Stop die lus ooit?

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Geriatrix

Nou die dag vertel een van die jong manne die volgende grappie:  Drie bejaarde mans sit op ‘n bankie in die park toe een van hierdie jong dingetjies met ‘n baie kort rokkie en ‘n haltertop verby gedraf kom. Die een ou kyk so en sê:  “Hel boys, het julle daardie bene gesien!  Hulle is pragtig gevorm, bruin gebrand en loop tot amper onder haar skouers.  Ek sal darem graag weer my hande op so ‘n stel bene wil lê.”

Die ander ou kyk so en sê:  “Ek was nog altyd ‘n borsteman; het julle gesien hoe daardie parmantige borsies sonder enige vorm van inperking bons, nee, hel man ek moet daardie goedjies bevoel en dan sommer as haar tepels hard word hulle ook nog suig en soen.”

Die derde ou sit diep in gedagte en na ‘n ruk vra hy:  “Manne, wat het ons nog met hulle gedoen?”

Ek weet die ou wou probeer snaaks wees, want byna driekwart van die gehoor was manne wat al lankal verby die magiese syfer is en vir wie seks, vry en spyker vae begrippe uit hulle verlede is; hy daarenteen het met groot fanfare aangekondig dat hy pas die hoeveelste meisie “op die paal gesit het”.

Dit het my (en ek dink van die ander manne ook) aan die dink gesit – ja, ons dae van ongebreidelde seks en orgies met vele meisies behoort tot die argiewe.  Ook daardie gewag vir daardie gevreesde oproep met die kalender in jou hand.  Maar die snaakste van ‘n argief is dat iemand jare of selfs eeue later in die ou geskrifte gaan krap om weer die verborge dinge na vore te bring.

Een ding waaroor die meeste van die manne saamstem, is dat die aansteek van die lusvuur een van daardie oomblikke is wat almal sal onthou.  Net soos byna elkeen tot op die sekonde kan onthou hoe lank terug hy opgehou het om te rook, kan die meeste manne ook daardie eerste oomblik onthou toe hy vir die eerste keer daardie wonderlike oog gesien het wat ondertoe kyk.

Van hulle was gelukkig genoeg dat sy inwyding met die hulp en leiding van ‘n meer ervare persoon gebeur het en dat hy kans gehad het om behoorlik in die fyner kunsies ingelei te word.  Ander het maar so voel-voel en gly-gly geleer, baie foute gemaak en seker ook meer as sy deel van klappe gekry.

Wat die dames aangaan, is ek op baie wankelrige grond, want so ver ek gehoor het, probeer die meeste van hulle daardie eerste oomblik so diep moontlik in hulle onderbewussyn te plaas.  Vir baie van hulle was dit ‘n onbeholpe (en dikwels effens aangeklamde) jong man wat dalk by vorige geleenthede sy hand op die plek kon lê en dalk selfs met sy vingers kon probeer vasstel wat agter die gordyn is.  Van voorspel en warm vry het hy al gehoor, maar kom ons wees eerlik, as hierdie genotgrot voor jou is, kan geen ding in jou pad staan nie.  ‘n Vriendin het een dag vir haar seun gesê toe hy haar die ‘goeie nuus’ kom meedeel dat sy  ouma gaan word: “I do not care what the circumstances were, I told you many a time that a stiff cock knows no boundaries!”

So vir die meeste van die dames was dit ‘n geval van ‘maak oop, dit sal nie seer wees nie!’.  Daarna ‘n onbeholpe gesoek met ‘n voël wat net een pad ken terwyl sy baas probeer om hom te stuur in die rigting wat hy dink hy moet gaan, dan die versperring van droë lippe wat nie gewoond is aan hierdie inval nie, gevolg deur daardie vinnige ingly, weerstand en dan die voortstorm na die volle diepte.  Een of twee harde stampe – gevolg deur ‘n vloed en die neersak van die ou se lyf op haar en sy onvermydelike vraag: “Hoe was dit vir jou?”  Gevolg deur sy omtiep terwyl hy sy roes uitsnork. En sy probeer om die bloed en semen op te ruim.

Met verloop van tyd en baie oefening (wat nogal moeilik is as sy nog by haar ouers bly!) begin dinge beter loop en sy begin ook meer verstaan van die tegnieke en maniere en julle eksperimenteer al hoe meer.  Julle praat met ander pare en hoor hoe hulle dinge doen; julle kom agter dat die proses meer behels as net bloot bietjie soen, twee vinnige vrywe oor haar borste en dan al die pad doelpaal toe. Nee daar is die genot van haar borste te masseer tot hulle hard en puntig staan; die stadige proses af na haar naeltjie en dan verby die heuningpot met die dye langs om daardie spesiale warmte te voel.  Af na haar enkels  – hoeveel manne het al die moeite gedoen om sy meisie se enkels behoorlik te ondersoek? Haar tone?  Dink aan Fergie se maatjie wat haar tone gesuig het; was dit vir die plesier daarvan of hy ander bedoelings gehad?  Stadig met die kuite op – en die meeste jong meisies het kuite wat die moeite werd is om te ondersoek, op met die knie langs en dan na die binnekant van die dy.  Hierdie is seker die beste deel van die meisie se lyf – sy kan voel waarheen jy op pad is en die warmte word al hoe meer voelbaar.

Teen hierdie tyd is die meisie dalk al so opgewerk dat sy jou hand probeer forseer na waar sy dit wil hê.  Ou girl, ek weet jy wil hê hy moet sy vingers (of liewer dan sy voël) indruk waar jy nou die warmte voel -ja, dit is natuurlik en baie lekker maar gun hom tog ook die plesier om te voel hoe jou warmte hom nader lok.  Dalk is jy al so warm dat van jou sappe begin vloei en die pad vir hom gladder maak – wag die groot lekkerte is op pad.  Sy vingers begin nou nader beweeg en hy voel-voel dalk so oor die oopdyende lippies of dalk besluit hy hy wil eers gaan kyk na die sagste plek op ‘n meisie se lyf – tussen die heuningkoek en die bruin gaatjie, want hoeveel miljoene dosyne eiers het al daar gestamp en nog nie een het gebreek nie!

Op hierdie stadium het hy (en jy!) baie opsies – direk insteek, naai dat die byle huil, kom en dan ontspan om weer voor te begin, of as julle nie meer so jonk is nie stadig aan te gaan en elke opsie en opening te ondersoek. Aan die begin van julle lewe sal dit waarskynlik die pad wees wat julle loop, dalk is die verhouding permanent en duur vir lank, of dalk is dit net die voorspel tot die volgende of vele verhoudings.  Geniet elke oomblik en neem die goeie ervarings saam met jou en laat die slegte ervarings agter.

Hierdie is ook die tyd om alles te ondersoek – dalk het jy (of sy) gedink dat julle alles weet – maar het jy al die klein mannetjie in die boot gekry en gekyk hoe hy redelik skaam is, maar tog wil saamwerk?  Het jy al gekyk na daardie riffie wat van sy kop na die stam van sy voël gaan?  Het jy gedink daar is net een manier om sy voël vas te hou of te stimuleer?  Trek sy voorvel af (as hy een het) en bekyk sy kop, die vorm daarvan, hoe hy spesiaal gevorm is om sy saad op die regte plek te stort en die kop riwwe het om jou die meeste plesier te gee.  Kyk hoe die ou se voël reageer as jy hom bewerk.  Onthou tog net asseblief dat droë wrywing nogal seer kan wees – so maak die ou man so effe (of liewer baie) nat as jy hom hanteer.

Later sal julle dalk ook vorder tot pramnaai of soos die Engelse dit noem ‘tit fucking’.  Dit is sekerlik stimulerend as jy jou borste teen mekaar druk en hy sy voël tussen hulle pomp – partykeer kom hy en skiet dan jou hele gesig vol.  Party meisies hou daarvan, ander weer nie.  Dit hang alles af.

Dink dalk anders daaroor – in plaas van dat hy jou tiete naai, gebruik die stywe puntjie van een of as jy avontuurlustig is, sommer altwee en stimuleer sy pielkop.  Dit kos miskien bietjie oefening, maar dit sal die moeite werd wees.

Kyk hoe jy die klein mannetjie kan kry om sy kop uit te steek. Hy is nogal skaam om sy gesig te wys, maar as jy hom eers geleer ken het, is hy een van jou beste vriende wat vir jou en haar oneindige plesier kan verskaf!

Vind uit hoe sy prostaatklier werk – die pad daarna toe is nou nie van die beste nie, maar as jy eers die vooroordeel oorkom het en hom masseer, sal jy die dividende lank geniet.  So manne en vroue, daar is nie net drie plekke aan ‘n meisie en een aan ‘n man nie – daar is baie, jy moet hulle net soek!

Statisties is hierdie ook die punt waar die meeste verhoudings of voortgaan of stadig uitmekaar beweeg – elkeen wat sy of haar ervarings na die nuwe verhouding te neem.  In hierdie opsig beweeg ek op braak terrein en ek sal liewer nie verder uitbrei nie – ek laat dit in die bekwame hande van die kundiges.

As julle deel van een van die twee uiterstes van die klokdiagram is wat of totaal opbreek en nie weer ‘n verhouding vorm nie – geniet die herinneringe, want hulle is kosbaar.  As julle aan die ander kant daardie klein persentasie vorm wat voortgaan met die verhouding is dit die begin van die ‘eksperimentele fase’.  Dit is die tyd waarin jy goed soos 69 ontdek en ook hoeveel ander maniere daar is om jou dame te bevredig en vir haar om jou te bevredig.

Dalk het julle die Kama Sutra in ‘n boekwinkel raakgeloop en probeer nou al die posisies, sommige van hulle verg nogal baie soepelheid, maar ander is weer vir ons gewone mense – geniet dit ook!

Onvermydelik kom die dag dat hoe hard die meisie ookal probeer, die ou net doodeenvoudig nie wil of kan reageer nie – gewoonlik totale paniek en selfs verwyte of beskuldigings dat hy so baie by die skelmpie kry dat hy dit nie meer kan regkry nie.  Gewoonlik is dit net tydelik, dalk te veel spanning by die werk, oorangstigheid om haar te bevredig, daar is seker duisende redes voor.  Die beste is om dit te aanvaar en haar te stimuleer op maniere wat jy dalk al van vergeet het of dalk nooit aan gedink het nie; heel dikwels kom dinge vanself reg en in ander gevalle is dit maar dokter toe – gewoonlik eindig dit met ‘draai op jou linkersy, kop na die muur toe en trek jou knieë op’.  In die ouer dae was dit net mans, maar vandag is daar van die mees aantreklike uroloë wat jou ondersoek.  Dalk moet ‘n ou dit maar as ‘n bonus beskou?

Partykeer kry jy ‘n voorskrif vir daardie blou pilletjies – as jy dan in die ry staan om jou pakkie in ontvangs te neem, vra die jong apteekdame kliphard terwyl jy nie weet waar om jou kop in te druk nie: “Weet meneer hoe om hierdie te gebruik?  Neem een so ‘n uur voor die seks.”  Dit is die slag wat jy dankbaar is dat jy 200 km gery het om nie by die plaaslike apteek te koop nie – net om as jy by die deur kom, vas te loop in jou buurman!  Hy koes ook en julle maak asof julle totale vreemdelinge is.

Later werk die ou blouetjie ook nie meer so lekker nie en van ons verhuis dalk hoofkantoor toe – terwyl die meisie in jou lewe nog met so ‘n paar pilletjies sit wat sy met haar saamneem aftree-oord toe.  Net vir ingeval.

Vir die wat nie gou met die lang swart kar gaan ry nie, is daar darem nog altyd die lekker lê, partykeer selfs amper iets te probeer, maar meer dikwels sommer net geniet.  So al is die lus dalk nie meer so sterk as lank terug nie, verdwyn dit nooit nie.

Laat my dink aan die grappie oor die Amerikaners wat tydens die Koue Oorlog baie Russiese dokumente in die hande gekry het – daar was net soveel vertalers en hulle kon nie byhou nie.  Een van die rekenaarfundi’s stel toe voor dat hulle kyk of die masjien nie kan help nie.  Die masjien is gebou nou net vir die toets.  Dit moet iets besonders wees, soos Armstrong se ‘one small step for man, one giant leap for mankind.’  Toe kies hulle die teks – ‘the flesh is willing but the spirit is weak’ – tik dit in die masjien in en hier kom ‘n hele klomp Russiese letters uit; wat hulle nie kan lees nie.  Oplossing tik die Russies in die masjien in en kyk wat uitkom.  Toe die drukker klaar is, staan daar ‘the steaks are OK but the whisky is bloody lousy’.

2 thoughts on “Stop die lus ooit?

  • Geriatrix

    Willewil,

    Dankie vir die kommentaar. Julle ouens sal maak dat ek begin dink dat die (s)onderwyser wat jare gelede in my opstelboek geskryf het ‘jy kan probeer so hard as jy wi, maar jy sal nooit ‘n leesbare storie skryf nie’ tog verkeerd was!

    (On)gelukkig het sy al reeds haar laaste reis met die lang swart kar gery so ek kan nie vir haar die storie wys nie.

    Reply
  • Willewill

    ‘n Baie amusante, tong-innie-kies relaas uiters genotvol deur Geriatrix aan ons opgedis, net soos so baie van sy vorige bydraes !
    Tog is die algemene omvang van die storie in die kol aangebied en ek’s seker meeste lesers kon ‘n oomblik daaruit identifiseer of herinner.
    Dankie, ek het dit baie geniet !

    Reply

Leave a Reply to Willewill Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)