
Suid-Afrikaanse mans is nie meer lus nie.
‘n Onlangse studie deur Pharma Dynamics, wat spesialiseer in mans se seksuele gesondheid, toon dat Suid-Afrika se mans omtrent net helfte soveel seks as hulle manlike eweknieë in ander lande het. Die studie het verder bevind dat 22 persent mans minder as drie keer ‘n maand liefde maak en ‘n verdere 16 persent hulself in sekslose verhoudings bevind. Meer as 500 mans tussen die ouderdom van 18 en 55 het aan die studie deelgeneem. Mariska van Aswegen, woorvoerder van Pharma Dynamics, sê dat mans, ten spyte van wat geglo word, nie altyd lus is vir seks nie. Bekommernisse oor die ekonomie en werk beinvloed hulle seksualiteit. Sy sê dat ‘n man se onderbewussyn sy seksuele begeertes onderdruk om hom teen negatiewe emosies te beskerm. Dit is hoe angs en vrese dan in ‘n seksuele situasie manifesteer.
Sosiale media dra ook tot die afname in seksuele aktiwiteit by. Selfone en skootrekenaars gaan saam bed toe waar werk en ander persone die aandag kry wat jou maat behoort te kry. Vier-en-dertig persent van die respondente het hierdie as een van die redes verskaf waarom hulle nie lus is vir seks nie.
Kombiekiehier betreur ons mans se lus-afname en hoop dat hierdie website saam sal gaan bed toe … gelees sal word … lus sal maak … en dan eenkant neergesit sal word sodat real-life kan oorneem. 🙂