
… want seksueel
deur Alter Ego
Dit is ‘n Vrydagaand. Ek het nogal ‘n besige week agter die rug en sien uit na die hele naweek, maar spesifiek vanaand. Ek is op pad na my gunsteling kuierplek. Ek het vroegdag al besluit dat ek vanaand een-of-ander gelukkie moet optel. Ek hou nogal van die nuwe beskouing dat die mens net seksueel is – nie homo-seksueel of bi-seksueel of wat ookal nie. Net seksueel. Dit pas my. Vir vanaand is ek reg vir man of vrou. Wie my pad eerste kruis, sal reg wees vir my. Ek weet ek is uitlokkend aangetrek – kort rokkie met ‘n redelike lae hals. Die boodskap behoort nie te onduidelik te wees nie!
Ek stop by die verkeerslig. Ek maak seker my grimering is reg. So onder my spieëltjie deur sien ek die man in die motor voor my kyk vir my in sy spieëltjie. Ek pruil my lippe vir hom (en wonder of hy dit gesien het!). Ek glimlag vir myself en wonder tog of ek nie maar net eers my speelding by die huis moes gebruik het voordat ek gery het nie. Vanaand is vanaand . . !
Dit is nog vroeg toe ek by die kuierplek opdaag en daar is nog relatief min mense. Ek hou daarvan om eerste daar te wees. Dit gee mens die voordeel om die talent uit te kyk soos wat hulle aanmeld! Ek voel weer vanaand soos ‘n hoërskool-dogter wat haarself ontdek het. Gepas hiermee, besluit ek op Malibu en Appletiser vir die aand.
Beswaarlik die eerste glas in die hand, stap daar ‘n pop in . . . ! Byna verstik ek! Sy het ‘n kort rompie aan met ‘n bypassende deurskynende bloesie. Ek is seker sy is op dieselfde missie as ek.
“Vir jou vat ek vanaand huistoe poppie” besluit ek so in my binneste. Sy kyk na my kant toe. Ons oë ontmoet flussies en ons glimlag vir mekaar . . . . ‘n Tinteling gaan deur my lyf, spesifiek daar waar dit saak maak. Soos wat ek my arm optel om die glas by my mond te kry, vryf ek oor my bors en ek is voel hoe hard my tepel nou-al is.
Spoedig is die plek vol – soos gewoonlik. Ek hou vir poppie in die oog (en ek glo sy vir my). Ons het op ‘n stadium saam drankies bestel. Mekaar betaamlik gegroet met ‘n “Hi” en tog bietjie tyd saam by die toonbank verwyl. Nog later, was ons saam in die kleedkamer. Sy het onnodig ver vooroor gebuk by die spieël en ek het myself met moeite ingehou. Nie een van ons was haastig om terug te gaan nie. Net toe ek besluit dat dit nou gaan gebeur, stap daar twee luidrugtige vriendinne in en dit dien as die koue stort vir die oomblik!
Ek staan by die toonbank om ‘n baie nodige drankie te bestel. ‘n Man vat aan my boud en druk dit saggies. “Liefste” sê hy. “Ek gaan gou ry. Ek sal . . . o hel, sorry! Ek dag dis my girl. Sorry.”
Voordat ek kon reageer, is hy weer weg. Ek kan nie anders as om maar net te glimlag nie. Ek bestel my derde (vierde?) Malibu en Appletiser en stap buitentoe vir bietjie vars lug.
Dit is ‘n pragtige aand. Ek voel die nagbriesie teen my aan en dink vir ‘n oomblik dat dit ‘n goeie verskoning vir my stywe tepels is! Ek is nog besig met my eie gedagtes toe meneer boudvatter verby my stap.
“Waarheen ry ons?” vra ek grappender gewys. “Ek gaan warmklere by die huis haal. Jy is welkom om saam te ry”. Ek twyfel of ek normaalweg daarop sou reageer, maar vanaand is ‘n ander aand!
“Ok” sê ek en sonder om eers eenkeer te dink, stap ek saam met hom!
Die rit na waarnatoe-ookal, verloop eintlik maar baie stil. Ons is waarskynlik elkeen besig met ons eie voorspel. Dit is immers logies wat gaan gebeur! Ek skat hom aansienlik ouer as ek maar nogtans blêrrie aantreklik! Ek wonder of hy enige idée het hoe lus ek vir hom is!
Ons draai by ‘n meenthuis-kompleks in. Hy stop by een van die huise en ons klim in stilte uit. Terwyl hy die deur oopsluit en die alarm stilmaak, raak ek solank van my broekie ontslae. Ek is papnat! Ons stap in en hy maak die deur agter ons toe. Ons het beswaarlik tot in die sitkamer gevorder toe ons mekaar byna met geweld aanvat! Dit is ongelooflik hoe vinnig mens van klere onslae raak as die lus oorneem! Vir ‘n oomblik het ek gekyk en gedink: “Magtag, kan een man sooo geseënd wees!”.
Hy druk my af op die sagte mat. Ek weet nie of hy nog eers soos ‘n heer my wou soen nie, maar daar was nie meer tyd vir dit nie! Ek vat XL en help hom in daar waar ek sommer weet hy wil wees en daar waar ek hom nou wil hê! Dit is ‘n intense sessie. Hy ry my hard en aanhoudend. Ek voel hoe die golwe in my al hoe groter word. Toe die ontploffing. Dit is oorweldigend. My rug trek krom en ek kan nie die plesier onderdruk nie. Hy trek uit en kom oordadig op die mat.
Ek weet sommer dat ons die hele nag so sou kon aangaan – en ek sou nogal graag wou! Maar ons moet teruggaan. Terwyl hy die mat skoonmaak, kry ek geleentheid om myself darem net af te droog en my hare weer in plek te kry!
“Dit was baie lekker” reken hy op pad terug.
“I’ve noticed” kommentaar ekke. “Was vir my ook lekker”.
Hy laai my so entjie van die kuierplek af – te verstane. Ek stap rustig in. In een oogopslag sien ek sy dame – en ek wonder hoe hy my ooit vir haar kon aansien! Ek sien ook poppie is nog daar! Sy staan by die toonbank – daar waar ek ook nou moet wees vir ‘n aanvulling. Ek besef dit is besig om laat te word en waarskynlik tyd om te gaan. Ek het immers my ‘innings’ vir die aand gehad! Nog net een drankie besluit ek.
“Kan ek vir jou ‘n drankie koop?” vra ek.
“Sal lekker wees, dankie” sê sy. “Malibu en Appletiser?” vra ek. Sy lag en ek voel ‘n lamheid in my knieë! Ons staan langs mekaar toe die kroegman ons drankies nader skuif. Ons klink glassies.
“Op?” vra ek. “Oppie aand” sê sy en ons lag . . . totdat ons heupe teen mekaar raak.
Ons oë ontmoet vir ‘n ewigheid . . . en ons weet. Ons draai gelyktydig om en stap kleedkamer toe. Toe die deur agter ons toegaan, ontmoet ons lippe mekaar. Haar borste is vol en rond in my hande.
“Kan ons na my woonstel toe gaan” vra ek.
“Asseblief” antwoord sy.
Gelukkig bly ek nie ver nie. Sommer die kar in die oprit gelos. Haar lippe was sag. Haar lyf was perfek. Haar vrouwees was ryp en nat. Soos myne. Toe sy aan my borste vat het ek geweet: hierdie nag is volmaak!
Die son het ons wakker gemaak. Ek het die hare uit haar mooi oë gevee en ons het vir ‘n oomblik vir mekaar gekyk. Toe draai sy om en stoot haar boudjies tot teen my. Ek vou my hand om haar volmaakte bors en hoofstuk twee begin . . . !
Seksueel werk vir my, want . . . seksueel!
6 COMMENTS
Lekker Vrydag storie ?
Alte Ego, voordat ek jou felisiteer oor jou skryfwerk wil ek net noem dat mens (mans en vrouens) nie besef dat daar sulke vrydenkende vrouens bestaan nie wat hulle seksuele sy ten volle uitleef jou storie is puik en ek het dit werklik geniet.Is dit dalk op die waarheid gebaseer ? èNNIEWAY, leef jou lewe te volle en geniet alle seks want dit bly maar die lekkerste ♥
Baie dankie Willie!
Dis ‘n plesier en opreg bedoel. Hoe ken jy my naam ?…………
Wow! Ek sit en krieket kyk en is nou só hard, ek kan gaan kolf!
LOL Noster!