Slet

– ‘n komkommerkie filosofeer

 

slut

 

 

Ek hou van seks.

Ek hou van my lyf.
Ek hou van orgasmes.
Ek is ʼn slet.

Ek is ʼn vrou.

Om bo-genoemde sinne in een paragraaf te skryf, is ongehoord, selfs sondig. Hulle is veronderstel om “mutually exclusive” te wees. As jy dalk met die stellings saamstem, is jy beslis nie veronderstel om dit hardop uit te spreek nie, want die skyn is baie, baie belangriker as wie jy werklik is en wat jy eintlik begeer.

Jy mag van seks hou, maar net in die geheim en in jou en jou man se slaapkamer.
Jy is nie veronderstel om van jou lyf te hou as dit nie soos dié in tydskrifte lyk nie.
Jy kry nie orgasmes nie of net met moerse moeite. Of jy het nie tyd vir orgasmes nie.
Jy kan nie ʼn slet wees as jy manlik is nie – dán is daar nie eens ʼn woord om jou seksuele ywer te beskryf nie. Maar as jy ʼn vrou is word jy baie, baie maklik ʼn slet of hoer of los genoem – en altyd in die vieslikste moontlike stemtoon.

“Ek is ʼn vrou” hoor jy nooit saaam met enige van die eerste sinne nie.

Maar ék ís – al bogenoemde.

Die HAT beskryf ʼn slet as ʼn onsedelike, ontugtige vrou; hoer.
Die samelewing gebruik hierdie woord om iemand te beskryf wat met baie mense seks het of wat met iemand seks het met wie sy nie in ʼn vaste verhouding is nie of soms is dit sommer net iemand wat, om Kinsey verkeerd aan te haal, meer seks as jy het.

Dossie Easton en Catherine A. Liszt wat die boek The Ethical Slut geskryf het, het egter ʼn ander definisie:

A slut is a person of any gender who has the courage to lead life according to the radical proposition that sex is nice and pleasure is good for you. We believe that sex and sexual love are fundamental forces for good – activities with the potential to strengthen intimate bonds, enhance lives, create spiritual awareness, even change the world ….. we believe all consensual sexual choices have these potentials – that any sexual pathway, consciously chosen and mindfully followed, can be a positive, creative force in the lives of individuals and their communities.
A slut shares her sexuality the way a philanthropist shares her money because they have a lot of it to share, because it makes them happy to share it, because sharing makes the world a better place….. Imagine living in sexual abundance!

Op hierdie webwerf skryf en praat ons seks. En ons verkoop boeke oor seks. Dis boeke vol warm fantasieë en warmer filosofieë en erotiek wat drup, drup, drup. In Afrikaans, nogal! Ons praat nie oor hoe sondig seks is nie, ons glo nie noodwendig dat monogamie die enigste opsie is nie en alhoewel ons glo dat seks veilig beoefen moet word, is dit nie ons doel om daaroor op te voed nie – daar is baie ander mense wat dit reeds doen. Ons glo dat enigiets wat tussen twee (of meer) consenting instemmende volwassenes gebeur, aanvaarbaar is. En dat dit niks met iemand anders te doen het nie. Ons is seks-positief.

To say one is “sex-positive” is not to say that “all sex is good” or even that “everyone should have sex.” To be sex-positive is to be open to all sexual possibilities and sexual diversity, without assuming that there is any central, fundamental or ideal form of sexual expression or identity. – Kath Albury

Hier by ons op die webwerf is ʼn vrou vry om te wees net wat sy wil wees. Ons verwelkom jou. ʼn Vrou wat haar seksualiteit omhels en uitleef is in ons boekies Godinne. Daar buite is dit natuurlik anders:

Heterosexual women function culturally as both the most and least perverse of all sexual categories. We are considered the least perverse because we are supposed to have the least amount of actual sexual desire. Sure, there’s probably something dysfunctional if we don’t want the occasional nookie, but normally we just want our men to provide the three C’: Cuddles, Commitment and Cleaning. And of course, we want to Have It All – man, career and kids. Sex is part of the package but not really that important.

On the other hand, a heterosexual woman who actively asserts and exercises sexual desire and agency is the most perverse of all perverts. If she wants sex with men (especially dirty, non-productive practices like anal sex), she’s very, very unnatural. In fact, she’s so unnatural that we can’t believe she’s for real – obviously she’s just pretending to pander to male lust …. But many, many (women) enjoy dirty sex as much as men do. That enjoyment comes mixed with guilt, shame and ambivalence, for both men and women. – Kath Albury

ʼn Slet is volgens die tradisionele defisisie ʼn onsedelike vrou. Wie bepaal hierdie sedes? En leef die-wat-weet hulle eie waardestelsel uit, of leef hulle ook die skyn?
Is dit beter om te lyk of jy sedelik leef en die kat in die donker te knyp, of is dit beter om openlik, maar eerlik onsedelik volgens die standaard van die samelewing te wees?

Ons glo dit is moontlik om ʼn etiese slet te wees. Dis moeilik, maar moontlik. Om jou eie seksualiteit uit te leef sonder om iemand anders in die proses seer te maak vereis eerlikheid. En dapperheid. Méér as oop bene, behels dit ʼn oop verstand. Die meeste van hierdie vereistes is net té harde werk, té moeilik.

Maar ons kan probeer. Dis tyd. Vir vroue. Vir almal.

 

 

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Slet

  • Apr 10, 2014 at 6:45 am
    Permalink

    Emansipasie van die vrou het tot by die Werksplek en die Politiek en die Kombuis gevorder. Die Slaapkamer staan nog toe! Dis tyd. Vir Vroue. Vir Almal.

    Reply
  • Apr 8, 2014 at 10:04 am
    Permalink

    Dit wat jy hier beskryf is wat baie mans soek (My opinie)… Wel… Dit is wat ek soek. Dalk die rede dat my vrou my nou gaan skei…. ek soek TEveel… Mens kan mos nie net 1 / 2 keer ‘n maand die “misionary” posisie doen en happy wees nie ? Ek wil “explore”, nuwe goete probeer, en dit alles met ‘n oop denkswyse. Waar soek mens so iemand ? 🙂

    Reply
    • May 3, 2014 at 4:04 pm
      Permalink

      🙁 ek kom agter sulke iemande is maar skaars

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)