik. Naai my so,” bevestig Heike en druk haar heupe stywer teen hom aan. Hy ry haar hard en lank terwyl hy, met sy regterarm voor om haar heupe gevou, haar ru teen hom terugtrek – amper hardhandig teen hom vasstamp. Sy kop is agteroor en hy kyk na die vol maan terwyl hy die sagte hitte om sy stuwende voël voel.

“Ek dink ek gaan weer… ek… ek kóm!” En dan gil sy weer dat die kranse antwoord gee. Jaco stoot ritmies voort – tot sy hygend ophou kom.

“Dôner, maar jy naai lekker. Het jy al gekom?” vra sy en kyk oor haar skouer. Daar is ‘n wilde trek op haar gesig en eers maak dit hom skrik, maar gou besef hy dat sy steeds in ekstase is.

Hy skud sy kop en prewel: “Nee, nog nie.”

“Moenie in my kom nie. Kom in my mond en oor my gesig. Asseblief.”

Jaco tree terug en sy stywe voël gly uit haar oop poesie. Sy draai vinnig om en hurk weer voor hom.

“Gee hier, dat ek hom suig tot jy kom,” beveel sy en neem sy voël in haar hand. Jaco kyk af en merk hoe blinknat hy is van haar sap. Sy voëlkop is ‘n diep rooi.

Dan neem sy hom in haar mond. Sy kreun behaaglik en hy voel die vibrasie daarvan tot in sy balle.

“Liewe hemel, Heike, jy maak my so-o-o jags. Hel, niemand het my nog ooit so gesuig nie.”

Jaco se gedagtes gaan onwillekeurig na sy voormalige vrou. Leonie was nooit baie mal oor orale seks nie, wat nog te sê daarvan om hom te suig nadat hy in haar was én tot hy in haar mond kom?

Dan is sy volle aandag weer by Heike. Hierdie vroumens is definitief in ‘n klas van haar eie. Elke oomblik is hy bang dis ‘n droom en hy gaan wakker skrik met nat, taai lakens om hom.

“O fok, Heike, ek is naby, so naby …”

Sy bly egter suig terwyl haar een hand sy balle liggies masseer. Haar tong maak sulke kort heen-en-weer beweginkies net waar die kop en die skag aan die onderkant bymekaarkom. Hy voel hoe die saad opbruis.

“Ek … Ek is naby. Ek gaan … Fok, ek kóm,” grom hy en voel hoe sy sy spuitende voël uit haar mond haal. Dik blertse wit semen spat oor haar lippe, haar wange en hande – en drup dan in taai slierte af oor haar vol borste. Hy het nog nooit so baie gekom nie.

“H’m, jy smaak lekker.” Sy lek haar lippe en vingers behaaglik af en kyk hom skalks aan waar sy steeds gebiedend voor hom hurk.

Dan steek hy sy hand na haar uit en trek haar regop. Sy stap in sy omhelsing in en leun haar kop op sy skouer. “Dankie, dit was wonderlik.”

“Dankie vir jou. Ek het nie geweet dit kan so wonderlik wees nie.”

***

Die volgende oggend is Jaco weer oudergewoonte vroeg uit die vere. Terwyl hy sy tekkies vasmaak, dink hy terug aan die vorige aand. Na hulle liefde makery is Heike daar weg. Hy het lank op die dek bly sit en sterre kyk.

Hy draf stadig in die pad af en merk dat die twee Duitsers ook buite is. Beide het kortbroeke en stewels aan. Dit lyk of hulle gereed is vir ‘n wandeling.

“Morning,” groet hy vriendelik toe hy so entjie van hulle af is.

“Ah, Gut morning. I wonder, could ve ask you something?” groet die man terug en stap nader.

“Certainly.” Jaco stap ook nader. Wat sou die man tog wou weet?

“My wife und I … ve wonder, did you also hear ze animals last night?”

“Animals?”

“Yah, some wild animal was screaming very loud – up zere, near your cabin.”

Skielik tref dit hom soos ‘n voorhamer. “Oh, yes, yes. I heard it too.”

“Vot was it? Do you know?” vra die vrou.

“I think that was Red Foxes. I think they were mating. When they do, the bitch makes that howling noise,” antwoord Jaco vinnig.

“Ah, Africa, yah? Isn’t it wonderful, Liebchen,” sê sy in verwondering en omhels haar man.

“Yah, very wonderful. Thank you,” antwoord die man en steek sy hand uit na Jaco.

“Pleasure. I have to be going.” Hy kyk op sy horlosie om te beaam dat hy eintlik haastig is.

Toe hy ‘n hele ent weg is kon hy sy lag nie meer hou nie. Hy bars uit in ‘n lagbui wat hom skoon kortasem laat. Lank leun hy teen ‘n boom aan en ruk van die lag.

Hy was seker dat hulle die rooijakkalswyfie weer sou hoor skreeu. Sommer gou … en gereeld.

 

 

 

 

 

 

2 thoughts on “Wilde Wildplaaswellus

  • JouBok

    Whaw – Die storie en beelde in my gedagtes maak my lus virbaie sulke ‘n wilde-seks ervarings.

    Reply
  • Hagar

    Die storie is eindklik besig om soveel opgekropte frustrasie te veroorsaak….

    Die beelde wat dit skep van druppende nat blink sagte lippies wat effe oop gaap vol afwagting, en haar onvoorwaardelike orgasmas waneer sy haarself oorgee

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)