Skrywersdagboek

Hoe lank gaan ek lees: 13 minute

deur iYati

 

“Mag ek maar vir jou iets sê?”

“Enige tyd. Ek verwelkom kritiek.”

“Wel, dit is darem nie negatiewe kritiek nie. Dit is uhm…”

“Dit is wat? Sê gerus.”

“Wel, moet asseblief nie dink ek doen dit gewoonlik nie, maar jou stories maak my… Maak my redelik mallerig.”

“Mallerig? Nou maak jy nuuskierig.?”

“Ja, mallerig. Jire ek bloos bloedrooi.”

“Hmmm, bloedrooi sê jy? Wat doen die storie nog behalwe om jou bloedrooi te laat bloos?”

“Laat ek jou so antwoord, ek wens ek kan beleef wat sy in die storie beleef.”

Wel, dit was die eerste gesprek. Om eerlik te wees nie ’n gesprek wat ek ooit gedink het tot iets anders sou ontwikkel nie. Moenie ’n fout maak nie, skrywers hou daarvan wanneer lesers reageer op wat hulle skryf. Erotiese skrywers is nog meer mal daaroor wanneer ’n vroulike lesers jou kontak en erken dat sy bloedrooi bloos en wens sy was die karakter. Aan die ander kant is die meeste skrywers ook erge realiste. Dinge soos rykdom en oornag roem en toue gillende vroulike ondersteuners weet ons hoort eerder in Hollywood flieks as in die werklikheid…

“Wil jy regtig die karakter in die storie wees?” Vra ek haar tydens een van ons gesprekke. Sy, kom ons noem haar maar Susan, antwoord dat sy baie graag sal wil. Kyk, my lewensfilosofie is basies dat alles wat lekker en goed is lekker en goed is en daarom ten alle tye nagejaag moet word. Dit gesê, daar is darem ook ’n verskil tussen ’n vinnige seksuele ontmoeting en dit wat Susan wens met haar moet gebeur. Maar, die lewe is kort en dit wat ’n mens vandag voor nee sê sal jy tien teen een môre oor spyt wees…

***

Dit is net voor elf die oggend. Ek sit by die kroeg toonbank in een van die oudste hotelle in Kaapstad. My instruksies aan Susan was baie duidelik. Presies elf uur moet sy by die hotel instap en by een van die tafeltjies gaan sit. Sy moet ’n glas wit wyn bestel en wag vir instruksies. As sy laat is, sal dit gevolge hê… Twee minute oor elf gaan die donker hout deure oop. Susan stap binne en kyk senuagtig op haar horlosie. Ek kyk nie direk na haar nie, maar sien in die refleksie van die spieël agter die toonbank dat sy redelik senuagtig voorkom. Met onnodig oordrewe handeling kyk ek op my horlosie. Die refleksie in die spieël bevestig dat sy my sien. Sy weet sy is laat. Na haar tweede of derde sluk aan die glas wyn gee ek die koevert aan Salvino, die kroegman met wie alles vooraf gereël was vir ’n redelike fooitjie. Hy sit woordeloos die koevert voor haar op die tafeltjie neer voor hy weer terug agter die kroegtoonbank kom staan en glase opvryf.

Sy talm ’n rukkie en vou dan die oorslag van die koevert oop waarna sy die handgeskrewe blaadjie uittrek…

“Voordat jy verder lees of handel, hierdie is jou laaste kans om op te staan en te loop. Ek sal dit verstaan as jou moed jou begewe en jy nie wil voortgaan nie. Indien jy egter bly weet dan dat jy van hierdie oomblik nie meer in beheer is nie. Jy sal doen wat ek sê, wanneer ek dit sê. Enige afwyking of weiering sal straf tot gevolg hê. Jou veilige woord is ‘strooihoed’. Jy ken die reëls rondom die gebruik daarvan.

Jou SMS instruksie was om nie te pie voor jy hier opdaag nie. Ek hoop vir jou part jy het nie. Jy sal nou, daar waar jy sit in jou broek pie. Net genoeg dat ek dit kan sien. (Ons wil nou nie ’n plas van jou pis op die vloer hê nie, wil ons?) Vyf minute daarna sal jy opstaan, na die kroegtoonbank toe loop en vra hoeveel jy skuld. (Salvino sal sê dat dit klaar betaal is) Daarna sal jy na die hysbak toe loop en daarmee na die derde vloer gaan. Die kamer nommer is 302. Daar sal jy voor die deur wag tot ek jou inlaat.

PS: Indien jy laat was, sal jy in die hysbak jou pis broek uittrek, (Ek hoop jy het ’n panty daaronder aan.) en met die broek in jou hand voor die deur van 302 wag.”

Die uitwerking van die instruksie nota is baie duidelik op haar gesig. Skok, vrees, vernedering, angs, opgewondenheid… Alles emosies wat so duidelik soos foto’s oor haar gesig spoel. Ek kan letterlik die oomblik sien waar sy die besluit neem. Sy tel die glas op, neem ’n sluk van die wyn, sit die glas terug op die tafel, haar bene gaan effens, amper ongesiens, oop. Ek kan die konsentrasie op haar gesig sien soos sy haar pie bietjie vir bietjie uit haar laat kom. Die hoek waarteen ek alles sit en dophou verhoed dat ek haar ten volle kan sien, maar dit wat ek op haar gesig sien vertel die hele storie. Rooi vlamme staan teen haar nek uit. Haar wange se rooi is intens. Haar oë, sien ek nyg afwaarts maar haar kop bly regop… Vyf minute is verby. Die stoel skuif agteruit, Susan staan op, neem haar handsak en stap die sewe tree tot by die toonbank. Haar ligte kleur denim is donker waar die pie deurgeslaan het. Wanneer sy wegstap sien ek dat die resultaat aan die agterkant heelwat meer opvallend is as die aan die voorkant. Ek staan op en begin met die trappe opstap tot waar ek weet Susan op die derde vloer vir my sal wag.

Wanneer ek die eerste trappe tussen die tweede en derde vloer begin klim hoor ek die deur van die outydse hysbak op die derde vloer oopgaan. Met die laaste paar trappe voor ek op die vloer aankom voor my, wonder ek of sy wel haar broek uitgetrek het soos ek beveel het in die nota. Ek dink aan die gesprekke wat ons voor die tyd gehad het…

“Wat presies soek jy Susan?”

“Ek wil my oorgee aan jou… aan iemand.”

“Oorgee? Dit kan ’n wye term wees om sommer te gebruik sonder om die gevolge te verstaan. Besef jy dit?”

“Ja, ek doen dit. En, ja ek wil my oorgee. Ek wil hê jy moet my vat soos die karakters in die storie. Verneder my, gebruik my, straf my… vat my en maak met my wat jy wil.”

“Wel, dan is dit reg so. Solank jy net weet daar is altyd geleentheid vir jou om te stop…”

“Dankie, maar ek glo nie ek sal wil hê jy moet stop nie…”

Die laaste woorde van die gesprek klink oor en oor in gedagtes…“ek sal nie wil hê jy moet stop nie”.

***

Haar lang swart hare voel sag in my greep. Met die een hand trek haar kop agteroor terwyl ek met die ander die sleutelkaart in die gleuf druk. Susan snak na haar asem voor sy haar kop effens teen my greep indraai, “..Ja, asseblief vat my, straf my.” Met die woorde steeds in die lug druk ek haar deur die deur die kamer binne. Links van die deur is ’n rusbank met leunstoel onder die venster. Regs is die dubbelbed en net links daarvan die deur wat na die badkamer gaan. Ek laat haar staan in die middel van die spasie voor die bank en stoel en gaan sit onder die venster op die leunstoel.

“Staan regop. Los jou pisbroek op die grond. Laat jou hande langs jou sye hang en moenie opkyk of praat as ek nie sê jy mag nie.”

Susan volg die instruksies nougeset. Ek staan op en stap stadig om haar. Susan is ’n mooi vrou. Lang swart hare, donker grimering. Haar vel is opgepas met net genoeg van ’n sonbruin kleur om ’n mate van die eksotiese te impliseer. Die swart kantbroekie wat sy aanhet trek effens tussen haar boude in, die kwaliteit goed. Sy het ’n swart knoophemp aan. Effens blinkerige materiaal, ook goeie kwaliteit. Die nuuskierigheid laat my voor haar stop. Ek wil die hemp uittrek en sien wat daaronder wag. Gemeet aan wat ek sien het sy vol borste, die tipe waarvan ek hou. Ek wonder oor haar nippels. Wonder hoe hulle sal regeer onder my aanraking… my tormentasie? Met my vingers begin ek stadig haar hemp se knope losmaak…

“Hein, moenie my genadig wees nie. Asseblief …”

“Het ek gesê jy mag praat?”

“Nee, jammer… Jy het nie.”

“Ek sien wat jy doen. Jy is opsetlik. Jy wil gestraf word…”

“Ek sal nie teen jou…”

“Bly stil pisgat! As ek reg is om dit te doen en lus is om dit te doen, sal ek jou die straf gee wat jy so begeer. Ons sal sien of jy dan nog so gretig is daarvoor.”

Ek gaan voort met die knope. Trek uiteindelik haar hemp uit en is aangenaam verras om te sien die bra wat haar borste bedek bypassend tot die broekie is. Die borste onder die kantbedekking is ook presies waarop ek gehoop het. Daar is klaar tekens dat haar nipplel reageer…

Nadat Susan die afspraak bevestig het, het ek met redelike haas die Adult winkel onder in Long straat besoek. Ongelukkig het hulle nie alles in voorraad gehad waarna ek gesoek het nie. Nipple-klampe was onder andere een van die items op my lys wat hulle nie gehad het nie. Dit en ook ’n piets of iets om straf mee te gee nie. Die items wat wel daar was, was nie voldoende aan my smaak of gehalte nie. Gelukkig was die winkeltjie om die draai daar en kon ek ’n pakkie sterk wasgoed pennetjies daar kry en ’n lekker lyfband by die stalletjies op Greenmarket Square.

Susan staan uiteindelik kaal voor my. Haar poeshaartjies, netjies versorg, vorm ’n driehoekie net bokant haar spleet. Sonder die ondersteuning van die bra merk ek dat haar borste effens afgesak het. Effens afgesak wel, maar steeds vol, ferm en mooi. Ek gaan sit weer op die leunstoel sodat ek met gemak kan sien wat voor my staan…

“Draai om. Gaan af op jou knieë en met jou twee hande trek jou boude uitmekaar. Verkoop jouself aan my. Oortuig my dat jy die moeite werd is.”

Sy gehoorsaam die bevele draai om, sak op haar knieë af en volg die res van my instruksies uit. Die outydse plankvloer besef ek, kan nie baie gemaklik wees nie… Susan is nie maer nie. Inteendeel, sy is ’n vrou met ’n vol figuur. Kurwes op die regte plekke… baie sexy. In die houding waarin sy haarself bevind druk haar poesie effens uit na agter. Haar uitmekaar getrekte boude openbaar perfeksie.

“Terwyl jy so staan, kom ons praat oor straf. Dink jy jy verdien my moeite?”

“Ja, ek doen dit.”

“Hoekom? Hoekom moet ek my tyd aan jou afstaan? Wat is so spesiaal aan jou behalwe dat jy jou self be-pis het?”

Sy antwoord nie dadelik nie.

“Ek wag.”

“Ek begeer dit. Asseblief…”

“So jou begeerte dikteer nou die situasie? Wie dink jy is jy om te dink dat jou begeerte genoeg is om my tyd te verdien?”

“Ek smeek jou…”

“Goed, jy smeek my. Waarvoor smeek jy?”

“Straf my. Straf my sodat ek voel hoe jy beheer oor my liggaam oorneem.”

Ek neem die anal.-plug wat ek gekoop het, hurk langs haar en druk dit in haar mond terwyl ek weer regop staan en my lyfband begin afhaal. Daarna neem ek die ander lyfband wat ek gekoop het en maak daarvan ’n lus. Uiteindelik sit ek dit oor haar kop en trek dit in plek om haar nek. Die anal.-plug, nou blink-nat, in my hand hurk ek agter haar…

“Goed, jy wou gestraf word sê jy? Laat ons sien hoeveel jy kan neem…”

Ek druk die plug stukkie vir stukkie tussen haar boude in. Die kreune uit haar mond vertel dat dit dalk ’n nommer te groot kan wees. Dit maak nie saak nie, sy het gevra vir straf… Ten laaste met die plug in haar neem ek die lyfband wat om haar nek gesit is en begin trek daaraan. My eie lyfband in die ander hand, staan ek effens na die kant toe…

“Ek dink twintig houe is dalk ’n goeie begin. Jy sal elkeen tel natuurlik en as jy die telling verloor begin ons uiteraard voor. Verstaan jy dit?”

“Dit is reg so. Asseblief straf my hard…”

Ek trek die lyfband om haar nek sonder waarskuwing stywer. Die kant van haar gesig wat sigbaar is sien ek verkleur vinnig ’n diep rooi. Die eerste hou val op haar linker boud. Die tweede op haar regter boud….

“Vyftien… Sestien… Sewentien… Agtien… Negentien…”

Ek talm voor ek die laaste hou plant. Haar asem begin min raak, die stem wat die eerste houe duidelik en hoorbaar getel het nou nie veel meer as ’n asemlose roggel nie.

“Twintig.”

Wanneer ek die lyfband skiet gee hoor ek hoe rou die asemteug is.

“Staan op. Draai om en buk vooroor… laat my sien of jy reg gestraf is.”

Die houe lê diep-rooi oor beide haar boude. Ek druk my hand tussen haar bene in en voel hoe die natlus uit haar poesie dreineer. Ek druk eers twee vingers in haar in, voel dit gaan maklik in, neem dan ’n derde by en uiteindelik ’n vierde. In-uit-in-uit… Die nat van haar lus maak slurp geluide elke maal wanneer ek my vier vingers uittrek…

“Staan op. Maak oop jou mond en proe hoe proe jou pispoes.”

Sy gehoorsaam, maak haar mond wyd oop en laat toe dat ek al vier die druipnat vingers in haar mond inforseer. Kwyl loop in stringe by haar mond uit, oor haar ken en drup uiteindelik in lang slierte oor haar borste. Met haar amper gretige suig aan my vingers begin my eie hardheid ook dringend word. Met my los hand maak ek my broek los. Met die beperking van die denim materiaal uit die pad reageer my hardheid soos ’n styf gespanne “spring”…

Ek trek my vingers uit haar mond, neem ’n bol van haar swart, nou effens nat geswete, hare en dwing haar op haar knieë voor my. Haar mond is oop, amper gretig om my in haar te neem en met haar hare ferm in my hand begin ek haar kop nader aan my lyf druk. Ek hoor hoe sy stik aan my hardheid wat deur haar mond druk, verby haar kleintongetjie tot binne-in haar keel. Sy stik en snak roggelend met my manlikheid heeltemal weg in haar mond en keel…

My eie klimaks voel ek is gevaarlik naby en na nog drie hard geforseerde stampe in haar mond in, trek ek haar kop weg… Die kwyl het haar borste blinknat gelaat. Haar nippels heeltemal orent. Ek beveel haar om weer in die middel van die vertrek te gaan kniel en stap tot waar die wasgoedpennetjies lê wat ek vroeër gekoop het. Twee pennetjies is genoeg vir wat ek beplan, maar eers moet daar ’n bietjie meer aandag aan haar borste gegee word. Met die een kant van my lyfband so tien sentimeter lank uit my hand beveel ek haar om met haar hande haar twee borste op te druk. Sy reageer deur die twee borste, elk in ’n hand aan te bied soos ’n vrou wat voor ’n spieël na haar eie borste staan en kyk. Met die kort stukkie leer van die lyfband gebruik ek dit soos ’n piets en slaan eers liggies oor elk van haar tepels. Met elke hou snak sy na haar asem…

“Tel. Tien vir elkeen.”

Weer tel sy die houe af. Die reaksie is selfs meer as wat ek verwag het. Haar nipples staan amper ’n sentimeter voor haar borste uit. Dieprooi en duidelik baie sensitief. Ek neem eers die een tussen my vingers en trek dit voor haar bors uit. Die aanraking laat haar snak. Met die ander hand neem ek ’n wasgoedpennetjie, druk dit oop en talm eers ’n rukkie daarmee oor haar uitgerekte nipple. Die afwagting laat haar kriewel, haar eie lus duidelik in haar oë sigbaar. Na ’n paar sekondes laat ek die wasgoedpennetjie toegaan oor haar dieprooi nipple. Die knyp laat weer na haar asem snak…

Met beide haar nipples gepen beveel ek haar om op haar rug op die bed te gaan lê. My eie lus is besig om die oorhand te kry, maar haar poesie moet eers aandag kry voordat ek myself kan ontlaai. ’n Ontlaaiing wat ek spesiaal vir haar bedink het…

Op haar rug met haar bene so vêr moontlik uitmekaar staan ek nader aan waar sy lê en wag.

“Trek jou lippe uitmekaar,” beveel ek Susan.

Soos voorheen reageer sy en voer die bevel uit. Met my regterhand se vier vingers in ’n punt gedruk begin ek stadig tussen haar lippe ingaan. Die eerste paar oomblikke is sy effe stram, maar dan voel ek die nat lus weer begin vloei en daarmee saam hoe my vier vingers makliker en makliker in haar ingaan. Na ’n klompie kere se in-uit bring ek my duim ook in die gepunt hand in en begin stadig druk toepas. Die vyfde vinger het tot gevolg dat ek net nie met gemak heeltemal in haar kan ingaan nie. Susan kreun nou redelik hard en is duidelik naby aan haar eie klimaks. Vir ’n oomblik oorweeg ek om haar te beveel om nie te kom nie, maar besluit dan daarteen. (Dit was elk geval iets wat ek nog nooit regtig ervaar het as oortuigend nie.) Susan wikkel haar boude effens en druk opwaarts met haar onderlyf. Die beweging en geringe verandering in die hoek laat my hand toe om die laaste paar millimeter te gaan en heeltemal omring te word deur haar warm nat poes. Binne haar beweeg ek my vingers liggies terwyl ek stadig in en uit haar beweeg. Die reaksie op haar lyf is onmiddellik en sonder terughou. Sy gee ’n ligte gilletjie, gryp met beide haar hande weerskante van haar lyf die bed oortreksel vas en kreun hard. Die kreune word harder en nader aan mekaar en met die laaste een voel ek dit voor ek sien hoe sy haar blaas laat gaan en pis in kort dringende straaltjies oor my voorarm uitpomp. Ek hou aan totdat sy klaar is en uitasem haar kop agteroor op die bed laat val. Die swart hare nou nat slierte wat teen haar gesig en slape kleef.

“Wel, ek kan nie onthou dat ek jou toestemming gegee het om te pie nie, maar moenie bekommerd wees nie…”

Susan antwoord nie regtig nie, sy is steeds redelik uitasem van die orgasme…

“Staan op en gaan staan op jou plek.”

Sonder aarseling doen sy soos ek sê. Ek staan voor haar en trek liggies aan elk van die wasgoedpennetjies wat haar nippels klem. Hulle sit nog stewig waar ek hulle geplant het…

“Trek my broek uit en kniel voor my as jy klaar is.”

Weer volg sy my instruksies sonder aarseling. Sodra sy voor my op haar knieë is, gaan ek voort met my instruksies…

“Dit is nou weer tyd dat ons ’n band om jou nek kry. Jy sal nou mooi luister en presies doen wat ek sê. Jy sal my in jou mond inneem en heeltemal laat ingaan. Sodra ek die lyfband styf begin trek sal jy my uit jou mond laat gaan, omdraai en hande-viervoet voor my staan en soos vroeër jou boude uitmekaartrek…”

Met die eerste trek aan die lyfband reageer sy. Op haar knieë voor my vertoon die plug wat ek voorheen in haar gesit het duidelik. Ek trek al hoe stywer aan die lyfband terwyl ek die plug stadig uit haar begin trek. Met die twee laaste sentimeter uit haar sak ek self vinnig agter haar en druk my hardheid in haar in. Die gang wat oomblikke tevore deur ’n 4.5 sentimeter plug gevul was, is eers stram, maar soos my eie lus uit my lek word dit makliker en makliker totdat ek uiteindelik met gemak my totale hardheid in haar verbode gange kan indruk. Elke maal wat ek opnuut haar binnedring trek ek die lyfband om haar nek stywer en stywer. Sy snak na haar asem. Elke teug ’n rasperagtige klank. Elke snak uit haar keel bring my nader en nader aan my eie klimaks. Uiteindelik voel ek hoe dit opbou en tot op die punt van uitbarsting kom. In-uit-in-uit en met die laaste diep binnedring voel ek hoe ek begin ontplof. Diep binne haar pomp ek myself leeg. Haar gesig dieprooi amper pers, my klimaks op sy piek… Uiteindelik is elke krieseltjie saad uit my gepomp. Die sweet tap in strale teen my lyf af. Ek voel hoe die sweet tussen ons haar boude glad teen my lyf maak. Susan is amper aan die einde van haar eie uithouvermoë. Die dieprooi van vroeër duidelik nou besig om ’n skakering van pers te word. En stoot ’n keer of wat weer diep in haar in voordat ek myself dwing om my eie blaas te laat ontspan. Diep binne haar voel ek die verligting soos ek myself in haar verlig. Met elke uittrek stroom die pie weerskante van my hardheid verby… teen haar bene af tot waar dit onder haar ’n plas begin vorm. Ek stoot die drie laaste male met mag in haar in voor ek myself uitgewoed het…

Die leerband om haar nek gee skiet waarna sy met ’n diep rou asemsnak op die vloer ineensak. Haar lyf beweeg rukkend op en af soos wat sy die gebrek aan suurstof probeer aanvul. Terloops sien ek dat beide die wasgoedpennetjies in die afgelope sessie losgekom het…

***

Met ’n koue glas witwyn in die hand sit ek in die voorportaal van die hotel toe die selfoon in my sak vibreer…

“Baie dankie vir vandag se ervaring. Dit was elke deel wat ek voor gehoop het. Ek is oormôre weer in die stad as jy dalk nog hier is. Natuurlik dink ek, ek sal heel moontlik weer ’n paar minute laat wees… ;-)”

 

 

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Skrywersdagboek

  • Avatar
    May 5, 2019 at 8:34 am
    Permalink

    jissus, iYati, wat het van jou geword?
    Waar’s jy?
    … ons soek nog baie van jou stories!
    Dankie, uitstekend hoor♥

    Reply
  • Avatar
    May 4, 2019 at 11:24 pm
    Permalink

    Ek bewondet Lusman se kommentaar

    Reply
  • Avatar
    Jan 27, 2018 at 9:51 am
    Permalink

    Die seker een van die beste BDSM-kortverhale wat mens kan kry. Dit het ‘n goeie kombinasie van psigiese en fisieke dominansie, eersgenoemde natuurlik teweeggebring deur goed gekose opdragte. Ek het veral van die episode oor vaginale vuisting gehou. Die hand-indringing is so keurig in fyn detail beskryf. Die beskrywings van al die tonele tower baie realistiese en visuele en oudiële beelde op — alles weens kragtige beheersing van die taal. Die sinskontruksie is manjefiek en die woordeskat oor die algemeen ook goed, behalwe dat die meer gebruiklike “anale prop” of “anusprop” (as jy meer formeel wil wees), of “holprop” of “aarsprop” (as jy wil neig na geilpratery), eerder gebruik kon word. Of ‘n toestoppende voorwerp in die uitlaat van ‘n wasbak, die opening van ‘n bottel of in jou aars gedruk word, dit bly ‘n prop. Jy moet dan net vooraan spesifiseer watter soort dit is.

    Ek dink ook dit was nie nodig om vir ‘n harde, erekte vool die Engelse woord “spring” in die metafoor te gebruik nie – “styfgespanne veer” sou beter wees.

    Verder sou fyn deurlees agterna kon verhoed dat die foutiewe Engelse spelling vir die Afrikaanse woord “nippel” hier en daar deurgeslaan het. Dis die soort fout jy dikwels kry as ‘n Engelse teksredigeerder gebruik word.

    Laat kom nog van hierdie soort stories iYati!

    Reply
    • Avatar
      Jan 29, 2018 at 10:48 am
      Permalink

      Baie dankie vir jou terugvoer Lusman.

      Reply
  • Avatar
    Jan 17, 2018 at 2:07 pm
    Permalink

    Mal oor die storie! Baie opwindend!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)