Van kos gepraat (1)
deur Vidar
Twee jaar… Dit het twee jaar gevat om haar te laat ontluik en skielik is alles verby.
Laat ek voor begin.
Ek reis baie vir werk. Al met die kus op en af. Werk hou my besig en ek het nie veel tyd vir myself en sosialiseer nie. Mense wat ek ontmoet is of werkverwant of iewers by ‘n winkel. Klein dorpies is lekker rustig, maar die kak is dat almal van almal se besigheid weet. Maar dis hier waar ek my soms vasloop in iemand en iets kliek. Nie oorverdowend nie, nee – dis meer: “Het ek my verbeel?” en die volgende keer is daar weer iets.
Sy dra ‘n moerse ring, maar dit keer nie dat mens praat nie. Dit maak dit veiliger, want daar is nie verwagtings nie. My ring sit ook nog, dis sentimenteel en soms net makliker om mense op ‘n afstand te hou.
Sy’s geskei, drie kleingoed en ‘n eks wat haar alle hel gee.
Sy glimlag amper altyd as sy my sien. Vir die eerste jaar amper, net: “Hi, hoe gaan dit?” of “Goed om weer te sien.” Later begin sy spesiaal vir my appel-skywe uithou wanneer ek op die dorp is. Toe gee ek haar my besigheids-kaartjie en wag…
Twee weke voor ek die eerste boodskap kry. Dit gaan stadig, sy is versigtig vir mans, want haar eks. Veilige onderwerpe soos weer, werk en kinders het mettertyd meer persoonlik geraak. Sy’s jonger as wat ek gedink het, maar ook al goed deur die lewe ingedoen. Sy glo my nie as ek haar sê sy is “fokken pragtig” nie, sy weet nie hoe om komplimente te hanteer nie, want haar eks. Ek kry dit reg om haar nou en dan te sien voor werk of tydens middagete. Ons sit in die kar en gesels. Van laf wees vat ek eendag aan haar been en sy spring, klim uit en loop weg.
Fok onnosel!
Later kry ek ‘n boodskap om te sê sy is jammer. Ek is op stuk weer benonnerd vir myself – dis nie haar skuld nie, vir wat was ek so deur die kak?
‘n Paar weke later is ek weer daar en ons sit weer in die kar en gesels. Die keer vra ek voor ek my hand op haar been sit. Sy huiwer en stem dan tog in. En dis waar dit bly, hand op die been, soms hou sy my hand vas.
Uiteindelik praat ons oor haar, oor haar drome, haar seer en haar eks. Die Engelse sê iemand is ‘n “tool” – hierdie werf-etter is ‘n hele “toolbox” vol.
Ek luister baie, probeer raad gee en vee trane af. En dan op ‘n dag soen sy my. Sommer net. Sy vat my hand en sit dit op haar bors. Fok – ons sit by haar werk in die parkeerarea.
Stadig Sussie!
Die res van die week is rof met werk en ons kry min tyd saam. Vrydag met die groet, voor ek pad vat na my volgende bestemming soen sy my weer.
Die boodskappe oor die loop van die volgende drie weke is meer gewaagd en ek vra haar oor seks en haar voor- en afkeure. Ma van drie en sy weet nie – lig af, broek uit, klim op, maak klaar.
Tool!
Ek vertel haar wat ek aan haar wil doen met my mond en hande. Sy vertel my ek is “weird.”
Ons sal sien.
Terug op die dorp vat dit amper die hele twee weke voor ons die kans kry om mekaar te sien. Sy vat ‘n middag af (spesiaal) en ek maak plan.
Werk kan wag.
By my blyplek aangekom is dit asof ons die eerste keer mekaar sien. Sy is duidelik nie seker nie en ek wil nie oorhaastig wees nie. Ek maak tee en ons sit en gesels sommer net. Sy begin ontspan en ek soen haar saggies op die mond. Stadig ontdooi sy en soen terug. Ek soen haar nek en sy ril.
Wanneer ek my hand om haar lyf sit, staan sy op en trek my aan die hand kamer toe.
Sy begin uittrek en ek stop haar.
“Stadig blommie.”
Sy vra die lig moet af, maar dit werk nie vir my nie. Compromise – bedliggie aan en effe gedraai. Ek het nie baie lig nodig nie, maar ek moet kan
síén. Ek sit my hande om haar lyf en trek haar teen my vas, staan net vir ‘n oomblik so. Dan soen ek haar weer, saggies eers en dan meer dringend. Sy reageer soos ‘n blom op die sonsopkoms – sy maak oop vir my en soen met drif terug. Dan begin ek haar lyf ontdek met my hande, haar arms, rug, bo-boud. Ek vryf oor haar maag en lig haar bloes effe sodat ek my hand op haar vel kan sit. Weer ril sy. Sy gaan lê en ek soen haar maag, af tot by haar denim en weer terug. Met die volgende afgaan maak ek die knoop los en trek die rits oop. Nou kan ek laer soen tot by die rand van haar broekie. Sy hou haar asem op.
“Niemand het dit nog gedoen nie,” hyg sy half.
Jy’t nog niks gevoel nie meisiekind, dink ek.
Help haar uit haar bloes en soen haar weer. In haar nek af, oor haar skouer en weer terug. Af oor haar borste se eerste rondings en dan weer haar maag. Af tot by haar broekie en sy lug haar boudjies en ek trek haar denim heeltemal uit.
“Fok jy’s mooi!” sê ek haar.
Ek begin by haar tone en soen my pad op teen haar been, so ‘n handbreedte van haar broekie af gaan ek terug na die ander voet en herhaal die proses. Dis asof sy ‘n bewerasie kry wanneer ek oor haar dy soen en sy hyg. Haar broekie is nat en en kan haar vroulikheid ruik. Ek staan terug en trek my hemp en broek alles uit, maar die ou man steek kop weg. Sy spring op en druk my op die bed plat. Sy probeer hard, maar vandag is daar geen samewerking daar onder nie.
“Oh well …” daar is baie tyd.
Sy lyk afgehaal, maar ek het ander planne. Ek trek haar plat langs my en soen haar weer. Streel oor haar lyf en soen my pad af na haar borste toe. Help haar uit haar bra en kyk eers voor ek van buite af om hulle na haar tepels soen. Sy slaan hoendervleis uit en probeer my kop vasdruk. Teen haar maag af trek ek nat strepe met my tong, soen haar naeltjie met die klippie in en dan trek ek haar broekie stadig af. Sy’s skoon geskeer, klein lippies en ‘n sagte reuk van sand en see en wellus. Ek streel oor haar heuwel, teen haar dye af tot by die knie en weer terug. Haar oë is wyd oop en haar
asem jaag. Bene styf teen mekaar. Ek soen haar lippies en sy ruk, probeer wegskuif, maar het nie vastrap plek nie. Met die kriewel maak sy haar bene effe oop en ek vat my kans om tussen hulle te kom en bietjie wyer oop te druk. Streel weer teen haar binne dye op, en af oor die buitekant. Die rilling wat sy kry moedig my aan en ek soen vol op haar dosie. Druk my tong tussen die lippies in en lek van onder na bo.
“Poes!” sê sy.
“Mens praat nie so van kos nie,” spot ek.
Sy lag. “Dis my eerste keer so …”
Geleidelik ontspan haar bene en ek soen en lek haar dosie en trek haar knoppie in my mond in.
“O, poes!” en ek lag.
Hoe meer ek soen en lek hoe meer loop haar sap uit haar uit. En dan trek sy haar rug krom en knyp my kop vas.
“Poes,” sê sy die keer sagter.
Ek streel haar lyf en soen teen haar maag op tot by haar borste.
“Asseblief,” vra sy, maar die ou man het ‘n wil van sy eie.
Ek soen haar op die mond en sy trek eers weg, maar soen dan terug en proe vir die eerste keer in haar lewe hoe sy in haar wese smaak. Weer werk ek my pad teen haar nek af, oor haar borste en haar maag tot by haar dosie wat nou vol geswel vir my blom. Ek soen en knibbel en as haar asem begin jaag, gly ek twee vingers in haar in. Sy trek krom en haar maag begin vibreer.
“Poes,” fluister sy. Dis nie ‘n vloek nie, dis ‘n gebed.
13 COMMENTS
Vidar, ek verstaan jou komkommertjie. Ek het myself al oor die vingers getik as ek ‘n stuk waarmee ek besig is, na die soveelste oorlees/herlees, vir my as outeur voorkom asof daar te veel detail in is.
Maar my uitgangspunt bly dat ‘n storie:
1) ‘n Skelet het, ‘n raamwerk m.a.w. die tema, die karakters, die milieu, die situasie;
2) ‘n Vel het, ‘n saambindende struktuur van taalgebruik, tema gebondenheid, karaktervastheid ;
3) Vleis het, die verhaal in sigself, die begin en die einde en dit wat tussenin kom om jou verhaal oor
te dra;
4) Detail is vir my die speserye en garnisering om die verhaal af te rond en ‘n beter, meer omvangryke
lees ervaring te weeg te bring.
My skryfstyl is gebaseer op visuele benadering. Ek skryf asof jy die storie kan volg en ervaar asof op ‘n rolprentskerm.
Dis maar my beskeie benadering as ‘n leke skrywer en ek sal jou en al die ander “storiemakers” op hierdie blad, sowel as die Meesteres van die werf se insetsels/kritiek graag wil hoor hieroor.
Will
Ek is self ook visueel ingestel. Die prentjie is belangrik, maar soms is ek nie seker of die agtergrond dof of helder moet wees nie.
Met “Spokie” is daar min agtergrond, maar die agtergrond is nie belangrik nie.
Vir “Van kos gepraat” is die agtergrond wel vir my belangrik. my vrees is dat ek die agtergrond so goed inkleur dat die fokuspunt wegkruip in die detail, of dat mense verveeld raak voor ek tot die punt kom.
Om die balans reg te kry is my strewe.
Dankie vir die positiewe terugvoer. Ek is altyd bang dat ek oor-skryf.
Daar is al gesê dat ek in die detail vasval…
Vidar hierdie is teksboek materiaal !
Ek bedoel nie aanwysings nie, maar een van die beste voorbeelde ( in detail) van die benadering wat ‘n man kan neem in ‘n eerste sekservaring met ‘n nuwe seksmaat.
Wat sê ons vroue lesers?
Van my kant af: Baie dankie, ek het dit voorwaar met genot gelees (ervaar?..he-he!)
Doet so voort.
Wow……
Ek hou van daai, “dis nie vloek nie, dis n gebed”.
Episode 2 is reeds by onse Maangodin.
Kom ons kyk wat gebeur…
Hy sal gepost word – net bietjie afwisseling eers tussen-in 😉
Onse Edeldierbare hou mos daarvan om ons lus uit te trek – nie waar nie. hehehehehe
Hehe jy sien deur my … miskien was daar nog ietsie …?♀️
Skitterend my maat, skitterend!!!
wow…. mooi geskryf… en glo my die lewe is wreed met sommige mense…as dit waar is dan bevestig dit net weer. Mooi werk met haar.
Ja man! Dis mos hoe dit gedoen word!
Vidar, jou eerste episode van hierdie storie was fantasties. Ek wag in spanning vir die vervolg.