Maak dit haar ’n ‘slet’?
INGRID HEŸDENRŸCH skryf oor “slut-shaming” en die dubbele standaarde wat steeds heers wanneer iemand oor vroue se seksuele gewoontes praat. Gaan lees gerus die hele artikel hier. (En moenie die kommentaar mis nie – dit wys hoe lang pad ons nog het om te loop 🙁 )
Wat dink jy hiervan?
3 COMMENTS
Waar kan ek Ingrid se oorspronklike artikel lees. Groot help asseblief
Ons het ook hierdie kommentaar van Saffie af ontvang:
Ek ken nie die oplossing nie, maar ek wil nog ‘n stuiwer in die armbeurs gooi. Ek’t ondervind dat daar van ons mans in SA konteks (en ook elders) verwag word om “jagters” te wees. Ons moet uitgaan en girls soek. Indien jy nie ‘n girl kan date nie is daar iets “fout” met jou. Ek was baie gelukkig en het die druk gou verwerk. Ander ouens nie. Ons moet “wys” ons is ‘n “regte” man. Indien dit nie werk nie, voel die ou se ego gekrenk. Sommige ouens gaan vir sg “los” girls. Indie die meisie/vrou nie saamspeel nie, kan dinge nasty raak.
Die ergste van alles is dat baie mans wat hulle aan sletbeskaming skuldig maak gewoonlik, as niemand kyk nie, ‘n kans sal vat om daai einste “slet” in die bed te probeer kry. En om nie te praat nie van die skynheilige ou tannies wat, toe hulle jonk was, lekker by die inry agter in die kar gesteek het en nou so maklik sletbeskamend teen ‘n sexy aangetrekte meisie kan uitvaar.