Kliek
deur Diepseun
Ons is in die kamer. Sy het vir my kom kuier. Dit was ‘n heerlike uitstappie buite in die lenteweer en die naweekluiheid oorval ons soos ‘n dief. Ons plof op die sofa neer en gesels oor koeitjies en kalfies. Ons glimlag baie en maak grappies. Af en toe spot ek haar so ‘n bietjie of steek vir haar tong uit. Dan slaan sy my speels op die skouer of arm en maak of sy geskok is.
Die gesprek dwaal na fotografie. Ek noem dat ek hou van foto’s neem en dit geniet as mense vir my poseer. Ek vra wat sy dink van naakfoto’s. Sy glimlag skalks en sê dat sy dit nogal sou geniet om ‘n model te wees. Maar sy het nooit regtig in die scene gekom nie.
“Nou hoekom poseer jy nie vir my so ‘n bietjie nie,” vra ek met ‘n reguit gesig. “Dan kyk ons wat daar uitkom.”
Sy talm so ‘n bietjie maar sê dan ja. Ek kry solank my kamera. Toe ek omdraai is sy al in haar onderklere, wat haar mooi kurwes goed beklemtoon. Haar goed versorgde wit vel blink aanloklik in die sonlig. Sy sit op die bed en glimlag vir my. Haar mooi blou oë flonker en ek kry so ‘n bietjie hoendervleis.
“Hou daai eers so ‘n rukkie aan,” sê ek. “Die venster van bo skyn lekker op die bed, hoekom lê jy nie so bietjie op jou rug nie, jou arms agter jou kop, jou een knie so ‘n bietjie na bo gebuig. Daar’s hy, net so.”
Kliek, kliek. Nog so een, twee posisies.
“Goed, kom ons gaan ‘n bietjie verder nou,” sê ek en knipoog. Sy glimlag en haar hande beweeg na haar rug. Sy raak ongeduldig met die agterkant van die bra en besluit om dit sommer heel uit te trek. Met die uittrekslag protesteer die borste nog so ‘n bietjie terwyl die bra boontoe getrek word, al hoe stywer en stywer teen die vel. Uiteindelik word die laaste stukkie materiaal boontoe getrek en is hulle vry. Hulle bons nog ‘n bietjie op en af en vind dan hulle rusposisie. Heerlik vol en puntig.
My hart mis ‘n slag en ek sluk terwyl sy afbuk en haar broekie uittrek. Nadat sy dit optel, kom sy weer orent en gooi haar kop agteroor, waarna sy haar elmboë oplig en haar donker hare bietjie regmaak. Haar wonderlike vol borste staar reguit na my. ‘n Bietjie verder ondertoe haar bossie, welig, geheimsinnig en aanloklik. Ek voel ‘n natterige styfte aankom.
“Jy lyk pragtig,” sê ek en glimlag. Sy glimlag skamerig terug.
Ons doen nog ‘n paar foto’s. Eers sit sy op die punt van die bed terwyl sy haar borste toehou. Daarna leun sy sittende agteroor met haar arms agtertoe om haar te ondersteun, terwyl sy wegkyk. Dan leun sy vooroor met haar knieë effens gebuig, haar kop sywaarts op die knieë. Nog een waar sy sywaarts op die bed lê. Voor en agter.
Sy rol stadig van haar sy op haar rug vir die volgende posisie. Met die beweging aksentueer die lig op verskillende maniere haar hoogs aantreklike vroulike kurwes. Haar gladde bene skuur liggies teen mekaar. Haar borste bons so effens na die een kant toe en dan weer na die ander kant toe voordat ekwilibrium bereik word. Sy maak ‘n ligte “hmm” en maak haar oë toe – dis ‘n lekker gerieflike bed.
Ek is nou byna stokstyf. Dit help nie dat sy op hierdie oomblik nog besluit het om haarself uit te strek nie. Haar arms gaan agtertoe en haar borskas maak ‘n boog. Nog ‘n “hmmmmm”.
Ek sluk weer. “Nou dit is hot, bly vir ‘n paar sekondes net so,” sê ek. Kliek, kliek. Ons doen nog ‘n paar posisies. Sy hou weer haar hande oor haar borste, volgende druk sy hulle teen mekaar vas met haar voorarms van die kant af, met die tepels in die middel langs mekaar wat vir my terugloer. Ek gaan van onder af, eers kruis sy haar bene kamma skamerig en dan maak sy hulle oop vir my. Sy bring haar knieë op, ek neem nog ene van haar bene en boude terwyl sy uitlokkend oor haar skouer vir my kyk.
Terwyl sy nog lê, sit ek die kamera neer, bring my gesig nader aan hare en fluister: “Jy weet, ek is nou nogal baie lus vir jou.” Sy glimlag terwyl haar blou oë my op en af bekyk.
Ek buk vooroor en soen haar. My een hand streel oor haar hare en hou haar kop dan liggies vas terwyl ons vry. Ek hou skielik op en staan weer regop. Ek trek my hemp uit en gooi dit eenkant in ‘n hoek. Sy kom orent en begin my broek losmaak. Toe die ritssluiter afkom sien sy my enorme horing wat my bokser se rekgrense toets op ‘n manier wat min aan die verbeelding oorlaat.
“Nou wat het ons hier?” sê sy, weer kamma verbaas. Sy bring haar hand op en bevoel en bevryf dit deur die materiaal. Haar vingerpunte vryf saggies oor die nat kolletjie wat al seker ‘n kwartier of langer gelede daar begin vorm het. Dan trek sy die bokser stadig af.
Ek asem swaar in en uit terwyl sy stadig en sensueel my kloppende penis op en af lek. Heerlik, sag, maak sy ‘n draai onder by my knaters. Dan weer by die horing op en uiteindelik by haar mond in.
Ek kreun hoorbaar sonder om myself te kan help. Stadig laat sy my manlikheid in en uit gly, terwyl sy wondere verrig met haar tong en wange. Ek beaam telkens die wenslikheid van die huidige situasie terwyl ek liggies met haar hare speel.
Opeens laat sy dit uitgly. Sy kyk op na my en staan stadig op van die bed. Automaties vat ek haar welgevormde boudjies en druk myself teen haar vas. My horing druk hard teen haar sagte magie. Ons neuse raak aan mekaar en ons glimlag. My hande beweeg op vanaf haar boude, stadig oor haar rug van onder af boontoe, bo-oor die skouers en kom in ‘n ligte greep op haar bo-arms te lande. Stadig lig ek haar tot op die bed in ‘n liggende posisie. Ek lê op my bors en voorarms, tussen haar bene. Ek maak met haar oogkontak en knipoog. Haar asem is vlak van die verwagting van wat gaan kom.
Ek trek haar bene apart en kom boontoe. Ek begin met ‘n ligte, stadige lek op haar vulva, wat reeds effens nat is. Steek bietjie my tong in en lek weer. Dan suig ek bietjie met my lippe. Terug na die lek. Sy is mal oor lek. Ek kom boontoe en laat my tong gly oor haar maag, tussen haar borste. Ek soen haar in die nek terwyl ek met my regterhand haar linkerbors masseer. My horing druk weer speelsgewys op die bekken-area.
Ek gaan weer af om verder te eet. “Hmmmmmm” sê sy. Sy is beslis bietjie natter nou. Ek sit regop en sit bietjie spoeg op my vinger. Binnetoe. Eers stadig, dan vinniger, dan weer stadig. Ek krul my vinger so bietjie. Nou twee vingers. Ek gaan lekker vinnig. Ons kyk na mekaar. Sy het daardie uitdrukking op haar gesig, die een wat vra om asseblief tog nie te stop nie. Ek vinger haar totdat my arm lam is. Rus, en dan nog ‘n bietjie. Sy kreun. “Oh baby…” vorm haar lekker lippies en sy sug.
Ek kom weer boontoe. Op pad suig en lek ek haar harde tepels. Ons vry, ek haal swaar asem. Ek is nou regtig fokken hard.
Ek lig haar bene op en gaan in. Ek leun terug. Dit is heerlik sag en nat. Ek kan voel hoe haar poeswande my manlikheid omklem. Asof sy met haar hele liggaam vir my wil sê, jy is myne, ek sal jou nie laat gaan nie, dit is nou net jy en ek.
Ons fok mekaar stadig en sensueel. Ek moet konsentreer om nie dadelik in haar te kom nie. Ons albei kreun, vrou en man, hoog en laag, in mekaar gestrengel in hierdie oomblik van perfeksie.
Uiteindelik kom ek boontoe. Tussen swaar asemhaling soen ek haar en lig haar op. Sy kom orent, ek gaan lê op my rug. Ons hou aan met ons ritmiese tweespel. Sy leun vorentoe, vol borste in my gesig. Ek draai my gesig heen en weer en voel hulle tekstuur, hoe hulle meegee. My tong glip oor haar tepels. Ek bring my hande boontoe en gee hulle die aandag wat hulle verdien. Sy sit weer regop en ek kyk hoe haar tiete vry rondbeweeg terwyl ek haar met my bekken oplig en afbring, op en af, soms skeef sodat ek my penis in haar kan rondwikkel. Stadig, vinnig, stadig, terwyl ek met haar borste speel, met haar hare, oor haar boude en bene.
Vinniger en vinniger. Ons albei sweet. Ons stemme gaan op in ‘n crescendo. Ek probeer nog uithou, nog net ‘n paar sekondes, nog ‘n bietjie, nog ‘n bietjie…en dan kan ek nie meer nie. Ek verloor beheer oor myself. Ek kreun hard en ruk op en neer terwyl my sappe by haar instroom. Sy gooi haar hare agteroor, los ‘n gilletjie en maak haar oë toe terwyl haar lyf op en af skud saam met myne.
‘n Halwe minuut later val sy langs my neer. Ek speel met haar hare en soen haar. Streel liggies oor haar lyf. Vryf speels oor haar nat klit.
“Ek is nog nie klaar nie,” fluister ek vir haar…