Speeltyd
deur Saffie
Rudi en ek is al maatjies van kindsbeen af. Hy en sy twee ouer susters het ‘n paar huise bo ons in die straat gebly. In standerd drie het ons die eerste keer saam gemasturbeer. Rudi het toe al ‘n groter totter as ek gehad. So ‘n lang, dun een wat hy trots rondgeswaai het. Hy’t weer my kort dik meneer met afguns bewonder. Saam het ons deur sy pa se Scopes geblaai, wat hy onder in sy kas weggesteek het. Die wonderlikste ding het gebeur wanneer ons na daai vrouens in die tydskrif gekyk het, ons voëltjies was stokstyf na ‘n paar sekondes.
Sy twee ouer susters het ons gereeld op Sondae middae onder oë geneem en “voorlesings” oor seks gegee. Dis waar beide van ons inligting aangaande seks vandaan gekry het. ‘n Paar jaar later gedurende standard vyf, het ek en Rudi by ‘n bende aangesluit. Ons het weekliks vergader in ‘n ou murasie buite die dorp. Hier is ons seksvoorligting tot ‘n nuwe vlak geneem. Ons het uitgevind watter meisies in die hoërskool het al seks gehad en met wie. Ouens met die grootste voële in die skool is bespreek. Een van die bendereëls was, dat die res van die groep moes breedvoerig ingelig word, indien jy seks met ‘n meisie gehad het. Dit het nooit gebeur nie.
Verder het van die ouens foto’s van kaal meisies wat hulle uit hul pa se kas gesteel het, saamgebring na ons byeenkomste. Die vrouens is tot in die fynste detail bekyk en bespreek. Ons het toe begin met draadtrekkompetisies. ‘n Foto is op die grond geplaas en ons moes almal ons broeke aftrek en in ‘n kring om die foto gaan staan en masturbeer. Die ou wie eerste gekom het, was die wenner. Later toe die bende opgebreek het en ons ouer geword het, het die tydverdryf tot ‘n einde gekom. Die meeste van ons, het ons eerste liefde ontdek en toe ons skool verlaat het, het die groep uitmekaar gespat.
Ek en Rudi en ‘n paar ander ouens het egter kontak behou. Selfs gedurende ons weermagdae en daarna, het ons nog gereeld mekaar raakgeloop en ons ewige vriendskappe verseël met groot drinksessies en by morsige braai-aande. Rudi het intussen vreeslik verlief geraak en dinge het vir my ernstig gelyk. Hy was gereed om te trou en ‘n familie te begin.
Verlede maand kom Rudi by my aan een middag na werk – stukkend. Ek’t hom nog nooit so ontsteld gesien nie. Sy girl het hom gelos en die verhouding verbreek. Sy sê sy wil nie trou nie. Sy’t besef dat sy eintlik na iemand soek wat haar kan aanvul op ‘n meer emosionele en spirituele vlak! Wat ‘n spul stront. Ons huil letterlik op mekaar se skouers. Ek haat dit om hom so te sien. Rudi is ‘n goeie ou. Hy’s intelligent, met ‘n goeie humorsin en sal nie ‘n vlieg skade aandoen nie. Daar bly net een ding oor, hy moet die hoofstuk toemaak en hoe gouer hoe beter.
Vrydagaand braai ons by my huis. Rudi is baie beter en na ‘n paar wyne lag weer. Ons begin gesels oor die ou dae. Die army, skool, musiek, die ekonomie en meisies. Later oor ons draadtrekkompetisies. Uit die bloute sê Rudi – “ek en jy het nog nooit ‘n girl saam gespyker nie”. Hy weet van my sekskapades met meisies van die nag. Ek skakel dadelik vir Natalya, maar sy’s oppad uit op besigheid. Sy gee my haar vriendin, Maya, se nommer en sê ek moet haar skakel en sê sy’t my verwys.
Beide meisies is van die Oekraïne en onwettiglik in Suid-Afrika. Hulle is sogenaamde “high class hookers” en werk net op verwysings. Maya kan oor ‘n uur hier wees. Haar fooi van R2 ,000 vir twee uur se pret met ons is hoog, maar indien sy enigiets soos Natalya is, is ek bereid om dubbeld soveel te betaal. Verder drink sy net Pongracz en soek ook iets om te eet. Enigste voorskrif wat seks aan betref, is dat ons kondome moet gebruik en sy doen nie enige bondage nie.
Ons hoor hoe die taxi haar buite die huis aflaai en sy lui die voordeurklokkie. In perfekte Engels stel sy haarself voor en toe ek haar aan Rudi voorstel, sê sy in Afrikaans – “bly te kenne”. Sy kan sien ons is beide beïndruk met haar. Rudi neem haar uit op die stoep na die braai-area waar die kos wag. Ek gaan haal ‘n bottel sjampagne en skiet die prop af, soos ek aangestap kom. Maya is korterig met blonde hare, heerlike lyf en groot borste. Sy’s aangetrek in ‘n swart laehals knierok en swart hoëhak sandale. Die rok span styf om haar borste en boude. Sonder om iets te sê, weet ek ons beide is reeds super lus vir haar lyf.
Ons staan langs die tafel en knibbel aan die braaivleis en sip aan die sjampagne. Toe Maya haar bordjie neersit, knipoog ek vir Rudi en ons gaan staan beide teen haar. Sy glimlag, sit haar glas neer en plaas haar arms om ons nekke en trek ons nader. Sy begin vir Rudi soen en steek haar pienk tong uit soos ‘n luislang wat sy prooi toets. Ek lig die dun rokpand en brabandjie van haar een skouer en lek haar sagte vel. Sy proe souterig en haar parfuum bedwelm my liggies. Elkeen met ‘n harde horing in ons broek, druk ons onsself styf teen Maya vas. Sy kreun saggies toe Rudi haar deur haar rok tussen die bene begin vryf en ek terselfdetyd haar boude soos outydse brooddeug begin werk.
Ek stel voor ons gaan binne die huis en sy stap voor ons uit na die voorkamer. Toe sy verby die eetkamertafel stap, stop ek haar en vra dat sy van al haar klere ontslae raak, behalwe haar swart deurtrekker. Ek kyk om en sien hoe Rudi sy skoene uitskop en sy klere uittrek. Ek laat nie op my wag nie en raak van my klere ontslae. Ou Rudi is nou skielik heetemal oor sy hartseer en vra Maya om hande-vier-voet op die tafel te staan, met haar boude in die lig. Sy voer die bevele uit asof sy ‘n robot is. Hy trek die deurtrekker uit haar spleet en oor haar een boud, sodat haar koekie soos ‘n ryp vy tussen haar bene hang. Ek draf kamer toe om die kondome te kry. Met my terugkoms, sien ek hoe Rudi voor haar staan en sy suig daai lang tril van hom met oorgawe.
Ek haal ‘n piesang uit die vrugtebak op die tafel en skuif dit na die kant. Maya weet onmiddellik wat om daarmee te doen. Sy gaan lê op die kant van die tafel met haar bene wyd oop en in die lug en druk daai piesing tot by die steeltjie in haar sappige vleespaleis. “Goeie bliksem” prewel Rudi. So staan ek en Rudi voor haar en masturbeer, terwyl Maya haarself werk met die piesang. Die beelde van ons draadtrekkompetisies flits deur my gedagtes.
Ek voel hoe my sappe in my lende begin opstoot, leun vorentoe en trek die piesing uit Maya se snuif. Rudi gaan sit op een van die eetkamerstoele en trek ‘n kondoom oor sy meneer. Sy kniel oor hom en druk hom in haar kwakertjie tot teen sy balsak en begin ry. Ek staan nader en druk myself saggies in haar kringspier tot ek voel hoe sy klem oor die hele lengte van my skag. Die dubbele penetrasie laat Maya grom diep agter in haar keel. So pomp ons onsself al nader aan die afgrond.
Sy lig haarself van Rudi af en vra of ons saam wil kom. Met knikkende hoofde, gaan hurk sy op die voorkamermat en vra dat ons weerskante van haar kom staan. In tandem pluk en suig sy ons beide. Ek kan myself nie meer inhou nie en skiet my skoot met taai strepe oor haar twee ronde ronde borste. Terselfdetyd blaas Rudi sy sappe in haar mond dat haar wange byna uitbol.
Later daai aand met beide gaste weg, word die huis stil. Ek gaan staan teen die eetkamertafel en wonder hoe lyk daardie murasie deesdae.